10 Jun 2014
Christelle van Tonder besoek Arcadia Primêre skool in Pretoria. Die skool het leerders wat 9 van die 11 amptelike Suid-afrikaanse tale praat. Elkeen van die leerders leer Afrikaans as tweede taal met entoesiasme aan.

Christelle van Tonder besoek Arcadia Primêre skool in Pretoria. Die skool het leerders wat 9 van die 11 amptelike Suid-afrikaanse tale praat. Elkeen van die leerders leer Afrikaans as tweede taal met entoesiasme aan.
Hoe word tolkdienste gebruik om moedertaalonderrig te bevorder.Christelle van Tonder maak 'n draai by 'n skool in Arcadia om te hoor hoe Afrikaans as tweede taal aangeleer word.
Die tale wat ons praat 8 Junie 2014
Die tale wat ons praat 1 Junie 2014
Waar kom name soos Amanda en Victor vandaan? In die program val die fokus op die invloed wat Latyn op Afrikaans gehad het.
Magdaleen Krüger vind meer uit oor kontemporêre Afrikaanse Taalkunde en Van der Merwe-afrikaans.
'n Unieke boek in teksredaksie word binnekort vrygestel en 'n projek om die Khoisantale te laat herleef, word bekendgestel.
Wat is 'n pedowee en solidus? Hark of haar 'n mens groenboontjies?
Die fokus val op forensiese linguistiek, in die besonder outeursidentifikasie en forensiese semantiek en hoe dit onder meer in hofsake gebruik kan word.
Waar kom name soos Amanda en Victor vandaan? In die program val die fokus op die invloed wat Latyn op Afrikaans gehad het.
Luister na hoe 'n jong SAN-afstammeling gesels oor die ou SAN-tale. Hoor ook hoe daar in SAN gesing word.
Wat het 'n wurm gemeen met die naam krokodil? Bestuur 'n mens roekeloos EN nalatig, of roekeloos OF nalatig? Waar kom die UITDRUKKING OM AAN DIE AGTERSPEEN TE SUIG, vandaan?
Met Engels wat so sterk in die sakewêreld gevestig is, wonder 'n mens soms of dit nog nodig is om moeite te doen met die vertaling van Engelse saketerme in Afrikaans.
Afrikaanse se unieke gebruik van die dubbele ontkenning, en die Universiteit van Johannesburg se besluit om Afrikaans by die Soweto-kampus aan te bied, word bespreek.
Leon van Nierop gesels met die voorsitter van die Suid-Afrikaanse taalraad
Daar word gepraat oor simultane tolking en oor die Afrikaanse vertaling van die bekende strokiesprent, Asterix.
Die bande tussen Afrikaans en sy stamtaal Nederlands word bespreek en in die taalspeletjie val die fokus op die deelteken.
Daar is 'n bydrae oor die wortels van die Woordfees, jou spel-kennis word met diktee getoets en die rol van tolke kom onder die loep.
Daar word gesels oor nuwe vertaalsagteware wat vernoem is na Harry die Strandloper, die koppelteken-reëls word bespreek en daar is nuus ook 'n meertalige week in Soweto.
Daar word gepraat oor roekelose en nalatige bestuur en oor die woord waatlemoen.
Wat is die Afrikaans vir flashmob en crowd sourcing?
Daar word gesels oor deelwoorde en daar is 'n diktee oor opera.
Magdaleen Krüger praat met die joernalis en skrywer van onder meer BLOEDSUSTERS, Ilse Salzwedel, oor die vertaling van nie-fiksie.
Oudsportkommentator Gerhard Roux praat oor krieket- en ander sportterme en daar is 'n gesteente wat na die Thomsons vernoem is.
Ilse Salzwedel gesels met Fred Pheiffer, mede-samesteller van die HAT. Hulle gesels onder meer oor die invloed van Engels en SMS-taal op Afrikaans, en ook oor hoe die proses van woordeboeke saamstel, verloop.
Ilse Salzwedel gesels met die medesamesteller van die 6e uitgawe van die HAT oor onder meer taalverandering en die invloed van Engels op Afrikaans.
Wat is 'n tersalletjie? Wat beteken waar Dawid die wortels gegrawe het? Is daar goeie Afrikaans vir franchise?
Isabel Uys vertel van 'n handige taalsakboekie in vier tale en prof. Daan Wissing praat oor "Pretoria-Afrikaans"
Daar word gesels oor motorterme in Afrikaans en ook oor die spelling van woorde soos senu-ineenstort…
Hoekom verwys ons na sekere drankies as hardehout? Wat is die verskil in die uitdrukkings agter die …