Simon Petrus Swigelaar, alombekend as Meester Espee, is sedert 1948 by SWD-krieket betrokke en het die provinsie as speler en administrateur op alle vlakke gedien. Hy is al wyd vereer vir sy bydrae tot die sport.
Sep 04, 2014•24 min0
'n Klankbeeld van houtdraaiwerk as stokperdjie.
Aug 28, 2014•27 min0
Twee jaar gelede het die Departement van Korrektiewe Dienste ʼn leesprogram ingestel as deel van gevangenes se rehabilitasieprogram. Hoor hoe die Reading for Redemption-veldtog misdadigers se lewe verander, een boek op ʼn slag.
Aug 21, 2014•26 min0
Ivor Price ondersoek die probleem van toenemende alkoholverslawing in Suid-Afrika. Hoor die aangrypende vertellings van 'n 17-jarige alkoholis wie se pa hom al op 12 jaar toegelaat het om slukkies van sy bier te neem. 'n Alkoholis wat jare laas gedrink het, vertel ook hoekom hy nooit weer sy lippe aan drank sal kan sit nie.
Aug 14, 2014•30 min0
Op 23 Januarie 2014 het die werkers by Suid Afrika se grootse platinumprodusente begin staak. Die langste en duurste staking ooit in Suid-Afrika is vyf maande later op 24 Junie beëindig. Christelle van Tonder het in Rustenburg gaan kyk watter letsels die staking daar gelos het.
Aug 07, 2014•25 min0
Ina Strydom stap deur die strate van Stellenbosch om te kyk en te luister na wat die dorp te vertel het.
Jul 31, 2014•31 min0
Suid-Afrika word wêreldwyd gerespekteer vir die verdraagsaamheid van verskillende gelowe. Die meeste Suid-Afrikaners is Christene, maar lewe in vrede en harmonie saam met derduisende Jode, Moslems, Hindus en aanhangers van tradisionele Afrikagelowe. Navorsing dui egter daarop dat al hoe meer mense sogenaamde alternatiewe gelowe begin navolg in 'n soeke na betekenis in hulle lewe. Mia Malan en Darren Taylor kyk na 'n paar van hierdie alternatiewe spirituele praktyke wat besig is om al hoe gewilde...
Jul 24, 2014•25 min0
Wat is die verband tussen dwelmgebruik en musiek? Daar is verskeie snellers wat dwelmgebruikers laat terugval in gebruik, maar musiek is veral 'n sterk sneller. Este Gross besoek die Elim Kliniek, 'n sentrum vir die behandeling van verslawings, om meer uit te vind.
Jul 10, 2014•26 min0
Daar is 'n persepsie dat plaasskole nie so goed soos ander skole is nie. Baie ouers stuur eerder hulle kinders dorp of stad toe om daar skool te gaan, maar 50 kilometer suid-oos van Colesberg in die Noord-Kaap is die Umthombo Wolwazi plaasskool wat FONTEIN VAN KENNIS beteken en deur die gemeenskap as 'n oase beskou word.
Jul 03, 2014•26 min0
Duisende jare gelede in Afrika waar lewe begin het, het die mens 'n ooreenkoms met land en dier aangegaan dat hulle mekaar sal ondersteun en onderhou. Hierdie ooreenkoms het gelei tot een van die grootste bedrywe in Suid-Afrika. Fritz Klaaste kyk na die vleisbedryf en die pad wat vleis loop van die kraal tot die bord.
Mar 27, 2014•29 min0
Mari Hudson neem jou op 'n besoek aan Saal G3, die kinderkankersaal by die Tygerberg-Hospitaal in Kaapstad. Meer as 'n duisend kinders word elke jaar met kanker gediagnoseer. Verreweg die meeste word in akademiese hospitale behandel. Kom ontmoet Suster Bantam wat al 24 jaar kinders met kanker versorg, een van die dokters, en van die ouers wat dae en weke in die hospital deurbring.
Mar 20, 2014•25 min0
Suid-Afrika het 'n groot tekort aan openbare gesondheidsdienste vir mense met psigiatriese siektes of verstandelike gestremdhede, veral in plattelandse gebiede. Die Hobeni-nedersetting is in 'n afgeleë deel van die Oos-Kaap in die voormalige Transkei. Daar is 'n paar omheinde hutte bekend as Ikhaya Loxolo. Dit beteken Huis van Vrede. Vir honderde kilometer is dit die enigste plek waar verstandelik en geestelik gestremde mense hulp kan kry. Kultuur, bygelowigheid en 'n gebrek aan mediese sorg in ...
Mar 13, 2014•25 min0
!Kwha ttu is 'n Sankultuursentrum waar ou waarhede van die Sangemeenskap nuut gemaak en bewaar word. Daar is nagenoeg 100 000 Sanmense in die wêreld waarvan ongeveer 6 000 in Suid-Afrika woon. Johan Rademan vertel hoe veldkuns, plantkennis en ou tale nog gekoester word deur jong San-afstammelinge. Een van die ou tale, wat op uitsterwing wankel, met net vyf sprekers oor, kan gehoor word en daar is 'n heerlike verrassing wanneer Jaloersbokkie in 'n mengsel van San en Afrikaans gesing word. Leer, l...
Mar 06, 2014•29 min0
Ivor Price ondersoek die vernietigende impak van dobbelverslawing. Dwarsoor die land is daar planne om nog casinos op te rig… en dit terwyl daar al hoe meer bewyse is dat hierdie verslawing familiestrukture kan vernietig.
Feb 27, 2014•29 min0
Dis die storie van nostalgie en 'n groep mense se reis van vernedering en armoede tot vergifnis en dankbaarheid. Dis die storie van die mense van die BAR-vallei.
Feb 20, 2014•28 min0
Gert Claasen boer in die Petrussteyndistrik in die Vrystaat. Benewens skape, beeste en verskeie gewasse, het hy ook wild op sy plaas. Gert het egter 'n spesiale plek in sy hart vir roofdiere. Hy is een van 'n handjievol kommersiële leeuboere in Suid-Afrika.
Feb 13, 2014•23 min0
'n Jazz-orkes wat in 2011 in die Tswelopele Korrektiewe Dienste-sentrum in Kimberley deur vyf gevangenis begin is, maak nou landwyd opslae. Die orkes bestaan uit elf lede en lewer vertonings by kunstefeeste en funksies dwarsdeur die land. Musiekkontrakte word nou ook 'n werklikheid. Anel Heydenrych het na die orkes gaan luister.
Feb 06, 2014•26 min0
Stephan Welz is 'n bekende kunshandelaar en afslaer. Ina Strydom kyk na sy loopbaan en liefdes, die omstandighede wat gelei het tot die verkoop van die veilingshuis wat steeds sy naam dra, en sy lewe daarna.
Jan 23, 2014•32 min0
Nokkie is 'n boorling van Leeu-Gamka se wêreld en werk deesdae as huiswerker in Kaapstad. Sy vertel sulke lekker, lewendige en kleurryke stories dat haar werkgewer al 'n boek genaamd Nokkie se Stories oor haar vertellinge laat publiseer het.
Jan 16, 2014•30 min0
Een verkeerde besluit kan jou hele lewe verander... soveel te meer verkeerde besluite wat jy op die vroeë ouderdom van 16 maak. Christelle van Tonder kyk na die lewe van tieners in die tronk.
Jan 09, 2014•27 min0
Este Gross besoek 'n gesin in Pretoria wat buitengewone uitdagings het, maar op hulle eie manier normaal funksioneer.
Jan 02, 2014•24 min0
Die skrywer Anna M. Louw sou op 31 Desember vanjaar 100 jaar oud wees. Ina Strydom fokus op die veel…
Sep 26, 2013•34 min0
Aan die bopunt van Adderleystraat, by die ingang na die Kompanjiestuin, staan die pragtige ou Slawel…
Sep 19, 2013•29 min0
Die Nobel Vredespryswenner, hoofman Albert Luthuli, het destyds die verbeelding van menige aangegryp. Hy was as ANC-lid en president intens betrokke by die styd om demokrasie vir almal te bewerkstellig.
Sep 12, 2013•34 min0
Die kosfoendie, Cass Abrahams, het eers op die ouderdom van 28 jaar ernstig begin kook. Sy vertel van die die mense na aan haar hart, haar grootwordjare en haar groot passie, Onthoukos en die Maleise koskultuur.
Sep 05, 2013•28 min0
Die wêreld se diepste goudmyn is op Carletonville aan Gauteng se Wesrand. Maar dis ook ’n wêreld van egskeidings, drankmisbruik en vrees. Ry saam met Ivor Price deur Carletonville se strate en kry ’n seldsame persoonlike perspektief op die arbeidsonrus in die mynbedryf.
Aug 29, 2013•31 min0
Goeie paaie, elektrisiteit en skoon, lopende water is maar net ‘n droom in baie dele van die voormalige Transkei. In sommige gebiede is gesondheidsdienste so ver weg van waar mense bly, en so sleg toegerus, dat dit so goed is as geen dienste nie. Babas sterf aan maklik behandelbare siektes soos diaree en omdat hospitale so geisoleerd en moeilik bereikbaar is, word oordraagbare toestande soos MIV en tuberkulose dikwels nie betyds behandel nie. Die meeste mense in die voormalige Transkei het nie w...
Aug 22, 2013•25 min0
Evita se Perron op Darling het 'n hele dorp se mense geraak en hoop gebring. Opvoeding deur vermaak, en vermaak tot entrepeneurskap en eienaarskap. Ervaar dit saam met Johan Rademan wat jou daarheen neem op 'n onvergeetlike rit en avontuur. Johan loop ligvoets deur die uitnemende werk van die Darlingtrust onder beskermheer Pieter-Dirk Uys en Tannie Evita. Uit die kunste is daar onder andere gebore: 'n teaterrestaurant, museum, skooltjie, sportspanne, swembad, kleinsake-ondernemings, voorkamerfee...
Aug 15, 2013•32 min0
Ina Strydom kyk na Langenhoven se rol as taalstryder en hoe hy Afrikaanssprekendes aan die lees gekry het. Langenhoven is vanjaar 140 jaar gelede gebore.
Aug 08, 2013•32 min0
“Dit het gevoel asof ek doodgaan!” sê die sanger Karlien van Jaarsveld en die aktrise en aanbieder, Angelique Gerber, oor ‘n groot ding wat hulle in hulle lewens oorkom het. Die twee sterre maak hulle harte oop oor iets waaroor hulle nog nooit voorheen gepraat het nie.
Aug 01, 2013•32 min0