Wêreldwys met Jaco Kleynhans - podcast cover

Wêreldwys met Jaco Kleynhans

Maroela Mediamaroelamedia.co.za
Jaco Kleynhans ontleed weekliks die vernaamste internasionale nuusgebeure, en verduidelik hoe dié gebeure ons in Suid-Afrika raak. "Wêreldwys" word vervaardig deur Maroela Media.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Wêreldwys | Trump stoomroller Harris in historiese oorwinning | Ep. 25

In hierdie spesiale uitsending van Wêreldwys vanuit die VSA, bespreek ons hoe Trump hierdie oorwinning behaal het. Wat het gemaak dat gewone Amerikaners deur die geraas in die media gekyk en uiteindelik in hul miljoene vir Trump gestem het? Wat hou dit vir die toekoms van die Republikeinse Party spesifiek, Amerika in die algemeen en uiteindelik ook die wêreldpolitiek in? Wêreldwys | Trump stoomroller Harris in historiese oorwinning | Ep. 25

Nov 07, 202438 min0

Wêreldwys | Afrika: Die kontinent van risiko’s en geleenthede | Ep. 24

In hierdie week se episode van Wêreldwys doen ons saam met dr. Jakkie Cilliers ʼn deeglike ontleding van die probleme op die Afrika-kontinent, die oorsake daarvan en wat nodig is om uiteindelik meer Afrika-lande op ʼn pad van sukses te plaas. Wêreldwys | Afrika: Die kontinent van risiko’s en geleenthede | Ep. 24

Nov 01, 202437 min0

Wêreldwys | In ʼn wêreld vol krisisse is Afrika steeds die siekste kind | Ep. 23

In hierdie week se episode gee ons ʼn inleiding tot die huidige uitdagings op die Afrika-kontinent. Is Afrika en die meeste van die kontinent se 54 lande tot mislukking gedoem of is daar ligpunte? Ons bespreek die afgelope tien jaar se agteruitgang in demokrasie en die toename in konflik en oorloë op die kontinent. Wêreldwys | In ʼn wêreld vol krisisse is Afrika steeds die siekste kind | Ep. 23

Oct 23, 202438 min0

Wêreldwys | Leef die land van die Amerikaanse droom nog? | Ep. 22

In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met Ernst van Zyl, hoof van openbare betrekkinge by AfriForum, oor sy waarnemings in Amerika na aanleiding van ʼn onlangse besoek aan die VSA, asook oor die hernude debatte, veral onder konserwatiewe denkers, oor die toekoms van die Weste. Wêreldwys | Leef die land van die Amerikaanse droom nog? | Ep. 22

Oct 15, 202437 min0

Wêreldwys | Gelykop stryd tussen Trump en Harris | Ep. 21

In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys doen ons ’n in diepte ontleding van die Amerikaanse verkiesingsveldtog. Die nuutste peilings, die posisie van swaaistate, die werking van die kieskollege en moontlike scenario’s wat kan uitspeel, word bespreek. Hierdie week se uitgawe kan dien as ’n gids vir persone wat op die verkiesingsveldtog wil fokus en veral op die oggend van 6 November die uitslae wil volg. Wêreldwys | Gelykop stryd tussen Trump en Harris | Ep. 21...

Oct 09, 202454 min0

Wêreldwys | Oostenryk skop ook vas teen massa-immigrasie | Ep. 20

In hierdie week se episode van Wêreldwys bespreek ons die verkiesing in Oostenryk en hoe dit dié land, maar ook die res van Europa, kan raak. Die regs-populistiese en sterk anti-immigrasieparty, die Vryheidsparty van Oostenryk, het verlede week vir die eerste keer sedert die party se oprigting in die laat 1950’s eerste in ʼn federale verkiesing geëindig. Wêreldwys | Oostenryk skop ook vas teen massa-immigrasie | Ep. 20

Oct 03, 202429 min0

Ep. 18 | Vrye markte en die verromantisering van sosialisme

Daar is wêreldwyd ʼn duidelike korrelasie tussen die vryheid van ekonomieë en die welvaart wat in samelewings geskep word. Ons gesels in hierdie episode met Martin van Staden van die Vryemarkstigting oor globale tendense en persepsies oor die voordele van vrye markte en eiendomsreg. Ep. 18 | Elf maande van trauma in Israel

Sep 25, 202440 min0

Ep. 19 | Vrye markte en die verromantisering van sosialisme

Daar is wêreldwyd ʼn duidelike korrelasie tussen die vryheid van ekonomieë en die welvaart wat in samelewings geskep word. Ons gesels in hierdie episode met Martin van Staden van die Vryemarkstigting oor globale tendense en persepsies oor die voordele van vrye markte en eiendomsreg. Ep. 19 | Vrye markte en die verromantisering van sosialisme

Sep 25, 202413 sec0

Ep. 18 | Elf maande van trauma in Israel

In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met Ilze oor haar ervaring as ’n buitestander in Jerusalem met spesifieke klem op die afgelope paar maande se gebeure. Sy vertel ook meer oor die verhaal van sommige van die gyselaars en hulle families, en mense se daaglikse vrese. Ep. 18 | Elf maande van trauma in Israel

Sep 18, 202435 min0

Ep. 17 | Amerika die verloorder in Trump-Harris-debat

In die aanloop tot die debat was dit duidelik dat Harris se wittebroodsdae verby is en dat die stryd tussen haar en Trump weer kop aan kop verloop. In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys bespreek ons die aanloop tot die debat, die hoogtepunte en laagtepunte van die debat en wat elke kandidaat reggekry en nie reggekry het nie. Ep. 17 | Amerika die verloorder in Trump-Harris-debat

Sep 12, 202444 min0

Ep. 16 | Landbou toenemend speelbal in globale politiek

In hierdie week se episode van Wêreldwys praat ons oor die internasionale landboubedryf, politiek wat landbou raak, en hoe dit op Suid-Afrika en ons boere inspeel. Dr. Theo de Jager, voorsitter van SAAI en ’n bekende internasionale landbouleier, is in die ateljee om oor hierdie en ander belangrike kwessies te praat. Ep. 16 | Landbou toenemend speelbal in globale politiek

Sep 05, 202446 min0

Ep. 15 | Die afsterwe en herlewing van die Weste

Ons bespreek in hierdie week se episode van Wêreldwys die reuse-immigrantekrisis in Europa en wat nodig is om dit op te los. Ons gaan terug na die 15de eeu en die Italiaanse Renaissance en die noodsaak vir ’n kultuur- en identiteitsherlewing in Europa. Ep. 15 | Die afsterwe en herlewing van die Weste

Aug 27, 202434 min0

Ep. 14 | Oorlog verdiep met Oekraïne wat Rusland binneval

Op 6 Augustus vanjaar was dit die eerste keer sedert 1941 dat ʼn buitelandse weermag Rusland binnegeval het toe Oekraïne ʼn verrassingsaanval op die Koersk-streek in Rusland uitgevoer het. Was dit ʼn strategiese slim skuif of is dit ʼn gevaarlike stap wat die oorlog verder kan laat verdiep? Dit is van die vrae wat ons in hierdie week se episode van Wêreldwys probeer beantwoord. Ep. 14 | Oorlog verdiep met Oekraïne wat Rusland binneval

Aug 22, 202431 min0

Ep. 13 | Kiesers is omgekrap van Asië en Suid-Amerika tot VSA en Europa

Die afgelope tyd se opstande in Brittanje bevestig dat politieke geweld nie net tot armer lande soos Bangladesj en Venezuela beperk is nie. Volg hierdie interessante gesprek in vandeesweek se aflewering van Wêreldwys. Ep. 13 | Kiesers is omgekrap van Asië en Suid Amerika tot VSA en Europa

Aug 13, 202442 min0

Ep. 12 | Kanse al groter vir ʼn Midde-Oosterse streeksoorlog

Sedert Hamas se aanval verlede Oktober op Israel en die daaropvolgende oorlog in die Gaza-strook pak groter oorlogswolke vanuit verskeie hoeke om Israel saam. In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons oor die gebeure in die Midde-Ooste en die kanse vir ʼn groter oorlog. Ep. 12 | Kanse al groter vir ʼn Midde-Oosterse streeksoorlog

Aug 08, 202429 min0

Ep. 11 | Daar is nog hoop vir Wes-Europa

Die verlies aan identiteit in Westerse samelewings is die afgelope paar jaar deeglik geboekstaaf. Die onlangse openingseremonie van die Olimpiese Spele het die reuseverlies aan identiteit en selfs die aanslag op die Christelike grondslag van die Weste bevestig. Ep. 11 | Daar is nog hoop vir Wes-Europa

Jul 31, 202432 min0

Ep. 10 | Onsekerheid ná politieke chaos in die VSA

Wat beteken Biden se val, die sluipmoordaanval op Trump, Vance se kandidatuur en Harris, wat nou die Demokrate se presidentskandidaat is, vir Amerika? Luister na hierdie week se episode van Wêreldwys vir antwoorde op hierdie en ander vrae. Ep. 10 | Onsekerheid ná politieke chaos in die VSA

Jul 25, 202436 min0

Ep. 9 | SA moet fyn trap te midde van nuwe globale spanning

Na aanleiding van verlede week se Navo-beraad in die Amerikaanse hoofstad en die toenemende spanning tussen die Weste aan die een kant en Rusland en China aan die ander kant, word die vraag gevra of Suid-Afrika se huidige buitelandse beleid in diens van die mense van die land staan. Ep. 9 | SA moet fyn trap te midde van nuwe globale spanning

Jul 16, 202438 min0

Ep. 8 | Drie verkiesings met globale gevolge

Hoe moet ons die uitslae van Frankryk, Brittanje en Iran se verkiesings interpreteer? In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys bespreek ons al die belangrike vrae oor hierdie en ander internasionale nuusgebeure. Ep. 8 | Drie verkiesings met globale gevolge

Jul 10, 202444 min0

Ep. 6 | Onder oorlogswolke probeer Hongarye vrede bewaar

In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met 'n Hongaar wat in Suid-Afrika grootgeword het oor Hongarye, Orbán, die onlangse verkiesings in Europa en hoe dit Hongarye raak. Ep. 6 | Onder oorlogswolke probeer Hongarye vrede bewaar

Jun 27, 202438 min0

Ep. 5 | Nuwe regering moet SA se ekonomiese belange uitbou

Prof. Koos Malan gesels saam oor die huidige persepsies van Suid-Afrika in die buiteland en hoe dié land beter bande kan smee om uiteindelik buitelandse beleggings te verhoog en groter handelsgeleenthede te ontsluit. Ep. 5 | Nuwe regering moet SA se ekonomiese belange uitbou

Jun 21, 202451 min0

Ep. 4 | Regse partye groei, maar min kan verander

Tendense in Europese beleid kan wêreldwyd gevolge hê. Daarom word hierdie week se hele program aan ʼn ontleding van die Europese verkiesing gewy, in gesprek met CW Burgers en Álvaro Peñas. Ep. 4 | Regse partye groei, maar min kan verander

Jun 13, 202450 min0

Ep. 3 | Lesse vir die Weste uit Nederland en Suid-Tirool

Suid-Tirool het ʼn band met die Afrikaner wat tot die Tweede Vryheidsoorlog terug strek. Daarmee saam is die model van outonomiteit wat Suid-Tirool oor dekades verkry het ʼn voorbeeld vir ander gebiede in Europa, maar ook die res van die wêreld. Ep. 3 | Lesse vir die Weste uit Nederland en Suid-Tirool

Jun 05, 202450 min0

Ep. 2 | Belgiese verkiesings gaan oor veel meer as net die staat

In die tweede episode van Wêreldwys gesels ons met een van die voorste Belgiese grondwetkenners, Frank Judo, oor die geskiedenis van die Belgiese staat, hoe federalisme in België ontwikkel het en wat ná volgende week se verkiesing verwag kan word. Ep. 2 | Belgiese verkiesings gaan oor veel meer as net die staat

May 31, 202436 min0

Ep. 1 | Nuwe podsending oor buitelandse nuus

Om weekliks internasionale nuusgebeure te bespreek en te ontleed, stel Maroela Media hierdie week die nuwe podsending, “Wêreldwys”, bekend, wat deur Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, aangebied word. Ep. 1 | Nuwe podsending oor buitelandse nuus

May 26, 202447 min0
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android