Taaltoffie - podcast cover

Taaltoffie

Maroela Mediamaroelamedia.co.za
Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Nuwe baadjie vir FAK-kinderliedjies van ouds

“Ons wil graag hê ons kinders moet kan luister na die immergroen Afrikaanse liedjies waarmee ons grootgeword het.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Feb 21, 202217 min0

Kenner gee raad oor vasdieet

Bernadine Douglas het in ʼn onderhoud met Maroela Media gesels oor die vasdieet, wat ook in haar jongste gesondheidsboek, getiteld ‘Your 12-week body and mind transformation’, bespreek word. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Jan 07, 202213 min0

Sê só nee vir peuselhappies

“Begin deur te sê dat jy ʼn eetprogram vir ʼn gesonder leefstyl volg en dat daar sekere goed is wat jy nie gaan eet nie, of sê net vir mense dat jy nie honger is nie.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 21, 202112 min0

Kry jou kop reg vir gewigsverlies

Maroela Media het in ʼn onderhoud met Bernadine Douglas, skrywer van ‘Your 12-week body and mind transformation’, oor die belangrikheid van gesonde gewoontes en motivering gesels. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 13, 202111 min0

Steeds Vrou - Alexi (Rene)

Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 06, 202140 sec0

Steeds Vrou - Bokoë (René Roux)

As ek eendag moet gaan… My man is my gunsteling-mens, my man is my beste vriend en my man is ook een van die mense wat ek die bangste is om te verloor aan die dood. Hy is ook die een wat ek by my wil hê om my vas te hou die dag as ek moet gaan… Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 06, 202121 sec0

Steeds Vrou - Bondeltjie liefde (Alta)

Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 06, 202124 sec0

Steeds Vrou - Ek mis jou (Alta Strauss)

Ons almal was al daar waar ons net ’n intense verlange het na ’n ander, om weer hulle te voel langsaan jou staan, oorkant jou sit en ’n koppie koffie saam met jou geniet. Nog eenmaal hulle stem te hoor, met hulle te klankbord. Kom ons neem vandag ’n doelbewuste besluit om dié mense wat ons koester, te laat weet ons het hulle lief. Begin weer om diep lief te hê, ’n alles-in-liefde! Ek mis jou… alles van jou… elke dag… Facebook · Toetentaal op Maroela Media...

Dec 06, 202132 sec0

Steeds Vrou - Gedig uit die Kalahari (Alta Strauss)

Gebore in Namibië, met grootwordjare in die Kalahari, tussen die rooi van die Kalahari-duine, groen wingerde en swartkop Dorper-skape, teen die sterk oewers van die Oranjerivier, sal daardie rooi sand altyd deur my are vloei. Iemand het eenmaal gesê, geseënd is hy wat die mooi sien in al die plekke waar ander niks sien nie, en dit is so waar van hierdie wêreld. Dit leer jou iets oor vergenoegdheid, van dankbaarheid. Wanneer ’n swaar reënbui, sewe jaar van droogte breek, en jy in daardie geel dub...

Dec 06, 20211 min0

Steeds Vrou - Hartshunkering (René Roux)

Die gedig praat hardop oor al die landskappe wat in my hart geanker is. Dit reis wyd en syd deur die land van ons wat ek so bitter lief het. Hier waar ek liefde gevind het, hier waar ek elke dag my Here kan sien en hoor. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 06, 202134 sec0

Steeds Vrou - Heilige grond (Alta Strauss)

Daar is iets heiligs aan iemand se siel. Om iemand te leer ken is soos om ’n gewyde grondgebied te betree. Leer om te luister, regtig te luister na ’n ander, eerder as om haastig te wees om die volgende woord in te kry. Jy sal verstom wees hoeveel jy leer van ander, wanneer jy werklik begin luister. Ons is eintlik so bederf met mekaar, kom ons luister meer en begin vier mekaar! Facebook · Toetentaal op Maroela Media...

Dec 06, 202126 sec0

Steeds Vrou - Jou liefde (René Roux)

Dit is persies hoe my man my laat voel. Verlief, opgewonde en vol hoop. Saam hom en my God sal ek in ’n oorlog instap. Vir hom sal ek doodgaan en vir hom sal ek leef. Om die liefde van jou lewe, jou sielsgenoot te vind is besonders en om die liefde wat jy uitdeel terug te ontvang is ’n seëning. Gestuur uit God se hand. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 06, 202139 sec0

Steeds Vrou - Kaalvoet (Alta Strauss)

Verhoudings is alles oor vertroue. Vertroue is die sterk fondasie van enige verhouding, waarop alles anders gebou word. Wees weer diep en innig lief, onbaatsugtig en gee die beste van jouself, sonder enige voorafopgestelde idees, sonder enige bymotief. Ons is gemaak om liefde te leef, soos God liefde is en in liefde te funksioneer. Vra die Here om vandag jou hart te deurgrond en enigiets daarin wat nie van Hom af is nie te verwyder, en jou die vermoë te gee om liefde te wees soos Hy liefde is. F...

Dec 06, 202139 sec0

Steeds Vrou - My son sak weg (René Roux)

Een van my vriendinne is baie vroeg oorlede aan kanker toe ons skaars 16 was. Dié gedig is geskryf vir haar. Dit was baie moeilik om op daardie ouderdom te verstaan; dit was moeilik om te verwerk en ek as kind was so bang vir die dood. Die skrywe van gedigte soos hierdie het my nie net losgemaak van die ewige hartseer nie, maar ook van my vrees vir die dood. Eendag sal alles volmaak wees en eendag sal ek weer nuut wees, net ek en dié wat voor my gegaan het, saam my God. Facebook · Toetentaal op ...

Dec 06, 202146 sec0

Steeds Vrou - Naakte liefde (Alta Strauss)

Doen weg met oppervlakkige verhoudings en belê in daardie koester-vriende! Ons almal kan doen met liefde wat ons hele wese deurdrenk. Dit is die een tydlose geskenk wat ons aan mekaar kan gee, liefde… Liefde is daardie sagte gebed vir ’n ander, waarvan hulle nie eens bewus is nie, daardie vreugde en opgewondenheid wat jy ervaar wanneer hulle drome verwesenlik en tot vervulling kom. Vier dié wie jy liefhet en draai hulle toe in liefde en deernis. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...

Dec 06, 202125 sec0

Steeds Vrou - Onkant (Alta Strauss)

Elke dag is een groot verrassing! Nie een van ons weet watter asemrowende oomblik om die hoek vir ons wag nie! Maak jou hart ontvanklik daarvoor. Gee elke oomblik alles wat jy het. Om ’n oomblik nietig te ag is niks minder as ʼn sonde nie, daarom begin deur elke oomblik die beste van jouself te gee. Die beste van jouself, is nie nét die goed van jou, die glimlag en sukses nie. Die beste van jou is ook die uitdagings wat jy oorkom het en steeds soms mee sukkel, want dit maak jou sterker en wyser e...

Dec 06, 202123 sec0

Steeds Vrou - Ouma Onthou (René Roux)

Ek het so tien jaar gelde vir my ouma gevra om vir my ʼn brief te skryf oor haar lewe. Ek wou alles weet; ek het nooit my oupa geken nie. Hy is op my moeder se vierde verjaardag oorlede en wat ek kan onthou van Kimberley waar ek gebore is, is baie vaag. Ek onthou egter steeds die rooi stoep, warm dae en liefde. Sy het vir my geskryf, die mooiste brief en ek het dit in ’n gedig saamgevat. Baie van haar eie woorde is in die gedig. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...

Dec 06, 20211 min0

Steeds Vrou - Papierskip (René Roux)

Ek het hierdie gedig aan my pa geskryf wat ’n paar jaar gelede onverwags in die see oorlede is. As kind het ons digby ʼn vlei in Mpumalanga gewoon, waar my pa altyd papierskepe gevou en laat vaar het. Dit word as stilwordoomblikke onthou en tye wat ek as kind saam met my pa gedeel het, tye wat ek nooit sal vergeet nie. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 06, 20211 min0

Steeds Vrou - Rusplek (René Roux)

Hier verwys ek na die hemel wat die Here vir ons bied, nie net die ewige lewe waarheen ons gaan na ons aardse gesukkel nie, maar ook na die bietjie hemel op aarde wat die Here vir ons bied as ons luister na waar Hy ons wil laat lê. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 06, 202140 sec0

Steeds Vrou - Saam met jou (Alta)

Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 06, 202120 sec0

Steeds Vrou - Skakerings van jou (Alta)

Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 06, 202117 sec0

Steeds Vrou - Sonneblomkind (René Roux)

Die sonneblomkind waarvan ek hier geskryf het, het ek ontmoet met my eerste uitreik in my studentejare op die NWU in Potchefstroom. Sy het my oë oopgemaak vir wat armoede is in my volk en sy was in baie opsigte die rede waarom ek op geëindig het by Solidariteit Helpende Hand. Ek leef my roeping as gevolg van haar. Ek sal haar altyd dankbaar wees. Soms wens ek net daar is meer wat ek vir haar kon doen. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...

Dec 06, 20211 min0

Steeds Vrou - Sprokiemooi gedig (Alta Strauss)

Elkeen van ons is ’n sprokiesmooi gedig. Die beliggaming van woorde. Woorde noukeurig geartikuleer. Woorde en ervarings uit die verlede, die hede en drome vir die toekoms. Ons moet ervaar word. Begin leef die mooi van wie jy is. Begin beleef die beeldskoonheid van elke persoon waarmee jy vandag paaie kruis. Ons is eintlik baie meer dieselde as wat ons werklik verskillend is. Ons is almal wonderbaarlik geskep en verdien om liefgehê en ervaar te word. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...

Dec 06, 202130 sec0

Steeds Vrou - Sy (Alta Strauss)

Baie keer is ons bang om onsself kwesbaar te stel, maar dit is juis in daardie kwesbare oomblikke wat ander kan vereenselwig met die beeldskone kompleksiteit van ons menswees. Mense leer meer uit hoe ons opstaan nadat ons platgeslaan is, as wat hulle ooit sal leer uit ons glansryke oomblikke. Maak jouself los van die dinge wat jou steeds gevange hou. Daar is iets bevrydend daarin om ander toe te laat om die krake in die porselein te sien en te besef dat ander daarin hoop vir hul eie stryd vind. ...

Dec 06, 202139 sec0

Steeds Vrou - Vrouwees (René Roux)

Om ʼn vrou te wees is nie altyd maklik nie, die uitdagings wat die lewe vir ʼn mens gooi kniehalter ʼn mens soms. Partykeer voel jy nie genoeg nie, jy moet so baie wees vir so baie mense. In God se oë is jy egter altyd goed genoeg, vrou. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 06, 202153 sec0

Steeds Vrou - Wees lief vir my in Afrikaans (Alta Strauss)

Hierdie gedig het ek in Frankryk geskryf. Te midde van die prag van hierdie betowerende land het ek besef dat ongeag waar in die wêreld jy jouself mag bevind, in jou hart, jy altyd Afrikaans sal bly. Dit is jou hartklop, dit is hoe ons liefhet en liefgehê wil wees. Daar is net iets aards en hartlik aan hoe ons liefhet, met oorgawe, vurig, iets magies en magneties verruklik soos net ons kan! Facebook · Toetentaal op Maroela Media...

Dec 06, 202126 sec0

Begin só ʼn gesonde leefstyl

“Dit is deur en deur daarop gemik om jou denkwyse oor jou gesondheid, emosionele welstand en eetgewoontes te verander.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 03, 20219 min0

Oor die soet en sout van ouerskap

Lente Swift en Suzanne Smit het in Maroela Media se ateljee oor ‘Meer as net ʼn ma’ kom gesels en ook vertel waarom hulle opgewonde oor die toekoms van Die Naguilklub is. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Nov 26, 202116 min0

Rolene Strauss sê ‘nee’ vir perfeksie

“Om terug te gaan na al daardie ondervindinge wat ek eintlik half klaar weggepak het. Dit was soos om ʼn boks uit te haal en myself weer te ontdek.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Nov 05, 202110 min0

Stories so in Ilze se kraal

Ilze Nieuwoudt het onlangs ʼn draai in Maroela Media se ateljee gemaak om oor haar jongste boek ‘Prinsessie en Boekeman’ en Kraal Uitgewers se kinderboekafdeling te gesels. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Oct 28, 202113 min0
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android