Podlitiek - podcast cover

Podlitiek

Podmediawww.spreaker.com
Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans.

Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube.

Met trots aan u gebring deur Podmedia.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Ep. 29 - Facebook geskok , Die DA se onderrok en by Coligny gejok

Die kontemporêre Suid-Afrika vandag kan mooi beskryf word deur die bekende woorde van Charles Dickens. Ons land beleef werklik terselfde tyd die beste van tye asook die ergste van tye. Tye van wysheid en tye van dwaasheid. Hierdie week bespreek Podlitiek vier van due gebeure in hierdie kontrasterende tye naamlik die skokkende Facebook video van die afgelope week, die DA se verkiesingsveldtog en die beweerde onthullings oor die Coligny moordsaak. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kana...

Jan 22, 201923 min

Ep. 28 - ANC Manifes, Schweizer - Protes En Denel Moles

Podlitiek wil graag sy dank uitspreek vir die politieke partye, leiers en sosiale media van Suid-Afrika wat sorg dat hierdie podsending weekliks ‘n oorvloed van flaters, oorreaksies en verontwaardiging het om oor te gesels en die gek mee te skeer. Hierdie week fokus Podlitiek op vier van hierdie nuusgebeure, naamlik die ANC se nuwe 2019 manifes, die Schweizer-Reneke protes, die Denel moles en Gillette wat geslaan word vir ses. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n ...

Jan 16, 201927 min

Ep. 27 - Skaapslag Op Cliftonstrand, Zille - Seun In Die Sop Beland En Regeringshand Vat My Land

Na afloop van ‘n nodige breukie weg van nasionale nuus, is die Podlitiek-span terug op hulle poste - met ‘n paar appeltjies te skil met die Suid-Afrikaanse regering. Hierdie week sing die span ‘n nuwe liedjie: Skaapslag op Cliftonstrand, waarna hulle onwettige wiskunde-klasse by Helen Zille se seun kry, en uiteindelik waag hulle weer ‘n opinie oor grondhervorming en die nuutste verwikkelinge in hierdie netelige kwessie.

Jan 09, 201921 min

Spesiale Episode 4 - Christelike Joodse Waardestelsel

Hierdie spesiale uitgawe van Podlitiek is nie, soos altyd, te erg besorg oor die stampe en stote van die Suid-Afrikaanse politiek nie - juis omdat ‘n ou blaaskansie oor Kersfees tog net gepas is. In ‘n insiggewend, dog persoonlike, episode besluit die span om sommer die Kersgety te gebruik om die sluier te lig oor die basiese waardes van ons samelewing - juis omdat daar soveel uit die Christelik-Joodse gelooftradisie daarvoor ontleen is.

Dec 25, 201853 min

Spesiale Episode 3 - Geloftedag

In hul derde spesiale episode bespreek die Podlitiek-span Geloftedag - of is dit nou Versoeningsdag, of is dit nou Dingaansdag? Hoe presies moet ons hierdie veldslag beskou? Was dit gewoon goeie Europese wapens wat assegaaie en leerskilde getroef het? Was dit ‘n natuurwonderwerk, of natuurramp? Was dit, soos wat Pretorius en sy medestryders geglo het, ‘n geloofswonderwerk, gegee uit die Hand van die Allerhoogste?

Dec 16, 201850 min

Onderhoudreeks Ep. 8 - Jacques Basson (Klipkouers)

‪Podlitiek kuier met ‘n groot gees en leier in die Suid-Afrikaanse podsending bedryf, Jacques Basson aanbieder van Klipkouers. ‬‪Ons gesels oor entrepreneurskap, alternatiewe media en Afrikaner identiteit. ‬ Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.org Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554 Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.c...

Dec 10, 201852 min

Ep. 26 - NVG Se Nuwe Kahuna, Staatsinstellings Se Pampoene, Onteiening Kry Hardloop - Skoene

Ten spyte van deurlopende beurtkrag, kon Podlitiek iewers die geleentheid vind waar ons ateljee nie net beskikbaar was nie maar waar Eskom toevallig so gaaf was om ook elektrisiteit te verskaf. Die week bespreek ons die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, die probleme by Eskom en die SAUK en die verslag deur die Grondwetlike Hersieningskomitee wat deur die Nasionale Vergadering aangeneem is. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podli...

Dec 05, 201821 min

Ep. 25 - Nuwe Kabinet Gesoom, EFF Sonder Skroom en 'n Nuwe Minimumloon

Hierdie week vier Podlitiek sy 25ste weeklikse episode met drie opwindende besprekingspunte naamlik ons land se nuwe kabinet, die EFF se aanval op die media asook die aankondiging van ‘n nuwe nasionale minimumloon. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.org Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554 Podlitiek op SoundCloud ► https://sound...

Nov 27, 201821 min

Onderhoudreeks Ep. 7 - Danie Barnard (Aktivis En Entrepreneur)

Tydens hierdie episode gesels die twee Daniel’s en Paul met Danie Barnard, aktivis en entrepreneur oor die invloed van sosiale media op die samelewing, kripto-geldeenhede asook die 2019 verkiesing. Danie het die #BoerTestimony beweging op sosiale media begin wat gelei het tot VSA president Donald Trump se opmerkings oor plaasmoorde in SA.

Nov 23, 201851 min

Ep. 24 - Grondonteiening Uitgepluis, Unisa Fopnuuspaleis En Cyril Se Ware Kleure Wys

Klomp goeie dinge kom in drie’s, BLT broodjies, blinde muise en die Podlitiek span. Selfs hierdie lys bewys dit. Oudergewoonte is die drie besprekingspunte van hierdie episode ook drieledig. Podlitiek bespreek die Grondwetlike Hersieningskomitee se amptelike verslag, fopnuus deur ‘n Unisa werknemer en Cyril Ramaphosa se Bosasa skandaal.

Nov 21, 201820 min

Onderhoudreeks Ep. 6 - Pikkie Greeff (SANWU)

Tydens hierdie uur lange episode het Paul Maritz en Daniël Eloff die voorreg om met die Nasionale Sekretaris van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Unie (SANWU), Pikkie Greeff, te gesels. Die episode dek Trump, 2019 se verkiesing en die werk van SANWU.

Nov 15, 201853 min

Ep. 22 - Numsa Party Gestig, Discovery Betug En Malema Ontwrig

Daar is altyd iets nuuts uit Afrika - en vanweek is dit sommer ‘n nuwe politieke party. In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span die vakbond NUMSA wat onlangs ‘n politieke party gestig het, mediese skemas en AfriForum wat op die EFF se bates wil beslag lê.

Nov 07, 201821 min

Onderhoudreeks Ep. 4 - Metalhead Vet (@Suidwessie)

Daniel, Paul en Daniël gesels in hierdie episode met Suidwessie, 'n bekende en aktiewe Twitter gebruiker. Sy is ook 'n veeartsenystudent aan die Universiteit van Pretoria. Die vier bespreek die rol van sosiale media, studente politiek en politieke ideologie van jong Suid-Afrikaners.

Oct 30, 201858 min

Onderhoudreeks Ep. 3 - Dirk Scheepers (DS Program)

Met Podlitiek se derde episode van hul onderhoudreeks gesels Daniël Eloff en Daniel du Plessis met Dirk Scheepers wat al die pad van die VSA af hier in Suid-Afrika gekuier het. Dirk is die aanbieder van die DS Program podsending en werk in New York.

Oct 10, 201858 min

Ep. 16 - Wettige Dwelms, Verkiesing Voorspellings En Stimlus - Kwellings.

Net omdat dagga nou wettig is, beteken nie dat die Podlitiek-span kans sien om te ontspan nie – want hul besef goed, waar daar ‘n rokie is, is daar gewoonlik ‘n vuur. Die span bespreek die Grondwetlikehof se uitspraak oor dagga, die IRV se onlangse verkiesingsopname en die probleme met Ramaphosa se stimulus plan.

Sep 26, 201821 min

Spesiale Episode - Podlitiek praat erfenis

Spesiale geleenthede vereis spesiale bederf – soos ’n spesiale uitgawe van Podlitiek! Op hierdie Erfenisdag gesels Paul Maritz en Daniel du Plessis met Gielie Hoffman oor erfenis in Suid-Afrika – en dan ook die erfenis van Afrikaners in besonder.

Sep 24, 201826 min

Onderhoudreeks Ep. 2 - Martin Van Staden (FMF & Rational Standard)

Met die tweede episode van Podlitiek se onderhoudreeks gesels Daniël Eloff en Daniel du Plessis met Martin van Staden. Martin is ‘n regsnavorser by die Vryemarkstigting en ook die Hoofredakteur van beide die Rational Standard en Being Libertarian.

Sep 07, 201833 min

Ep. 13 - Steve Sê Nee, SA Se BBP, Theresa May Verleë

In die nuutste episode van Podlitiek raak die span, soos altyd, handgemeen met onsekerheid, onkunde en onwaarheid – maar nou ook in video! Die span gesels oor Steve Hofmeyr wat sy 1992 referendum stem wil verander, Suid-Afrika se resessie en Theresa May se flater oor grondonteiening.

Sep 06, 201822 min

Ep. 12 - Lesufi Se Foefie, Mandelabaai Verraai, En Die Grondberaad - Verraad.

Podlitiek-luisteraars het oor die afgelope maande gewoond geraak aan vurige gesprekke ten gunste van individuele vryheid, die mag van gemeenskappe, en minder mag aan die regering. Hierdie week se vurige episode trek dié vryheidswa oudergewoonte deur ons liewe land se verdiepende sosialismedrif deur te kyk na onderwys, munisipaliteite, en grond.

Aug 30, 201820 min

Ep. 11 - MiWay Se Fout, Reserwebank Benoud En AfroView Word Koud

In hierdie week se vurige episode vol debat en redenering ontnonsens Podlitiek se paneel oudergewoonte die week se nuus en politiese gebeure. Hierdie week kyk hulle na MiWay se HUB, Renè Otto se sosiale media opmerkings, die EFF se plan om die Reserwebank te Nasionaliseer, en AfroWorld View, wat voormalig as ANN7 bekend gestaan het, se onlangse sluiting.

Aug 23, 201821 min

Ep. 10 - Plaaslyste, Medialuise En Die Hof Luister

In hierdie week se skitterende episode ontduister Podlitiek se twee gereeldeaanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff, saam met gasaanbieder Daniel du Plessis, drie snaakse fenomene: Lyste met plase in gevaar, media-foefies en sensasie, en die lot van ons eertydse hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, ene Shaun Abrahams.

Aug 15, 201821 min
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android