Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Last refreshed: ⓘ
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more
Die redakteur van die Mail and Guardian, Nic Dawes, sê hy weet niks van mediaberigte oor enige sogenaamde ondersoek na sy koerant deur die Nasionale vervolgingsgesag nie. Die Mail and Guardian en president Jacob Zuma se woordvoerder, Mac Maharaj het vroeër die week koppe gestamp nadat die weekblad 'n berig oor Maharaj wou plaas wat sy beweerde betrokkenheid by en finansiële voordeel uit die wapenskandaal sou ondersoek. Gister is die relevante gedeeltes in 'n artikel egter met swart strepe gesens...
Mens sou seker kon sê hulle het lank genoeg gewag, maar vandeesweek is Neil Armstrong wat sekerlik geen bekenstelling as ruimtevaarder benodig nie, die eerste keer deur die Amerikaanse Kongres vereer. Armstrong, Buzz Aldrin, Michael Collins en die eerste Amerikaner wat in 1962 om die aarde gewentel het, Alan Shepard, is met goue Kongresmedaljes vereer, 42-jaar ná die geskiedkundige maanlanding.
Die ontvoering van en moontlike moord op Ian Jordaan, Lolly Jackson se voormalige regsverteenwoordiger, het die polisie se forensiese kenners steeds aan die kop krap. 'n Verkoolde lyk en 'n bakkie is verlede week naby Hekpoort, wes van Johannesburg gevind en daar word beweer dat die oorskot die van die 55-jarige Jordaan is. 'n Polisiewoordvoerder, kaptein Pinkie Tsinyane sê die polisie is steeds besig om die oorskot te ontleed op soek na DNS wat lig op die saak sal werp. Maar hoekom neem die toe...
Vyfmiljoen Suid-Afrikaners rook. Dis 'n nare gewoonte wat geld kos, kanker kan veroorsaak en sosiaal toenemend onaanvaarbaar is. Dis hoekom die Nasionale Raad teen Rook, nou wil begin om drastiese stappe te doen om rokers te help ophou. Kanada het vroeër die week aangekondig dat 75-persent van alle sigaretpakkies se voor en agter kante in die land voortaan sal bestaan uit waarskuwings. Tans is die wetgewing die strengste ter wêreld en 'n voorbeeld wat die Direkteur van die Nasionale Raad teen Ro...