Plekname weerspieël baie van die geskiedenis, en die taal se geskiedenis. ‘n Taalpraktisyn van Akademia, Karien Brits, vertel vir Ina Strydom van die plekname wat deur die natuur geïnspireer is, en hulle praat oor die verskynsel van pleknaamverandering.
May 05, 2024•24 min
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het onlangs bekend gemaak aan wie sy gesogte pryse vanjaar toegeken word. Prof. Eleanor Cornelius, professor in Toegepaste Linguistiek is die ontvanger van die CL Engelbrech-prys vir Taalkunde vir haar boek, Gewone Taal – ‘n oorsig. Sy vertel vir Ina Strydom wat “gewone taal” is en hoekom dit belangrik is.
Apr 28, 2024•25 min
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, doen besondere werk oor Afrikaans grammatika en het ‘n portaal vir taalonderrig. Die projekleier, Nadine Fouche-Karsten, vertel vir Ina Strydom meer oor die taalonderrigportaal en wat dit alles bied.
Apr 21, 2024•26 min
Twee verteenwoordigers van die Griekwa-koningshuis, kaptein Aaron Messelaar en hoofvrou Rachel Cloete, vertel vir Ina Strydom meer oor die Griekwa-gemeenskap en Afrikaans. Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, neem ook aan die gesprek deel.
Apr 14, 2024•23 min
Na aanleiding van ‘n onlangse rubriek in Beeld waarin die rubriekskrywer Jana Luther vra of dit tyd geword het vir ‘n Red-‘n-Woord projek, praat Ina Strydom met haar oor ou Afrikaanse woorde – en watter gered kan word, of behoort gered te word.
Apr 07, 2024•24 min
Die senior mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Alet Cloete, is saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraars se taalnavrae te beantwoord. Hulle bespreek onder meer die verskil tussen insette en insae; die herkoms van uitdrukkings soos husse met lang ore en bossies het oë; en die meervoud van keurspel.
Mar 31, 2024•20 min
Akademia het pas ‘n BA Taalstudies bekend gestel. Die hoof van die Departement Tale en Kultuurwetenskappe, dr. Alé Steyn, vertel vir Ina Strydom wat dié kursus besonders maak, en waarom taalstudie so belangrik is.
Mar 24, 2024•25 min
Die waarde van ‘n woordeboek vir ‘n skoolkind kan nooit genoeg beklemtoon word nie. Die senior leksikograaf en eindredakteur by Pharos, Delana Fourie, vertel vir Ina Strydom van die jongste woordeboek in hulle stal, die Senior Tweetalige Skoolwoordeboek. Hulle praat ook oor die waarde en belangrikheid van woordeboeke in die algemeen.
Mar 17, 2024•24 min
Verlede jaar is ‘n taalhulpbronoudit by universiteite gedoen om te bepaal wat die stand van taalbeleid en -beplanning is, en watter hulpbronne beskikbaar is en benodig word. Prof. Tobie van Dyk van die NWU en SADiLAR wat nou betrokke was by die oudit, vertel vir Ina Strydom wat hulle bevind het, en wat die pad vorentoe is.
Mar 10, 2024•25 min
Die uitspraak van eiename, plekname en ander benamings in vreemde tale bly ‘n tameletjie vir die meeste mense. Moet die uitspraak so ná as moontlik aan die brontaal wees, of moet dit aangepas word na die klanke van die eie taal? Die taalkundige, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel vir Ina Strydom van navorsing oor dié kwessie. https://bit.ly/Uitspraakvoorkeure
Mar 03, 2024•20 min
Eersterust is ’n Afrikaanse gemeenskap in Pretoria. Hulle het groot uitdagings wat betref die oordrag van Afrikaans tussen die generasies omdat die druk om te verengels, voortdurend toeneem. Die Eersterust Taal- en Ontwikkelingsforum het ‘n paar jaar gelede tot stand gekom om Afrikaans en moedertaal in die gemeenskap te bevorder. Die ATR se noordelike koördineerder, Merlyn van der Rheede, die voorsitter van ETOF, Nolan Leyds, en die sekretaris, Danie Mathys, vertel vir Ina Strydom meer oor hulle...
Feb 25, 2024•23 min
Wat is die stand van Afrikaans tans? Waar gaan dit goed, en waar is daar rooi ligte wat flits? Die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom waaroor ons tevrede kan voel, en waaroor ons bekommerd moet wees.
Feb 18, 2024•25 min
Emeritus-professor Hein Willemse vertel vir Ina Strydom meer oor die skrywer van die boek, The Arabic Afrikaans Writing Tradition, Achmat Davids; en die bydrae van die boek tot die geskiedenis van Afrikaans. Hy praat ook oor die rol van variëteite en Standaardafrikaans.
Feb 11, 2024•25 min
Afrikaans is toenemend onder druk by universiteite, skole, in howe en in die werkplek, maar internasionaal groei die belangstelling in die taal. Nie net word die taal by verskeie universiteite in die buiteland as vak aangebied nie, maar taalkundiges elders in die wêreld doen ook navorsing oor Afrikaans. Die organiseerder van die 4de Internasionale Afrikaansgrammatika-werkwinkel, Monique Rabe van die NWU, vertel vir Ina Strydom van die referate wat gelewer is.
Feb 04, 2024•20 min
Waar kom die woord, sjebeen, vandaan? Wat is kontaminasie as dit met woorde of taal verband hou? Is die woorde, brutaal en wreed, sinonieme? Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord hierdie en ander taalnavrae.
Jan 28, 2024•18 min
Die taalkundige, Prof Wannie Carstens vertel vir Ina Strydom hoe hy te werk gaan om die storie van Afrikaans se verlede, hede en toekoms in ‘n kompakte vorm te vertel.
Jan 21, 2024•23 min
Een van die heel oudste variëteite van Afrikaans kom uit die Bo-Kaap, naamlik Maleier-Afrikaans of Moslem-Afrikaans of Arabiese Afrikaans. Twee taal- en erfenisaktiviste, Fatima Allie en Mogamat Alexander vertel vir Ina Strydom van hulle projek om Afrikaans weer in die Bo-Kaap te vestig. Die projek word met die steun van die ATR gedoen.
Jan 14, 2024•22 min
Waarom is die standaardvariëteit van ‘n taal noodsaaklik, en waarvoor word dit gebruik? Ina Strydom vra die taalkundige, Prof Ernst Kotze onder meer hoe daar op die standaardvariëteit besluit word en uit watter stappe die standaardiseringsproses bestaan.
Jan 07, 2024•25 min
Ken jy die woord kletsnat? Waar kom die woord “laaitie” vandaan? En waarom kry sommige plekname ‘n lidwoord vooraan? Dit is van die luisteraarsnavrae wat beantwoord word. Ina Strydom se gaste is oudergewoonte Alet Cloete en dr. Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
Dec 31, 2023•19 min
Sommige gewoontes en gebruike tydens Kersfees en Nuwejaar is eeue oud; en al die gelowe het ‘n fees wat verband hou met lig – wanneer die lig die donker verdring. Uit die argief kom ‘n gesprek wat Ina Strydom met Jana Luther van die WAT gehad het oor sommige van die gebruike en tradisies wat met Kersfees en Nuwejaar verband hou.
Dec 24, 2023•18 min
Die eerste Departement Afrikaans en Nederlands het in 1918 by die Grey Universiteitskollege – vandag die Universiteit van die Vrystaat – tot stand gekom. ‘n Gedenkboek “Van toeka af die toekoms in”, het pas verskyn. Proff. Angelique van Niekerk en Henning Pieterse, die redakteurs, vertel vir Ina Strydom meer oor die boek en die geskiedenis van die Departement.
Dec 17, 2023•25 min
Wat is die stand van Afrikaans in die regswese – en hoekom is dit belangrik? Akademia het onlangs ‘n seminaar hieroor gehou as deel van die ATR se groter projek oor die stand van Afrikaans. Die dekaan van Akademia se regsfakulteit, prof. Hermie Coetzee, en ‘n dosent in Opvoedkunde, dr. Annelise de Vries vertel vir Ina Strydom meer oor die onderwerpe wat bespreek is, en deel ‘n paar aanbevelings.
Dec 10, 2023•21 min
Die Afrikaanse Taalraad het met ‘n unieke projek in Macassar in die Wes-Kaap begin om Afrikaanse onderwys, en die belang van moedertaalonderwys en meertaligheid te beklemtoon. Dr Conrad Steenkamp en Ria Olivier van die ATR en Dr. Charles Flaendorp van die VGK -gemeente in die dorp vertel vir Ina Strydom hiervan.
Dec 03, 2023•24 min
‘n Paar taalnavrae word beantwoord deur Alet Cloete en Gerda Odendaal van die WAT, soos die herkoms van die woorde ban en nerd. Die ambassadeur van die Festival voor het Afrikaans, wat die naweek in Den Haag plaasvind, Frazer Barry, vertel vir Ina Strydom meer van dié fees.
Nov 26, 2023•25 min
Die Afrikaanse Onderwysnetwerk het onlangs ‘n beraad gehou oor die stand van Afrikaanse onderwys, waar hulle op bepaalde fokusgebiede besluit het. Die bestuurshoof van die AON, Daan Potgieter, vertel vir Ina Strydom wat die fokusgebiede is, en wat die pad vorentoe is.
Nov 19, 2023•22 min
Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Wat is goeie Afrikaans vir hardeware en sagteware van ‘n rekenaar? Wat is ‘n ewenaarsvoor? Waar kom die woord bykans vandaan? Hoekom is dit verkeerd om te sê “die wedstryd was gespeel”? Alet Cloete en Gerda Odendaal van die WAT is saam met Ina Strydom in die ateljee.
Nov 12, 2023•19 min
Waarom word Hamas uitgespreek as “Ghamas” al word dit met ‘n h gespel? En plaaslik word Radebe uitgespreek as Ghadebe. Die taalkundige, prof. Ernst Kotze, vertel vir Ina Strydom wat alles ‘n rol speel by die uitspraak van woorde en name in vreemde tale.
Nov 05, 2023•19 min
Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, vertel vir Ina Strydom van die verband tussen armoede en onderwys, en watter rol Afrikaans het om te speel, n.a.v. die Hertzoggedenklesing wat hy onlangs gelewer het by die SAAWK.
Oct 29, 2023•21 min
Die internasionaal-gerekende leksikograaf, prof. Rufus Gouws van die Universiteit Stellenbosch, vertel vir Ina Strydom waar Internasionale Woordeboekdag vandaan kom, wat op 16 Oktober gevier is. Hy vertel ook wat die jongste ontwikkelinge op die gebied van woordeboekmaak is, en hoe kunsmatige intelligensie die toekoms van die vakgebied sal raak.
Oct 22, 2023•25 min
Regstreeks vanaf die Woordfees in Stellenbosch: Alet Cloete en dr. Gerda Odendaal van die WAT beantwoord luisteraarsvrae.
Oct 15, 2023•20 min