Die tale wat ons praat
Feb 11, 2018•20 min0
Episode description
Die staatsubsidie vir die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, die WAT, is die afgelope 10 jaar drasties ingekort. Waar dit voorheen twee tot drie jaar geneem het om een deel (1 letter) te voltooi, neem dit deesdae vier-en-'n-half jaar per letter. Teen hierdie tempo sal dit na beraming 20 jaar neem om die WAT tot die letter Z te voltooi. 'n Tienjaarplan is nou opgestel vir die voltooing van die WAT tot die letter W, en as alles volgens plan verloop, behoort die WAT in 10 jaar voltooi te wees. Magdaleen Krüger het hieroot met dr. Willem Botha van die WAT gepraat.
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android
