Taaldinge - podcast cover

Taaldinge

Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Taaldinge 8 Oktober 2023

‘n Taalpraktisyn van Akademia, Sarita Blignaut, vertel vir Ina Strydom meer oor die tema van vanjaar se Vertaaldag, en wat dit in die praktyk beteken. Sy vertel ook van die vertaalproses, en wat die toekoms vir vertalers inhou teen die agtergrond van die ontwikkeling van Kunsmatige Intelligensie.

Oct 08, 202318 min

Taaldinge 1 Oktober 2023

Skoolkinders se gebrekkige leesvermoë het verreikende gevolge, want volgens ‘n PIRLS-verslag kan slegs 19% van leeringe in Graad 4 met begrip lees. Die projekbestuurder van Afrikaans.com, Milanie Vosloo, vertel vir Ina Strydom wat ouers en opvoeders kan doen om kinders se leesbegrip te verbeter.

Oct 01, 202318 min

Taaldinge 24 September 2023

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, is besig met verskeie projekte ter bevordering en bewaring van Afrikaans in al sy fasette. Die bestuurshoof, Marlie Coetzee, vertel vir Ina Strydom van die projekte, insluitend ‘n taal- en tegnologietoer vir skoolkinders, onderwyshulpmiddels en die uitgewery.

Sep 24, 202325 min

Taaldinge 17 September 2023

Die bestuurshoof van die ATR, dr. Conrad Steenkamp, en die kultuur- en taalaktivis, dr. Willa Boezak, vertel vir Ina Strydom van ‘n werkswinkel oor Afrikaans en die Griekwa. Die tema was Afrikaans, taal van my voorouers – taal van my kinders.

Sep 17, 202322 min

Taaldinge 10 September 2023

Milanie Vosloo, die projekbestuurder van Afrikaans.com, vertel vir Ina Strydom meer oor hulle leerhulpmiddels wat gratis beskikbaar is. Hulle praat ook oor die belangrikheid van moedertaal en moedertaalonderrig.

Sep 10, 202319 min

Taaldinge 3 September 2023

Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Wat aan bod kom, sluit onder meer in die verskil tussen lankmoedig en verdraagsaam; die herkoms van ensemble, riemtelegram en stinkryk; en die rede waarom onmiddellik op dié manier gespel word. Ina Strydom se gaste is oudergewoonte Alet Cloete en dr. Gerda Odendal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

Sep 03, 202322 min

Taaldinge 27 Augustus 2023

Waarom gebruik ‘n mens woorde soos dinges, of watsenaam? En watter funksie het “uhm” in ‘n gesprek? Prof. Donovan Lawrence, hoof van die department Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Wes-Kaapland, vertel vir Ina Strydom meer oor plekhouers en stopwoorde.

Aug 27, 202320 min

Taaldinge 20 Augustus 2023

Die gesogte Jan H. Maraisprys vir ‘n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op ‘n hoë vlak in Afrikaans, is vanjaar toegeken aan die letterkundige, prof. Louise Viljoen van Stellenbosch. Sy vertel vir Ina Strydom meer oor haar werk en loopbaan.

Aug 20, 202322 min

Taaldinge 13 Augustus 2023

Luisteraars se taalvrae word beantwoord. Van die kwessies wat bespreek word, is die gebruik van nommers, syfers en getalle; die herkoms van die uitdrukkings streepsuiker kry en riemspring; en die verskil tussen gebruiker en verbruiker. Alet Cloete en Gerda Odendal van die W.A.T. verskaf die antwoorde op die vrae wat Ina Strydom namens die luisteraars vra.

Aug 13, 202321 min

Taaldinge 6 Augustus 2023

Die Internasionale Federasie van Vertalers is ‘n beroepsorganisasie vir vertalers, tolke en terminoloë. Onlangs is ‘n streeksentrum vir Afrika in die lewe geroep. Die ondervoorsitter, prof. Eleanor Cornelius van die Universiteit van Johannesburg, vertel vir Ina Strydom wat hierdie organisasie doen.

Aug 06, 202325 min

Taaldinge 30 Julie 2023

‘n Baie belangrike navorsingsprojek oor variasie in Afrikaans is onlangs aangekondig. Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, en die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom waaroor ProVaria handel, en waarom die projek van stapel gestuur word.

Jul 30, 202325 min

Taaldinge 23 Julie 2023

Iemand sing van ‘n boer in beton; ‘n groep noem hulleself ‘n Boere boy-band; vir sommige mense beteken dit ook die polisie. En dan is daar nog die mense wat kos op die land se tafels sit. Wat beteken boer en Boer vandag? Prof. Marné Pienaar van die Universiteit van Johannesburg het ‘n akademiese artikel geskryf waarin sy die gebruike en betekenis ondersoek.

Jul 23, 202324 min

Taaldinge 16 Julie 2023

Hoekom skuif kerke en gemeentes so maklik van Afrikaans na Engels as geloofstaal? Die Afrikaanse Taalraad ondersoek dié kwessie. Die ondervoorsitter van die ATR, dr. Hendrik Theys, die bestuurshoof, dr. Conrad Steenkamp, en die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom wat die agtergrond tot die ondersoek is, en gee inligting oor ‘n simposium wat beplan word om die skakel tussen taal en geloof te belig, en ‘n basis vir gesprek te skep.

Jul 16, 202323 min

Taaldinge 9 Julie 2023

Die kwessie van standaardtaal is die afgelope tyd in die kollig. Daar is diegene wat meen “standaard” sluit mense uit. Maar wat is standaardtaal; wat is die doel daarvan; hoe werk dit elders in die wêreld; en is dit nodig om ‘n standaardtaal te hê? Die gesaghebbende taalkundige, prof. Ernst Kotze, beantwoord Ina Strydom se vrae.

Jul 09, 202324 min

Taaldinge 2 Julie 2023

Waarom gebruik ‘n mens ‘n komma as desimale skeier, en nie punt nie? En waarom kan ‘n mens nie maar net soos wat die gewoonte geword het, van biljoen praat in plaas van miljard nie? Die vertaler en taalpraktisyn, Tom McLachlan, vertel vir Ina Strydom wat die rede hiervoor is.

Jul 02, 202320 min

Taaldinge 25 Junie 2023

Die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het onlangs ‘n seminaar gehou met die tema: Die einde van Standaardafrikaans? Die kommissie se voorsitter, Suléne Pilon, vertel vir Ina Strydom wat hulle gedagtegang oor dié kwessie is.

Jun 25, 202324 min

Taaldinge 18 Junie 2023

Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is saam met Ina Strydom in die ateljee, en vertel onder meer wat “kiri slam” beteken wat in ‘n gedig van ID du Plessis voorkom; en waar die woord “iesegrimmig” vandaan kom.

Jun 18, 202324 min

Taaldinge 11 Junie 2023

Afrikaans is oor twee jaar 100 jaar oud. Die projek om dié geleentheid te vier, is onlangs aangekondig. Teen hierdie agtergrond is dit dan ook nodig om bestek te neem van Afrikaans se infrastruktuur: wat is daar, en in watter toestand is dit? Prof. Wannie Carstens van die NWU verduidelik vir Ina Strydom wat Afrikaans se infrastruktuur is, en hulle besin oor onderhoud en instandhouding.

Jun 11, 202323 min

Taaldinge 4 Junie 2023

Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Van die kwessies wat bespreek word, is die gebruik van manlike en vroulike vorme; waarom tagtig met ‘n t begin en nie “agtig” is nie; en die verskil tussen insette en insae. Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is saam met Ina Strydom in die ateljee.

Jun 04, 202323 min

Taaldinge 28 Mei 2023

Vloek jy in Afrikaans of Engels? Vloek is ‘n interessante kwessie, en verskillende woorde is meer of minder aanvaarbaar vir verskillende mense. Maar watter rol speel tweetaligheid, en vloek ‘n mens dalk makliker in Engels as jy Afrikaans is, of anders om? Die taalkundige, prof. Gerhard van Huyssteen van die NWU, vertel vir Ina Strydom van ‘n internasionale projek waarmee hy besig is.

May 28, 202321 min

Taaldinge 21 Mei 2023

Die verskil wat ‘n letter kan maak! Is dit ‘n tikfout of ‘n taalfout? Die bekendstelling van nuwe banknote het tot groot ontsteltenis gelei by sommige lede van die Tsonga-taalgemeenskap omdat die woord “bangikulu” wat Reserwebank beteken, sonder ‘n “n” gespel word soos op die vorige stel note. Die taalpraktisyn van Akademia, Karien Brits, vertel vir Ina Strydom waaroor die ontsteltenis gaan.

May 21, 202319 min

Taaldinge 14 Mei 2023

T staan vir ta en tsoenami; vir taai en vir têkkel, en nog vele meer. Die Senior Mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Alet Cloete, vertel vir Ina Strydom wat dit behels om ‘n woordeboekdeel van die WAT saam te stel, nadat die deel wat met die letter T begin, onlangs voltooi is. Sy vertel ook meer oor die vordering met die tienjaarplan, en wat gebeur as al die dele voltooi is.

May 14, 202321 min

Taaldinge 7 Mei 2023

Universiteite se taalbeleid is dikwels in die kollig en het al tot verskeie hofsake gelei. Maar taalbeleid handel ook oor regverdigheid en die benadeling van studente op grond van taal. Proff. Albert Weidenam en Tobie van Dyk van Icelda vertel vir Ina Strydom hoekom akademiese geletterdheid en die insluiting daarvan in ‘n taalbeleid so belangrik is.

May 07, 202320 min

Taaldinge 30 April 2023

Luisteraars se taalnavrae is altyd interessant en leersaam. Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal vertel onder meer waar “op eie houtjie” en “uitknikker” vandaan kom. Hulle gee ook die Afrikaanse benaming vir “chatbot”, en verduidelik wat ‘n kon-konnetjie is.

Apr 30, 202317 min

Taaldinge 23 April 2023

Akademiese geletterdheid kom elke dan en wan in die soeklig, maar wat is dit en waarom wil universiteite dit meet? Proff. Albert Weideman en Tobie van Dyk vertel vir Ina Strydom waarom akademiese geletterdheid belangrik is, en wat uit toetse afgelei kan word.

Apr 23, 202325 min

Taaldinge 16 April 2023

Watter nut het idiome? Dalk moet ‘n mens sommer maar reguit sê wat jy bedoel. Maar enige moedertaalspreker wat sy sout werd is, sal weet dat uitdrukkings en idiome so ingeburger is dat ‘n mens skaars besef jy gebruik dit. Die oorsprong van uitdrukkings in Afrikaans kan gevind word in bronne wat wissel van die antieke tyd tot vandag; van bedrywe soos skeepvaart tot sport. Betaalmiddels, oud en nuut, is ‘n ryk bron van idiome. Jana Luther van die WAT vertel vir Ina Strydom waar uitdrukkings soos “...

Apr 16, 202323 min

Taaldinge 9 April 2023

‘n Paar weke gelede is daar bestek geneem van die stand van Afrikaans, en die fokus was op die positiewe punte. Daar is egter ook rooi ligte wat flikker waarvan kennis geneem moet word. Prof. Wannie Carstens en dr. Conrad Steenkamp bespreek ‘n paar van die gevaarligte vir Afrikaans met Ina Strydom.

Apr 09, 202324 min

Taaldinge 2 April 2023

Wat is die verskil tussen state en deelstate; konsert en concerto; en bakatel en bagatelle? ‘n Nuwe spanlid, dr. Gerda Odendaal, sluit by Alet Cloete van die WAT aan om saam met Ina Strydom luisteraars se navrae oor taalkwessies te beantwoord.

Apr 02, 202321 min

Taaldinge 26 Maart 2023

Dis altyd moeilik om plagiaat te bewys, en kunsmatige intelligensie kan dit selfs moeiliker maak. Maar daar is taalkundige beginsels wat in die proses gebruik kan word om die identiteit van die outeur te bepaal. Taalkundige prof. Ernst Kotze vertel vir Ina Strydom hoe forensiese linguistiek hiervoor gebruik word. Dit is die vakgebied waar taal gebruik word om regskwessies te help oplos soos plagiaat, laster of naamskending wanneer die outeur anoniem is of ‘n skuilnaam gebruik.

Mar 26, 202319 min

Taaldinge 19 Maart 2023

Om 'n vreemde taal aan te leer maak nie net nuwe wêrelde oop wat betref musiek en letterkunde nie, maar kan ook help om werksgeleenthede en selfs verblyfreg te kry. Prof. Angelique van Niekerk, hoof van die Departement, Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans by die Universiteit van die Vrystaat, vertel vir Ina Strydom van 'n aanleerderskursus wat mense in staat kan stel om Nederlands genoegsaam onder die knie te kry om in die land te kan woon.

Mar 19, 202325 min
Hosted on Omny Studio
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android