RSG Dokumentêr - podcast cover

RSG Dokumentêr

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

SANDRA PRINSLOO - DIE ONBLUSBARE deur Margot Luyt

Sandra Prinsloo is een van die enigmas van die teater. Sy is ongelooflik aktief, produktief en veelsydig as aktrise. Sy is egter ook 'n suksesvolle sakevrou en word wyd en syd geloof vir haar spel, regie, sjarme, intellek en skoonheid. Margot Luyt loer na van die sake wat haar lewe so vol maak.

Jul 25, 201330 min0

ANDERKANT DIE WOLKE - DIE MENS SE SOEKE NA SIN IN DIE RUIMTE deur Hennie Maas

Die mens kyk al eeue lank na die naghemel en tob oor die sin van lewe en die oneindigheid van die ruimte. Daar is al baie pogings aangewend om mensgemaakte voorwerpe soos satelliete en ruimtetuie die swart ruimte in te stuur en mense het al die swaartekrag van die aarde al verruil vir dié van die maan.

Jul 18, 201325 min0

DIE KORE VAN DIE KAAP deur Martelize Brink

Die tradisie van koorsang in Suid-Afrika is diep gebed in ons gemeenskappe. Van Eersterivier tot Garries verduidelik koorlede en koorleiers hoekom hierdie sangvorm brûe bou en hulle siele verryk.

Mar 28, 201325 min0

DIE MUSIEKBEDRYF deur Derrich Gardner

Waar is die dae toe Groep 2 in die Beatles se Abbey Road-ateljees kon opneem? Of toe kunstenaars soos Gé Korsten sommer saam met 'n hele simfonieorkes kon plate sny? Derrich Gardner praat met mense agter die skerms wat konserte reël, kunstenaars bespreek vir optredes en moet seker maak dat almal weet wie het 'n nuwe CD op die rakke. Hoe het die musiekbedryf verander en hoe hou dit kop bo water in 'n wankelende ekonomie?

Mar 21, 201325 min0

DIE STRAATTUINE VAN POTCHEFSTROOM deur Ina Strydom

‘n Groep dosente in Potchefstoom het met ‘n projek begin om groentetuine op sypaadjies en in openbare ruimtes aan te lê. Hulle noem dit burgerlike aktivisme. Ina Strydom het na die tuine gaan kyk.

Mar 14, 201323 min0

VOORNEME VAN AFLEGGING deur Christelle van Tonder

Middeljarig en afgedank. “Johan” is ‘n 45 jarige man en is in 2010 afgedank. Hy is drie jaar later steeds sonder werk. Hy vat ons deur die emosionele stryd van desperaatheid en oorlewing.

Mar 07, 201324 min0

GESKIET IN JOHANNESBURG deur Jacqui January

Jacqui January is in Johannesburg se middestad waar 'n oud-Vrystater 'n groepie straatkinders se stories vertel met sy "foto's van 'n duisend verhale".

Feb 28, 201320 min0

MIETA VAN HOFMEYER deur Fritz Klaaste

Mieta Kokera is oorspronklik van Hofmeyr in die Oos-Kaap. Sy het as 19-jarige haar heil in Johannesburg kom soek. Vandag is sy 'n enkelouer met vyf kinders wat van dag tot dag 'n bestaan maak in haar sinkhuisie. Hierdie ystervrou vat dit soos dit kom en het elke dag kos op die tafel, en soos sy sê, haar kinders moet klaar skoolgaan.

Feb 14, 201328 min0

DIE BAAI SE BOSBEWONERS deur Mariska Spoormaker

Meer as 70 mense bly in die bosse aan Port Elizabeth se strandfront. Baie van hulle lewe uit die see en verkoop koraalwurms as aas aan die vissermanne. Ander kap die indringer Rooikrans uit en verkoop dit as braavleishout. Mariska Spoormaker, joernalis van Die Burger Oos-Kaap, het daar gaan kuier en selfs tweede en derde geslag bosbewoners daar gevind.

Feb 07, 201337 min0

MIETA VAN HOFMEYER deur Fritz Klaaste

Mieta Kokera is oorspronklik van Hofmeyr in die Oos-Kaap. Sy het as 19-jarige haar heil in Johannesburg kom soek. Vandag is sy 'n enkelouer met vyf kinders wat van dag tot dag 'n bestaan maak in haar sinkhuisie. Hierdie ystervrou vat dit soos dit kom en het elke dag kos op die tafel, en soos sy sê, haar kinders moet klaar skoolgaan.

Jan 24, 201333 min0

LEIERS VIR MÔRE deur Wynand Dreyer

Make A Difference (MAD) is tien jaar gelede deur Francois Pienaar begin om begaafde kinders wat die talent, maar nie die geleenthede het nie, in staat te stel om hulle potensiaal te ontwikkel. Die organisasie het al sowat 2,000 beurshouers gehad.

Jan 10, 201325 min0

'n Onderstebo wêreld - 'n dokumentêr oor outisme

Op 17 November 2011 het Lerika en Deon du Plessis die nuus ontvang dat hulle vierjarige seun Gian outisties is. Dié is hulle verhaal van 'n onderstebo wêreld - Christelle van Tonder se dokumentêr oor outisme.

Jan 03, 201326 min0

KWANTUM deur Herman Steyn

Die aankondiging vroeër vanjaar dat die ontwykende Higgs Boson-deeltjie deur wetenskaplikes by die Groot Hadron versneller by CERN in Switserland waargeneem is, het die fokus weer op kwantumfisika of kwantummeganika geplaas. Wat is kwantummeganika en hoekom is dit belangrik dat ons van al hierdie vreemde subatomiese deeltjies moet weet waaruit die heelal bestaan?

Sep 27, 201228 min

JACKIE TOPNAAR deur Johan Rademan

‘n Sonderlinge blik op die leefplek van ‘n Topnaar net buite Walvisbaai in die Namib, naby die mond van die Kuisebrivier. Johan Rademan het saam met John Reynders van Photoventure met ‘n viertrekmotorfiets die duine aangepak om by Jackie Topnaar uit te kom. In ‘minder as ‘n halfuur breek ‘n nuwe horison oop van ‘n broos kantelende wêreld van die Topnaars.Hoor hoe hulle oorleef op Narras en Breakwater en waar die naam Topnaar vandaan kom.

Sep 20, 201226 min0

DIE VROU MET VLERKE deur Wynand Dreyer

Eerste offisier Fatima Jakoet wou van kleins af 'n vlieënier word. Sy het haar droom verwesenlik nadat sy 'n BTech-graad in Chemie behaal het. Vandag vlieg sy vir die Suid-Afrkaanse Lugdiens. Hierdie is die verhaal van 'n Moslemvrou in 'n manswêreld.

Sep 13, 201225 min0

KONING VAN KLAWERS deur Fonnie du Plooy

Theo Erasmus het op 6 Mei vanjaar 70 jaar oud geword en hy speel steeds lekker akkordeon. Agter hom lê dekades van musiek en prestasies. Hy het 57 langspelers en CD’s die lig laat sien, het jare lank gedien as Bestuurder: Ligte Musiek by die SAUK, het saam met talle kunstenaars opgetree, baie kenwysies gekomponeer en in die Lugmagorkes gespeel. Hy tree nog gereeld op saam met sy groot vriend, Lieb Bester.

Sep 06, 201228 min0

LALIBELA, DIE AGTSTE WONDER VAN DIE WÊRELD deur Fritz Klaaste

Fritz Klaaste neem jou op ‘n reis van die Meskel-plein in Addis Abeba in Sentraal Ethiopië af tot by Lalibela in die Noorde, eens ‘n vesting van die antieke beskawing van Abesinië. Die verhaal van die ontwikkeling van die Christelike geloof en die bou van ‘n nuwe Jerusalem word vertel.

Aug 30, 201230 min0

DIE GAWE OM TE GEE deur Jacqui January

Jacqui January het 'n dag in Westbury, 'n township in Johannesburg, deurgebring saam met Isaac en Rezell de Jongh. Die paartjie sorg dat sowat 1 000 mense elke dag iets te ete kry. Dan is daar ook die Westbury Arsenal Voetbalklub waar kinders baie meer as net sokker leer.

Aug 02, 201225 min0

VERNA VELS deur Ina Strydom

‘n Hoorbeeld oor ‘n vrou wat diep spore getrap het in die Suid-Afrikaanse uitsaaiwese.

Jul 26, 201229 min0

SY NAAM WAS MARIO deur Margot Luyt

'n Jong, intelligente seun wat daarvan droom om eendag 'n CA te wees, 'n deftige kar te ry en 'n mooi huis te besit, word koelbloedig op die ouderdom van 17 op 'n straathoek doodgesteek. Waarom? Wat doen dit aan die mense wat agterbly? Hierdie hoorbeeld wil by sy vriende en familie uitvind watter invloed het Mario se lewe en dood op hulle bestaan.

Jul 12, 201223 min0

HISTORIESE FEIT, OF SOMMER ‘N SPOOKSTORIE? deur Chris Swanepoel

Die Stellenbosse Dorpsmuseum en omliggende area beskik oor ‘n magdom ou geboue van besondere historiese waarde. Oorlewering wil dit egter hê dat ou geboue ook die tuiste van spoke is. Chris swanepoel het op ‘n onlangse besoek aan die dorp uitgevind of die spoke daar ronddwaal.

Mar 22, 201231 min0

CONRAD THEYS - 'N SELFPORTRET deur Johan Rademan

‘n Loeriesfonteiner wat sy kuns later in Elsiesrivier geslyp het, het ‘n stewige impak op die Kaapse Impressionisme gelaat. In die volksmond staan hy bekend as die Kokerboomkoning, maar hy wil eerder die kokerboom tot koning verhef. Johan Rademan vertel die sonderlinge verhaal van een van Suid-Afrika se inspirerende kunstenaars, Conrad Theys. Hy is vereer met ‘n ere-doktorsgraad deur UNISA en het ook in 2010 tydens sy 70ste lewensjaar ‘n Eremedalje vir Skilderkuns van die Suid-Afrikaanse Akademi...

Feb 23, 201234 min0

GEORGE BOTHA - GELYKHEID TOT DIE DOOD ONS SKEI deur Fritz Klaaste

Was die voortydige dood van George Botha ‘n rigtingwyser vir ‘n nuwe demokratiese Suid-Afrika? Hy het op 15 Desember 1976 in die berugte Sanlamgebou in Port Elizabeth gestref ná tien dae van aanhouding deur die Veiligheidspolisie. Hierdie onverskrokke en beginselvaste jong onderwyser het nie geskroom om die politieke ongelykhede van die vorige bestel te kritiseer nie.

Feb 16, 201239 min0

REZA DE WET - DIE FORMIDABELE deur Margot Luyt

Die dramaturg, Reza de Wet, is op 27 Januarie oorlede. Haar werk word beskryf as grondverskuiwend en sy word ook beskou as een van die grootste Afrikaanse dramaturge.

Feb 09, 201231 min0

VILLIERSDORP MET VLIEËNDE VAANDELS deur Loren Pienaar

In ’n gemeenskap met baie boere is dit nie vreemd dat hulle ‘n plan sou beraam nie... Toe Suid-Afrika se enigste oorblywende kool-stoomsleepboot, die Alwyn Vincent, skrootmetaal sou word, het Villiersdorp se mense koppe bymekaargesit om die boot te red. Loren Pienaar het gaan kyk wat onder die dorp se romp skuil...

Jan 26, 201228 min0
Hosted on Omny Studio
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android