In 'n aangrypende toespraak voor die VN-Jeugvergadering in New York het die 16-jarige Malala Yousufzai gesê sy wil die nalatenskap van onder meer Nelson Mandela versterk. Sy is verlede deur die Taliban in die kop geskiet toe sy aangedring het op skoolonderrig vir meisies.
Jul 13, 2013•4 min0
'n Plaaslike taalfoendi sê hy is opgewonde oor Amerikaanse navorsing wat wys dat sosioekonomiese omstandighede nié 'n rol speel in kinders se uiteindelike taalvaardigheid nie. Die Universiteit van Chicago sê taalleidrade wat ouers aan peuters gee, maak 'n reuseverskil aan hoe groot die kind se woordeskat sal wees.
Jul 13, 2013•3 min0
Aardverwarming sorg dat ons die warmste dekade beleef wat nog ooit gemeet is. Die hoofnavorser in klimaatsmodulering by die WNNR, dr. Francois Engelbrecht, sê Suid-Afrika het in dié tydperk in die binneland 'n winter van tot vier grade hoër as normaalweg beleef. Volgens hom hou dit verreikende gevolge in vir landbou, biodiversiteit en energieverbruik.
Jul 13, 2013•2 min0
Die jongste motornuus.
Jul 13, 2013•7 min0
Plaaslike navorsers sê hidrobreking in Suid-Afrika hou nie 'n verhoogde aardbewing-gevaar in nie. Dit volg op die publikasie van 'n verslag oor skaliegasontginning in die VSA, waarin bevind is dat gebiede wat aan hidrobreking blootgestel is, meer geneig is tot sterk naskokke ná aardbewings, al is dit duisende kilometers weg.
Jul 13, 2013•2 min0
Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Jul 06, 2013•7 min0
Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Jun 29, 2013•7 min0
Die wêreld se oudste uithou-motorwedren begin oor 'n paar uur buite die dorp Le Mans in noordwes Frankryk. Anna-Marie Jansen van Vuuren het dié renbaan besoek om te kyk waarom dit as díé baanuithouren beskou word.
Jun 22, 2013•5 min0
'n Woordeboeksamesteller het 'n taai werk, maar as daar passie by betrokke is dit 'n pure lekkerte. Dis dan ook so met professor Ernst Kotzé van Port Elizabeth, voorheen van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit. Hy het al 'n Afrikaans/Zoeloe woordeboek die lig laat sien, maar dis sy projek om 'n Afrikaans/Japans woordeboek saam te stel, wat sy trots is. Die projek en navorsing hou hom al langer as 13 jaar besig en behels ook 'n grammatika-handleiding wat terselfdertyd sal verskyn. Ver...
Jun 22, 2013•6 min0
Die jongste motornuus.
Jun 22, 2013•6 min0
Die jongste motornuus.
Jun 15, 2013•5 min0
Die jongste motornuus.
Jun 08, 2013•6 min0
Die jongste motornuus.
Jun 01, 2013•6 min0
Die jongste motornuus.
May 25, 2013•4 min0
Afrikadag word vandag gevier. Die Universiteit van Stellenbosch se Sakeskool het gisteraand 'n funksie gehad en prof. Eltie Links was die gasspreker. Prof. Links was voorheen onder meer Suid-Afrika se ambassadeur by die Europese Unie. Hy het het met Naweekaktueel gepraat en gesê Suid-Afrika en die res van die vasteland se heil lê in goeie leierskap.
May 25, 2013•7 min0
As jy bang is vir vlieg en die woord, turbulensie, jou hartklop laat versnel, moet jy maar nóú vlieg terwyl dit nog relatief gemaklik is. Britse wetenskaplikes voorspel dat aardverwarming die intensiteit en voorkoms van turbulensie sal verhoog. Die voorspelling is dat mens hier teen 2050 hare op jou tande sal moet hê om veral oor die Noord Atlantiese Oseaan te vlieg.
May 18, 2013•4 min0
Die jongste motornuus.
May 18, 2013•7 min0
Angelina Jolie wat vandeesweek in 'n hoofartikel in die dagblad, The Star, geprys is vir haar brawe besluit om haar mastektomie aan die groot klok te hang, het rubriekskrywers en veral vroueblaaie en programme 'n voor die handliggende tema gegee - borskanker en die hantering daarvan. Die hoof van die Ginekologiese Onkologie-eenheid aan die Universiteit van Pretoria, dr. Greta Dreyer, glo die genetiese toetsing wat Jolie op die pad van 'n mastektomie geplaas het, kan nie sonder berading geskied n...
May 18, 2013•6 min0
Die Suid-Afrikaanse rolprent, LITTLE ONE, wat Hollywood se Academy onlangs as een van die Top 20 buitelandse rolprente aangewys het, het gefaal by die plaaslike loket. Dit nadat gerekende rolprentresesente soos Leon van Nierop, Paul Boekooi en Laetitia Pople dit ten sterkste aanbeveel het. Dit los die vraag - hoekom ondersteun Suid-Afrikaanse gehore meestal net komedies? Anna-marie Jansen van Vuuren het gaan ondersoek instel.
May 18, 2013•6 min0
Die jongste motornuus.
May 11, 2013•6 min0
Die jongste motornuus.
May 04, 2013•7 min0
Die jongste motornuus.
Apr 27, 2013•5 min0
Die Suid-Afrikanse span dokters van GIFT OF THE GIVERS in Darkoush word oorval deur slagoffers van die burgeroorlog wat reeds langer as twee jaar duur. Die hospitaal in die noordwestelike gebied naby die grens met Turkye is van vroegoggend reeds gepak met pasiente.
Apr 20, 2013•3 min0
Die jongste motornuus.
Apr 20, 2013•7 min0
'n Groep van 40 Suid-Afrikaanse dokters wat in 'n hospitaal in Sirië as vrywilligers werk, het benoude oomblikke beleef. Hewige gevegte het in die noorde van Sirië uitgebreek. Die dokters is deel van die groep GIFT OF THE GIVERS, wat in die stad Dakursh werksaam is. Foeta Krige het hierdie verslag uit Sirië gestuur.
Apr 20, 2013•5 min0
Frankryk het die week aangekondig dat hy die mensgemaakte chemikalieë, Bisphenol Poli-karbonaat A oftewel BPA, in baie meer produkte gaan verban. Die Franse het reeds die gebruik van BPA in 2010 in bababottels verbied en Suid-Afrika het dieselfde in Oktober 2011 gedoen. Franse wetenskaplikes is egter bekommerd oor die gebruik van die spesifieke chemikalieë in kwitansiepapier en glo swanger vroue wat byvoorbeeld in supermarkte agter kasregisters werk is veral kwesbaar. Die hoof van navorsing by C...
Apr 13, 2013•5 min0
Die jongste motornuus.
Apr 13, 2013•1 min0
Frikkie Maas uit Brisbane - hierdie groetwoorde aan die einde van sy vele stories uit Australië is al byna so bekend soos dié van Tossie Lochner uit Italië. Frikkie het saam met sy vrou, Bets, bydraes gelewer vir Monitor, die destydse Spitstyd en Sportjoernaal asook Koms van die koninkryk. Die 79-jarige Frikkie voel egter dis tyd vir 'n blaaskans na meer as 4 000 stories. Hy het gister vir oulaas met Anita Visser gesels.
Apr 13, 2013•6 min0
April is wêreldwyd Outismemaand en Naweekaktueel fokus op die uitdagings wat ‘n ma en haar outistiese kind ervaar. Die uitvoerende hoof van die SA Vereniging vir Outisme , Anna Atkins, gee ook raad.
Apr 06, 2013•22 min0
Die jongste motornuus.
Apr 06, 2013•6 min0