Taaldinge
Magdaleen Krüger kyk na die verband tussen 'n spraakgebrek soos hakkel, en die goeie en vlot gebruik van 'n taal. Is 'n driedubbele moord ses moorde of drie moorde? En kan 'n bord kos beeldskoon wees?

Magdaleen Krüger kyk na die verband tussen 'n spraakgebrek soos hakkel, en die goeie en vlot gebruik van 'n taal. Is 'n driedubbele moord ses moorde of drie moorde? En kan 'n bord kos beeldskoon wees?
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, oftewel Viva, speel 'n toenemend groter rol as bron vir en oor Afrikaans. Jana Luther praat met Ina Strydom oor van die projekte, insluitend aanlynwoordeboeke, waarmee Viva hom besig hou.
Magdaleen Krüger kyk na die variante en dialekte van Afrikaans.
Proff. Marne Minnaar en Eleanor Cornelius vertel meer van die nuwe boek, TOLKTERMINOLOGIE IN VYF TALE, wie dit kan gebruik en hoe dit gebruik kan word.
Die taalkenners bespreek hoeka, die kluts kwyt, asvaal met 'n naat en koloratuur.
Verskeie universiteite in Europa bied Afrikaans as vak aan. Prof. Wannie Carstens vertel van sy doseerperiode by die Universiteit van Leiden, en 'n blitsbesoek aan Boedapest.
Die taalkenners beantwoord 'n klompie taalnavrae van luisteraars. Hulle praat oor onder meer 'n stil veiling, 'n klossiegat en 'n boom operator.
Waar lê Afrikaans se wortels? Prof. Christo van Rensburg vertel van die invloed van Khoi-tale in die ontwikkeling van Afrikaans.
Wat is die verband tussen taal en denke? En tussen taal en 'n geestesongesteldheid soos depressie?
Wat is ortografie, en hoekom het tale unieke skryfstelsels? Ina Strydom praat met taalkundige prof. Ernst Kotze oor Afrikaans, en ander tale, se ortografie.
Magdaleen Krüger kyk na die aard, plasing en skryfwyse van toename in Afrikaans.
Hoe veg jy vir Afrikaans? Die voorsitter van die Trust vir Afrikaanse Onderwys, dr. Theuns Eloff praat oor maniere om die stryd te voer.
Die voorsitter van Prolingua, dr. Marietjie du Plessis vertel meer oor die organisasie en prof. Marne Pienaar van die department Tale, Kultuurstudies en Toegepaste Linguistiek aan die Universiteit van Johannesburg verduidelik wat homonimie is.
Is appelasyn werklik 'n wondergeneesmiddel? Kan diere reën voorspel? Waar kom die klippe en diamante aan die Kaapse Weskus vandaan? En het die Oranjerivier vroeër verder suid in die see geloop?
Martelize Brink en die taalfoendies gesels oor onder meer die betekenis van koloratuur, die gedurige verwarring met is en was, wat 'n stilveiling is, en wat die oorsprong van die woord hoeka is.
Die Afrikaans-Engels taalbrousel wat dikwels gehoor word, is dalk een van die grootste bedreigings vir Afrikaans. Ina Strydom praat met Tom McLachlan oor idiomatiese Afrikaans, en hoe die integriteit van gesproke Afrikaans herstel kan word.
Die tekort aan gekwalifiseerde en bekwame Onderwysers wat in Afrikaans kan skoolhou – is dit #fake news of is dit # werklikheid. Wat is dan die oorsake as dit tog so is en wat moet gedoen word om dit reg te stel. Deelnemers is Miranda Jonas, skool-kurrikulumkenner, Johan Anker, onderwysersopleiding en Mvula Yoyo, vanuit 'n gemeenskapsperspek.
In taalnavrae word gepraat oor die betekenis en herkoms van woorde soos skrapnel, mombakkies en skerpskutter.
Hoe kan die integriteit van Afrikaans as gesproke taal herstel word? Ina Strydom praat met Tom McLachlan oor taalverandering, mengtaal en idiomatiese Afrikaans.
Die staatsubsidie vir die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, die WAT, is die afgelope 10 jaar drasties ingekort. Waar dit voorheen twee tot drie jaar geneem het om een deel (1 letter) te voltooi, neem dit deesdae vier-en-'n-half jaar per letter. Teen hierdie tempo sal dit na beraming 20 jaar neem om die WAT tot die letter Z te voltooi. 'n Tienjaarplan is nou opgestel vir die voltooing van die WAT tot die letter W, en as alles volgens plan verloop, behoort die WAT in 10 jaar voltooi te wees. Mag...
Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, Conrad Steenkamp, praat met Ina Strydom oor die implikasies van die Hoërskool Overvaal-gebeure, en die noodsaaklikheid van 'n oortuigingstaak vir Afrikaans.
Ina Strydom en prof. Wannie Carstens van die NWU sit die gesprek oor taalfunksies, en waar Afrikaans hom bevind, voort.
Wat laat tale groei of kwyn? Ina Strydom praat met prof. Wannie Carstens van die NWU oor die rol van taalfunksies en die stand van Afrikaans.
Nina Brink van die NWU se Skool vir Tale vertel vir Ina Strydom van haar navorsing oor kindertaal en die taalaanleerproses van kinders jonger as twee jaar.
Luisteraarsvrae oor togaswaaier, spanspek en knopkoppie word hanteer.
Ina Strydom praat met die taalkundige, prof. Ernst Kotze oor hoftaal as menseregtekwessie.
Wat is die betekenis van gigantisme? Wat is die herkoms van die woorde roman (boek) en spaghetti?
Twee ambassadeurs van Afrikaans.com, die grafiese kunstenaar Francois Meyer en die akteur Johny Klein, vertel van hulle rol en hoe hulle betrokke geraak het by die veldtog.
Luister na 'n geredigeerde weergawe van die eerste deel van die simposium, Afrikaans oor die nuwe eter, wat Viva en RSG aangebied het.
Magdleen en Krüger en Kobus Burger praat oor die gebruik van Engels in Afrikaanse literatuur.