Strandloper – ’n vervolgverhaal - podcast cover

Strandloper – ’n vervolgverhaal

Maroela Mediamaroelamedia.co.za
Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur Strandloper daaraan herinner te word. Jy sal Oom Fred en sy skaduwee Witvoet ook daar kry. Hy baklei teen hotelbaas Jack de Wet wat tradisies in die naam van vooruitgang vertrap. Daar is ʼn petisie wat probeer wal gooi, en dit skeur die dorp. Maar daar is ook dinge wat hulle saamsnoer. Nie net is dit Afrikaans se eeufeesjaar nie, maar ook Bloubaai se 100ste bestaansjaar, en die dorp gaan ʼn dubbele viering daarvan maak. "Strandloper" word vervaardig deur Maroela Media. Dit is egter nie al wat die dorpenaars besig hou nie. Onder die blou waters lê die rykdomme van die see: kosbare perlemoen en skeepswrakke wat gierige hande lok. Hiérin lê een van die dorp se bes bewaarde geheime vasgeknoop. Strandloper se pa het onder raaiselagtige omstandighede gesterf, en almal swyg daaroor. Steeds gee niemand bes nie. Dít is die opwindende storielyn van Maroela Media se radiovervolgverhaal "Strandloper", geskryf en opgevoer deur Bettie Kemp.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Strandloper – Episode 90

Dis die mieliebôl! – ʼn vrolike mielietradisie wat gevier word, en die Bloubaaiers kap dit uit. Engela kry ʼn skok, Visstok sorg vir ʼn heerlike verrassing op die dansbaan, en die grootste verrassing van die aand kom van Dylan.

Sep 13, 202412 minSeason 1Ep. 90

Strandloper – Episode 89

Willie waarsku Mauritz weer om versigtig te wees na die jongste nuus oor die perlemoenstropers en die baasbrein wat steeds op vrye voet is. Wat sit agter Dylan se jongste vreemde optrede? Dit is presies wat Willie probeer uitvind.

Sep 12, 202410 minSeason 1Ep. 89

Strandloper – Episode 88

Nicolien deel haar kommer met Willie oor Mauritz se duikery en sy veiligheid. Sy probeer meer by hom uitvind oor Mauritz se pa se skielike dood. Was dit regtig ʼn hartaanval, of het sy duikery iets daarmee te doen gehad? Nicolien kry ʼn yslike opdrag ná haar besoek aan die dokter.

Sep 11, 202410 minSeason 1Ep. 88

Strandloper – Episode 87

Tant Betta se haan is besig om die loseerders die josie in te maak. Tannie Ouvrou vertel Engela van haar ontstellende besoek met die trommeltjie aan Jack de Wet en ook hoekom sy lojaal teenoor hom sal bly. Oom Fred gaan hom nie deur Dylan en sy vloermoer laat afpers nie.

Sep 10, 202410 minSeason 1Ep. 87

Strandloper – Episode 86

Dylan kry teleurstellende nuus oor sy planne om Gladys by sy koffiekiosk aan te stel, en hy gooi ʼn vloermoer soos ʼn prima donna. Engela maak nuwe planne vir haar en haar dogtertjie, Aliyah, se toekoms, wat Nicolien ontstel.

Sep 09, 202410 minSeason 1Ep. 86

Strandloper – Episode 85

Oesters word by die streepsakke vol afgekap in Bloubaai, en Willie moet bontstaan om orde te handhaaf. Dylan het almal verras met sy optrede by die Vonk-toekennings – selfs Tannie Ouvrou dink hy was ʼn ster, tot Willie se verdriet.

Sep 06, 202410 minSeason 1Ep. 85

Strandloper – Episode 84

Visstok waarsku Mauritz oor die onbekende mense wat aan sy Jeep gepeuter het, met byna katastrofiese gevolge. Hy vermaak Mauritz en Nicolien met sy vertelling van ʼn uitsonderlike verjaarsdaggeskenk wat hom doodsangs gegee het.

Sep 05, 202410 minSeason 1Ep. 84

Strandloper – Episode 83

Dylan neem sake in eie hande om nog hulp by sy koffiekiosk te kry, en hy nader Engela vir hulp. ʼn Eerste tekenopdrag vir Dylan kom uit ʼn onverwagte oord. Wat beplan Dylan vir sy toespraak by die Vonk-toekenningsaand vir uitsonderlike dapperheid?

Sep 04, 202410 minSeason 1Ep. 83

Strandloper – Episode 82

Jack de Wet se vergete trommeltjie maak opslae, en Oom Fred vra lastige vrae daaroor. Tannie Ouvrou ontdek ʼn ontstellende foto daarin … en sy besluit om die raaisel in die trommeltjie eens en vir altyd op te klaar met ʼn aankondiging.

Sep 03, 202411 minSeason 1Ep. 82

Strandloper – Episode 81

ʼn Seeotter sorg vir groot konsternasie by Seeredding. Visstok verduidelik waar sy naam vandaan kom en nooi vir Nicolien en Mauritz uit na ʼn baie spesiale geleentheid op Bloubaai. Daar is vreemde mense doenig by Mauritz se Jeep, blykbaar sonder dat hy weet.

Sep 02, 20249 minSeason 1Ep. 81

Strandloper – Episode 80

Dis ʼn blye maar gespanne ontmoeting tussen Engela en Willie nadat sy Pretoria toe was. Willie verras Engela met ʼn uitnodiging na een van Bloubaai se tradisionele feestelikhede. Tannie Ouvrou blyk ʼn baie skerper waarnemer te wees as wat mense dink.

Aug 30, 202410 minSeason 1Ep. 80

Strandloper – Episode 79

Dylan en Boesman gaan vir hulle heldedade vereer word. Oom Fred probeer om vir Dylan voor te berei vir die toespraak wat hy moet lewer … maar Dylan verstaan verkeerd. Daar kom nuus van iemand wat Oom Fred en Dylan albei verras.

Aug 29, 202411 minSeason 1Ep. 79

Strandloper – Episode 78

Met Engela se terugkeer uit Pretoria kry sy ʼn kil ontvangs van Nicolien. Daar is baie dinge wat tussen hulle twee uitgeklaar moet word. Tannie Ouvrou raai Nicolien aan om dringend ʼn afspraak by die dokter te maak, en Nicolien se dag eindig op ʼn verrassende noot.

Aug 28, 202410 minSeason 1Ep. 78

Strandloper – Episode 77

ʼn Misverstand sorg vir ʼn vreeslike omwenteling toe Willie vir Dylan besoek. Oom Fred se nuus boul Dylan uit. Willie en Oom Fred sit opgeskeep met ʼn probleem wat hulle maar net nie kan oplos nie.

Aug 27, 202410 minSeason 1Ep. 77

Strandloper – Episode 76

Tant Betta kry raad by Tannie Ouvrou oor die ontstellende Facebook-plasing van Jack de Wet. Hoekom wil Tannie Ouvrou met alle mag Jack se vergete trommeltjie oopmaak? Wat kry sy in die proses?

Aug 26, 202411 minSeason 1Ep. 76

Strandloper – Episode 75

Mauritz kry ʼn verrassingsbesoek tydens die noodsituasie in die dorp, ná die storm. Ná Nicolien hoor van die noodoproep wat Seeredding gekry het, weier sy om te gaan duik of te snorkel. Sy en Mauritz het ʼn nuwe afspraak.

Aug 23, 202410 minSeason 1Ep. 75

Strandloper – Episode 74

Visstok en Oom Fred spring in om die dorp uit ʼn krisis te help, en in die proses tel hulle self teëspoed op. Engela hoor van Boesman se heldedaad, en Tant Betta is erg ontsteld oor nuus op Facebook van niemand anders nie as Jack de Wet.

Aug 22, 202411 minSeason 1Ep. 74

Strandloper – Episode 73

Nicolien hoor van Dylan se verskriklike ervaring met die boeresportdag, iets wat nog gevolge vir hom op Bloubaai gaan hê. Die nuus wat Tant Betta bring, raak al die dorpenaars se lewens vir die volgende paar weke.

Aug 21, 202411 minSeason 1Ep. 73

Strandloper – Episode 72

Die boeresportdag breek eindelik aan met ʼn streep verrassings, onder andere vir Nicolien en Mauritz. Dylan moet skielik vir Mauritz instaan. Ná al die reëlings kon niemand voorsien die dag sou op so ʼn noot eindig nie. Dis naelbyttyd op Bloubaai.

Aug 20, 202411 minSeason 1Ep. 72

Strandloper – Episode 71

Willie kry onverwags stempos van Engela uit Pretoria. Dylan se nuwe assistent, Ricu, sorg dat die dorp gons. Die boeresportdag waarna almal uitsien word skielik bedreig en dis hierdie keer nie Jack de Wet nie.

Aug 19, 202412 minSeason 1Ep. 71

Strandloper – Episode 70

Oom Fred besoek Dylan en kry nuus wat hom heeltemal onkant vang. Willie sluit by Fred en Dylan aan om sake oor die boeresportdag te finaliseer, en ʼn tweede skok tref Oom Fred.

Aug 16, 20249 minSeason 1Ep. 70

Strandloper – Episode 69

Nicolien moet ʼn paar “eksamenvrae” op ʼn vreemde plek beantwoord. Sy kry ʼn onverwagse uitnodiging van Mauritz. Visstok probeer om vir Mauritz te werf vir sy toutrekspan op die boeresportdag.

Aug 15, 202410 minSeason 1Ep. 69

Strandloper – Episode 68

Tannie Ouvrou en Tant Betta is besig om plek te maak vir die dorp se skenkings van bestanddele, en hulle kry ʼn liederlike ontnugtering van Visstok. ʼn Noodsituasie ontstaan waarvoor dringend ʼn plan gemaak moet word.

Aug 14, 202410 minSeason 1Ep. 68

Strandloper – Episode 67

Tannie Ouvrou vis by Dylan oor Bobbi en hoor van sy ma se tragiese verlies. In die proses kry sy meer as waarop sy gereken het: ʼn koekieresep wat werk, maar wat sy nie mag eet nie.

Aug 13, 202410 minSeason 1Ep. 67

Strandloper – Episode 66

Die voorbladfotosessie vir die boeresportdag word ʼn uitdaging vir Nicolien, Mauritz en Willie. Tussen die drie van hulle word ʼn skitterende plan uit nood gebore.

Aug 12, 202410 minSeason 1Ep. 66

Strandloper – Episode 65

Engela en Aliyah se lewens is op die punt om radikaal en vir altyd te verander. Sy soek hulp en troos by iemand wat jare gelede op dieselfde plek as sy was. Word die band tussen Engela en Tannie Ouvrou hegter?

Aug 09, 202411 minSeason 1Ep. 65

Strandloper – Episode 64

Dis die finale vergadering voordat een van Bloubaai se groot tradisies herleef. Die Bloubaaiers hou nie terug nie, Willie ontvang ʼn ontstellende boodskap van Engela, en Boesman sorg vir die grootste verrassing van die dag.

Aug 08, 202411 minSeason 1Ep. 64

Strandloper – Episode 63

Nicolien en Mauritz se paaie kom nader aan mekaar toe hulle ontdek hulle het ʼn gemeenskaplike belang. Mauritz vra Nicolien ʼn ongemaklike vraag wat haar laat bloos en waarop sy geen antwoord het nie.

Aug 07, 202412 minSeason 1Ep. 63

Strandloper – Episode 62

Engela het ʼn ontstellende droom oor verlore liefde. Dit raak al hoe moeiliker om te onderskei tussen waarheid en verbeelding. Hoekom kom gee Willie vir Engela persoonlik ʼn uitnodiging na ʼn belangrike vergadering?

Aug 06, 202412 minSeason 1Ep. 62

Strandloper – Episode 61

Tannie Ouvrou is bekommerd oor ʼn WhatsApp-boodskap wat sy gekry het wat sy geheim moet hou. Boesman sorg vir welkome afleiding, en Dylan se nuwe assistent by die koffiekiosk laat Oom Fred onrustig voel – met rede.

Aug 05, 202410 minSeason 1Ep. 61
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android