RSG Dokumentêr - podcast cover

RSG Dokumentêr

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

MADGE DIE SONNEBLOM deur Haidee Muller

Madge du Preez is 'n 65-jarige sakevrou, skrywer en nasiebouer. Sy is alombekend as Madge die Sonneblom. Sy is passievol oor die onderwys, en skryf die mooiste gedigte. Madge het pas afgetree by UWK waar sy by studente-ondersteuning betrokke was. Sy maak hart oop teenoor Haidee Muller.

Feb 26, 201524 min0

'N LEWE SUID VAN MARKSTRAAT deur Martelize Brink

'n Hegte Wellington-gemeenskap is in die jare sestig uitmekaargeruk deur gedwonge verskuiwings. Veertig jaar later kry oorlewendes die geleentheid om die gemeenskap se vreugde te vier. Mense soos die 89-jarige Tannie Madge Isaacs vertel hoe die uitsetttingsbevel hulle lewens beïnvloed het.

Feb 19, 201529 min0

GOUDSTAD EKSENTRIEK deur Mia Malan en Darren Taylor

Johannesburg - Afrika se ekonomiese middelpunt, en 'n stad wat 'n tuiste is vir duisende mense wat van suksesvolle sakeondernemings droom. Min van die ontluikende entrepreneurs vind egter hulle fortuin in die sakewêreld, wat toenemend kompeterend en ongenaakbaar kan wees. Daar is 'n paar besighede wat dit durf waag het om dinge anders te doen, en hulle is besig om die vrugte van hulle waagmoed te pluk. Mia Malan en Darren Taylor het 'n paar eksentrieke ondernemings in Johannesburg besoek.

Feb 05, 201521 min0

TWEEDE TUISTE deur Mari Hudson

Meer as 3 000 Suid-Afrikaners wag op die oomblik op 'n nieroorplanting, en ondergaan dialise terwyl hulle wag. Hulle bestee so baie tyd in 'n dialise-eenheid dat dit hulle tweede tuiste word. Ontmoet die “gaste” en “gashere'” van Tygerberg Hospitaal se dialise-eenheid. Van die personeel werk al langer as 25 jaar by die eenheid, waar die pasiënte 'familie' word.

Jan 29, 201527 min0

OOM JOHNNY PETERS deur Haidee Muller

Hierdie besonderse oudbode en fabriekswerker van die Kaapse Vlakte het sy skreeusnaakse gedigte en lewensverhaal in die geselskap van sy hartsmense, met Haidee Muller gedeel.

Jan 15, 201523 min0

'N STUKKENDE VENSTER deur Este Gross

Wat is graffiti? Kan dit hoop gee langs 'n stukkende venster? Graffiti-kunstenaars gesels oor mense se wanpersepsies van die kunsvorm, en hoe dit besig is om te verander.

Dec 31, 201424 min0

ROBBENEILAND: SIMBOOL VAN DEMOKRASIE deur Johan Rademan

Die eiland se geskiedenis strek 450 miljoen jaar terug, aldus die ekoloog Dave Pepler. Willem Steenkamp, kenner van die vroeë Kaapse militêre geskiedenis, stel die vergete broederbende uit 1807 opnuut aan ons bekend. Shakespeare se rol tydens die mees onlangse poltikieke aanhoudings word onder die loep geneem deur prof. Julian Smith van die Universiteit van Stellenbosch. Eerwaarde Lionel Louw praat oor die geestelike belewenis in mense se gemoed wat die eiland wek ,soos die vergelyking van Johan...

Sep 25, 201425 min0

KUIER BY ZANTA deur Wynand Dreyer

Zanta Hofmeyr word gereken as een van die beste violiste wat Suid-Afrika nog opgelewer het. Sy hou steeds uitvoerings hier en in die buiteland. Sy is ook professor in musiek by twee universiteite. Sy kom uit 'n merkwaardige gesin van agt kinders en almal is musikaal. Zanta Hofmeyr se lewe word gedefinieër deur musiek.

Sep 18, 201426 min0

DIE TEGNO-KIND deur Jacqui January

Daar is lank geglo dat swak afstandvisie hoofsaaklik oorerflik is. Onlangse navorsing wys egter dat te veel ure wat op tegnologiese toestelle soos slimfone en tabletrekenaars gespandeer word, ook 'n sondebok is. Tegnologie is die nuwe babawagter, sê 'n oogarts. Jacqui January kyk na die probleme wat jong kinders ervaar as gevolg van te veel blootstelling aan tegnologie te vroeg in hulle lewe.

Sep 11, 201428 min0
Hosted on Omny Studio
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android