'n Nuwe variant van die coronavirus versprei vinnig deur die land, en veral jong mense sonder onderliggende siektetoestande word hierdeur geraak. Die minister van polisie, Bheki Cele, kom onder skoot oor swaar gewapende polisielede op die Wes-Kaap se strande, en ons vra of hy die regte man vir die taak is. Op 'n ligter noot vra ons: As jy 'n by was, hoe sou jy jou nes beskerm teen aanvallende perdebye? Bye in Vietnam gebruik dieremis, seep en selfs menslike urine!
Dec 19, 2020•47 min0
In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius padveiligheid.
Dec 12, 2020•7 min0
Matrieks hoef nie twee uitgelekte vraestelle te herskryf nie. 'n Kenner ontleed die jongste studie oor neigings in internasionale wiskunde- en wetenskap-resultate. Gorrelskurwepaddas se liggaamsgrootte het binne 'n honderd jaar nadat hulle in Mauritius en Réunion vrygelaat is, met 'n derde gekrimp. Die Suid-Afrikaanse gruwelriller rolprent, "8", wen drie internasionale toekennings.
Dec 12, 2020•54 min0
In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius 'n luisteraarsvraag.
Dec 05, 2020•7 min0
Twee matriekvraestelle sal landwyd oorgeskryf word. China se derde onbemande sending na die maan kan moontlik bepaal of ertsminerale daar ontgin kan word. Die voorlaaste Formule Een Grand Prix van die seisoen word Sondag afgehandel.
Dec 05, 2020•53 min0
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Renault.
Nov 28, 2020•4 min0
Die Staatkapingskommissie gaan strafregtelike aanklagte lê teen die voormalige voorsitter van die SAL-raad, Dudu Myeni. Mediakenners waarsku dat diegene wat die SAUK-raad wil ontbind, 'n politieke agenda het. Ons praat met die Jongboer van die Jaar. Die Engelse kraai koning teen die Proteas.
Nov 28, 2020•54 min0
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Suzuki.
Nov 21, 2020•4 min0
Die Verenigde Nasies vergader oor haatspraak teen minderhede. Die DA in die Wes-Kaap gaan voort met sy leierskapskongres te midde van bewerings van 'n komplot. Agt mense word in verband met openbare geweld gearresteer ná die EFF in die omgewing van die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad betoog het.
Nov 21, 2020•53 min0
In ons weeklikse motorrubriek gee Wessel Pretorius raad oor hoe jy jou voertuig en sleepding vir die langpad moet voorberei.
Nov 14, 2020•8 min0
Ons ontleed die jongste kwartaallikse misdaadsyfers. Die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, sê slegs as die ANC-takke vir hom sê hy moet opsystaan, sal hy dit doen. Die Vryheidsfront Plus sê selfbeskikking is 'n politieke opsie vir die Wes-Kaap. Die Twee Oseane Akwarium vier sy 25ste bestaansjaar.
Nov 14, 2020•54 min0
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Ford.
Nov 07, 2020•4 min0
Joe Biden se voorsprong vergroot. Die voormalige voorsitter van die SAL-direksie, Dudu Myeni, systap die Staatskapingskommissie. 'n Nuwe dramareeks bring hulde aan die jazzkultuur van die Kaapse vlakte.
Nov 07, 2020•54 min0
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n vinnige hings.
Oct 31, 2020•5 min0
Die DA se leierskapskonferensie begin met 'n paar interessante kaarte op die tafel. 'n Suid-Afrikaanse rolprent in die Wilde Weste-genre begin draai. Wessel Pretorius toets 'n ikoniese Amerikaanse hings.
Oct 31, 2020•52 min0
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Suzuki en 'n Volvo.
Oct 24, 2020•7 min0
Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad sê bykans 1-miljoen Suid-Afrikaners het ophou rook tydens die streng inperkingstyd. Pastoor Shepherd Bushiri en sy vrou bly in aanhouding tot Maandag. Die DA vra dat drie brandgeteisterde provinsies tot rampgebiede verklaar moet word. Die eerste Afrikaanse wetenskapfiksie-rolprent maak hierdie naweek sy buiging in fliekteaters.
Oct 24, 2020•50 min0
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Ford-bakkie.
Oct 17, 2020•3 min0
Verskeie organisasies en partye het gister in Senekal protes gelewer teen plaasmoorde en misdaad in die land - ons hoor by hulle wat hulle verder beplan. Die EFF het ook opgeruk na Senekal - 'n ontleder kyk na wat die party hiermee probeer bereik het. Eskom vra vir geduld terwyl hulle die kragreus probeer regruk. 'n Dag van danksegging word môre by die Theewaterskloofdam in die Wes-Kaap gehou.
Oct 17, 2020•55 min0
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Land-Rover, en 'n luisteraarsbrief word beantwoord.
Oct 10, 2020•8 min0
Inwoners van Senekal en Paul Roux in die Vrystaat praat uit oor landelike misdaad, betogings en geweld. Ons praat met die Wêreldvoedselprogram oor die Nobelprys vir vrede wat aan die organisasie vir sy soms gevaarlike werk toegeken is. In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Landrover.
Oct 10, 2020•54 min0
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Volvo.
Oct 03, 2020•7 min0
Kritiek dat die regering se landelike beveiligingsplan faal, ná nog 'n plaasmoord. Borskankertoetse word afgeskeep. En, die room van Suid-Afrikaanse rugby pak mekaar vanmiddag in 'n Groen teen Goud-wedstryd op Nuweland.
Oct 03, 2020•50 min0
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Kia.
Sep 26, 2020•4 min0
Die regering het forel tot die lys van uitheemse indringerspesies gevoeg. Die komende tussenverkiesings sal onder streng Covid-19 veiligheidsmaatreëls plaasvind. En 'n Kaapse kunstenaar skyn die kollig op LGBTQi+ kwessies.
Sep 26, 2020•50 min0
Die rolprent, Dust, is 'n post-apokaliptiese spanningsverhaal waarin vroue gatskop teen onderdrukking vertel die regisseur en skrywer Pieter du Plessis. Dust het die gesogte eer gekry om die Durban Internasionale Rolprentfees af te sluit. Du Plessis is terloops die kleinseun en naamgenoot van die groot Afrikaanse storieverteller P.G. du Plessis. Terwyl kritici reeds meen die appel val nie ver van die boom af nie, wou Anna-Marie Jansen van Vuuren by Du Plessis weet of hy nie soms voel dat hy in s...
Sep 19, 2020•7 min0
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Mazda, en hy beantwoord 'n luisteraarsbrief.
Sep 19, 2020•9 min0
Ons bring hulde aan dr. Danny Titus, wat diep spore in Suid-Afrika getrap het. Suid-Afrikaners vertel van brande en digte rook in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië. En die seun van skrywer PG du Plessis, Pieter, se eerste rolprent word by die Durban Rolprentfees vertoon.
Sep 19, 2020•53 min0
In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius 'n luisteraarsbrief..
Sep 12, 2020•5 min0
Politieke partye eis antwoorde oor die insluiting van 'n ANC-afvaardiging by 'n militêre vlug na Zimbabwe. 'n Boer in Zimbabwe is gistermiddag beveel om sy plaas teen vanoggend te verlaat - ons praat met hom om te hoor wat gebeur het. Die sportliggame SASCO en Krieket SA stamp kop. En ons plaas die kollig op mense wat 'n inkomste verdien deur rekenaarspeletjies te speel.
Sep 12, 2020•52 min0