Naweekaktueel - podcast cover

Naweekaktueel

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

3 Mar 2012

Dit is vandag die laaste dag waarop die nuwe Anglo-Boereoorlog rolprent, Verraaiers, verfilm word. Agter die skerms bestaan die span meestal uit dieselfde groep mense wat Roepman vervaardig het, met Paul Eilers in die regisseurstoel. Volgens die vervaardiger, Sallas de Jager, het alles goed afgeloop, maar die uitermatige hitte en perde wat elke nou en dan hulle eie koppe volg, het wel vir 'n kopseer of twee gesorg.

Mar 03, 20124 min0

3 Mar 2012

Die jongste motornuus.

Mar 03, 20124 min0

3 Mar 2012

Argentinië het hierdie week met twee afsonderlike voorvalle 'n streep in die politieke sand getrek om Brittanje duidelik te laat verstaan dat die Falklandoorlog oorlog van 30 jaar gelede nie vergete is nie. Twee Britse passasierskepe is toestemming geweier om in die suidelike hawestad, Ushaia, te dok en die Minister van Handel, Debora Giorgi, het sakelui in Buenos Aires gevra om handelsbande met Brittanje te verbreek.

Mar 03, 20124 min0

3 Mar 2012

Meer as vierduisend leerders in die Noord-Kaap word touwys gemaak in die skryfkuns deur van Suid-Afrika se beste skrywers by die skrywersfees wat van Donderdag tot vandag in Kimberley aangebied word. Bekroonde skrywers soos Ahmed Kathrada, Don Mattera, Deon Meyer, Marita van der Vyver en Sandile Dikeni bied werkswinkels by verskeie skole in die Noord-Kaap aan. Anel Heydenrych het daar ingeloer.

Mar 03, 20124 min0

25 Feb 2012

Wat het springmielies, papierborde, ou reënjasse, pizzakartonbokse, sitkamerbanke en ou braaipanne gemeen? Die antwoord is P.F.O.S. wat in daardie produkte skuil en moontlik 'n gevaar vir jou inhou. Anita Visser praat hieroor met 'n eko-toksikoloog van Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus, prof. Henk Bouwman.

Feb 25, 20126 min0

25 Feb 2012

Maandag was dit presies 50 jaar gelede dat die ruimtevaarder John Glenn die eerste Amerikaner geword het om 'n wentelbaan om die Aarde te voltooi. Hy was oornag 'n volksheld gegewe die konteks van die koue oorlog en die feit dat die Rus, Yuri Gagarin, die Amerikaners die loef afgesteek het deur reeds in April 1961 die eerste mens in die ruimte te word.

Feb 25, 20127 min0

18 Feb 2012

Amerikaanse wetenskaplikes onder leiding van die Kubaansgebore dr. Eduardo Marban, het hart-stamselle gebruik om weefselskade ná 'n hartaanval te herstel. Die uitslae van die suksesvolle kliniese toetse wat by die Cedars Sinai Hartinstituut in Los Angeles gedoen is, is pas in die gerespekteerde Britse mediese tydskrif, The Lancet Journal gepubliseer.

Feb 18, 20124 min0

11 Feb 2012

Waaraan dink jy as jy die woord Boelgarye hoor? As dit joghurt is, is dit tyd dat jy jou horisonne verbreed want hierdie Oos-Europese land wat vanjaar 20 jaar se diplomatieke bande met Suid-Afrika vier, het veel meer om te bied. So sê Sheila Camerer wat ons ambassadeur in Sofia is. Camerer is al drie jaar in Boelgarye, 'n land wat sy met een woord opsom: Knus.

Feb 11, 20124 min0

11 Feb 2012

Europa se ysige koue wil maar net nie wyk nie. Een Suid-Afrikaner wat klappertand in Georgië sit, is die 24-jarige Rikus Wessels wat op die dorpie Tsalan Djiega Engels vir die kinders leer. Die dorpie is 70 kilometer suid van die Russiese grens en vandeesweek het die kwik daar tot minus 25 gedaal. Die koue het die waterpype laat bars en gisteraand is Rikus saam met twee vriende, 'n Wallieser 'n Amerikaner na 'n naburige dorp om te gaan warm stort. Anita Visser het met hom gesels.

Feb 11, 20126 min0

11 Feb 2012

Nederlanders beleef hulle koudste winter in 15 jaar, reg in pas met die res van 'n bibberende Europa. Kollega Suzaan Steyn het in Abcaude, spesiaal vir Naweekaktueel, haar gevriesde voete by die deur uitgesteek om die termometer te gaan bestudeer.

Feb 11, 20126 min0

4 Feb 2012

Vandag is Wêreld Kankerdag en vanjaar se tema is: Together it is possible." Die vraag bly egter - is dit moontlik om die stryd teen kanker te wen? Op 23 Desember 1971 het president Richard Nixon met die ondertekening van die Amerikaanse Kankerwet, oorlog teen die siekte verklaar en 100-miljoen dollar beloof om 'n kuur teen kanker te vind. Helaas is ons nog nie daar nie. Vir sy perspektief oor die stand van kanker in die wêreld en hier by ons, praat Anita Visser met die hoof van CANSA se navorsin...

Feb 04, 201210 min0

4 Feb 2012

Die jongste motornuus.

Feb 04, 20126 min0

14 Jan 2012

Die jongste motornuus.

Jan 14, 201211 min0

7 Jan 2012

Die jongste motornuus.

Jan 07, 20129 min0

31 Dec 2011

Hoewel nuusgebeure oor die algemeen 'n ernstige affêre is, is Suid-Afrikaners bekend daarvoor dat hulle ligpunte in die donker kan raaksien. Die komediant, PietMan Geldenhuis, 'n boorling van Hamlet in die Wes-Kaap en musikant wat optree saam met Ollie Viljoen en Valiant Swart en onlangs te sien was op Toks en Tjops, het 'n oorsig saamgestel van die jaar se belangrikste nuusgebeure - op 'n ligter noot natuurlik...

Dec 31, 20117 min0

10 Dec 2011

Die jongste motornuus en -wenke.

Dec 10, 20117 min0

3 Dec 2011

Die jongste nuus uit die motorwêreld.

Dec 03, 20117 min0

26 Nov 2011

Naweekaktueel se gereelde motorrubriek.

Nov 26, 20117 min0
Hosted on Omny Studio
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android