EPISODE 29: ELVIS BLUE
Jun 19, 2018•1 hr 2 min
Episode description
Elvis Blue het naam gemaak toe hy in 2010 die sangkompetisie "Idols" gewen het, maar min mense weet dat hy al voor dit 'n hele paar albums uitgebring het as solo kunstenaar. Nou is Elvis Blue een van ons land se voorste sangers en liedjieskrywers, en is ook iemand wat verstaan dat alles nie altyd op jou tyd gebeur nie. Ons het gesels oor wat sukses is en hoe tydsberekening 'n belangrike rol speel in elkeen se lewe asook dat as jy nie gelukkig gaan wees met min nie, gaan jy nooit gelukkig wees met baie nie.
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android
