Podlitiek - podcast cover

Podlitiek

Podmediawww.spreaker.com
Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans.

Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube.

Met trots aan u gebring deur Podmedia.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Ken jou geskiedenis_ met Prof Fransjohan Pretorius

Podlitiek spring weg met 'n splinternuwe onderhoudreeks! Louis en Arno gesels met Prof Fransjohan Pretorius oor die waarde daarvan om jou geskiedenis te ken. Hy deel ook 'n interessante staaltjie of twee uit die Afrikaner se geskiedenis. Verskoon die swak klankgehalte. (Ons maak maar asof ons doelbewus van ou tegnologie gebruik gemaak het vir die geskiedenis-episode.) Podlitiek word aangebied deur: Louis Boshoff Arno Roodt Ernst van Zyl

Jun 24, 202552 min

Ep. 271 - Ramaphosa by die G7 en SEB verwoes lewens

In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor Ramaphosa se besoek aan die G7 beraad en Solidariteit en die Vryemarkstigting se onlangse verslag oor SEB-rassewetgewing. Podlitiek word aangebied deur: Ernst van Zyl Louis Boshoff Arno Roodt

Jun 18, 202521 min

Ep. 270 - Podlitieke dialoog oor die beoogde dialoog _en nommerplate_

In hierdie episode gesels Louis en Arno oor die ANC monoloog wat voorlê (en verpak word as nasionale dialoog). Die plofbare onderwerp oor plofbare Gautengse nommerplate word ook aangeroer. Podlitiek word aangebied deur: Ernst van Zyl Louis Boshoff Arno Roodt

Jun 11, 202531 min

Ep. 269 - Bestuurslisensies wat agter raak en Cyril wat uit twee monde praat

In hierdie episode gesels Ernst, Arno en Louis oor die agterstand in die uitreik van bestuurslisensiekaarte. Hoe kan dit so moeilik wees om een nuwe drukker te kry? Intussen sing Pres Cyril Ramaphosa 'n heel ander deuntjie in Suid-Afrika as toe hy in Amerika was. Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt

Jun 04, 202524 min

Ep. 268 - Die hinderlaag in die Withuis

In hierdie episode gesels Louis en Arno oor gister se ontmoeting tussen Trump en Ramaphosa, plus 'n paar plaaslike nuusbrokkies aan die einde. Wie was die wenner? En hoekom Trump? Wat gaan die gevolge van die gesprek wees? Podlitiek word aangebied deur Ernst van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt

May 22, 202539 min

Ep. 267 - Vlugtelingstatus waaroor die linkses kwaad is

Vandag bespreek Ernst, Louis en Arno die plofbare vlugtelingstatus-onderwerp. Is Trump reg om aan Afrikaners vlugtelingstatus te verleen? Gaan die Podlitiekers self Amerika toe? Hoe lyk die toekoms van die Afrikaners (dié wat bly en die wat gly)? Podlitiek word aangebied deur: Ernst van Zyl Louis Boshoff Arno Roodt

May 15, 202524 min

Ep. 266 - Nog n News24 flater en Pretoria het net 5 slaggate

In vandag se episode bespreek Louis en Arno News24 se skreiende optrede teenoor Basjan Jooste, die bestuurder van die beroemde Twatterbaas-profiel op X (Twitter). Daarna gesels hulle oor die burgemeester van die Tshwane Metro, Nasiphi Moya, se uitlatings oor slaggate in die stad. Podlitiek word aangebied deur Erns van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt.

May 07, 202527 min

Ep. 262 - Regsektor-rasregulasies uitgedaag in hof, Stilfontein situasie lyk rof

In die eerste episode van 2025, ontnonens Ernst en Louis die internasionale regsfirma Norton Rose Fulbright se saak teen die regering se nuutste rasregulasies in die regsektor, asook die dodelike stand van sake wat onwettige mynwerkers betref in Stilfontein. Podlitiek is ook op iTunes, Spotify, Twitter, Facebook, Telegram en meer.

Jan 17, 202527 min

Geloftedag en die Voortrekkers se sabbatsbeskouing - Feesrede by Leeubos Geloftefees 2024 - Louis Boshoff

Wat is die oorspronklike bewoording van die Bloedriviergelofte? Hoe het ons gekom by die Afrikaanse weergawe wat vandag gebruik word? Moet ons Geloftedag regtig soos 'n sabbat deurbring? Wat presies het die Voortrekkers bedoel as hulle van 'n sabbat gepraat het? Louis Boshoff gaan delf in die oorspronklike bronne om hierdie vrae te beantwoord en deel 'n paar tydlose lesse uit die Voortrekkers se sabbatsbeskouing.

Dec 17, 202428 min

Ep. 258 - Kroeg wen saak oor vals rassisme klagtes, ramptoestand oor spaza-winkel verdagtes

In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die hooggeregshof in Kaapstad wat beveel het dat Christopher Logan, wat vir Hank's Olde Irish-kroeg valslik van rassistiese gedrag beskuldig het in 2022, altesaam R1,25 miljoen se skadevergoeding moet opdok, asook die regering wat 'n ramptoestand verklaar oor spaza-winkels se produkte wat mense vergiftig. Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

Nov 23, 202430 min

Ep. 255 - AfriForum gaan aanhou grassny en Gautengers wat onder dalende lewenskwaliteit ly

In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor AfriForum wat rug styf maak nadat die EFF aandui dat dit 'n mosie wil kanselleer wat die Tshwane-metro met AfriForum onderteken het, asook 'n nuwe meningspeiling wat aandui dat die inwoners van Gautengers se lewensstandaard aanhou daal. Skakel na die verslag bespreek in die episode: Quality of Life Survey 7 (2023/24) | GCRO www.belaprotes.co.za Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk...

Oct 24, 202417 min

Ep. 252 - AfriForum kap vir OKOSA oor Starlink, Ramaphosa moet twee keer oor BELA wet dink

In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor AfriForum wat vir OKOSA se rassekriteria uitdaag wat vestiging van Starlink in Suid-Afrika dwarsboom, asook President Ramaphosa wat blykbaar etlike dae weg is van die BELA wetsontwerp teken en wet maak. Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

Sep 12, 202424 min

Ep. 251 - Roman Cabanac in die visier, Telegram-baas agter tronkmuur, Didiza vir Steenhuisen suur

In hierdie episode gesels Ernst, Louis en Frederik oor die "skandaal" rondom John Steenhuisen se nuutste aanstelling as stafhoof, Roman Cabanac, die arrestasie in Frankryk van sosiale media platform Telegram se uitvoerende hoof, Pavel Durov, asook die voormalige minister van landbou wat haar opvolger kritiseer vir sy uitsprake oor wangedrag in die departement. Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

Sep 12, 202433 min

Ep. 250 - Dricus du Plessis weet wat ons weet en AfriForum kry vir NERSA beet

In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die middelgewigkampioen, Dricus Du Plessis se eerste suksesvolle titelverdediging met 'n oorwinning oor Israel Adesanya, asook AfriForum wat vir NERSA geklop het in die hof oor kragtariewe. Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

Aug 22, 202423 min

Ep. 249 - EFF se Floyd Shivambu bedank en MRK se magte deur hof vermank

In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Floyd Shivambu wat aangekondig het dat hy bedank as adjunkpresident van die EFF en as lid van die party, asook die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se verloor in 'n hofsaak rakende hulle magte. Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.

Aug 16, 202421 min

Ep. 247 - Verkiesing statisties bekyk en ou video's wat rassisties lyk

In hierdie video gesels Louis en Frederik oor Gareth van Onselen se navorsing oor die rasseverdeling van verskillende partye se steun, sowel as die beskuldigings van rassisme teen Renaldo Gouws, Ian Cameron en Andile Mngxitama en of hierdie drie gevalle enigsins dieselfde is. Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.

Jun 27, 202430 min

Ep. 245 - 2024 verkiesingsuitslae ontleding

In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Suid-Afrika se 2024 verkiesingsuitslae. Wie was die wenners en verloorders, en wat moet ons te wagte wees rakende die samestelling van die nuwe regering.

Jun 07, 202431 min
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android