Fanie Venter | Ek glo, daarom wil ek vry wees van my verlede
Ons almal maak foute – maar God se genade is groter as ons skuld én ons skaamte. Soos Petrus wat Jesus verloën het en tog herstel is, wil Jesus jou ook ontmoet en herstel.

Ons almal maak foute – maar God se genade is groter as ons skuld én ons skaamte. Soos Petrus wat Jesus verloën het en tog herstel is, wil Jesus jou ook ontmoet en herstel.
Ek dink nie ek is verkeerd as ek sê dat elkeen van ons al iewers in ons lewe gesukkel het met die gedagte dat God my kan vry maak van my verlede nie. Meeste van ons het al iewers gewens dat die lewe net ‘n undoknoppie het. Die realiteit is dat die lewe ongelukkig nie so met ons werk nie. Ons verlede haal ons baie keer in, en dan voel ons skuldig en skaam. “Wat moet ek maak om vry te kom van my verlede” is die vraag wat ons baie keer mee worstel. Hierdie boodskap help ons om te ontdek dat God and...
Is jy al getref deur onreg of onregverdigheid? Sukkel jy as gelowige wanneer die wêreld so onregverdig is? Hoe maak gelowiges wanneer onreg jou tref? Hierdie week praat ons reguit oor die onregverdigheid van hierdie wêreld en hoe ons as gelowiges daardeur kan werk. Ek glo, daarom sukkel ek wanneer die lewe so onregverdig is...
Ek dink jy sal saam stem: die lewe is onregverdig. Dit is eintlik ‘n aanname van die lewe. Slegte goed gebeur met baie goeie mense. Gereeld is ek en jy op die plek van “hoekom” en “waarom”. Verseker kan ons God nie verstaan nie, maar ons kan Hom ken en dit is wat geloof uiteindelik is: om God diep en innig te ken, om ‘n naby pad met Hom te stap en intieme verhouding met Hom te hê. Ons leer baie hiervan by Job – ‘n baie goeie mens, ‘n werklike opregte mens wat ‘n mooi pad saam met die Here stap. ...
Ons leef in ‘n wêreld waarin dinge dikwels skeef loop. Op die groot wêreldtoneel, maar ook in ons persoonlike lewens. Wanneer dit gebeur beleef gelowiges baie kere dat die lewe onregverdig is. Vandag kyk ons na mense uit die Bybel se verhale om te probeer sin uitmaak van hierdie onregverdige onlogiese belewenisse. In ander woorde: is daar enige sin in ons persoonlike hartseer, pyn en teleurstelling?
Bekommernis is 'n geloofdief. Dit steel ons vreugde en vrede. Die enigste geneesmiddel is om geloof-vol te wees. Om Christus van harte te ken is om in sy vreugde te leef en in sy vrede. Dit is om nuut te dink. Dit is om met medelye tussen ander mense te leef. So 'n deurleefde geloof slaan kommer hok.
Almal is bekommerd. Dis soms die politiek, of dalk die ekonomie, moenie jou kinders en hulle skoolprogramme weggooi nie. Dan is dit jou persoonlike finansies, of jou gesondheid. Bekommernis is ‘n hindernis en uitdaging vir almal. Jesus het 2 000 jaar gelede al ernstig, reguit en prakties daaroor gepraat. Hy gee raad en het duidelike grense en riglyne wat bekommernis aanbetref. Bekommernis en die hantering daarvan word deeglik in Matteus 6 as deel van die Bergpredikasie bespreek. Luister gerus na...
Om God te ken en van God te weet, is twee verskillende dinge. Deur genade kan ‘n mens werklik in ‘n verhouding met die Here staan en vanuit die genade leef as ‘n nuwe mens. In ‘n verhouding met Jesus maak Hy jou lig en ‘n lieflike geur in hierdie donker wêreld. Soms is die liggie bietjie flou en die “geur” nie so lieflik nie. Ons fokus op 4 dinge. Dit sal help om God beter te ken, ‘n dieper verhouding met Hom te beleef en jou lig helder te laat skyn.
Het jy al gewonder oor jou geloofslewe, en gewonder en self getwyfel of jy dit regtig verstaan en ten volle beleef? Of dalk het jy al gevra, doen ek hierdie Jesuslewe-ding reg? Baie van ons sukkel met ‘n tipe van reddings-teologie en vergeet dat Jesus ons eintlik geroep het tot ‘n verhouding met Hom. Wanneer ek God net wil gebruik sodat ek gered kan word, dan mis ek iets groter van ‘n lewe vol betekenis met Hom. In hierdie boodskap ontdek ons dat hierdie verhouding waarvan Jesus praat, is nie om...
"Om die Here te ken, is die Ewige Lewe”, so sê Jesus in Johannes 17:3. Maar hoe groei ek in hierdie kennis? Hoe groei ek in my verhouding met Hom? Kom ontdek saam vyf maniere waarop ek en jy die Here regtig beter kan leer ken.