NARRATIEF MET BOUWER BOSCH - podcast cover

NARRATIEF MET BOUWER BOSCH

BOUWER BOSCHwww.narratief.co.za
Gesprekke oor narratiewe, idees, geloof en sommer net die uitdagings van om ’n mens te wees.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

EPISODE 30: JE-ANI SWIEGELAAR (BINNELANDERS)

Je-ani Swiegelaar is een van ons land se beste aktrises en sy is iemand wat goed verstaan wat dit beteken om te "hustle". Sy was al 'n "pest controller", 'n kassier by 'n goederewinkel en droom al van skool af om 'n lewe in die kunste te hê. Ons het gesels oor haar tyd in Namibië, hoe dit gebeur het dat hulle Suid Afrika toe getrek het en hoe sy haar pad oop gekerf het in die vermaakbedryf.

Jun 25, 20181 hr 8 min

EPISODE 29: ELVIS BLUE

Elvis Blue het naam gemaak toe hy in 2010 die sangkompetisie "Idols" gewen het, maar min mense weet dat hy al voor dit 'n hele paar albums uitgebring het as solo kunstenaar. Nou is Elvis Blue een van ons land se voorste sangers en liedjieskrywers, en is ook iemand wat verstaan dat alles nie altyd op jou tyd gebeur nie. Ons het gesels oor wat sukses is en hoe tydsberekening 'n belangrike rol speel in elkeen se lewe asook dat as jy nie gelukkig gaan wees met min nie, gaan jy nooit gelukkig wees me...

Jun 19, 20181 hr 2 min

EPISODE 28: ECHBERT BOESAK(JOERNALIS) EN GIELIE HOFFMANN(LEIERSKAPSKONSULTANT/SKRYWER))

Echbert Boesak is 'n joernalis en radiopersoonlikheid wat nie bang is om eerlik te wees oor kwessies in Suid Afrika en goed naby aan sy hart nie. Ek en Gielie het 'n lekker gesprek met hom gehad oor sy grootwordjare, sy tyd as student in Stellenbosch asook oor transformasie in sport en hoe baie ons eintlik al as Suid Afrikaners bereik het.

Jun 13, 20181 hr 16 min

EPISODE 27: JACO STRYDOM (ECHO YOUTH DEVELOPMENT)

Jaco Strydom is 'n skrywer, digter, predikant, jeugwerker en vir sommige mense is hy 'n moeilikheidmaker met sy idees rondom Jesus, kerk en christenskap. Jaco is ook van die mense agter die "ECHO YOUTH" organisasie wat jongmense in nood help waar hulle kan. Ons het gesels oor Jesus, Dawid, Winnie Mandela, die kerk en sommer net oor menswees. Gaan loer gerus na www.echoyouth.co.za en raak betrokke.

May 31, 20181 hr 12 min

EPISODE 26: JW COETZEE (SUPERSPORT.COM REDAKTEUR)

JW Coetzee is 'n sportjoernalis en redakteur by www.supersport.com. Ons het gesels oor die uitdagings wat SA Rugby op die oomblik het om die spel na meer mense toe te vat in Suid Afrika, transformasie en wat ons nie verstaan rondom dit nie asook sommer net oor hoe belangrik dit is om stories te deel vir rugby om meer persoonlik en lewend te bly in die harte van ondersteuners. Jy kan gerus vir JW Coetzee gaan volg by @JWCoetzee

May 20, 20181 hr 10 min

EPISODE 24: KARIEN BARNARD (KAY FAITH)

Karien Barnard oftewel "Kay Faith" is een van ons land se mees opwindende nuwe hip hop producers. Sy het al met groot name soos Kwesta, AKA, Mos Def, Youngsta en vele meer gewerk en sy is iemand wat nog baie golwe gaan maak in die Suid Afrikaanse musiekbedryf. Ek het met haar gesels oor hoe dit gebeur het dat sy haarself nou in die hartjie van die hip hop bedryf bevind asook hoe dit gebeur het dat hip hop haar hart gesteel het.

Apr 15, 20181 hr 13 min

EPISODE 23: WILLIE BRITZ

Willie Britz is 'n professionele rugbyspeler wat al vir die Griekwas, Cheetahs en die Leeus gespeel het in Suid Afrika. Hy speel tans vir die Sunwolves in Japan en ek het die voorreg gehad om met hom te gesels oor sy professionele loopbaan tot dusver. Ons het ook lekker gesels oor transformasie in rugby en ook die impak van geloof in sy lewe en loopbaan.

Apr 08, 20181 hr 3 min

EPISODE 21: COBUS POTGIETER

Cobus Potgieter is nie net een van die wêreld se beste drummers nie maar is verseker die vriendelikste musikant op aarde ook. Op skool was hy Glaskas se eerste drummer maar sou nooit kon dink hoe sy lewe verander het nadat hy sy passie 'n kans gegee het nie. Ek het met Cobus gesels oor hoe dit gebeur het dat 'n video van hom waar hy dromme speel viral gegaan het en miljoene hits gekry het asook hoe dit gebeur het dat hy VSA toe verhuis het. Ons het ook gesels oor hy wat saam met Busted deur Euro...

Jan 16, 20181 hr 7 min

EPISODE 20: MELT SIEBERHAGEN (AKTEUR, SKRYWER, KOMEDIANT)

Melt Sieberhagen is 'n skrywer, akteur, standup comedian en sommer net iemand met 'n magdom verskillende talente as dit kom by die kunste en vermaak. Melt is nie iemand wat bang is om sy opinie te lig oor kwessies wat hom pla nie en ek het met hom gesels oor sy tyd as kind in Ventersdorp, wat hom laat besluit het om in die kunste in te gaan asook my gunsteling temas deesdae soos die "afrikaner", leierskap, die geraas van sosiale media en sommer net ook standup comedy in Suid Afrika.

Jan 08, 20181 hr 4 min

EPISODE 19: DEON MEYER (SKRYWER)

Deon Meyer is een van die wêreld se voorste misdaadfiksieskrywers. Oorsprongklik van Klerskdorp in die Noordwes is hierdie voormalige bestuurder van 'n Spur restourant se boeke in al in meer as 27 tale wêreldwyd vertaal. Ek het met Deon gesels oor hoe sy skryfproses lyk, wat hy dink van skrywersblok, die afrikaner, leierskap in Suid Afrika en sommer net sy storie tot en met nou.

Dec 26, 20171 hr 2 min

EPISODE 18: MERCY KANNEMEYER (SKRYWER, REGISSEUR)

Mercy Kannemeyer is 'n honeurs dramastudent en dokumentêre filmmaker van Stellenbosch. Sy is persoonlik vir my een van die ontluikende skrywers, denkers en filmmakers wie se loopbaan fyn dop gehou moet word in die toekoms want ek voorspel sy gaan nog ongelooflike groot dinge doen. Sy het 'n baie interessante en belangrike dokumentêr gemaak oor wat daar is om te verloor indien Afrikaans finaal afgeskaf word as tersiêre onderrigtaal. Jy kan gerus na haar dokumentêr hier kyk - youtu.be/_oRfpixLl9g

Dec 17, 201755 min

EPISODE 17: ALEX FOURIE (FOTO NA DANS & weFIX)

Alex Fourie was die trompetspeler van Foto na Dans en is ook die meesterbrein agter die weFIX maatskappy. Tydens sy dae as trompetspeler vir Foto na Dans het hy homself geleer hoe om iPod's en slimfone reg te maak en sodoende 'n gaping in die mark gesien vir sy dienste. Vandag is daar 36 weFIX winkels landswyd en het ongeveer 400 werknemers. Ons gesprek het gehandel oor die dae toe ons saam met Foto na Dans getoer het as Straatligkinders, sy passie vir entrepreneurskap en ook bietjie gesels oor ...

Dec 10, 201747 min

EPISODE 16: DANIE DU TOIT(SPOEGWOLF)

Danie du Toit is die sanger en liriekskrywer van die groep Spoegwolf. Met sy unieke stem en aanslag tot lirieke het hy al duisende mense se denke en harte aangeraak en verander. Ons het 'n lekker diep en rou gesprek gehad oor kerk, die idee dat musiek genesend en verwoestend kan wees, films en ook die konsep van "afrikaners".

Dec 01, 201757 min

EPISODE 15: DANIËLLA VAN HEERDEN

Daniëlla van Heerden is een van Suid Afrika se top joernaliste. In haar soeke na die waarheid is sy iemand wat altyd die goeie of inspirerende kant van 'n storie sien. Sy is ook 'n Potchefstromer en ek ken haar van ons laerskool dae af. Ons het gesels oor haar passie vir joernalistiek, fopnuus, is sosiale media 'n goeie verteenwoordiger van hoe mense regtig in Suid Afrika voel en vele meer.

Nov 20, 20171 hr 5 min

EPISODE 14: ENEMY OF THE PEOPLE - BOEKVRYSTELLING

Adriaan Basson(News24) en Pieter du Toit(Huffington Post) se boek getiteld: "Enemy of the People" het sopas die rakke getref. Die boek handel oor hoe Jacob Zuma al vir 10 jaar lank elke beweging haarfyn beplan en uitgevoer het om die land te "verkoop" aan die Guptas. Die boek handel ook oor hoe Suid Afrikaners uit verskillende agtergronde terug baklei het en besig is om Jacob Zuma en sy trawante op hulle plek te sit.

Nov 15, 201749 min

EPISODE 13: PIETER-LOUIS MYBURGH

Nie alle superhelde dra mantels nie en nie alle rockstars staan agter ’n mikrofoon nie. Pieter-Louis Myburgh is ’n ondersoekende joernalis wat die boek: “The Republic of Gutpa, A Story Of State Capture” geskryf het. Ek het met hom gesels oor waar sy passie vir joernalistiek begin het, wanneer hy vir die eerste keer besef het hoe magtig die waarheid kan wees asook die uitdagings van om ’n joernalis te wees in land soos Suid Afrika en ook in ’n tyd soos nou. Ons het ook oor fopnuus gesels en hoe a...

Nov 15, 20171 hr 7 min

EPISODE 12: SCHALK VAN HEERDEN

Schalk van Heerden is een van ons generasie se voorste denkers en leiers wanneer dit kom by versoening in Suid Afrika. Schalk werk tans saam Roelf Meyer en hulle organisasie se naam is "Youth Zones"("a Foundation for a Safe South Africa's flagship programme: Youthzones, is an initiative to build friendships and share ideas that could help us better our own lives." waar hulle in informele nedersettings opbouingsprojekte doen. Schalk het 'n boek geskryf met die naam "Time to Trek" wat baie kontrov...

Nov 08, 20171 hr 14 min

EPISODE 11: EMO ADAMS

Emo Adams is nie net een van ons land se voorste kunstenaars en televisiepersoonlikhede nie. Hy is ook iemand wat nie bang is om ’n stem te wees vir die wat nie stemme het nie. Hy is iemand wat besef watter groot rol kunstenaars in die samelewing speel asook die impak wat jy met jou lewe kan maak deur net anders te wees as almal. Ons het gesels oor waar alles vir hom begin het, sy verhouding met sy pa, geloof, die storie agter sy huwelik asook oor 'n paar bruin helde van vandag.

Oct 30, 20171 hr 18 min

EPISODE 10: GIELIE HOFFMAN

Gielie Hoffman is een van my gunsteling denkers en skrywers van ons generasie. Hy het 'n manier om die moeilike maar regte vrae te vra sodat jy self by die antwoord uitkom. Sy rubrieke is tydloos en sy invloed op die jonger generasie is iets waaroor ons nog baie dankbaar gaan wees in die toekoms. Ons 'n lekker gesprek gehad oor leierskap, geloof, die toekoms van Suid Afrika asook hoe belangrik kwesbaarheid is vir 'n skrywer. Gaan loer gerus na sy werk en idees by www.gieliehoffmann.co.za

Oct 23, 20171 hr 23 min

EPISODE 9: HUNTER KENNEDY (FOKOFPOLISIEKAR)

Hunter Kennedy(Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties) is nie net ’n fenominale digter, skrywer en musikant nie maar hy is ook iemand wat nie skaam is om te erken hy geniet ’n Britney Spears treffer elke nou en dan nie. Ek en Hunter het oor geloof gesels, Fokofpolisiekar se nuwe album “Selfmedikasie”, hoe lyk betrokke kuns vandag asook die tweestryd tussen om iemand lief te hê en om toe te laat dat iemand jou liefhê.

Oct 16, 20171 hr 15 min

EPISODE 8: PEACH VAN PLETZEN

Peach van Pletzen is nie net een van ons land se beste vervaardigers en musikante nie maar hy is ook iemand wat sy elke musikale besluit haarfyn beplan. Die uiteenlopendheid van Yesterday's Pupil, Bittereinder en sy nuwe projek Van Pletzen is bewyse dat Peach iemand is wat iets te sê het, en met sy unieke aanslag tot vervaardiging en musiek is hy iemand wat uitstaan in die vermaakwêreld. Maar apart van 'n ongelooflike suksesvolle loopbaan in musiek is Peach ook iemand wat mens 'n ding of twee ka...

Oct 09, 20171 hr 22 min

EPISODE 7: IVOR SWARTZ

Ivor Swartz is 'n jeugwerker in Johannesburg. Sy lewe en beroep is om 'n lig te wees maar hoe is mens 'n lig wanneer jy een van die donkerste verledes denkbaar het? Ivor was 15 jaar oud toe hy deel was van 'n bende en sy eie broer vermoor het. Hy moes vyf jaar tronk toe gaan en het daar ook skool klaar gemaak. Ons het 'n baie moeilike en eerlike gesprek gehad oor vergifnis, hoe hy God vandag sien teenoor die God wat deur die apartheid narratiewe aan hom gewys is. Ons het ook die idee ondersoek v...

Sep 29, 20171 hr 21 min

EPISODE 6: BIBI SLIPPERS (SKRYWER EN DIGTER)

Ek gesels met die digter Bibi Slippers oor haar digbundel "Fotostaatmasjien". Ons probeer uitvind oor "struggle poetry" en hoe dit in vandag se tyd lyk. Sy vertel my ook oor haar obsessie met pop musiek en gee meer konteks agter die ses sekonde video waar sy met Breyten Breytenbach langarm. Ja, jy het reg gelees. Langarm met Breyten Breytenbach.

Sep 21, 20171 hr 5 min

EPISODE 5: DEON MEIRING

Ek gesels met Deon Meiring(Glaskas en Dans Dans Lisa) oor hoe dit gebeur het dat hy op 15 jarige ouderdom een van sy grootste liedjies ooit geskryf het, hoe hy dit reggekry het om by die Springbok Fourie du Preez se troue op te tree, hoekom hy teologie begin studeer het asook dit wat hy al in sy 2 jaar van getroude lewe geleer het.

Sep 17, 20171 hr 15 min

EPISODE 4: HÉLÈNE OPPERMAN LEWIS

Hélène Opperman Lewis is 'n sielkundige wat die boek, Apartheid: Britain's bastard child geskryf het. Die boek ondersoek die verwoestende rol wat vernedering van die Afrikaner deur die Britte gespeel het in die ontstaan van apartheid. Ons het gesels oor hoe vernedering werk asook ook die effek wat dit op generasies daarna het.

Sep 11, 20171 hr 5 min

EPISODE 3: EWALD JANSEN VAN RENSBURG

Vervaardiger en kitaarspeler vir die band "Monark". Hy was die vervaardiger van al Straatligkinders se albums en is deesdae een van die beste vervaardigers in die Suid Afrikaanse musiekbedryf en is die man agter van Elvis Blue, Majozi, Craig Lucas en vele meer kunstenaar se treffers. Ons het gesels oor hoe ons saam begin het, die krag van musiek asook hoe moeilik dit soms is om musiek as 'n loopbaan aan te pak.

Sep 08, 20171 hr 24 min

EPISODE 2: BEER ADRIAANSE

Ek gesels met Beer oor die legendariese MK Avontoere, sy passie vir stories en films asook ons rol as wit afrikaners in Suid Afrika. Hy deel ook 'n storie van 'n noue ontkoming tydens 'n vlug Johannesburg toe.

Sep 04, 20171 hr 21 min
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android