SO STEEK DIE MES IN DIE HEF deur Chris Swanepoel
SO STEEK DIE MES IN DIE HEF deur Chris Swanepoel

SO STEEK DIE MES IN DIE HEF deur Chris Swanepoel
KLARA MAJOLA deur Johan Rademan
'N LEWE MET LEË HANDE deur Christelle van Tonder
DIE MENSE VAN COMPAGNIESDRIFT EN MEERLUST deur Haidee Muller
SPIEËLTJIE, SPIEËLTJIE AAN DIE WAND deur Dee Theart
KGALAGADI, SOUTPANNE VAN DIE DORSLAND deur Fritz Klaaste
CHRISTOPHER KINDO: VOETE SOOS VLERKE deur Johann van Lill
VROU ALLEEN deur Lise Swart
AS DIE KLERE WAAI deur Christelle van Tonder
HOOP IN DIE SKADU: DIE BONNIE PEOPLE-PROJEK deur Haidee Muller
Het jy gehoor? (Gehoortoets)
HET JY GEHOOR? deur Jacqui January
KWA THU deur Johan Rademan
KWA THU deur Johan Rademan
DIE TOEVALLIGE SIELKUNDIGE deur Dee Theart
DIE SLAG VAN WATERLOO deur Chris Swanepoel
WILLIE BESTER - MAN VAN STAAL deur Johan Rademan
AS 'N MENS GESTEEL WORD deur Christelle van Tonder
Madge du Preez is 'n 65-jarige sakevrou, skrywer en nasiebouer. Sy is alombekend as Madge die Sonneblom. Sy is passievol oor die onderwys, en skryf die mooiste gedigte. Madge het pas afgetree by UWK waar sy by studente-ondersteuning betrokke was. Sy maak hart oop teenoor Haidee Muller.
'n Hegte Wellington-gemeenskap is in die jare sestig uitmekaargeruk deur gedwonge verskuiwings. Veertig jaar later kry oorlewendes die geleentheid om die gemeenskap se vreugde te vier. Mense soos die 89-jarige Tannie Madge Isaacs vertel hoe die uitsetttingsbevel hulle lewens beïnvloed het.
Hoe vergelyk Suid-Afrika ten opsigte van borskankernavorsing, -behandeling en -suksesse met die res van die wêreld? Fritz Klaaste besoek 'n borskankereenheid by 'n staatshospitaal om uit te vind.
Johannesburg - Afrika se ekonomiese middelpunt, en 'n stad wat 'n tuiste is vir duisende mense wat van suksesvolle sakeondernemings droom. Min van die ontluikende entrepreneurs vind egter hulle fortuin in die sakewêreld, wat toenemend kompeterend en ongenaakbaar kan wees. Daar is 'n paar besighede wat dit durf waag het om dinge anders te doen, en hulle is besig om die vrugte van hulle waagmoed te pluk. Mia Malan en Darren Taylor het 'n paar eksentrieke ondernemings in Johannesburg besoek.
Meer as 3 000 Suid-Afrikaners wag op die oomblik op 'n nieroorplanting, en ondergaan dialise terwyl hulle wag. Hulle bestee so baie tyd in 'n dialise-eenheid dat dit hulle tweede tuiste word. Ontmoet die “gaste” en “gashere'” van Tygerberg Hospitaal se dialise-eenheid. Van die personeel werk al langer as 25 jaar by die eenheid, waar die pasiënte 'familie' word.
Margaret Roberts is al vir langer as 30 jaar 'n gevestigde naam in die wêreld van medisinale plante en kruie. Jacqui January het by haar op haar plaas gaan kuier.
Hierdie besonderse oudbode en fabriekswerker van die Kaapse Vlakte het sy skreeusnaakse gedigte en lewensverhaal in die geselskap van sy hartsmense, met Haidee Muller gedeel.
Die storie van oefen-verslaafdes.
Wat is graffiti? Kan dit hoop gee langs 'n stukkende venster? Graffiti-kunstenaars gesels oor mense se wanpersepsies van die kunsvorm, en hoe dit besig is om te verander.
Die eiland se geskiedenis strek 450 miljoen jaar terug, aldus die ekoloog Dave Pepler. Willem Steenkamp, kenner van die vroeë Kaapse militêre geskiedenis, stel die vergete broederbende uit 1807 opnuut aan ons bekend. Shakespeare se rol tydens die mees onlangse poltikieke aanhoudings word onder die loep geneem deur prof. Julian Smith van die Universiteit van Stellenbosch. Eerwaarde Lionel Louw praat oor die geestelike belewenis in mense se gemoed wat die eiland wek ,soos die vergelyking van Johan...
Zanta Hofmeyr word gereken as een van die beste violiste wat Suid-Afrika nog opgelewer het. Sy hou steeds uitvoerings hier en in die buiteland. Sy is ook professor in musiek by twee universiteite. Sy kom uit 'n merkwaardige gesin van agt kinders en almal is musikaal. Zanta Hofmeyr se lewe word gedefinieër deur musiek.
Daar is lank geglo dat swak afstandvisie hoofsaaklik oorerflik is. Onlangse navorsing wys egter dat te veel ure wat op tegnologiese toestelle soos slimfone en tabletrekenaars gespandeer word, ook 'n sondebok is. Tegnologie is die nuwe babawagter, sê 'n oogarts. Jacqui January kyk na die probleme wat jong kinders ervaar as gevolg van te veel blootstelling aan tegnologie te vroeg in hulle lewe.