Die kontemporêre Suid-Afrika vandag kan mooi beskryf word deur die bekende woorde van Charles Dickens. Ons land beleef werklik terselfde tyd die beste van tye asook die ergste van tye. Tye van wysheid en tye van dwaasheid. Hierdie week bespreek Podlitiek vier van due gebeure in hierdie kontrasterende tye naamlik die skokkende Facebook video van die afgelope week, die DA se verkiesingsveldtog en die beweerde onthullings oor die Coligny moordsaak. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kana...
Jan 22, 2019•23 min
Podlitiek wil graag sy dank uitspreek vir die politieke partye, leiers en sosiale media van Suid-Afrika wat sorg dat hierdie podsending weekliks ‘n oorvloed van flaters, oorreaksies en verontwaardiging het om oor te gesels en die gek mee te skeer. Hierdie week fokus Podlitiek op vier van hierdie nuusgebeure, naamlik die ANC se nuwe 2019 manifes, die Schweizer-Reneke protes, die Denel moles en Gillette wat geslaan word vir ses. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n ...
Jan 16, 2019•27 min
Na afloop van ‘n nodige breukie weg van nasionale nuus, is die Podlitiek-span terug op hulle poste - met ‘n paar appeltjies te skil met die Suid-Afrikaanse regering. Hierdie week sing die span ‘n nuwe liedjie: Skaapslag op Cliftonstrand, waarna hulle onwettige wiskunde-klasse by Helen Zille se seun kry, en uiteindelik waag hulle weer ‘n opinie oor grondhervorming en die nuutste verwikkelinge in hierdie netelige kwessie.
Jan 09, 2019•21 min
Hierdie spesiale uitgawe van Podlitiek is nie, soos altyd, te erg besorg oor die stampe en stote van die Suid-Afrikaanse politiek nie - juis omdat ‘n ou blaaskansie oor Kersfees tog net gepas is. In ‘n insiggewend, dog persoonlike, episode besluit die span om sommer die Kersgety te gebruik om die sluier te lig oor die basiese waardes van ons samelewing - juis omdat daar soveel uit die Christelik-Joodse gelooftradisie daarvoor ontleen is.
Dec 25, 2018•53 min
In hul derde spesiale episode bespreek die Podlitiek-span Geloftedag - of is dit nou Versoeningsdag, of is dit nou Dingaansdag? Hoe presies moet ons hierdie veldslag beskou? Was dit gewoon goeie Europese wapens wat assegaaie en leerskilde getroef het? Was dit ‘n natuurwonderwerk, of natuurramp? Was dit, soos wat Pretorius en sy medestryders geglo het, ‘n geloofswonderwerk, gegee uit die Hand van die Allerhoogste?
Dec 16, 2018•50 min
Podlitiek kuier met ‘n groot gees en leier in die Suid-Afrikaanse podsending bedryf, Jacques Basson aanbieder van Klipkouers. Ons gesels oor entrepreneurskap, alternatiewe media en Afrikaner identiteit. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.org Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554 Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.c...
Dec 10, 2018•52 min
Ten spyte van deurlopende beurtkrag, kon Podlitiek iewers die geleentheid vind waar ons ateljee nie net beskikbaar was nie maar waar Eskom toevallig so gaaf was om ook elektrisiteit te verskaf. Die week bespreek ons die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, die probleme by Eskom en die SAUK en die verslag deur die Grondwetlike Hersieningskomitee wat deur die Nasionale Vergadering aangeneem is. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podli...
Dec 05, 2018•21 min
Hierdie week vier Podlitiek sy 25ste weeklikse episode met drie opwindende besprekingspunte naamlik ons land se nuwe kabinet, die EFF se aanval op die media asook die aankondiging van ‘n nuwe nasionale minimumloon. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.org Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554 Podlitiek op SoundCloud ► https://sound...
Nov 27, 2018•21 min
Tydens hierdie episode gesels die twee Daniel’s en Paul met Danie Barnard, aktivis en entrepreneur oor die invloed van sosiale media op die samelewing, kripto-geldeenhede asook die 2019 verkiesing. Danie het die #BoerTestimony beweging op sosiale media begin wat gelei het tot VSA president Donald Trump se opmerkings oor plaasmoorde in SA.
Nov 23, 2018•51 min
Klomp goeie dinge kom in drie’s, BLT broodjies, blinde muise en die Podlitiek span. Selfs hierdie lys bewys dit. Oudergewoonte is die drie besprekingspunte van hierdie episode ook drieledig. Podlitiek bespreek die Grondwetlike Hersieningskomitee se amptelike verslag, fopnuus deur ‘n Unisa werknemer en Cyril Ramaphosa se Bosasa skandaal.
Nov 21, 2018•20 min
Tydens hierdie uur lange episode het Paul Maritz en Daniël Eloff die voorreg om met die Nasionale Sekretaris van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Unie (SANWU), Pikkie Greeff, te gesels. Die episode dek Trump, 2019 se verkiesing en die werk van SANWU.
Nov 15, 2018•53 min
Podlitiek pak die week se nuusgebeure soos Owen Farrell aan, nie met skouers en sonder enige arms nie maar eerder met harde direktheid terwyl ons steeds daarmee weg kom. In hierdie episode bespreek ons rusies in ons wetgewer, HUB besoldiging en die deurlopende debat oor grondonteiening.
Nov 14, 2018•21 min
Daar is altyd iets nuuts uit Afrika - en vanweek is dit sommer ‘n nuwe politieke party. In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span die vakbond NUMSA wat onlangs ‘n politieke party gestig het, mediese skemas en AfriForum wat op die EFF se bates wil beslag lê.
Nov 07, 2018•21 min
In hierdie episode het Daniël en Paul die voorreg om met verkiesings-guru en bestuurskonsultant Dawie Scholtz te gesels. Die drie bespreek die betroubaarheid van peilings, Suid-Afrikaanse stempatrone en daar word 'n paar voorspellings vir die 2019 verkiesing gemaak.
Nov 02, 2018•49 min
In vandeesweek se episode is dit vir die Podlitiek span baie duidelike dat geld wat stom is nie regmaak wat krom is nie – selfs nie as jy Cyril Ramaphosa is nie.¶
Oct 31, 2018•22 min
Daniel, Paul en Daniël gesels in hierdie episode met Suidwessie, 'n bekende en aktiewe Twitter gebruiker. Sy is ook 'n veeartsenystudent aan die Universiteit van Pretoria. Die vier bespreek die rol van sosiale media, studente politiek en politieke ideologie van jong Suid-Afrikaners.
Oct 30, 2018•58 min
In vanweek se weeklikse episode ontnonsens die Podlitiek span die verwikkelinge oor Ahmed Timol se dood van 40 jaar gelede, die paniek oor vuurwapen-eienaarskap en ook die ANC se flou reaksie op plaasaanvalle.
Oct 24, 2018•21 min
In vandeesweek se episode pak die Podlitiek-span oudergewoonte talle belaglikhede in die nuus aan – maar word darem verkwik deur ‘n positiewe verwikkeling of twee. Die span bespreek die VBS skandaal, die verwikkelinge in Witbank en Pik Botha se afsterwe.
Oct 17, 2018•22 min
In vanweek se episode pak die Podlitiek dubbelstandaarde, snaakse besluite deur universiteitsbestuur en die Nene-saga by die horings aan.
Oct 11, 2018•22 min
Met Podlitiek se derde episode van hul onderhoudreeks gesels Daniël Eloff en Daniel du Plessis met Dirk Scheepers wat al die pad van die VSA af hier in Suid-Afrika gekuier het. Dirk is die aanbieder van die DS Program podsending en werk in New York.
Oct 10, 2018•58 min
In vanweek se politiek is daar probleme bo en onder die grond – maar die Podlitiek span durf weer met groot moed en baie geduld alles aan, van politieke geweld tot mynbou-moles.
Oct 03, 2018•20 min
Net omdat dagga nou wettig is, beteken nie dat die Podlitiek-span kans sien om te ontspan nie – want hul besef goed, waar daar ‘n rokie is, is daar gewoonlik ‘n vuur. Die span bespreek die Grondwetlikehof se uitspraak oor dagga, die IRV se onlangse verkiesingsopname en die probleme met Ramaphosa se stimulus plan.
Sep 26, 2018•21 min
Spesiale geleenthede vereis spesiale bederf – soos ’n spesiale uitgawe van Podlitiek! Op hierdie Erfenisdag gesels Paul Maritz en Daniel du Plessis met Gielie Hoffman oor erfenis in Suid-Afrika – en dan ook die erfenis van Afrikaners in besonder.
Sep 24, 2018•26 min
Die Podlitiek-span neem vanweek weer die swaard op teen ideologiese moerasse, filosofiese lokvalle en politiese paniek deur te gesels oor Maimane wat almal laat lag, China soek krag en Wellington se Ou vlag.
Sep 20, 2018•22 min
Die Podlitiek-span hervat vanweek hul nimmereindigende kruistog teen feitefoute, propaganda en algemene politiekery. In hierdie episode Ramaphosa word verdring, deur misdaad omring en AfriForum se Parlement-geding.
Sep 14, 2018•21 min
Met die tweede episode van Podlitiek se onderhoudreeks gesels Daniël Eloff en Daniel du Plessis met Martin van Staden. Martin is ‘n regsnavorser by die Vryemarkstigting en ook die Hoofredakteur van beide die Rational Standard en Being Libertarian.
Sep 07, 2018•33 min
In die nuutste episode van Podlitiek raak die span, soos altyd, handgemeen met onsekerheid, onkunde en onwaarheid – maar nou ook in video! Die span gesels oor Steve Hofmeyr wat sy 1992 referendum stem wil verander, Suid-Afrika se resessie en Theresa May se flater oor grondonteiening.
Sep 06, 2018•22 min
Podlitiek-luisteraars het oor die afgelope maande gewoond geraak aan vurige gesprekke ten gunste van individuele vryheid, die mag van gemeenskappe, en minder mag aan die regering. Hierdie week se vurige episode trek dié vryheidswa oudergewoonte deur ons liewe land se verdiepende sosialismedrif deur te kyk na onderwys, munisipaliteite, en grond.
Aug 30, 2018•20 min
In hierdie week se vurige episode vol debat en redenering ontnonsens Podlitiek se paneel oudergewoonte die week se nuus en politiese gebeure. Hierdie week kyk hulle na MiWay se HUB, Renè Otto se sosiale media opmerkings, die EFF se plan om die Reserwebank te Nasionaliseer, en AfroWorld View, wat voormalig as ANN7 bekend gestaan het, se onlangse sluiting.
Aug 23, 2018•21 min
In hierdie week se skitterende episode ontduister Podlitiek se twee gereeldeaanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff, saam met gasaanbieder Daniel du Plessis, drie snaakse fenomene: Lyste met plase in gevaar, media-foefies en sensasie, en die lot van ons eertydse hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, ene Shaun Abrahams.
Aug 15, 2018•21 min