Kerksondermure (KSM) - podcast cover

Kerksondermure (KSM)

Kerksondermureksm.co.za
Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure. By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Stephan Joubert | Min of Meer ... Tomas

Spyt kom altyd te laat, sê hulle. Gelukkig het Tomas 'n tweede kans gekry. Hy was afwesig toe Jesus die eerste Sondagaand na sy opstanding aan die dissipels verskyn het. Hy was nie oortuig dat Jesus leef nie. Tomas wou sy eie post mortem doen. Maar toe daag Jesus die tweede Sondagaand weer op. En Hy nooi Tomas na Hom toe. Daar en dan het sy oë oopgegaan. Tomas se belydenis: "My Here en my God," verwoord sy nuwe ontmoeting met Jesus. Dit is jou en my belydenis ook as Jesus ons met oop arms ontvan...

Mar 16, 202631 minEp. 69

Johan Smith | Min of Meer ... Tomas

Jesus moet meer word en jy minder. Jesus moet belangriker word en jy onbelangriker. Dis geestelike groei. Dis hoe jou geestelike pad moet wees en moet lyk. Met hierdie boodskap leer ons meer deur te kyk na die lewe van Tomas. Ja, daardie Tomas wat die merke aan Jesus se hande wou sien. Hy kom in ‘n diep en uiters intieme verhouding met Jesus - so ‘n mooi verhouding dat elkeen van ons daarna moet smag en streef.

Mar 16, 202643 minEp. 70

Colin Smith | Minder verwagting, meer vervulling

Ons diepste begeerte vir “minder van myself en meer van Jesus”, kan beteken dat ek soms teleurgesteld word in my verwagting. Wanneer Jesus my vertrou met die “nie weet nie”, moet ek mooi oplet...

Mar 09, 202630 minEp. 67

Gerrit Visser | Marta en Maria: Wanneer minder en meer alles verander

‘n Broer. Twee susters. ‘n Dorpie met min betekenis. Iemand sterf. Jesus daag dan op. ‘n Wonderwerk. Radikale verandering. Minder en meer is woorde wat herdefinieer word. ‘n Dorpie met min betekenis kry nuwe betekenis. Twee susters. ‘n Broer. ‘n Nuwe roeping.

Mar 09, 202631 minEp. 68

Neels Marias | Moenie Sy stilte as afwesigheid interpresteer nie

As kinders van die Here het ons soms die ervaring dat die Here ons nie so gou help as wat ons wil hê Hy ons moet help nie. Ander kere voel dit vir ons of die Here “wegstap” van ons problem af. Die verhaal van Johannes die Doper wys vir ons dat ons nie die Here se stilte as sy afwesigheid moet interpreteer nie. Hy is God en sy planne is nie ons planne nie en sy denke is nie ons denke nie.

Mar 02, 202625 minEp. 66

Johan Smith | Minder of meer – Johannes die Doper

In die lewe vandag is dit vir baie mense belangrik om raak gesien te word. Hulle wil graag belangrik wees. Om dit reguit te stel: om great te wees is baie se doelwit wat hulle najaag. Dis tyd dat ons tot stilstand kom en diep dink en besin oor wat is waarlik belangrik in die oë van die Here. Wat is dit waarna Hy kyk en soek om ware greatness raak te sien? Kom ons leer van en by Johannes die Doper – iemand wat ‘n groot en belangrike rol in die geskiedenis van die wêreld speel. Sy lewe vanaf geboo...

Mar 02, 202630 minEp. 65

Fanie Venter | Ken en vertrou

‘n Mens vertrou baie moeilik iemand wat jy nie ken nie. Vandag beantwoord ons die vraag of dit dalk ook waar kan wees in ons verhouding met God.

Feb 23, 202621 minEp. 63

Neels Marias | Hou jou oog gevestig op Jesus, ten spyte van die storms

Elke dag is daar e-posse, druk, teleurstellings, onsekerheid oor die toekoms en bekommernisse oor ons familielede. En êrens in die middel van dit alles sal ons oë begin dwaal. Ons sal na die golwe kyk. En stadig — amper sonder dat ons dit agterkom — sal ons ophou om na Hom te kyk. Maar Jesus se uitnodiging is nie: “Probeer harder” nie. Sy uitnodiging is: “Moenie bang wees nie. Kyk na My, sien raak dat Ek by jou in hierdie storm is.”

Feb 16, 202620 minEp. 62

Fanie Venter | Hou aan hoop

Vir die lewe op sy beste, ook buite jou gemaksone het ons iets baie besonders nodig. Mens noem dit hoop. Maar is hoop altyd genoeg?

Feb 16, 202625 minEp. 61

Stephan Joubert | As jy moet vra, loop of klim, doen dit saam met Jesus

Geloof loop soms hardepad. Vra vir Johannes die Doper. In Matteus 11 is hy in die dodesel. Johannes se geloof kos hom alles. Is dit die moeite werd? Gelukkkig doen Johannes een goeie ding met hierdie twyfelvraag. Hy maak sy probleem Jesus S'n. Johannes gaan vra Jesus via sy eie dissipels of Hy regte die Messias is. Johannes vat sy twyfel na Jesus toe. Petrus doen ook in Matteus 14 die regte ding met sy eie vrees in die midde van 'n storm op die See van Galilea. Terwyl hy dit waag om Jesus te toe...

Feb 09, 202629 minEp. 60

Stefan Fourie | Vrees: Ons Grootste Vyand om in beweging te kom

Vrees is baie keer die grootste vyand in ons lewens, wat ons verhoed om te beleef hoe groot en almagtig God is. In Petrus se lewe, sien ons dat ‘n beweging - of dit nou uit vrees of waagmoed was - een is waar Petrus ontdek dat God reeds teenwoordig is in sy situasie.

Feb 09, 202629 minEp. 59

Gerrit Visser | Die seisoene van vrees en vertroue

Van die dag wat ons gebore word moet ons ander vertrou. Almal se unieke reise bevat verskillende ervarings van vrees en vertroue. Dit is die dinge wat ons bang maak, wat ons help om te verstaan wie ons is, en ook wie ons nie hoef te wees nie. Dit skep ook die potensiaal vir nuwe seisoene van vertroue. Jesus leer baie oor vertroue en vrees.

Feb 09, 202631 minEp. 58

Johan Smith | Die tragedie van die onoopgemaakte geskenk

God is ‘n vrygewige God. Hy seën sy kinders met gawes. Sy bedoeling met gawes is dat dit eintlik geskenke ( gifts ) is wat ons moet gaan uitdeel in hierdie stukkende wêreld om dit ‘n beter plek te maak. Hierdie geskenke is Hy ernstig oor, want elke mens is vir Hom belangrik. Hy vra van sy kinders opoffering en diensbaarheid ter wille van ander. Hy wil nie hê ons moet die geskenke onoopgemaak laat nie. Dit moet uitgedeel word! Dit moet gebruik word! Dit moet mense se lewens aanraak en verander! L...

Feb 02, 202635 minEp. 57

Stephan Joubert | Om die Here te toets is om te kry wat jy vra!

Toe kry Petrus wat hy wou hê: sy waterloop! Toe nooi Jesus hom uit om op die stormwater te kom loop. Dit het hy nie sien kom nie. Petrus en die ander dissipels het gedink Jesus is 'n spook. Hy het Jesus juis so 'n bietjie getoets: As U regtig U is..." Maar Petrus het een goeie ding gedoen. Hy het bygevoeg: "Sê ek moet na U toe kom.' Toe kry hy sy wens. Toe loop Hy na Jesus toe, die groot "Ek is." Toe word sy toets waar.Maar toe wag Jesus hom ook met genade in toe hy begin sink. Dis wie Jesus is....

Jan 26, 202626 minEp. 55

Gerrit Visser | Geroep om uit die boot te klim

Net na Jesus die dissipels met ‘n boot oor ‘n meer gestuur het, steek daar ‘n storm op. Die dissipels was bang, en toe kom Jesus na hulle aangestap op die water. Hy is kalm op die onveilige water, en hulle vreesbevange in die veilige boot. En toe roep Jesus hom, die brawe een, uit op die oop water – na veiligheid.

Jan 26, 202630 minEp. 54

Neels Marais | Geroep om uit die boot te klim

Soms voel dit vir ons of ons in die middel van ‘n storm heeltyd die wind van voor kry. Ons swem onder die golwe en in die donker nag wonder ons waar die Here is. Matteus 14 nooi ons uit om juis in sulke omstandighede ons oë oop te hou vir die Here wat naby is. Ons word uitgenooi en uitgedaag om Sy stem te gehoorsaam en om uit die boot te klim sodat ons kan wees waar Hy is.

Jan 26, 202626 minEp. 53

Colin Smith | Die rede vir ons bestaan

Ontdek die Jesuslewe is die inspirerende verwoording van Kerksondermure se bestaansrede. Daar is egter ‘n gevaar as ons die volgorde verkeerd kry. In Gal. 2 help Paulus ons om hierdie slaggat te vermy.

Jan 19, 202625 minEp. 52

Fanie Venter | Die rede vir ons bestaan

Ontdek die Jesuslewe is die inspirerende verwoording van Kerksondermure se bestaansrede. Daar is egter ‘n gevaar as ons die volgorde verkeerd kry. In Gal. 2 help Paulus ons om hierdie slaggat te vermy.

Jan 19, 202627 minEp. 51

Stefan Fourie | Wat is God se wil vir my, in 2026

Aan die begin van die jaar, vra mense dikwels die vraag: ‘Ek wonder wat die nuwe jaar vir my gaan inhou.’ Vir Christene is die vraag baie keer niks anders as om te vra: ‘Ek wonder wat is God se wil vir my in hierdie jaar nie.’ In hierdie boodskap ontdek ons dat ons kan weet wat God se wil is, wat dit is, en hoe ons ons lewens daarmee kan belyn.

Jan 05, 202626 minEp. 45

Colin Smith | Wees sterk en vasberade in 2026

‘n Nuwe jaar is op hande – ‘n jaar vol nuwe geleenthede, maar ook uitdagings. Op weg na die onbekende leer ons by Josua kosbare wyshede waarmee ons hierdie jaar kan binnegaan.

Jan 05, 202629 minEp. 44

Stefan Fourie | Jesus bring ‘n swaard vir die siel

In vandag se boodskap stop ons by Simeon, ‘n ou oom, wat twee profesieë oor Jesus uitspreek. Hy meld twee dinge wat Jesus gaan kom doen. Eerstens, Jesus gaan konflik bring tussen mense, en tweedens, Jesus gaan konflik bring binne mense. Vandag ontdek ons wat dit beteken.

Dec 30, 202531 minEp. 43

Fanie Venter | ‘n Lig het geskyn...

Kersfees is nie ‘n sentimentele verhaal nie en help ons daarom om realisties te kyk na ons lewe in hierdie wêreld. Dis ‘n donker wêreld (nie hopeloos nie), waarin ons nooit ons weg sal vind nie, tensy Jesus ons Lig is nie.

Dec 30, 202526 minEp. 42

Gerrit Visser | Die God wat was, die God wat is, die God wat bly

Wanneer ons dink aan engele wat mense besoek dan dink ons aan Maria, Sagaria, Elisabet... Ons vergeet soms dat Jesus se aardse pa, Josef, ook deur ‘n engel besoek was in ‘n droom. Daardie ontmoeting help ons om te verstaan wie Jesus regtig is, gister, vandag, en tans hier.

Dec 30, 202531 minEp. 40
Hosted on Transistor
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android