Naweekaktueel - podcast cover

Naweekaktueel

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Naweekaktueel 5 September 2020

'n Optog teen plaasmoorde- en aanvalle. Pretoria se dieretuin en die Rietvlei Natuurreservaat kan weer besoek word. En Suid-Afrika se rugbyspelers maak weer kontak.

Sep 05, 202053 min0

Naweekaktueel 29 Augustus 2020

Twee polisiebeamptes verskyn binnekort in die hof in verband met die skietdood van 'n Downsindroom seun in Eldoradopark in Johannesburg; en 'n uitspraak teen die openbare beskermer in die Konstitusionele Hof oor die Estina-suiwelprojek word verwelkom.

Aug 29, 202054 min0

Naweekaktueel 22 Augustus 2020

Die ontwikkeling van 'n ekotoerisme gebied in Algoa Baai word deur oopsee vulstasie skepe bedreig., Kommer oor matrikulante se gereedheid vir die eindeksamen.; 'n Versoek dat die taalbeleid van skole hersien moet word.; en inwoners van Kimberley wil betoog oor duur krag.

Aug 22, 202051 min0

Naweekaktueel 15 Augustus 2020

** Die inperking lei tot 'n afname in misdaad..Ons praat met 'n ontleder ** Die Leliefontein-gemeenskap in Namakwaland gaan swaar gebuk onder die Covid-19 regulasies.... ** En, twee argeologiese ontdekkings toon dat antieke bevolkingsgroepe in Afrika en Australië meer beskaafd was as wat voorheen aanvaar is.

Aug 15, 202049 min0

Naweekaktueel 8 Augustus 2020

VF Plus slaag daarin om die Mangaung-burgemeester te verwyder; President Cyril Ramaphosa stuur spesiale gesante na Zimbabwe om gemoedere te kalmeer - maar in Pretoria skiet die polisie op Zimbabwese betogers; en more is Vrouedag, wanneer mense hulde sal bring aan die vroue wat hulle inspireer.

Aug 08, 202051 min0

Naweekaktueel 1 Augustus 2020

Lede van die parlement se komitee oor die Polisie is bekommerd oor die vlaag moorde in die land; Ons kry nog reaksie op die jongste misdaadstatistiek; Die wynbedryf se tot agtien duisend mense kan hul werk verloor as die verbod op die verkoop van alkohol nie opgehef word nie; en ons vier nog Wereld Veldwagter dag - Dit is 'n werk wat gewoonlik agter die skerms gebeur weg van die wereld se oë, maar vandag kry ons insig oor wat dit behels.....

Aug 01, 202058 min0

Naweekaktueel 25 Julie 2020

** Reaksie op die sluiting van skole.... ** Die film TOORBOS gaan eers sy verskyning op die silwerskerm maak.. ** En, wyle Vader Frans Claerhout se ateljee in Tweespruit is nooit ná sy dood onderhou nie.

Jul 25, 202046 min0

Naweekaktueel 18 Julie 2020

Die hooggeregshof in Pretoria gee opdrag aan die departement van Basiese Onderwys om die nasionale skoolvoedingsprogram te hervat; 'n nuwe boek oor die grensoorlog bring interessante insigte; en ons praat oor Nieu-Seeland wat Suid-Afrika uit die Superrugby-franchise wil hê.

Jul 18, 202052 min0

Motorrubriek 11 Julie 2020

In ons weeklikse motorrubriek beantwoord Wessel Pretorius 'n luisteraars-vraag, en hy toets 'n Citroën ..

Jul 11, 20208 min0

Naweekaktueel 11 Julie 2020

Kenners waarsku dat jonger mense, toenemend vatbaar is vir kanker.​; Moontlike afleggings vir onderwysers en ander personeel in beheerliggaamsposte.; Museums mag heropen onder streng Covid-19 maatreëls.; en Aardvarke verlaat toenemend deur die dag hul gate op soek na kos.

Jul 11, 202054 min0

Naweekaktueel 4 Julie 2020

** Die grendelstaat het presies 'n honderd dae gelede begin... ** Ons praat met 'n kernfisikus en ingenieur wat 'n ventilator uitgevind het wat sonder elektrisiteit kan werk... ** En ons praat met 'n kenner oor Facebook se skadukant.

Jul 04, 202055 min0

Motorrubriek 27 Junie 2020

In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Volvo, en beantwoord 'n luisteraarsvraag..

Jun 27, 20209 min0

Naweekaktueel 27 Junie 2020

'n Tergende vraag duik weer op 35 jaar na die moord op die Cradock-vier: het oud-president FW de Klerk daarvan geweet? 'n Ongewone ervaring wag op feesgangers by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad; En rokers moet dalk tot Augustus wag voor die verbod op tabakprodukte opgehef word.

Jun 26, 202051 min0

Plaaslike gruwelprent palm lof én verspreidingskontrakte in

Die bo-natuurlike gruwel-riller, 8 is die eerste Suid-Afrikaanse fliek om sy eerste plaaslike buiging op Netflix te maak. Dit volg binne 'n week nadat die rolprent in die VSA versprei is. “8” het Amerikaanse kritici SO gaande dat dit reeds meer as 'n honderd positiewe resensies daar ingepalm het. Anna-Marie Jansen van Vuuren het met die regisseur, Harold Hölscher, en vervaardiger Jac Williams gepraat. Hölscher sê die fliek se storie is 'n ode aan eg Suid-Afrikaanse volksverhale en mitologie.

Jun 20, 20207 min0

Naweekaktueel 20 Junie 2020

Die minister van finansies, Tito Mboweni, se aanvullende begrotingsrede vind volgende week plaas - ons kyk na wat ons kan verwag; Verskeie groot maatskappye moet mense afdank weens die Covid19-pandemie; Die bo-natuurlike riller, Eight is die eerste Suid-Afrikaanse fliek wat sy plaaslike buiging op Netflix maak; en die Kaapstad Metro rehabiliteer die Klein Dassenberg beskermde gebied - ons kry die jongste oor die proses....

Jun 20, 202058 min0

Naweekaktueel 13 Junie 2020

Akademici, skrywers en kunstenaars in Kimberley eis dat die plaaslike munisipaliteit die standbeeld van Cecil John Rhodes verwyder.; Pasiënte met hartkwale is huiwerig om hul dokters tydens die inperkingstyd te besoek.; 'n Skaars wilde blaarslaai spesie wat aan die uitsterf is, is onlangs weer in Suid-Afrika gevind.; Studente gebruik sosiale media om hul ontevredenheid met TUT se afstandsonderrigplanne uit te lig.; en 'n Damara sanger skryf 'n liedjie oor Namibië se drankverbod.

Jun 13, 202048 min0

Naweekaktueel 6 Junie 2020

Een van die wereld se mees gerespekteerde mediese joernale, The Lancet in Brittanje, het 'n negatiewe artikel oor hidroksiechlorokien weens verdagte data onttrek; en die groot Knysna-brand van 2017 word more herdenk.

Jun 06, 202023 min0

Naweekaktueel 30 Mei 2020

Die land skuif Maandag na Vlak Drie van die inperking - 'n kenner sê egter dit is nie nodig vir paniek nie; Gemeenskappe in Bethal, Mpumalanga, oorweeg regstappe teen die Govan Mbeki plaaslike munisipaliteit oor gereelde kragonderbrekings; 'n Sielkundige gee raad aan studente oor hoe om hul studiemetodes te verbeter; en 'n stoffeerder van Texas in Amerika het 'n lied geskryf waarin hy die deursettingvermoë, wilskrag, hardkoppigheid en karaktervastheid van Boere besing.......

May 30, 202055 min0
Hosted on Omny Studio
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android