Taaldinge
Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans sê hulle fokus is doelbewus om te bemagtig deur Afrikaans eerder as om eise te stel, te veg vir Afrikaans en 'n drukgroep te wees.

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans sê hulle fokus is doelbewus om te bemagtig deur Afrikaans eerder as om eise te stel, te veg vir Afrikaans en 'n drukgroep te wees.
Die belangstelling in Afrikaans as vak neem toe by verskeie universiteite in Europa. Prof. Wannie Carstens van die NWU het pas drie maande lank klas gegee by die Universiteit van Gent in België. Hy vertel vir Ina Strydom van die ervaring.
In Taalnavrae word daar gepraat oor "in so 'n mate"; "sielvreter"; en "halsstarrig".
'n Krieseltjie en 'n knypie; 'n katspoegie of 'n ettertjie – Jana Luther van Viva vertel vir Ina Strydom van die unieke manier waarop eenhede en mate in Afrikaans uitgedruk word in die volksmond.
Is dit oppad of op pad en skooltoe of skool toe? En wat is 'n eselsbrug?
Prof. Gerhard van Huyssteen praat met Ina Strydom oor taalpotgooie, of soos hy dit stel podsendings. Van die internasionale weergawes waarna hy verwys, is Talk the Talk, That's what they say, Lingthusiasm, All things linguistic.com en History of English podcasts.
Afrikaans.com se #Onmisbaar Afrikaans-veldtog eindig vir die jaar. Wat wys die syfers oor die impak van die veldtog.
Daar is vele maniere waarop 'n mens "nee" sê in Afrikaans, en nee is nie altyd nee nie! Prof. Ernst Kotze praat met Ina Strydom oor negatiewe polariteit in Afrikaans.
Magdaleen Krüger kyk na variëteite in Suid-Afrikaanse Engels en vergelykings met internasionale Engels.
Ina Strydom praat met die taalhistorikus, prof. Jac Conradie van die Universiteit van Johannesburg, oor die oorsprong en gebruike van modale partikels in Afrikaans: “mos” en sy maters!
Hoekom word reën en seën met deeltekens geskryf, en been en steen nie? Wat is 'n noorkapperwalvis? Is dit korrek om te praat van die afvoer van mense?
Prof. Hans du Plessis het by 'n onlangse herkomsseminaar gepraat oor die wortels van Afrikaans. In 'n geredigeerde weergawe van sy bydrae verduidelik wat hy onder meer wat hy met die "voorpos" bedoel.
In Taalnavrae word die betekenis van navrant gegee, daar word gesels oor taptoe, en uitgebrei oor die woord tarentaal.
Daar is groot internasionale belangstelling in die grammatika van Afrikaans. Viva se grammatikasimposuim is onlangs in Gent in België gehou, en prof. Gerhard van Huyssteen vertel meer oor die sprekers wat opgetree het en die onderwerpe wat bespreek is.
Wat is die effektiwiteit (of nie) en waarde van 'n reklameveldtog vir iets wat nie 'n konkrete diens of produk is nie, maar eerder 'n emosie, soos 'n taal?
'n Unieke nuwe woordeboek, die Junior Tweetalige Woordeboek, het pas verskyn. Ina Strydom praat met die leksikograaf, Delana Fourie en NB Uitgewers se streeksverkoopsbestuurder vir skole in Gauteng, Henk Viljoen oor die boek.
Kan die spanning tussen Standaardafrikaans en die omgangsvariëteite van Afrikaans verlig word, en hoe?
Gesproke Afrikaans en geskrewe Afrikaans is nie altyd dieselfde nie. Wat is die redes hiervoor en watter invloede speel 'n rol? Ina Strydom praat met Jana Luther van Viva oor hierdie kwessie.
Die taalkenners beantwoord 'n klompie taalnavrae van luisteraars. Hulle praat oor onder meer 'n stil veiling, 'n klossiegat en 'n boom operator.
Ina Strydom praat met prof. Wannie Carstens van die NWU oor die gapings wat nog bestaan in die optekening van die geskiedenis van Afrikaans.
Wat is 'n tastrein, tantelant en miempiempie?
Ina Strydom bring hulde aan die taalkundige, prof. Christo van Rensburg, wat verlede week oorlede is.
Van die luisteraarsvrae wat bespreek word, is die herkoms van die woorde tonteldoos, argitek, gemelik en ghoef.
Ina Strydom praat met Magaleen Krüger en Fred Pheiffer, een van die redakteurs van Die Tale wat ons praat - taaldinge uit die gewilde radioprogram, oor die boek wat pas verskyn het.
Klemplasings binne woorde en binne sinne – is daar 'n verskuiwing aan die gang in Afrikaans?
Die gesprek oor die vertaling van eiename word voortgesit, met die fokus op onder meer persoonsname (byvoorbeeld die Pous van die Rooms-Katolieke Kerk), geografiese name, en die name van organisasies.
In Taalnavrae word daar gepraat oor 'n ysterwarewinkel, hoekom spel ons onthou, maar spreek dit uit as 'ondhouis', en waar kom die woord 'bom' vandaan.
Behoort 'n mens eiename te vertaal? Die taalpraktisyn Tom McLachlan praat oor die tradisie en faktore wat ter sprake kom by vertalings.
In Taalnavrae word daar gepraat oor die herkoms van die naam Simonsberg. Is 'n stadslegende en wolhaarstorie een en dieselfde ding? Waar kom die woord bietjie vandaan.
Wat is taalnorme en hoekom is dit nodig? Prof. Wannie Carstens vertel hoe die norme met verloop van tyd verander.