VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017) - podcast cover

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)

Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)viva-afrikaans.org
Die eeufeesuitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is op 3 Augustus 2017 amptelik bekendgestel. In hierdie podsendingreeks van 27 episodes word die elfde uitgawe van die AWS in detail bespreek deur verskillende lede van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In die eerste twee episodes word 'n algemene oorsig oor die AWS gegee; daarna word elk van die dele van die AWS in afsonderlike episodes bespreek. Die reeks word afgesluit met 'n vooruitskouende besinning oor die toekoms van standaardtaal en die AWS.

Episodes

1. Wat is die AWS?

Episode 1: Wat is die AWS? (Gerhard van Huyssteen). In die eerste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word twee vrae beantwoord: (1) Wat is die AWS?; en (2) Hoekom moet jy die AWS koop? In die episode word ook 'n oorsig oor die hele reeks gegee en wat luisteraars van en in die reeks kan verwag. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor di...

Jul 27, 201722 minSeason 1Ep. 1