Jou Mense My Mense saam met SPAR – Raadop - podcast episode cover

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Raadop

Oct 12, 20219 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

Martin Pitout se suster, Ilze, het vir ons ‘n brief geskryf wat begin met: ‘Vandag skryf ek die brief met ‘n baie seer hart’. Dan gaan dit aan en vertel van ‘n hartseer storie. Haar broer en sy vrou kry baie swaar. Hulle het drie kinders, waarvan een ‘n 2-maande oue babatjie is. Daar is nie kos in die huis nie, maar, daar is geloof, hoop, en bo alles, liefde!

As pappa en mamma van hulle gesin voel Martin en Heleen ongekende skuldgevoelens. Hulle noem dat hulle 11-jarige seun tans die een is wat hulle positief hou. Dat hy self ‘n R5 wat hy met ‘n karwas verdien aan hulle gee. Hy en sy 7-jarige sussie woon nou by hulle peetma – ‘totdat dinge beter raak’, sê Heleen met trane in haar oë. Hulle grootste wens is om nie weer in ‘n plakkerskamp te beland nie – hulle het reeds tweekeer uit hierdie tipe omstandighede gestyg. Hulle grootste behoefte is ‘n werk vir Martin – iemand wat vir hom ‘n kans sal gee.

Ons het hulle die geleentheid gegee om hulle storie met ons te deel.
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android