Die Podlitiek span kyk hierdie week na Herman Mashaba wat soos ‘n feniks ‘n politiekeloopbaan probeer herbou, die IMF wat swak ekonomiese groei vir Suid-Afrika voorspel asook die groot oproep oor ‘n trou venue in die Wes-Kaap wat selektiewe diens verskaf. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyurl.com/y6mfuc5f Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/cha...
Jan 22, 2020•29 min
Podlitiek is terug met hulle eerste episode van 2020! Die span kyk tydens hierdie episode na die grootste nuus van die nuwe jaar, alles van ANC verjaarsdagkoek tot die groot ontwikkelings in die Midde-Ooste die afgelope twee weke. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyurl.com/y6mfuc5f Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877 Podlitiek ...
Jan 15, 2020•33 min
Die vier manne van Podlitiek het vir oulaas in 2019 bymekaar gekom om ‘n lekker informele uurlange spesiale episode vir jou te bring. Met ‘n glas wyn in die hand en ‘n vuurtjie wat buite knetter gesels Paul, Hermann, Ernst en Daniël oor sosiale media, Trump, identiteitspolitiek en nog soveel meer. Die uur gesprek gee vir die vier vegters vir vryheid die geleentheid om dieper te delf in die onderwerpe in. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Po...
Dec 20, 2019•1 hr 1 min
In hierdie uurlange episode kyk Podlitiek se vier aanbieders terug op 2019 en die vier grootste nuusstories van die jaar. Die span bespreek die 2019 verkiesing en die uitval wat gevolg het, Suid-Afrikaanse staatsinstellings wat sukkelend aan die lewe bly en die grootste hofsake wat die reg tot vryheid van spraak die jaar verander en ontwikkel het. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Pod...
Dec 17, 2019•1 hr 4 min
Na ‘n propvol nuusweek is die Podlitiek-span terug met ‘n blitskommentaar oor die afgelope week se gebeure. Die episode sit die kruistog teen feitefoute en politieke korrektheid voort en gesels oor die Hoogste Hof van Appel se haatspraak uitspraak, die warboel by Krieket Suid-Afrika en die nuuste verwikkelinge oor datapryse in Suid-Afrika. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek o...
Dec 04, 2019•33 min
In die volgende episode van hul onderhoudreeks gesels Podlitiek met André (Onrehabiliteerbare Afrikaner), sosiale media aktivis en trotse Afrikaner. Ernst van Zyl, Daniël Eloff en Hermann Pretorius het met André in die ateljee gesels oor sy beplande motorfietstoer deur die Noord-Kaap vir droogte bewusmaking, asook die impak van sosiale media in Suid-Afrika. Volg vir Andre se projek: YouTube: https://tinyurl.com/u6bdfrg Twitter: https://twitter.com/Andre_Ronin Vir meer Podlitiek inhoud teken in o...
Nov 28, 2019•23 min
Soos die SAL, vlieg Podlitiek weer - die verskil is natuurlik dat Podlitiek nie vir agt dae lank immobiel was nie, en dat Podlitiek nie verlede jaar ‘n verlies van meer as vyf miljard rand getoon het nie. Hierdie week bespreek die viermanskap van Podlitiek ‘n paar nuusgebeure wat Suid-Afrikaners se koerante en nuustoepassings oorheers het. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek o...
Nov 26, 2019•28 min
Terwyl vele Suid-Afrikaners oor die hele land by ons land se lughawens vas sit te danke aan die twee groot SAL stakings, is Podlitiek daar vir sy luisteraars om die wag by die lughawe met pret vinnig te verwyl. In hierdie episode kyk die Podlitiek-span na Eskom se nuwe hoof, Mmusi Maimane se gerugte nuwe politieke party asook die onstuimighede by SAL. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple...
Nov 19, 2019•31 min
Soos wat die jaar ‘n aftreeouderdom bereik, en die pers bloeiseltjies in Pretoria eerder onder die boom lê, as aan hulle hang, besef Podlitiek dat die rus nogsteeds maar min is vir die Suid-Afrikaanse nuusleser. Hierdie week is ‘n volbank van Podlitiek se viermanskap teenwoordig, en die stories waarna hulle kyk is die bomdreigemente wat die EFF gemaak het, die verkwisting van geld deur Panyaza Lesufi se departement in Gauteng, en die privaatvervolging van die moordenaars van Bafana ster Senzo Me...
Nov 12, 2019•31 min
Min dinge het Suid-Afrika in die verlede so verenig soos sukses in ‘n rugby wêreldbeker. Die suksesmoment in 1995 het selfs ‘n film ontlok, en word vandag nog as een van die motoriese momente in ons land se bestaan gevier. Met nog so ‘n geleentheid wat Suid-Afrika die afgelope week te beurt geval het, kyk Podlitiek na die gemengde reaksies op hierdie, en ander nuusgebeure. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tiny...
Nov 07, 2019•31 min
In die volgende episode van hul onderhoudreeks gesels Podlitiek met Waldimar Pelser, Hoofredakteur van die Rapport Sondagkoerant sedert 2013, en aanbieder van Kyknet Verslag - In Gesprek. Saam met Waldimar in die ateljee is Paul Maritz en Ernst van Zyl, en die drie gesels oor die media, die ontwikkeling en toekoms van die media. Die gesprek maak ook ‘n draai by Waldimar se nuwe boek: In gesprek met Waldimar – 100 beste ontledings, inleidings, en beledigings. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op...
Oct 31, 2019•47 min
Na ‘n welverdiende breukie verlede week is die span van Podlitiek terug om die nasionale en internasionale politiek so ‘n klein bietjie vir die luisteraar te ontnonsens. In die ateljee is Ernst van Zyl en Paul Maritz, en hierdie week word oudergewoonte oor Panyaza Lesufi gekla, ondersoek word ook ingestel oor wat tans by SASOL aangaan, en berig word gegee oor die dood van ISIS se leier, Abu Bakr Al-Bagdadhi. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie...
Oct 30, 2019•22 min
Soos Pretoria in Jakaranda-bloeisels bedek word, gee die Podlitiek-span ‘n blikkie oor ‘n ander tipe pers, wanneer hulle hierdie week se nuus stories oorweeg, bespreek, en analiseer. Vandag kom die Konstitusionele Hof se uitsprake oor taal aan die Universiteit van Stellenbosch ter sprake, sowel as President Cyril Ramaphosa se ommekeer oor Eskom. Daar word ook vlugtig gekyk na die VSA se besluit om die Gupta-broers te swartlys, en die rol wat die internasionale sektor in hedenaagse politiek speel...
Oct 15, 2019•33 min
Podlitiek bring hierdie week vir jou die nuus uit die perd se bek uit. Podlitiek aanbieder het die afgelope twee weke opslae gemaak in die media met opiniestukke in die nuus en sosiale media. Ons bespreek die effek wat dit op die DA het asook die SA Menseregtekommissie se saak teen Springbok slot Eben Etzebeth. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyurl.c...
Oct 09, 2019•27 min
Die Podlitiek-span oorweeg hierdie week om hul besigheidsbedrywighede uit te brei na industriële krag handeseep toe - juis omdat daar werklik geen skoon hande in die Suid-Afrikaanse politiek oor is nie. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyurl.com/y6mfuc5f Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877 Podlitiek op SoundCloud ► https://soun...
Oct 03, 2019•26 min
Podlitiek is terug met 'n lekker vol episode. Ons bespreek Lesufi, 'n moontlike DA herlewing, die Grondwetlikehof se uitspraak oor lyfstraf en Greta Thunberg. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyurl.com/y6mfuc5f Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877 Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiek Podlitiek op ...
Sep 25, 2019•33 min
In hierdie week se episode kyk Paul Maritz, Ernst van Zyl en Daniël Eloff na Mnr Panyaza Lesufi standpunt oor privaat onderwys instansies, Julius Malema se nuutste sosiale media oproer asook die nuutste misdaadsyfers in Suid-Afrika. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyurl.com/y6mfuc5f Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877 Podlitie...
Sep 18, 2019•23 min
Hierdie week se nuus is gedomineer deur een sentrale tema: Afrika. Hetsy dit gegaan het oor sy ekonomie, sy mense, of sy stabiliteit, hierdie landkolossus wat ons ons tuiste noem, gaan gebuk onder groot vraagstukke. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyurl.com/y6mfuc5f Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877 Podlitiek op SoundCloud ►...
Sep 11, 2019•26 min
Met die hutsteken #SouthAfricaShutDown wat die rondte op sosiale media doen, het Podlitiek dit goed gedink om nie, soos ons moederland, hals oor kop by nog ‘n week se bespreking van nuus en gebeur in te boender. Hierdie week is Paul Maritz en Hermann Pretorius aan die woord met ‘n vars insig op die nuutste plaaslike en internasionale opspraakwekkendhede. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekap...
Sep 05, 2019•25 min
Die volle Podlitiekspan is terug met 'n lekker groot episode. Ons bespreek sosialisme wat al nader kruip, die IVP se verwerping daarvan asook die stryd vir vryhede in Suid-Afrika. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyurl.com/y6mfuc5f Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877 Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-po...
Aug 28, 2019•34 min
Soos Sylvester Stallone in elke Rocky-film, is Podlitiek hierdie week terug vir nog ‘n rondte in die ring. Hierdie week is Paul Maritz, Hermann Pretorius, en Ernst van Zyl agter die mikrofone, met die nuutste plaaslike en internasionale nuus en kommentaar. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyurl.com/y6mfuc5f Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch...
Aug 21, 2019•27 min
Hierdie week is dit agttien maande sedert Cyril Ramaphosa ingehuldig is as president. Tydens hierdie episode word daar gekyk na Ramaphosa se presidensie en waar hy misluk het en twee spesifieke gevalle waar hy goeie aanstellings gemaak het. Daar word ook gefokus op die betogings in Hong Kong en wat dit in die breër geo-politieke vir die wêreld beteken. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekappl...
Aug 13, 2019•28 min
Die Amerikaanse outeur Simon Sinek het eenkeer gesê dat meer inligting onder alle omstandighede beter is as minder inligting - juis om die rede van meer inligting, en beter begrip van die beskikbare inligting, is Podlitiek ‘n bietjie meer as ‘n jaar gelede op die been gebring. Hier word braaivleisgesprekke oor die land, sy nuus, en sy politiek maklik en lekker gemaak, met vier jong stemme wat saamstem en verskil oor alles en nog wat. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy ...
Aug 07, 2019•30 min
In hierdie week se episode kyk Ernst van Zyl, Hermann Pretorius en Paul Maritz na die nuuste nuusgebeure van die afgelope week. Die kollig word geplaas op die nuwe verslag deur die raadgewende kommittee op grondhervorming, die ANC se interne stryde wat al duideliker word asook Helen Zille wat by die IRV aangesluit het. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://t...
Jul 30, 2019•25 min
Vandag in die ateljee is Hermann Pretorius, Paul Maritz en Daniël Eloff, en die span bespreek die afgelope week se grootste nuusgebeure. In hierdie episode word daar gekyk na die omstredenheid rakende die magdom gebeure waar die Openbare Beskermer betrokke is, Floyd Shivambu se beweerde ontmoeting met Johan Rupert asook Johnny Clegg se afsterwe. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podli...
Jul 24, 2019•28 min
In die gees van Nelson Mandela dag het die Podlitiek-span 25 minute van hul 67 minute van gemeenskapsdiens toegewy om vir jou die afgelope week se nuutste nuus te bring. In hierdie episode kyk Paul, Ernst en Daniël na die ontplooiing van die weermag in die Kaapsevlakte, oud-president Zuma se getuienis by die Zondo-kommissie en laastens word die nalatenskap van Nelson Mandela onder die vergrootglas geplaas. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! ...
Jul 17, 2019•26 min
Soos wat skole en universiteite heropen, blyk dit vir die Podlitiek-span asof die Suid-Afrikaanse nuussiklus ook uit sy effense hibernasie ontwaak het, en soos ‘n honger beer die strate van Suid-Afrika op en af loop op soek na iets om te verorber. Gelukkig was daar hierdie afgelope week ‘n paar werklik sappige stories, wat vertel en gesels nodig gehad het. Vrees nie, Podlitiek-luisteraar - alle sappige stories word inderdaad in diepte bespreek. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaa...
Jul 10, 2019•28 min
In ‘n nuusweek wat oorheers is deur internasionale stories soos die G20 en President Dondald Trump van die VSA se besoek aan Noord Korea, gaan vind die Podlitiek-span die stories wat in die krake weggesteek word, en van die voorblaaie weggehou word. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyurl.com/y6mfuc5f Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/i...
Jul 03, 2019•29 min
In hierdie episode gaan ons bietjie agter die skerms by Podlitiek en voer 'n lekker informele gesprek oor Afrikaans en die onderwys, die rol van alternatiewe media asook die toekoms van ons jeug in Suid-Afrika. Skakel in om na hierdie lekker sitkamergesprek te luister. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyurl.com/y6mfuc5f Podlitiek op Castbox ► https://...
Jul 01, 2019•42 min
Daar is, na oorlewering, ‘n Chinese groet wat lui: “mag jy in interessante tye leef” - of dit ‘n seëngroet of ‘n vloekgroet is, sal die ontvanger maar self moet bepaal. Dit kom hierdie week weer duidelik na vore dat Suid-Afrikaners tans in interessante tye leef. In hierdie episode kyk die span na die onlangse staatsrede, Phumzile van Damme se Twitter uitbarsting asook die Openbare Beskermer se voortdurende stryd met Cyril Ramaphosa. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy n...
Jun 26, 2019•22 min