Taaldinge - podcast cover

Taaldinge

Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Taaldinge 7 Augustus 2022

Prof. Marné Pienaar van die Universiteit van Johannesburg vertel vir Ina Strydom van die UJ-pryse vir Zoeloe, Noord-Sotho en literêre vertaling wat pas bekend gemaak is. Sy vertel ook wat die vereistes vir ‘n goeie vertaling is.

Aug 07, 202221 min

Taaldinge 31 Julie 2022

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, stel ‘n nuwe toepassing bekend vir sy aanlyn Lees- en Luisterbiblioteek wat daarop gemik is om kinders se lees- en spelvaardighede te bevorder. Die taaladviseur, Sophia Kapp, vertel hoe dit werk.

Jul 31, 202221 min

Taaldinge 24 Julie 2022

Jana Luther vertel hoe sitate van bekende skrywers in die WAT opgeneem is, om hulle gebruik van bepaalde woorde en begrippe aan te dui. Die ouer skrywers, Alba Bouwer, Audrey Blignault, E. Kotze en Louis Leipoldt word as voorbeelde gebruik.

Jul 24, 202223 min

Taaldinge 17 Julie 2022

Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Dr. Willem Botha en Alet Cloete van die WAT verduidelik onder meer die herkoms van die uitdrukking, “weet watter vleis jy in die kuip het”, en waarom so baie Afrikaanse vanne na voëls en diere verwys.

Jul 17, 202222 min

Taaldinge 10 Julie 2022

Baie tale het ‘n bydrae gelewer tot die ontstaan van Afrikaans – ook Arabies. Dr. Shamiega Chaudharie, ‘n dosent in Afrikaans aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, vertel vir Ina Strydom meer hieroor, en oor ‘n projek van die Afrikaanse Taalmonument en Museum wat daarop gemik is om Afrikaans se Arabiese erfenis te bewaar.

Jul 10, 202218 min

Taaldinge 3 Julie 2022

Klitsgras, waaigras, matjiesgras, lievenheerbesies en joggemlangasems. Dit is maar net enkele van die interessante gras- en gogganame wat in die WAT opgeteken is, en waaroor Jana Luther meer vertel.

Jul 03, 202221 min

Taaldinge 26 Junie 2022

Die gesogte Jan H. Maraisprys vir uitnemende bydrae tot Afrikaans as akademiese taal is vanjaar toegeken aan die leksikograaf, prof. Rufus Gouws van die Universiteit Stellenbosch. Hy vertel vir Ina Strydom waarom die toekenning belangrik is, waarom Afrikaans as akademiese taal behoue moet bly, en waarom woordeboeke belangrik is.

Jun 26, 202222 min

Taaldinge 19 Junie 2022

Die taalkundige, prof. Gerhard van Huyssteen van die NWU, vertel vir Ina Strydom wat gebeur in twee- en meertalige mense se koppe wanneer hulle van een taal na ‘n ander verwissel. Die studieveld is diasistemiese konstruksiegrammatika.

Jun 19, 202222 min

Taaldinge 12 Junie 2022

Dr. Willem Botha en Alet Cloete van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord luisteraars se taalnavrae. Hulle verduidelik onder meer waar die uitdrukkings “ruimskoots voorsien” en “die gort is gaar” vandaan kom. En, waarom gebruik ons in Afrikaans miljard wanneer die Engels van biljoen praat?

Jun 12, 202222 min

Taaldinge 5 Junie 2022

Prof. Wannie Carstens vertel vir Ina Strydom waarom hy meen dit is tyd vir die Groot Afrikaanse Gesprek.

Jun 05, 202222 min

Taaldinge 29 Mei 2022

‘n Lektor in Afrikaanse Taalkunde by die Universiteit van Pretoria, dr. Ansie Kriel, vertel vir Ina Strydom hoe taalstruktuur in propaganda aangewend word.

May 29, 202220 min

Taaldinge 22 Mei 2022

Waarom word ‘n bokkem nou juis ‘n bokkem genoem? Is dit reg om van ‘n pynvolle ervaring te praat? Waar kom die dorp Koekenaap se naam vandaan? En dié van die Schiphol-lughawe? Dr. Willem Botha, hoofredakteur van die WAT, en Alet Cloete, ‘n senior mederedakteur, is saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraars se taalvrae te beantwoord.

May 22, 202216 min

Taaldinge 15 Mei 2022

Prof. Nerina Bosman van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria vertel vir Ina Strydom van wisselleerstoele ter bevordering van Neerlandistiek in Suid-Afrika, wat onlangs bekend gestel is.

May 14, 202223 min

Taaldinge 8 Mei 2022

Die hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, en ‘n senior mederedakteur, Alet Cloete beantwoord luisteraars se taalnavrae. Die oorsprong van die uitdrukking “soos die kraai vlieg”, en die herkoms van die word “bra” is van die interessanthede wat aan bod kom. En, waar kom die word verfomfaai vandaan?

May 08, 202219 min

Taaldinge 1 Mei 2022

Die Afrikaanse Taalraad en Afrikaans-departemente by universiteite het onlangs ‘n werkwinkel gehou om toekomsplanne te beraam en samewerkingsmoontlikhede te ondersoek. Die bestuurshoof van die ATR, dr. Conrad Steenkamp, en prof. Andries Visagie van die US se departement Afrikaans en Nederlands, vertel vir Ina Strydom meer van die byeenkoms.

May 01, 202224 min

Taaldinge 24 April 2022

Die projekleier van VivA se Taalondderrigportaal, Nadine Fouche-Karsten, vertel vir Ina Strydom meer oor die Taalonderwysersforum wat onlangs bekend gestel is, en ‘n ander benadering tot die onderrig van grammatika.

Apr 24, 202221 min

Taaldinge 17 April 2022

Jana Luther van die WAT vertel vir Ina Strydom van die streektaalwoorde en -uitdrukkings wat in dié woordeboek vervat is, asook die ouer taalvorme wat in die WAT bewaar word.

Apr 17, 202223 min

Taaldinge 10 April 2022

Wat beteken pypkan? Is die uitdrukking “so skaars soos hoendertande” gepas? Waar kom die woord “turkoois” vandaan? Wat is die korrekte vertaling van “spreadsheet”? Dr. Willem Botha en Alet Cloete van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord luisteraars se taalnavrae.

Apr 10, 202222 min

Taaldinge 3 April 2022

‘n Groot gees in die Afrikaanse leefwêreld, prof. Jacques van der Elst, is onlangs oorlede. Die bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, prof. Anne-Marie Beukes, en die taalkundige, prof. Wannie Carstens, bring hulde aan hom. Daar is ook ‘n uittreksel uit ‘n argiefonderhoud wat Ina Strydom in 2017 met prof. Van der Elst gevoer het oor sy bydrae om bande tussen Afrikaanse en Nederlandse akademici te herstel.

Apr 03, 202222 min

Taaldinge 27 Maart 2022

Die hoof van die UWK se Departement Afrikaans en Neerlandistiek, dr. Donovan Lawrence, vertel vir Ina Strydom waar die benaming, malapropisme, vandaan kom, wat dit is en wat die funksie daarvan is.

Mar 27, 202221 min

Taaldinge 20 Maart 2022

Die taalkundige, prof. Ernst Kotze, verduidelik aan Ina Strydom hoekom plekname van Oekraïense stede en dorpe verafrikaans word. Hy verduidelik wat transliterasie is, en dat dit ‘n verskynsel is wat in alle tale voorkom.

Mar 20, 202220 min

Taaldinge 13 Maart 2022

Mag ‘n mens ‘n sin met ‘n voegwoord begin? Ina Strydom en VivA se taaladviseur, Sophia Kapp, bespreek voegwoorde in die skoolgrammatikareeks oor woordsoorte.

Mar 13, 202222 min

Taaldinge 6 Maart 2022

Luisteraars se taalvrae beantwoord. Ina Strydom en haar gaste, dr. Willem Botha en Alet Cloete van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, praat onder meer oor die herkoms van “oulap se rooi”; die verskil tussen patrone en koeëls; en of ‘n mens moet praat van Oekraïne of die Oekraïne.

Mar 06, 202220 min

Taaldinge 27 Februarie 2022

Die bestuurshoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk, Daan Potgieter, vertel vir Ina Strydom van hulle pas afgelope konferensies, en van die fokuspunte wat geïdentifiseer is vir die bevordering van moedertaalonderrig.

Feb 27, 202220 min

Taaldinge 20 Februarie 2022

Op die vooraand van Internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie, neem Ina Strydom en haar gaste, prof. Wannie Carstens en dr. Conrad Steenkamp, bestek op van die stand van Afrikaans – ‘n terugskouing op 2021.

Feb 20, 202222 min

Taaldinge 13 Februarie 2022

Wat is die reël by die gebruik van die voornaamwoorde, wie en wat? Hoe word die woorddeel, -self, saam met wederkerende voornaamwoorde gebruik? Ina Strydom en die taaladviseur van VivA, Sophia Kapp, sit die gesprekreeks oor skoolgrammatika voort, en fokus op die woordsoort voornaamwoorde.

Feb 13, 202223 min

Taaldinge 6 Februarie 2022

Wat beteken “iets op sy elf en dertigste doen”; waarom kla ons “steen en been” en is dit hartomleiding of hartomlyning? Hierdie en ander vrae word in Taalnavrae beantwoord.

Feb 06, 202214 min

Taaldinge 30 Januarie 2022

Die Taalkommissie het vir die eerste keer in sy bestaan van meer as 100 jaar ‘n vrou as voorsitter. Ina Strydom praat met die nuwe voorsitter, Sulene Pilon, en die bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, prof. Anne-Marie Beukes, oor die Taalkommissie se nuwe model, en planne vir die kommissie se termyn.

Jan 30, 202221 min

Taaldinge 23 Januarie 2022

Ina Strydom en VivA se taaladviseur, Sophia Kapp, sit hulle reeks oor skoolgrammatika voort en praat oor werkwoorde. Dit sluit onder meer in: hoe word daar onderskei tussen hoofwerkwoorde en niehoofwerkwoorde; wat is koppelwerkwoorde; en wat is ‘n omskrywingswerkwoord?

Jan 23, 202222 min

Taaldinge 16 Januarie 2022

Die voorsitter van die raad van die Afrikaanse taalmonument en -museum, Jean Meiring, vertel vir Ina Strydom meer oor die projekte van die ATM.

Jan 16, 202221 min
Hosted on Omny Studio
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android