Die huidige handelstelsel is vir die VSA bloot onvolhoubaar, wat beteken daar moet ʼn verandering kom. Hierdie regstelling gaan ontwrigting teweeg bring, maar dit skep ook nuwe geleenthede. Luister na hierdie week se episode van Wêreldwys vir ʼn omvattende konteks, geskiedenis en ontleding van hoe ekonomiese nasionalisme terugdruk teen globalisme en wat dit vir ons in Suid-Afrika ook kan inhou.
Jul 15, 2025•41 min0
Vrydag is Wêreldbevolkingsdag, en wêreldwyd bots twee demografiese kragte: bevolkingsontploffing in die ontwikkelende wêreld en bevolkingsinploffing in die Weste. Hierdie tendense bepaal die wêreld se toekoms – en Afrikaners se plek daarin. In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Connie Mulder van die Solidariteit Navorsingsinstituut oor die wyse waarop huidige demografiese tendense die toekoms gaan smee.
Jul 07, 2025•39 min0
Vanjaar is ’n groot jaar vir internasionale berade, veral in die Westerse wêreld. Tussen die G7, Navo, Brics en G20 is daar vanjaar verskeie geleenthede vir wêreldleiers om te onderhandel, belyn en baklei. Tans lyk dit asof soveel van die internasionale politiek sentreer rondom Donald Trump se wil en weë. Luister na hierdie week se aflewering van Wêreldwys om die vraag te begin beantwoord of Trump besig is om sy sin te kry in hierdie tweede presidensiële termyn van hom?
Jul 02, 2025•36 min0
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met prof. Danie Goosen van Akademia oor ’n tema wat vele verskyningsvorms in die moderne wêreld het – die postmoderne aanslag op begrensing. In ’n tyd waarin grense as verdag en onderdrukkend beskou word, herinner hierdie gesprek aan die diepe wysheid van begrensing as die grondslag van vryheid, identiteit en gemeenskap.
Jun 25, 2025•31 min0
Luister gerus na hierdie week se episode van Wêreldwys vir Jaco Kleynhans se historiese ontleding van die jongste Midde-Oosterse konflik. Jy kan Iran se optrede vandag nie suksesvol ontleed sonder dié beskawingskonteks nie. Die jongste konflik tussen Israel en Iran is nie net ʼn reaksie op onlangse gebeure nie, maar het diep wortels in geskiedenis, godsdiens en geopolitiek. Hoewel Israel onlangs ʼn aanval op Iran van stapel gestuur het, waarna Iran gereageer het, lê die dieper betekenis van hierdi...
Jun 18, 2025•24 min0
Luister na hierdie week se episode van Wêreldwys vir ontledings van die 10 grootste internasionale gebeurtenisse van die afgelope week. Die wêreld blyk op vele vlakke onrustig te wees – luister na Jaco Kleynhans se uiteensitting van die belangrikste onderhandelinge, onluste, verkiesings en vooruitsigte.
Jun 12, 2025•32 min0
In hierdie week se episode van Wêreldwys word al hierdie en ander politieke verwikkelinge in Europa bespreek. Ook die huidige verskuiwings in steun in die Verenigde Koninkryk en die toename in steun vir Skotse onafhanklikheid word bespreek. Die podsending is opgeneem voordat die Nederlandse koalisieregering Dinsdag tot ʼn val gekom het, maar die opbou daartoe word wel in hierdie episode bespreek en daarmee saam die uitdagings van baie regerings in Europa om aan die eise van kiesers te voldoen....
Jun 04, 2025•50 min0
In hierdie week se aflewering van Wêreldwys kyk ons na ʼn paar voorbeelde van dié voortvarende eilande van Westerse kultuur in Europa. Plekke soos Suid-Tirool in Italië, Friesland in Nederland en selfs die Duitse gemeenskap van 70 000 in België is sprekende voorbeelde van wat moontlik is met kulturele weerbarstigheid in die aangesig van eksistensiële bedreiging.
May 29, 2025•33 min0
In hierdie week se episode van Wêreldwys kyk ons in diepte na die wyse waarop Afrikaners in die internasionale kollig geplaas is, hoekom dit gebeur het, wat die aanloop daartoe was en wat werklik steek agter Trump se vermoeidheid met dié groepie aan die suidpunt van Afrika. Op die keper beskou was dit ʼn suksesvolle ontmoeting – die ANC-geleide regering het nou geen anders keuse as om met Afrikaners in gesprek te tree nie. Trump het Ramaphosa mooi laat verstaan dat hy nou met Afrikaners moet skak...
May 23, 2025•30 min0
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans vanaf die Spaanse eiland Ibiza met twee bekende Nederlandse kommentators – Marlies Dekkers en Wierd Duk – oor die toekoms van Nederland, Europa en die Westerse beskawing.
May 14, 2025•55 min0
Wêreldwys | Afrikaner-wortels in Europa herbesoek | Ep. 45
May 06, 2025•26 min0
In hierdie week se Wêreldwys ontleed Jaco Kleynhans hoe Trump se tariewe, onderhandelings en siening van soewereiniteit nie net die Amerikaanse ekonomie nie, maar ook die internasionale magsbalans beïnvloed. Is Amerika besig om sy posisie te versterk, en is China regtig so veerkragtig soos dit voorgee? Dié vrae raak elke land op aarde – ook Suid-Afrika.
Apr 18, 2025•31 min0
Wêreldwys | Handelsoorlog aan die kern van globale magstryd | Ep. 43
Apr 11, 2025•31 min0
In die jongste aflewering van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Alida Kok, dosent in politiek aan Akademia, oor die manier waarop diplomasie oor die afgelope dekades verander het. ou modelle van diplomasie is nie meer voldoen nie. In hierdie werklikheid is dit nodig om ʼn nuwe balans te vind tussen dialoog en druk. Om hierdie balans te vind en strategies te kan toepas, is wat groepe op dié komplekse speelveld sal kan onderskei.
Apr 03, 2025•40 min0
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met Pollak oor die verhouding tussen SA en die VSA en wat nodig is om dit reg te ruk. Joel Pollak is ʼn senior redakteur by Breitbart in Los Angeles in die VSA. Breitbart is een van die grootste en mees invloedryke bronne van konserwatiewe, alternatiewe media in Amerika.
Mar 26, 2025•32 min0
In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys gesels ons oor hoe Trump die globale herskikking van magte versnel en hoe lande soos China, Indië, Iran, Rusland, verskeie Europese reuse soos Duitsland en andere hierop reageer en wat dit vir die toekoms inhou.
Mar 20, 2025•42 min0
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met die bekende Nederlandse joernalis en skrywer Wierd Duk wat ook ’n kenner is van Rusland, waar hy self 12 jaar lank gewoon het. Sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die VSA ’n sterk militêre teenwoordigheid in Europa. Europese lande het oor die afgelope paar dekades stelselmatig hulle militêre begrotings besnoei tot op ’n punt waar baie EU-lidlande vandag nie meer oor enige vermoë beskik om hulself militêr te kan verdedig nie. Eu...
Mar 14, 2025•33 min0
Wat sê ʼn sterk staatsrede van pres. Donald Trump oor die rigting waarin Amerika op pad is en hoe dit Suid-Afrika kan beïnvloed – veral in die lig van die feit dat Trump nie eers na Suid-Afrika in sy staatsrede verwys het nie.
Mar 06, 2025•31 min0
Die Solidariteit Beweging lê tans besoek af aan die VSA te midde van ingrypende politieke veranderinge die afgelope paar weke. Hierdie besoek is nie net ʼn reaksie op die gebeure in die Trump-administrasie nie, maar ook ʼn poging om ʼn nuwe bewusmaking van Afrikaners in Amerika te vestig. In hierdie week van Wêreldwys bespreek ons die doel van die besoek asook hoe Afrikaners in Washington ontvang word.
Feb 27, 2025•36 min0
In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met militêre kenner prof. Abel Esterhuyse oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se teenwoordigheid in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) wat toenemend bevraagteken moet word. Operasioneel sukkel ons magte om enige betekenisvolle impak te maak, deels weens onsekere doelwitte en ʼn skreiende tekort aan strategiese leiding.
Feb 21, 2025•38 min0
Die Westerse wêreld verkeer jare lank reeds in ʼn reuse-leierskapskrisis met die meerderheid staatshoofde in Westerse lande wat ongewild is en swak mandate van hul kiesers het. Dit blyk of daar in die grootste dele van die Weste groot politieke onvergenoegdheid onder kiesers bestaan, met swak leiers wat nie vermoënd of gewillig is om te doen wat hul kiesers van hulle verwag nie.
Feb 13, 2025•42 min0
Die wêreld waarin ons vandag leef, is deurspek met oorloë op elke kontinent – vanaf internasionale konflikte, streekskonflikte en verskeie komplekse burgeroorloë. Selfs oorloë en konflik het egter reëls waaraan dit moet voldoen en beperkinge waarbinne dit moet geskied. In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met prof. Martie Bradley, spesialis in internasionale reg en internasionale humanitêre reg, oor die tientalle oorloë wat vandag reg oor die wêreld woed en hoe ons daaroor kan ...
Feb 07, 2025•1 hr0
Donald Trump het tydens sy eerste tien dae in die Withuis met selfvertroue, fokus en ʼn duidelike missie weggespring, en hy het reeds reusehervormings van die federale regering, Amerika se immigrasiebeleid, ekonomiese beleid en selfs buitelandse beleid begin implementeer. Gaan Trump in sy doelwitte slaag? Gaan hy die Amerikaners se steun behou? Ons bespreek dit alles in hierdie week se uitgawe van Wêreldwys.
Jan 30, 2025•36 min0
In hierdie week se episode van Wêreldwys ontleed ons die gebeure wat tot Trump se verkiesing gelei het, wat ons van die nuwe Trump-regering kan verwag, sy kabinetaanstellings en die wyse waarop Trump sy party en die VSA die afgelope paar jaar verander het.
Jan 22, 2025•57 min0
2024 was die jaar van verkiesings. Meer as die helfte van die wêreldbevolking het vanjaar aan ʼn verkiesing deelgeneem, wat beteken groot politieke veranderinge was aan die orde van die dag. In hierdie laaste aflewering van Wêreldwys vir die jaar, gesels ons met dr. Heinrich Matthee oor die wyse waarop die wêreld in 2024 verander het. Wêreldwys | 2024 se wêreldgebeure in oënskou | Ep. 31
Dec 18, 2024•34 min0
Donald Trump se historiese oorwinning in vanjaar se verkiesing was terugskouend ʼn harde protesstem teen ʼn woke Amerikaanse politiek, ver verwyder van die mense op grondvlak. In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met prof. Koos Malan om die vraag te probeer beantwoord – is dit vir Amerika moontlik om in die lig van hierdie protes ʼn herlewing van die Westerse beskawing in te lei? Wêreldwys | Die Trump-protes teen ‘wokeness’ | Ep. 30
Dec 11, 2024•59 min0
Trump se tweede termyn as Amerikaanse president gaan reuseveranderinge vir Amerika inhou, maar ook vir globale handel en internasionale magsverhoudinge. In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons oor die belangrikste kwessies wat ons tydens die tweede Trump-termyn moet dophou. Wêreldwys | Die Trump-administrasie vs. die diepstaat | Ep. 29
Dec 05, 2024•45 min0
In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met dr. Ernst Roets oor die krisis waarin die Westerse beskawing verkeer – die dubbele krisis van skuld (guilt) en skuld (debt). Geen ander beskawing dra dié swaar eksistensiële las nie, omdat net die Weste hulself hierteen meet. Wêreldwys | Die val van beskawings | Ep. 28
Nov 27, 2024•52 min0
Met Trump in die Withuis en die Republikeine wat in 2025 beide huise van die Amerikaanse kongres sal beheer, lê ’n onseker tyd ryk aan geleenthede en risiko’s voor. Hoe moet die privaat sektor, politieke partye en die burgerlike samelewing hierop reageer? Dit is van die vrae wat in hierdie week se episode van Wêreldwys onder die loep geneem word. Wêreldwys | Die wêreld se oë is op Washington DC | Ep. 27
Nov 21, 2024•33 min0
Ons kyk in nog 'n spesiale aflewering van Wêreldwys spesifiek na Texas en ontleed dié deelstaat se rol in die verkiesing, met spesifieke klem op onwettige immigrasie. Die grens tussen Texas en Mexiko word besoek, sowel as plattelandse dorpe wat al hoe armer word, die dorp Uvalde waar daar meer as twee jaar gelede ’n bloedige skietvoorval by ’n laerskool was, en natuurlik die hoofstad van Texas, Austin. Wêreldwys | Texas vertel die verhaal van Amerika | Ep. 26...
Nov 13, 2024•50 min0