Kersfees kondig die grootste gebeurtenis in die geskiedenis aan: GOD HET MENS GEWORD. Dié gebeurtenis vra van jou en my om dit nie net te hoor nie, maar juis van harte te glo. Maar wat is geloof? Ons sien in die Kersverhaal hoe Maria se geloof gevorm word en juis daarin sien ons ‘n model vir ons eie geloof. Kom ontdek saam wat Geloof is...
Dec 30, 2025•26 min•Ep. 41
Ons almal het soms die ervaring dat die Here baie lank vat om ons gebede te verhoor. Die geslagsregister van Jesus Christus herinner ons daaraan dat die Here altyd sy beloftes hou. Hy hou sy woord, Hy kom sy beloftes na, maar dikwels voel dit of hy talm. Ons taak en voorreg is om te bly wag op die Here. Hy is nooit laat nie.
Dec 08, 2025•32 min•Ep. 39
Matteus begin sy vertelling van die Kersverhaal met ‘n lang, op die oog af, amper uitputtende geslagsregister. Wanneer ‘n mens hierdie lys name lees, kan jy amper nie wag om dit agter die rug te kry, sodat jy by die aksie kan uitkom nie. Maar jy sal ‘n fout maak om dit oor te slaan, want in hierdie geslagsregister is daar ‘n paar uiters betekenisvolle waarhede. Waarhede wat vir ons so baie vertel van Wie God is en van wie ons is.
Dec 08, 2025•22 min•Ep. 38
Lukas se evangelie begin met drie lofliedere aan God deur verskillende mense. Jy kan elkeen van daardie lofliedere deel maak van jou lewe in hierdie Kerstyd, en veral omdat ons vandag die doop van kinders ook vier.
Dec 03, 2025•26 min•Ep. 37
Gehoorsaamheid is vir die Here belangrik – nie omdat Hy die baas of werkgewer is nie, maar juis omdat Hy jou Vader is. Hy wil hê jy moet gehoorsaam wees ter wille van jou oorvloedige- en oorwinningslewe. Kom ons leer by mense soos Abraham, Daniël en ook Petrus oor die vrug van gehoorsaamheid. Terselfdertyd moet ons diep bewus wees dat die Evangelie alleen gehoorsaamheid moontlik maak in ons lewens. Kom ons kom in beweging! Kom ons gaan oor tot aksie! Kom ons verheerlik God met gehoorsame lewens....
Nov 24, 2025•41 min•Ep. 36
Vandag neem ons ’n eerlike reis deur Psalm 88 , een van die donkerste psalms in die Bybel. Ons ontdek saam hoe God dikwels in ons diepste donkerte werk — soos tydens Jesus se geboorte in ’n stal vol skaduwees en Sy dood aan die kruis, waar Hy self die duisternis binnegaan om lig te bring. Die preek nooi jou om te sien hoe geloof ook in stilte groei, hoe lig selfs in die nag kan skyn, en hoe God telkens van ons donkerste oomblikke ’n onverwagse fees van hoop en genade maak....
Nov 17, 2025•20 min•Ep. 35
Hoe maak ek met donker tye? Wat moet ek doen wanneer dit voel asof die Here van my vergeet het, en my net verlaat het? Wat moet ek doen wanneer dit voel asof duisternis ‘n beter vriend is, as God? Psalm 88 help ons om nuwe perspektief te kry op hierdie vrae, en help ons om opnuut te ontdek wat Jesus se kruisdood regtig vir ons beteken.
Nov 17, 2025•33 min•Ep. 34
Vandag se kultuur, en heeltemal te veel mense in hierdie kultuur, is ondankbaar en ontevrede. Dit, terwyl die Here wil hê sy volgelinge moet leef met oorloop-harte propvol dankbaarheid. Wel, dit is nie altyd maklik nie, want die lewe is met tye ingewikkeld en uitdagend. In hierdie boodskap gesels ons oor ‘n wonderlike geestelike dissipline wat jou prakties, hande en voete, kan help om ‘n dankbare mens te wees. Leer dit aan, doen dit gereeld en leef met ‘n hart vol dankbaarheid!
Nov 10, 2025•32 min•Ep. 33
Elia is uit op sy voete aan die begin van 1 Konings 19. Hy vlug vir sy lewe. In die woestyn vra hy selfs vir God om 'n einde aan dit alles te bring. Dan daag 'n engel by hom op met lewenskos, want God het 'n nuwe onmoeting met Elia in gedagte. Hy wil Homself opnuut openbaar aan sy kneg op sy heilige berg waar Hy ook vir Moses ontmoet het. Hierna loop Elia terug op sy eie spore, maar nou doen hy dit met 'n nuwe doel en roeping. God verander ons ook deur Sy Gees wanneer ons Hom reg ontmoet....
Nov 10, 2025•33 min•Ep. 32
Miga vra die belangrikste vraag wat enige iemand kan vra. Die vraag is: Hoe kan ek, as klein swak mens, met die ewige en hoë God, in verhouding wees? Miga gee twee verkeerde antwoorde, en dan eers kom hy by die regte antwoord uit. In hierdie preek ontdek ons wat dit is.
Nov 03, 2025•29 min•Ep. 31
Ons lees reeds in die eerste hoofstuk van die Bybel dat die mens as beeld van God geskape is. Hierdie beeld het egter ernstige skade gekry en moes herstel word. Wat het gebeur en natuurlik, wat nou? Hoe neem ons deel aan die herstel-proses? Daarom vandag se tema: Maak Jesus sigbaar.
Nov 03, 2025•28 min•Ep. 30
Dit is die tyd van die jaar waar ons geskenke koop. ‘n Tyd van GEE. Daarom is dit ook gepas dat ons nadink oor die geskenk van GEE, aldus vrygewigheid. Ons ontdek vanuit die gelykenis van die ryk jongman dat geld gevaarlik kan wees vir ons geestelike lewe en daarom die vraag: Wat is die antwoord vir dié gevaar?
Oct 27, 2025•31 min•Ep. 29
Die andersheid van die eerste gelowiges het tot gevolg gehad dat die vroeë kerk dramaties gegroei het. Een van die mees sigbare uitdrukkings van hulle andersheid was hulle radikale vrygewigheid. Vandag gaan ons kyk na twee dinge wat hulle gemotiveer het om so te leef en na wat dit vir ons lewens vandag beteken.
Oct 27, 2025•28 min•Ep. 28
Om dieper te luister gaan nie net oor die mense in ons wêreld nie. Dit gaan ook oor hoe ons God hoor. Jesus kom leer ons hoe om op drie verskillende maniere te luister. Elk daarvan leer ons iets van wie Hy is, wie ons as mense is, en hoe ons die Jesuslewe nog meer kan ontdek.
Oct 20, 2025•29 min•Ep. 27
Dis nie ‘n positiewe waarneming as ‘n mens opmerk dat die wêreld se verre meerderheid mense in armoede leef nie. Met ander woorde, ons praat van behoeftig en hulle sukkel om in hul eie en hul gesin se basiese behoeftes te voorsien. Dis ‘n daaglikse oorlewingstryd. Verseker is hierdie realiteit vir die Here belangrik en praat Hy daaroor in sy Woord. Die wagwoorde van ‘n gelowige in hierdie wêreld behoort dankbaarheid en vrygewigheid te wees. Leef met oop harte en oop hande. Reageer soos Jesus met...
Oct 20, 2025•31 min•Ep. 26
Ons gesels oor die verlamde man by die Mooipoort in die Tempel. Die Heilige Gees laat Jesus se volgelinge anders kyk na ander en laat ons anders optree teenoor ander.
Oct 13, 2025•27 min•Ep. 25
‘n Vriend van my het gebruik dikwels die gesegde: Moeilikheid is ons besigheid... dit kan sekerlik vir baie dinge staan, maar dan ook vir die KERK , nie waar nie? Deur die eeue heen is die Kerk bekend daarvoor dat daar nie gevlug word vir moeilikheid nie, maar eerder na dit toe getreë word. Sedert die opstanding van Jesus het hierdie beweging die wêreld getref juis omdat dit NA die nood toe beweeg het. Vandag staan ons stil by twee manne van die Bybel – een uit die OT en een uit die NT wat beide...
Oct 13, 2025•32 min•Ep. 24
Jesus is op rekord in Matteus 24-25 dat die wederkoms onverwags gaan plaasvind. In vier gelykenisse vertel Hy dan vir ons hoe ons met geloof en wysheid moet leef tot en net die dag van die Here. Ons moet eerstens soos goeie werkers wees wat omgee vir mekaar (Matteus 24:45-51). Ook moet ons soos wyse jongmeisies by ‘n bruilof wees wat hemelse olie in ons lampe het Matteus 25:1-12). Tussendeur moet ons woeker met die kosbare skatte wat God aan ons elkeen toevertrou (Matteus 25:14-30). Ons moet uit...
Oct 06, 2025•30 min•Ep. 23
“Jesus wys in Markus dat kinders oor alle grense heen – ryk of arm, binne die ‘regte’ groep of buite dit, onbelangrik of gesien – die hart van die Koninkryk is. Hoe ons kinders ontvang en in hulle belê, wys hoe ons Hom self ontvang.”
Oct 06, 2025•29 min•Ep. 22
“Moet dit nie moeilik maak vir hulle om by God uit te kom nie.” Dit is Paulus se appèl aan gelowiges, want hy verstaan dat Jesus nog altyd mense wou laat inkom, en deel maak van God se familie. Jesus kom demonstreer dat selfs die kleinste kindertjies vir Hom belangrik is, en daarom moet die volgende generasie net so belangrik wees vir die kerk om seker te maak dat hulle sonder moeite kan inkom.
Oct 06, 2025•33 min•Ep. 21
Die woord “veerkragtigheid” word baie wyd gebruik. Dis ‘n tipe van gewilde in-woord - selfs ietwat van ‘n cliché. Sê die Woord enige iets daaroor? Is dit enigsins op God se hart vir sy kinders? Die realiteit is dat dit gereeld met almal, gelowiges en ongelowiges uitdagend en swaar gaan. Verseker is veerkragtigheid belangrik. Verseker is veerkragtig in die eerste plek ‘n Woord-beginsel. Luister en leer uit die Woord oor die belangrike saak.
Sep 29, 2025•34 min•Ep. 20
Nooit het die Nuwe Testament bedoel dat die wederkoms as bangmaak-materiaal moet wees nie. Of dat die datum deur mense bereken moet word nie. Die dag van die Here kom onverwags (1 Tessalonisense 5:1-2). Jesus beplan geen voortydige ontruimingsaksies voor die wederkoms nie (Johannes 17:13-15). Tot by die wederkoms leef ons lig en in die Here se lig (1 Tessalonisense 5:4-5). Ons sien uit na die Dag van die Here. Almal wat reeds in Christus gesterf het en almal wat nog leef gaan Hom feestelik op di...
Sep 29, 2025•33 min•Ep. 19
Jesus daag ons uit om nuut te dink oor hoe lief God ons het in die verhaal van die verlore seuns. Vanuit die verhaal vind ons 4 letters wat 'n akroniem word vir 4 woorde. Daarom kan ons as gelowiges vandag sê die huis maak altyd WINS.
Sep 22, 2025•28 min•Ep. 18
Iets gebeur wanneer argitekte en bouers saamwerk om ‘n indrukwekkende gebou te bou. As “lewende stene” is die Here besig om ons as gelowiges in sy geestelike huis in te bou. In dié huis, wat ons vandag die kerk noem, aanbid ons God, ons ontdek ons identiteit en ons word deel van ‘n netwerk van Christene wat die voorreg het om saam te dien. Maak jouself tuis in Sy huis!
Sep 22, 2025•23 min•Ep. 17
Dit het op ‘n Sondag begin toe Jesus opgestaan het en ’n leë graf vol getuienis agtergelaat het. Dit het op ’n Sondag begin toe ‘n groep wat besig was om weg te kruip die lewende Here gesien en gehoor het toe Hy sê: Vrede vir julle. Sedertdien leef die Kerk vanuit die hoop wat Sondag bring. Sondag bevestig dat Jesus is wie Hy gesê het Hy is en juis daarom ontdek, leer en leef ons die Jesuslewe want Sondag bring hoop. Hierdie groep mense, die ekklesia is ’n beweging wat gans anders is. Kom ontdek...
Sep 16, 2025•31 min•Ep. 16
In hierdie reeks oor die kerk, word ons herinner dat die vyand alles in sy vermoë sal doen: · om die kerk te weerhou om te verstaan wat God se plan vir die kerk is en · ons te weerhou om deel te neem aan hierdie missie waarvoor God ons so duidelik roep.
Sep 16, 2025•33 min•Ep. 15
Ons Here Jesus Christus, wat die hoof van die kerk is, wil hê dat ons ‘n sekere tipe kerk sal wees. Hy wil hê ons moet ‘n kerk wees waar sondaars welkom is. Ons moet ‘n kerk wees wat kan partytjie hou as mense terugdraai na God en Hy wil hê dat ons ‘n kerk sal bly wat klein is in haar eie oë. Kom verbind jouself opnuut weer aan die kerk wat die liggaam van Christus is.
Sep 08, 2025•32 min•Ep. 14
Ons praat in hierdie reeks oor die kerk waaroor Jesus droom en wat Hy besig is om te bou. In die verhaal van die verlore seun ontdek ons dat hierdie kerk nie styf of ontoeganklik is nie, maar ’n plek wat die vreugde en omhelsing van die Vader weerspieël. Die verhaal is ook ons verhaal, daarom kan ons saam met Jesus bou aan ‘n kerk soos hierdie.
Sep 08, 2025•31 min•Ep. 13
Die vroeë kerk was bekend as mense wat saam rondom tafels ontmoet het – vir meer as net iets om te eet. Dit was hulle daar ontdek het, is vandag nog inspirasie vir ons ontdekking van Jesus.
Sep 01, 2025•27 min•Ep. 12
Die ete van die Here, of Nagmaal, is altyd spesiaal. Dis ‘n geleentheid waar geloofsbroers en -susters saam om die tafel sit en terug dink aan die kruis en ook die leë graf. Dis ‘n feesgeleentheid juis omdat Jesus jou en my duur gekoop het en daarom kan ons saam sê en bid: “Ons Vader”. Dis ‘n voorreg om deel van ‘n geloofspan en geloofsfamilie te wees waar elkeen mekaar liefhet, aanvaar en saam woeker en ‘n verskil maak in hierdie wêreld. Wees deel van hierdie tyd van refleksie en ook fees. Wees...
Sep 01, 2025•23 min•Ep. 11