Die Wet op Hoër Onderwys vereis dat al die inheemste tale op gelyke speelveld geplaas moet wees by universiteite. Dit vereis taalhulpbronne wat insluit taallaboratoria, tolkdienste, speltoetsers, en meertalige termlyste. Om te bepaal wat by die land se 26 universiteite beskikbaar is, word ‘n taalhulpbronoudit tans gedoen. Die toegepaste taalkundige, prof. Tobie van Dyk, vertel vir Ina Strydom hoe die oudit gedoen word.
Mar 12, 2023•19 min
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans kom gereeld met nóg ‘n vindingryke idee of plan vorendag. Die jongste is ‘n digitale uitgewery wat ‘n aanvullende rol wil speel tot bestaande uitgewers. Die uitvoerende direkteur, Marlie Coetzee, vertel vir Ina Strydom van hulle planne.
Mar 05, 2023•20 min
Daar is vir die eerste keer 'n boek oor toegepaste taalkunde in Afrikaans. Dit dek onderwerpe wat wissel van lees- en leeronderrig; taalbeplanning en taalpolitiek tot psigolinguistiek, sosiolinguistiek en onomastiek, of naamkunde. Die redakteurs, proff. Tobie van Dyk en Wannie Carstens, en die projekbestuurder, DJ Cloete, vertel vir Ina Strydom van die boek en die projek.
Feb 26, 2023•23 min
Wat het in 2022 met Afrikaans gebeur? Watter hoogtepunte was daar en waar flikker die rooi ligte? In dié eerste program word daar op die hoogtepunte gefokus. Prof. Wannie Carstens, dr. Conrad Steenkamp, Ria Olivier en Rone Wierenga lig die jaar se winste uit.
Feb 19, 2023•25 min
As deel van Moedertaalmaand, fokus ons op moedertaalonderrig. Annelie van Jaarsveldt en Lara Erasmus van Afrikaans.com vertel vir Ina Strydom waarom moedertaalonderrig noodsaaklik is, en hoe Afrikaans.com leerlinge, ouers en onderwysers bystaan.
Feb 12, 2023•21 min
‘n Taalkundedosent van die department Afrikaans by die NWU se Potchefstroom-kampus, Nina Brink, vertel hoe metonimie in babas en peuters se vroeë taalgebruik voorkom.
Feb 04, 2023•20 min
Die Afrikaanse Taalraad is op vele vlakke betrokke om Afrikaans in al sy variëteite te bevorder en te beskerm. Die bestuurshoof, dr. Conrad Steenkamp, die ondervoorsitter van die direksie, dr. Hendrik Theys, en die koördineerder in die Suide, Ria Olivier, vertel aan Ina Strydom wat hulle planne vir die jaar is.
Jan 29, 2023•22 min
Dr. Phillip Louw is die nuwe hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hy praat oor die noodsaaklikheid van skoolwoordeboeke in ander tale, die belang van moedertaalonderrig, en sy visie vir die WAT.
Jan 22, 2023•20 min
Die aanspreekvorme, oom en tannie, het sommige mense warm onder die kraag. Ander meen dis ‘n teken van respek. Dr. Carla Ellis van die Universiteit van die Vrystaat het onlangs haar Ph.D verwerf met ‘n sosiolinguistiese ondersoek na die gebruik van dié aanspreekvorme. Sy vertel vir Ina Strydom meer oor die studie en haar bevindings.
Jan 15, 2023•23 min
Die taalkundige, Suléne Pilon van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Pretoria, vertel hoe woorde van vreemde herkoms in Afrikaans hanteer word. Daar is vertaling, transkripsie, transliterasie en ontlening.
Jan 08, 2023•22 min
Jana Luther van die WAT vertel meer oor nuwejaarsvierings, en die herkoms van woorde soos joel en jol en beier.
Jan 01, 2023•19 min
Luisteraars se taalnavraae word beantwoord - Waarom praat ‘n mens van die Paarl en die Strand, maar nie van die George nie? Wanneer is dit hakkie en wanneer is dit hakie? Wat beteken kwiksoties?
Dec 18, 2022•19 min
Die aktrise Charlize Theron se uitlating dat daar net 44 Afrikaanssprekendes oor is, het wye en soms heftige reaksie ontlok. Die taalkundige, prof. Wannie Carstens, praat oor wat dit vir Afrikaans beteken het, en die gevaarligte wat wel vir Afrikaans flits.
Dec 11, 2022•22 min
Waarom praat ons van “’n feit soos ‘n koei”? En is dit korrek om te praat van rippeleffek? Dr. Willem Botha en Alet Cloete beantwoord taalnavrae saam met Ina Strydom.
Dec 04, 2022•18 min
Prof. Wannie Carstens van die NWU en Roné Wierenga van VivA vertel vir Ina Strydom van enkele digitiseringsprojekte in Afrikaans, en wat die oogmerk hiervan is.
Nov 27, 2022•25 min
Prof. Frenette Southwood en Helena Oosthuizen van die Universiteit Stellenbosch en Nina Brink van die Noordwes-Univesiteit vertel van ‘n kindertaalprojek wat gedoen word in al elf landstale. Die oogmerk is om kindertaalontwikkeling te monitor en leemtes betyds op te spoor.
Nov 20, 2022•24 min
Die taalkundige, Suléne Pilon van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria, vertel vir Ina Strydom van die heersende teorieë oor taal en die kognitiewe wetenskap, en tegnologiese voortuitgang in dié verband.
Nov 13, 2022•20 min
Prof. Gerhard van Huyssteen van die NWU vertel vir Ina Strydom van nuwe navorsing wat bevind het dat ouers advies in boeke wil hê, wat soortgelyk is aan die ouderdomsbeperkings in rolprente. Die skrywers en uitgewers moet hierdie inligting in boeke aanbring.
Nov 06, 2022•23 min
Jana Luther, sekretaris van die Taalkommissie, praat oor standaardtaal en geselstaal, dat die een nie belangriker as die ander is nie, en dat daar ruimte vir variasie moet wees.
Oct 30, 2022•17 min
Roné Wierenga vertel vir Ina Strydom van VivA se spraakatlas, en ‘n databasis van stemopnames wat vir taaltegnologieë gebruik word.
Oct 23, 2022•20 min
In Taalnavrae gee dr. Willem Botha, hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, en Alet Cloete, ‘n senior mederedakteur van die WAT, onder meer duidelikheid oor die verskil tussen naatloos en soomloos; die beklemtoning van woorde se invloed op die betekenis van ‘n sin; en die gebruik van manlike en vroulike vorme van woorde.
Oct 16, 2022•22 min
‘n Nuwe Afrikaanse boek oor filmontleding, en met Afrikaanse filmterme, verskyn binnekort. Dit is veral gemik op senior hoërskoolleerlinge, maar is ook geskik vir onderwysers en ander belangstellendes. Leon van Nierop het vir Ina Strydom vertel hoe hulle te werk gegaan het met die terminologielys, en hoe die boek bydra tot die ontwikkeling van die Afrikaanse filmbedryf.
Oct 09, 2022•22 min
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans het onlangs deelgeneem aan ‘n konferensie in Duitsland met die tema, Klein Tale, Groot Idees. VivA se taalkundeskrywer en onderrigmateriaalontwerper, Nadine Fouche-Karsten, vertel meer oor VivA se bydrae, en die waarde van die konferensie.
Oct 02, 2022•20 min
Die voorsitter van die Suider Afrikaanse Neerlandistiekvereniging, prof. Adri Breedt, vertel van hulle onlangse kongres saam met die Internasionale Neerlandistiekvereniging. Prof. Anne-Marie Beukers gee besonderhede oor die nagraadse beurse van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Sep 25, 2022•22 min
Prof. Donovan Lawrence van die Departement Afrikaans aan die UWK praat met Ina Strydom oor taalvariasie, wat dit is, en waarom dit belangrik is vir Afrikaansonderrig in skole.
Sep 18, 2022•21 min
Die hoofredakteur van die WAT, dr. Willem Botha, en ‘n senior mederedakteur, Alet Cloete, beantwoord luisteraars se taalnavrae. Hulle bespreek onder meer stadion vs stadium, en ronde vs rondte.
Sep 11, 2022•22 min
Wat is die aard van Standaardafrikaans? Hoe pas dit in tussen al die Afrikaanse variëteite? Hoe gaan die Taalkommissie te werk om dit te beskryf? Die voorsitter van die kommissie, Suléne Pilon, praat met Ina Strydom hieroor.
Sep 04, 2022•23 min
Die Afrikaanse Taalraad wil wetenskaplik bepaal wat die stand van Afrikaans is. Die raad se bestuurshoof, dr. Conrad Steenkamp, die bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, prof. Anne-Marie Beukes, en die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel meer oor die projek.
Aug 28, 2022•24 min
Die Afrikaanse Wikipedia groei aansienlik, en is van hoë gehalte. ‘n Direkteur van die Wikimedia-stigting Suid-Afrika, Deon Steyn, vertel van ‘n nuwe samewerkingsooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Aug 21, 2022•20 min
Luisteraars se taalnavrae word beantwoord deur Dr. Willem Botha en Alet Cloete van die WAT. Van die vrae wat bespreek word is die herkoms van die woord UITERAARD en die uitdrukking LEPEL IN DIE DAK STEEK. En, is die Guptas AAN DIE MAN GEBRING of AAN DIE KAAK GESTEL?
Aug 14, 2022•22 min