Die Heilige Gees wys nie net vir ons hoe groot God se liefde vir ons is nie. Hy wys ons ook, soms in ‘n oomblik, hoe om anders te leef. Dit kan soos ‘n aanklag voel, maar dis vir ons beskerming. Sodat ons Hom nog meer kan leer ken, en ook onsself.
May 25, 2026•26 min•Ep. 99
Die Heilige Gees is nie net ons Trooster nie — Hy is ook die Een wat ons aanspreek wanneer ons afdwaal. Soms fluister Hy sag in ons binneste en ander kere daag Hy ons uit met waarhede wat ons eerder wil vermy. Sy doel is egter nie om ons te breek of af te skryf nie, maar om ons nader aan Jesus en God se wil vir ons lewe te bring. Kom ontdek hoe God se Gees ons in liefde lei na waters van rus en vrede.
May 25, 2026•27 min•Ep. 100
Die Heilige Gees is God se Gees in beweging in jou lewe. Paulus sê dat die Heilige Gees in jou lewe kom woon, hy trek in jou in, en maak van jou sy huis. Wanneer die Heilige Gees inkom, dan kom kuier hy nie net nie, maar hy kom woon permanent. Dit beteken, dat die Heilige Gees begin om die huis waarin Hy woon, skoon te maak.
May 18, 2026•30 min•Ep. 98
Wanneer gaste kom, word ons huise skoongemaak. Wanneer ons mense verwag, kry ons tyd om reg te maak, voor te berei... maar daardie dag wanneer jy onkant betrap word met ‘n onverwagse gas, daardie dag kan jy nie skielik wegwens of wegsteek nie. Wanneer God by ons intrek, verander alles en kan ons nie meer wegsteek nie, want Hy is nie ‘n gas nie, Hy woon nou hier.
May 18, 2026•34 min•Ep. 97
Net voor Jesus opvaar hemel toe, gee Hy aan Sy dissipels ‘n belangrike opdrag: “Gaan dan na al die nasies toe!” Ons ken daardie opdrag. Hy gee ook ‘n ander opdrag: “Wag op die geskenk wat ek julle sal gee.” Ons sukkel met daardie gedagte: “Wag.” Wanneer ons daardie opdrag verstaan, leer ons leef op ‘n nuwe manier.
May 18, 2026•26 min•Ep. 95
Om te groet is nooit lekker nie. Om ‘n geliefde se vertrek te aanskou bring verlange en diepe seer... en tog is daar een datum van vertrek wat JUIS GOEIE NUUS IS... waar een groet met ‘n beter een vervang word.
May 18, 2026•22 min•Ep. 96
Wie is ek? Waarom is ek hier? Wat moet ek met my lewe maak? Hierdie vrae vorm die basis waar rondom elkeen van ons, ons identiteit bou. Kom luister saam na ‘n gesprek wat ek en jy broodnodig het om te hoor.
May 11, 2026•28 min•Ep. 94
Die Heilige Gees bevestig dat ons kinders van God is en lei ons na ‘n dieper verstaan van ons nuwe identiteit in God. Om dit te weet is ‘n waarheid, om dit elke dag te leef is ‘n avontuur. Kies vandag om die avontuur aan te pak in die waarheid dat jy ‘n kind van die Koning is.
May 11, 2026•28 min•Ep. 92
Ek is ‘n kind van God. Romeine 8 leer my God se straf is af. Ek is regtig vry. Sonde is nie meer my baas nie. Ek is Gees-deurdrenk. Hy roep oor en oor uit in my hart dat ek aan God behoort. Ek praat nou die Gees se nuwe taal.
May 11, 2026•31 min•Ep. 93
‘n Kern waarheid van die Christen geloof , is dat Jesus Christus, doodgemaak is, begrawe is, en uit die dood opgestaan het. As dit waar is, kan ons dit op eis, dat Christene die enigste ware God aanbid. Maar as dit nie waar is nie, wat doen ons dan?
May 05, 2026•31 min•Ep. 90
Ons geloof is nie nutteloos nie. Ons hoop is nie leeg nie en ons toekoms is nie onseker nie. As kinders van die Here kan ons dit met vrymoedigheid sê want God het iets in ons midde kom doen. Jesus het uit die dood opgestaan, God het Hom opgewek en dít verander alles! Christus anker ons geloof en hoop en ons toekoms is ín Hom.
May 05, 2026•27 min•Ep. 91
Jesus nooi ons in sy verhaal in. Dis nooit andersom nie. In Jesus se nabyheid deel ons in sy oorwinning oor die bose magte. ByJesus hoor ons ook hoe klink "the roar of the lambs." So klink die nuwe oorwinningsverhale wat Jesus se uitgestuurdes kom vertel met hulle terugkoms (Lukas 10:1-16). Dan nooi Jesus hulle selfs nog dieper in sy eie narratief in as hulle by Hom hoor dat hulle grootste vreugde moet wees dat hulle name in die hemel opgeteken is. So klink die nuwe verhaal van meer lewe waaraan...
Apr 28, 2026•29 min•Ep. 87
Hoe kan ek geluk vind? Hoe kan ek meer blydskap ervaar? Is ons “high performance culture” die antwoord? Daar is iets in ons almal wat hou van prestasie. Dit is lekker om te wen. Ons geniet dit om eerste te kom. Sukses smaak soet. Dis betekenisvol om vir die Here te werk. Maar tog leer die Here ons dat ons nie primêr ons vreugde in hierdie tipe goed moet vind nie. Die bron van ons diepste vreugde lê daarin dat God ons ken. Hy weet alles van ons en kies steeds om ons name in die hemel op te skryf...
Apr 28, 2026•27 min•Ep. 88
Wanneer die 72 volgelinge van Jesus terugkom is hulle vol vreugde. Hulle vertel van wonderwerke en getuig van God se liefde vir ander. Daardie verhale kan deel wees van jou lewe ook.
Apr 28, 2026•36 min•Ep. 89
Om mense van Jesus te vertel, is baie keer vir Christene moeilik. Waar begin ek? Wat moet ek sê? Hoe moet ek dit doen? En is dit selfs my plek om dit te doen? Die Lukas evangelie is duidelik: Christene is boodskappers, boodskappers van ‘n iets groter as hulself.
Apr 20, 2026•26 min•Ep. 86
In die nuus vandag, of eerder die NUUS SOPAS ONTVANG! Met gespitste ore luister almal aandagtig na dié gebeure wat die wêreld indringend gaan verander... Ons ken hierdie tipe aankondigings al te goed, en tog is daar ‘n aankondiging wat selfs groter is, genoem die euangellion . Hierdie week sien ons hierdie NUUTSTE NUUS, DIE BESTE NUUS in aksie.
Apr 20, 2026•32 min•Ep. 85
Jesus is nie net ons Verlosser aan die kruis nie. Dit ook, Goddank! Maar Hy is ook die Here van ‘n nuwe koninkryk. En ons is sy weerlose weermag van lammers tussen die wolwe. Ons “wapens” is seënende hande, gebed, en die Goeie Nuus dat God aangebreek het. Nogtans is ons uitgestuur op gesag van Jesus en God Self.
Apr 20, 2026•27 min•Ep. 84
God weet wat ons as mense nodig het. Wanneer ons getuig van die liefde wat in ons harte is aan onbekendes, is God reeds daar. Jesus stuur ons na plekke waar die Heilige Gees reeds besig is. Ons sluit aan by Sy werk in die wêreld.
Apr 16, 2026•30 min•Ep. 82
Ons as kinders van die Here het geen rede om te twyfel oor wie ons is nie. Ons identiteit lê daarin dat die Here ons as sy getuies in die wêreld instuur. Jesus sê self: “Soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle.” Hy stuur ons egter nie om God êrens heen te vat waar Hy nog nie is nie. Die Here stuur jou om raak te sien waar Hy lankal reeds aan die werk is. Hy gaan ons vooruit en beloof om ons besoeke op te volg.
Apr 16, 2026•26 min•Ep. 83
Ons Christelike hoop is nie blote optimisme nie, dit word gebou op dit wat God in Christus gedoen het. Hebreërs 11:35b beskryf mense wat marteling, verlies en selfs die dood verduur het, omdat hulle gehoop het op ’n “beter opstanding”. Hierdie “beter opstanding” beteken méér as om net weer lewendig te word soos bv. Lasarus of Jaïrus se dogter. Dit verwys na die finale opstandingslewe saam met God, waar lyding en die dood finaal oorwin is.
Apr 16, 2026•28 min•Ep. 81
“Hy leef, Hy leef, Hy leef hier in my hart”, lui die lied... maar hoe is dit moontlik en wat beteken dit as ons sê daar is ‘n beter opstanding vir die gelowiges? Kom hou stil by Heb.11 en ontdek die beter opstanding in Jesus.
Apr 16, 2026•27 min•Ep. 80
Ons kyk na die Heilige week, deur die lens van die Hebreër skrywer. Hebreërs probeer die gordyn weg trek, sodat ons iets anders en nuut kan sien, van wie Jesus is en wat Hy doen.
Apr 16, 2026•27 min•Ep. 79
Wie bid vir jou? Wie dra jou op die hart? Wie is ‘n 100% vir jou? Wie is die een, die enigste een, wat jou sonde kan wegneem? Vanuit Levitikus 16 leer ons dat die Hoëpriester al hierdie dinge tot ‘n mate gedoen het. Maar in Christus het ons ‘n nuwe Hoëpriester. ‘n Hoëpriester wat vir ewig bly en wat vir eens en altyd ál ons sonde weggeneem het. Die opgestane Christus is die een wat jou op die hart dra en deurentyd vir jou bid.
Apr 16, 2026•32 min•Ep. 77
Die Tabernakel en al sy elemente klink dalk vir ons vreemd, totdat ons oë opgemaak word vir elke element daarin. Hebreërs help ons om verder te kyk, dieper te kyk en te sien hoe elke deel van die Tabernakel op Jesus, die volmaakte offer, dui.
Apr 16, 2026•28 min•Ep. 76
Jesus se dood aan die kruis is die grootste gebeurtenis in die wêreld. Wanneer ons weer daarna kyk het dit ‘n impak op ons – dit smeer af aan ons.
Apr 16, 2026•30 min•Ep. 78
Die Hebreër skrywer begin sy brief deur te sê: “Daar is niemand soos Jesus nie!” Jesus is die absolute Middelpunt, maar daar is meer aan Hom as wat ons baie keer raaksien. Jesus se werk het nie net by die kruis gestop nie, maar ons word uitgenooi om verder te kyk, verby die kruis en die GOUD van ons geloof raak te sien.
Mar 30, 2026•25 min•Ep. 74
Die skrywer van die brief van Hebreërs kyk verder as die kruisiging van Jesus. Hy wys vir ons hoe Jesus vandag in ons lewens is. Hy wys vir ons dat Jesus voor loop, maak nie saak waar ons gaan nie.
Mar 30, 2026•26 min•Ep. 75
Petrus se ontbyt saam met Jesus is in een woord aardskuddend. Pleks dat Jesus hom herinner aan die feit dat hy Hom drie keer verloën het vra Jesus drie keer vir Petrus: “Het jy my lief?” Hierdie aardskuddende vrae en antwoorde word opgevolg deur drie opdragte aan Petrus. Jesus leer hom dat liefde meer as lippetaal is. Dit lei tot ‘n nuwe lewe van diens en medelye
Mar 23, 2026•32 min•Ep. 73
Die realiteit van ons wêreld is dat meeste mense nie kerk toe gaan nie. Hulle is nie kwaad vir die kerk nie, en wil dit ook nie afbrand nie, maar loer van buite af in. Nikodemus, ‘n karakter wat selfs Johannes in sy evangelie van skryf, is ook so ‘n persoon wat van buite af inloer, en dan stadig maar seker nader aan Jesus beweeg.
Mar 23, 2026•32 min•Ep. 72
Ons as mens wonder dikwels oor baie aspekte van ons geloof. Ons wonder oor die oorlog in Iran en of ons gebede ‘n verskil sal maak. Ons wonder oor al die leed en swaarkry in die wêreld. Andere kere weer het ons baie vrae oor dit wat ons in die Bybel lees. Nikodemus was ‘n gelowige wat baie vrae gehad het. Wat merkwaardig is, is dat hy met al sy vrae na die Here Jesus toe gegaan het. Ons Here het sy vrae verwelkom en oor tyd heen sien ons hoe sy geloof in Hom gegroei het – soveel so dat hy die ma...
Mar 23, 2026•32 min•Ep. 71