Podlitiek - podcast cover

Podlitiek

Podmediawww.spreaker.com
Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans.

Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube.

Met trots aan u gebring deur Podmedia.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Onderhoudreeks Ep. 1 - Crezane Bosch (Tshwane DA)

In die eerste van Podlitiek se Onderhoudreeks gesels Paul Maritz en Daniël Eloff met Crezane Bosch van die Demokratiese Alliansie. Crezane is die adjunksweep van die party se Tshwane koukous. Die drie gesels en debatteer oor die DA se ideologiese posisie voor die 2019 verkiesing, die uitdagings wat die party in die gesig staar en oor Crezane se eie politieke ideologie.

Aug 14, 201837 min

Ep. 9 - Grond, Gemengde Boodskappe En Gatkraak In Zim

In hierdie week se opwekkende episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff, saam met gasaanbieder Daniel du Plessis oor drie sake wat swaar op Suid-Afrikaners se harte druk: Ons land, ons amptelike opposisie, en ons sukkelende bure.

Aug 09, 201821 min

Ep. 8 - Louere in die hof, likwidasies en lisensies

In hierdie week se spitsvondige episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Daniël Eloff en Paul Maritz saam met die gasaanbieder Daniel du Plessis oor ‘n paar goeie hofuitsprake wat verlede week gelewer is, die ANC Jeugliga se likwidasie, en die nuutste oor wapenlisensies in Suid-Afrika.

Aug 02, 201820 min

Ep. 7 - Australiese Inboorlinge, Af Ligte En Afstigting

In hierdie spitsvondige episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff en die gasaanbieder Daniel du Plessis oor Trevor Noah se Twitter oproer, die nuutste gebeure oor Eskom en China se betrokkenheid by die sukkelende staatsorgaan en laastens oor die idee van ‘n onafhanklike Kaap-buurland.

Jul 27, 201820 min

Ep. 6 - BLF, Obama en Al-Bashir

In hierdie episode gesels Paul Maritz, Hermann Pretorius en Daniël Eloff oudergewoonte oor ‘n paar opspraakwekkende nuusflitse van die afgelope week. Hierdie week val hul vergrootglase op Black First Land First, die rasgedrewe drukgroep wat onlangs weer opspraak gemaak het, Suid-Afrika se voorgenome terugkeer na die Internasionale Geregtigheidshof, en die voormalige Amerikaanse President Barack Obama se onlangse besoek aan Suid-Afrika.

Jul 20, 201820 min

Spesiale Episode - Mandela: Waar het hy gewen, verloor en hoe onthou ons hom

In ons eerste spesiale episode breek die Podlitiek-span hierdie week so ʼn bietjie die gewoonte van nuusonderwerpe, en fokus in op een onderwerp – spesifiek die werk en impak van Oud-President Nelson Mandela wat oor die algemeen helder en deurdagte kritiek, lof en analise vryspring. Die paneel stel die episode soos ʼn Afrika-potjie op – dus met drie bene, maar een sentrale vuurmaakplek.

Jul 18, 201820 min

Ep. 4 - Belasting, benaming en bewaring.

In hierdie episode gesels Daniël, Paul en Hermann Pretorius oor Grahamstad se voorgestelde naamsverandering, die situasie by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se Kommissie van Ondersoek en word daar ‘n argument gemaak vir die bewaring van wild deur kommersiële jag.

Jul 06, 201819 min

Ep. 3 - Kwaksalwery, Kaap-krisisse En Kolisi

In hierdie episode gesels ons oor die afgelope ruk se aktuele nuusgebeure. Die drie gebeure waarop hierdie episode fokus is die Nasionale Gesondheidsversekering en vrae daar rondom, die DA se huidige uitdagings, spesifiek die uitspraak in die De Lille hofsaak, en die manier waarop Rachel Kolisi, die vrou van Siya Kolisi, op Twitter hanteer is.

Jun 29, 201820 min
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android