RSG Dokumentêr - podcast cover

RSG Dokumentêr

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

DIE LUXORAMA deur Johan van Lill

Johan van Lill bring hulde aan die gewilde en omstrede Luxurama-teater in Wynberg in die Kaap. Soveel Kaapse kunstenaars wat later groot internasionale name sou word, se loopbane het in hierdie teater begin. Giempie Vardien, Terry Fortune en Terry Hector Smith het almal van jongs af in die Luxurama opgetree en deel hulle herrinneringe van hierdie teater.

Jan 26, 201725 min0

THANDI KLAASEN 1931 - 2017 deur Johan Rademan

Johan Rademan was in 2006 bevoorreg om 'n spesiale aand tydens die Kanasiefees in Canmore, Kanada, in die geselskap van Thandi Klaasen en haar dogter Lorrainne deur te bring. Sy het juis die “The Woman of Distinction Award” sewe jaar tevore in Kananda ontvang vir 50 jaar se werk in die bedryf. Haar dogter Lorrainne het uit Montreal, waar sy meer as 35 jaar lank al bly, kom kuier. Lorrainne is self 'n gerekende sanger in Kanada en het in 2014 as liedjieskrywer-sanger die 2014 Montreal SOCAN-toeke...

Jan 19, 201743 min0

CALITZDORP SE MENSE deur Haidee Muller

Haide ry altyd deur Calitzdorp om by haar tuisdorp, Oudtshoorn, uit te kom. Sy het altyd gewonder oor die mense hier - wat hulle doen en wie hulle is? Sy maak toe 'n draai op die dorpie, wat onder inwoners as die Port-hoofstad bekendstaan. Ander verwys ook na die dorp as Kallieklip. Haidee het 'n hele paar mense se stories gehoor, en vertel vir ons meer van plaasboer Klokkie, die taxi-man met die rastalokke, Neale Coetzee, en 'n hele spul ander kleurryke mense wat op hierdie klein Karoordorpie w...

Jan 19, 201726 min0

AGTER DIE GORDYN deur Martin Headger

Ballet dateer so ver terug as die 15de eeu toe die Italiaanse adelstand mekaar wou beïndruk met uitspattige en oordadige partytjies. 'n Nuwe vorm van vermaak het begin toe 'n groep passies uitgevoer het, wat 'n swaardgeveg naboots. Dit het in die eeue daarna ontwikkel tot 'n klassieke kuns. Hierdie dansvorm is deesdae nie net klassiek nie - baie balletgeselskappe het moderne produksies in hulle repertoire, soos Joburg Ballet se jaarlikse Studio Soirees. Martin Headger het agter die gordyn gaan k...

Jan 12, 201730 min0

AS DIE KLOK LUI deur Esté Gross

Dit is gewoonlik op die onwaarskynlikste plek waar die grootste skat versteek is. Die Johannesburg Girls Preparatory School is in Berea, 'n armoedige deel van Johannesburg geleë. In weerwil van die gevaarlike omgewing en sommige leerders se moeilike huishoudelike omstandighede, palm die skool se koor gereeld goue medaljes in. Om alles te kroon sing hulle hoofsaaklik in hulle derde taal, Afrikaans. Maar dit gaan nie eintlik oor wen nie. Dit gaan oor trots. Oor toegewyde en passievolle onderwysers...

Jan 05, 201723 min0

MAMRÉ, ALTAAR VAN GOD deur Haidee Muller

Mamre in die Wes-Kaap is as 'n militêre veepos gestig om die Europese setlaars se vee te beskerm teen diefstal deur die inheemse bevolking. Die dorpie is in 1808 aan die Morawiese sendelinge oorgedra, wat 'n sendingstasie daar gebou het. Mamre se historiese geboue is vandag nasionale gedenkwaardighede. Haidee Muller het die besonderse dorpie en sy mense gaan ontmoet.

Sep 29, 201626 min0

’N BESOEK AAN DIE ELSIESRIVIER DAGHOSPITAAL deur Martelize Brink

Hulle bedien 'n gebied met 'n bevolking van 90,000 mense. Die 123 personeellede van die Elsiesrivier Daghospitaal het 'n groot taak om aan die gemeenskap se mediese behoeftes te voorsien. Die hospitaal is al langer as 40 jaar 'n baken van hoop vir mense wat mediese hulp benodig. Martelize Brink vertel van die lief en leed van die personeel van die daghospitaal en die mense van Elsiesrivier en omliggende gebiede wat die hospitaal besoek.

Sep 15, 201628 min0

OOM HANNES COETZEE: LEPEL EN SNAAR deur Johan Rademan

Oom Hannes Coetzee het die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp met sy unieke optel-en-knyp kitaarspeelstyl. Hy het in Amerika selfs meestersklasse aangebied by 'n glykitaar-byeenkoms. Die unieke lepel-en-snaar metode is ongekend in die wêreld. Wat min mense egter weet is dat hy ongeletterd is en nie kan lees of skryf nie. Hierdie program is 'n laaste poging van RSG om iets te verewig uit 'n geslag plaaswerkers wat ontneem is van skoling en blootstelling omdat die swerwersbestaan so u...

Sep 08, 201627 min0

HERRY DIE STRANDLOPER - OPPORTUNIS OF ONDERDRUKTE? deur Chris Swanepoel

Toe Jan van Riebeeck en sy volgelinge in April 1652 in die Kaap voet aan wal sit, is Herry en sy Strandlopers die eerste mense van Suid-Afrika met wie hulle kennis maak. En sommer al op 7 April 1652 word Herry deur Van Riebeeck op die Dromedaris onthaal. Hierna volg 'n rits gebeure wat daartoe lei dat Herry teen vergoeding as tolk vir Van Riebeeck optree in ruiltransaksies en onderhandelinge met die inheemse groepe aan die Kaap. Herry en sy volgelinge vermoor egter ook die Kompanjie se veewagter...

Sep 01, 201626 min0

SOPHIATOWN SE KUNSSKRIF TEEN DIE MUUR deur Jacqui January

Jacqui January besoek die museum in Sophiatown, Johannesburg, opsoek na die geskiedenis en oorsprong van die kuns en kultuur van die omgewing. Die ikoniese gebied se kultuurgeskiedenis strek wyer as die grense van Johannesburg tot diep in Afrika en Europa. 'n Hegte gemeenskap het rondom die kultuur van musiek, literatuur en die kerk ontstaan. Dis juis in die Anglikaanse kerk waar daar 'n lewens grootte kunswerk teen muur agter die altaar deur 'n non geskilder is… en dit is waar die storie begin.

Aug 25, 201624 min0

VONKE OP DIE PAD deur Fritz Klaaste

Die elektriese motor het diep in die harte van sy nuwe eienaars gekruip, maar vir die res van ons is dit nog 'n duur item, en baie vra word gevra oor die werking en volhoubaarheid van so 'n motor. Nuwe litiumbatterytegnologie het die reikafstande van die motor verbeter en daar word voortdurend nuwe navorsing hieroor gedoen. Dit maak van die elektriese motor die ideale alternatiewe vervoermiddel vir die nabye toekoms. Die realiteit is dat fossielbrandstof mettertyd uitgeput sal raak.

Aug 18, 201626 min0

LIDA VAN GROOTDERM deur Margot Luyt

Die veelbekroonde aktrise Lida Botha het die groot agt onlangs agter haar geplaas. Margot Luyt gesels met haar oor haar kleurvolle lewe en die interessante draaie wat sy die afgelope 80 jaar deur gelag het, want min mense kan lag soos Lida van Grootderm.

Aug 11, 201627 min0

LAG EN HUIL LÊ LANGS MEKAAR deur Ina Strydom

Die dramaturg en skrywer PG du Plessis sê 'n mens moet die mensdom in sy geheel 'n bietjie liefhê, anders kan jy nie skryf nie. Hy praat oor deernis en oor luister; oor mense en oor Fees van die Ongenooides. PG het op 14 Julie vanjaar 82 jaar oud geword.

Aug 04, 201628 min0

STAP SAAM DEUR DIE KAAP, DIE BO-KAAP deur Haidee Muller

Stap saam met Haidee Muller van Distrik Ses tot by die Bo-Kaap. Die kleurvolle Bo-Kaap was nog altyd 'n integrale deel van Suid-Afrika se geskiedenis, en vandag is dit steeds springlewendig. Haidee vertel van kos, kleur en kultuur van hierdie besonderse woonbuurt in die Kaap.

Jul 28, 201628 min0

COMART – KUNSTE WAT ’N VERSKIL MAAK deur Johan van Lill

Virginia Davids en haar man John het in 1997 die kunsteorganisasie Community Arts Association, beter bekend as ComArt, in Elsiesrivier in die Wes-Kaap gestig om deur die kunste 'n verskil in die lewens van talle mense van hierdie gemeenskap te maak.

Jul 21, 201628 min0

DIE VONDS IN DIE VULLIS deur Esté Gross

Hulle word skarrelaars, krappers, trolliemense en vullisrapers genoem. Navorsers beskou hierdie mense as 'n moeilik opspoorbare en definieerbare bevolkingsgroep. Dit is moeilik om hulle vas te pen, want hulle is nie een dag op dieselfde plek nie. Hulle verdwyn gou agter hulle trollies. Dit is ook moeilik om te sê hoeveel mense werklik so 'n bestaan maak. Hulle is die armstes van die armstes, maar speel 'n baie belangrike rol in die samelewing. Hierdie is 'n storie van 'n groep vullisherwinnaars ...

Jul 14, 201625 min0

DIE WÊRELD VIR 'N GLIMLAG deur Christelle van Tonder

Cristelle van Tonder was 'n week lank in Madagaskar saam met die liefdadigheidsorganisasie, Operation Smile. Dit is 'n groep vrywilligers van dwarsoor die wêreld wat mense met haaslippe en gesplete verhemeltes opereer.

Jul 07, 201628 min0

JOHAAR MOSAVAL deur Johan van Lill

Johaar Mosaval is een van Suid-Afrika se bekendste en roemrykste balletdansers wat Suid-Afrika opgelewer het. Johan van Lill leer die legendariese ikoon van nader ken.

Mar 31, 201624 min0

DIE DROOM ROL VOORT deur Johan Rademan

Rohan Vos bedryf een van die 25 luuksste treine ter wêreld. In 1986 nooi 'n vriend hom na die Stoombewaringsvereniging waar die treingogga hom byt. Dertig jaar later het hy deur dik en dun die toerismebedryf baasgeraak, en 'n deel van Capital Park in Pretoria gekoop, waar hy vandag 'n werkende stoomtreinstasie en 'n museum het.

Mar 24, 201628 min0

AGTER DIE GORDYN deur Johan van Lill

Hoor alles wat agter die verhoog gebeur tydens 'n produksie, soos hoe die spesiale effekte geskep word en hoe daar afgetel word tot die gordyn oopgaan.

Mar 03, 201629 min0

WENDUIF deur Chris Swanepoel

Wat maak van 'n wedvlugduif 'n wenner? Chris Swanepoel kyk na watter eienskappe só 'n duif moet beskik, en hoe 'n mens 'n duif voorberei om 'n wenner te wees.

Feb 25, 201629 min0

VERBLEIKTE FOTO'S deur Fritz Klaaste

Namate ons ouer word, verklein ons fisiese leefwêreld tot in so mate dat baie mense alleen en eensaam is. Niemand stel belang in hulle nie, en al wat hulle het is herinneringe en 'n paar verbleikte foto's. Fritz Klaaste vertel die stories van 'n paar bejaarde mense en hulle foto's.

Feb 18, 201623 min0

MARTELAAR MANCHE MASEMOLA deur Jacqui January

Manche is in 1913 gebore in 'n gehuggie in die landelike deel naby Polokwane in Limpopo. Sy was 'n toegewyde Christen en het saam met Duitse en Engelse sendelinge gewerk. Haar mense het hulle geloof streng volgens tradisionele gebruike beoefen. Op 4 Februarie 1928, toe sy 15 jaar oud is, het haar ouers haar dood gemaak weens haar geloofsoortuigings, en op afgeleë koppie begrawe. Sy is tot martelaar deur die Anglikaanse kerk verklaar. Sy is een van tien martelaars van die 20ste eeu, wie se standb...

Feb 04, 201624 min0

TARKA SE MENSE deur Haidee Muller

Tarka is een van die oudste woongebiede in Mosselbaai. Haidee Muller het Tarka en sy mense se kleurryke geskiedenis gaan uitkrap, en met van die buurt se oudste inwoners, gemeenskapsmense en kenners gesels. Oom Abie Daniels was bekend vir sy langarm-dansmusiek as die saksofoonspeler van die gewilde Bay Jazz-orkes. Haidee het 'n ou langspeelplaat van die groep by Oom Abie gekry en daai langarm-musiek ingesluit in hierdie hoorbeeld.

Jan 28, 201629 min0

KYK IN MY OË deur Esté Gross

Katarakke is die oorsaak van ongeveer 50% van mense wat hulle sig verloor in Suid-Afrika. Alhoewel daar talle oorsake is vir die vorming van katarakke, is dit hoofsaaklik ouderdomverwant. Teen die ouderdom van 80 sal meer as die helfte van Amerikaners al 'n katarakoperasie ondergaan het. Die kanse is dus goed dat jy een of ander tyd met 'n katarak te doen kan kry, maar dansky tegnologie kan dit vandag vinnig, maklik en pynloos verwyder word.

Jan 14, 201626 min0

MISDAAD IN DIEPSLOOT deur Mia Malan en Darren Taylor

Diepsloot was in 2008 internasionaal in die kollig toe buitelanders daar brutaal vermoor is in xenofobiese aanvalle. Ná die voorvalle het die regering onderneem om hierdie groot township, in die noorde van Johannesburg, te ontwikkel. Maar, terwyl 'n paar opgraderings wel gedoen is, bly Diepsloot 'n plek van armoede, intense wanhoop, gewelddadige misdaad, siekte en dood. Mia Malan en Darren Taylor neem jou na die hart van Diepsloot - 'n plek wat al dikwels as een van Suid-Afrika se gevaarlikste g...

Jan 07, 201618 min0
Hosted on Omny Studio
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android