Suid-Afrika het verlede jaar die eerste keer kennis geneem van die bruin hings met die unieke naam, Kommetdieding, toe hy eerste oor die wenstreep in die Durban July-perdewedren gestorm het. Daarna het nog seges gevolg, wat sy eienaar Ashwin Reynolds ‘n oorwinning ‘vir die mense’ noem. G’n wonder Kommetdieding, staan plaaslik bekend as 'die mense se perd' nie. Reynolds sê dis hoogtyd dat meer landsburgers betrokke raak by perdesport, en nie net die elite nie.
Mar 11, 2022•13 min•Ep. 50
Die Russiese inval in Oekraïne verlede week oorheers steeds wêreldwyd die hoofopskrifte. Hoe dan anders? Dit is die grootste aanval van een land op ‘n ander in Europa sedert die Tweede Wêreldoorlog. Maar baie mense weet steeds nie régtig waaroor dit gaan nie. Wat soek Rusland in Oekraïne? Wanneer het die konflik begin? Is dit oorlog? En hoe eindig dit? Mia Spies het vir prof. Jo-Ansie van Wyk, hoogleraar in Internasionale Politiek verbonde aan Unisa gevra.
Mar 04, 2022•17 min•Ep. 49
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word verva...
Feb 25, 2022•14 min•Ep. 48
Dis volgende week twee jaar sedert die eerste geval van Covid-19 in Suid-Afrika aangemeld is, en verlede week was dit een jaar gelede wat die eerste Suid-Afrikaner teen Covid-19 ingeënt is. Beteken dit die ergste is agter ons? Is 2022 die jaar wat Covid endemies word? Wat as daar ‘n gevaarlike nuwe variant kop uitsteek? En hoe lyk ‘n post-pandemiese wêreld? Vir antwoorde op hierdie vrae sluit dr. Jantjie Taljaard, die hoof van infeksiesiektes van die Tygerberg-hospitaal by my aan.
Feb 25, 2022•23 min•Ep. 47
Dit voel deesdae of al hoe meer mense koers kies landuit, en die wat nie emigreer nie semigreer Wes-Kaap toe. Die vraag is: Is die Kaap se gras groener? Wat is die stand van infrastruktuur in die provinsie? Is daar genoeg werksgeleenthede? En watter groot planne voer provinsiale owerhede in die mou? Daar is baie vrae, ek het by die persoon aan stuur van sake in die Wes-Kaap premier Alan Winde gaan aanklop vir antwoorde nadat hy sy provinsiale rede gelewer het.
Feb 18, 2022•23 min•Ep. 46
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word verva...
Feb 11, 2022•31 min•Ep. 45
Zondo-verslag wys Transnet was 'episentrum' van staatskaping; Onderhoude vir nuwe hoofregter die week gehou; Magashule loop nóg 'n bloutjie by die hof; ‘n Donker naweek lê voor nadat Eskom beurtkrag implementeer; Vlak 1-maatreëls verslap; Dlamini-Zuma sê wanneer ramptoestand opgehef word; Masjien wat lisensiekaarte vervaardig werk weer; SA se 1ste digitale sensus begin; Stadsaal oopgesluit vir staatsrede; én Koningin Elizabeth heers 70 jaar.
Feb 04, 2022•11 min•Ep. 44
Onderwysdepartement bevestig bevelsraad bekyk regulasies vir skole; Twee maande sonder beurtkrag, maar risiko steeds daar, waarsku Eskom; Parlement én Openbare Beskermer gaan uitgelekte klankopname van pres. Cyril Ramaphosa ondersoek, Polisie loods ondersoek na geskorste W-Kaap LUR Albert Fritz; Rentekoers weer verhoog; Vroue kan nou tot 55 mev. SA kroon dra; én Tropiese storm Ana eis tientalle lewens op die vasteland.
Jan 28, 2022•8 min•Ep. 43
Die 2021-matriekklas behaal slaagsyfer van 76,4%; Matriekuitslae nou op mediaplatforms beskikbaar…ná hofuitspraak; Skole in die kusprovinsies heropen maar volg steeds roterende rooster; Feestyd-padsterftes styg met 14%; Oorstromings tot nasionale ramp verklaar; Vermeende parlement-brandstiger verlaat Valkenberg; Sisulu sê nie jammer oor omstrede meningstuk, ondanks presidensie-verklaring; Aanleg vir entstof-vervaardiging in Kaapstad én ken jy die Malawiese treffer Linny Who?! Miljoene TikTok-geb...
Jan 21, 2022•11 min•Ep. 42
Hof verklaar Aarto-strafpuntstelsel vir motoriste ongrondwetlik; Skole in binnelandse provinsies heropen, maar honderde leerlinge nog nie geplaas nie; 2021-Matriekuitslae oor ‘n week bekend, maar nie in die media nie; Vermeende parlement-brandstigter gestuur vir psigiatriese waarneming; Zondo kap Sisulu oor haar meningstuk wat ‘regters en die grondwet beledig’; Prins Andrew verloor sy militêre titels oor seksskandaal én Plaaslik vervaardigde nanosatelliete lanseer om SA se kusgebied te monitor....
Jan 14, 2022•11 min•Ep. 41
Nuwe Covid-gevalle styg skerp; Ramptoestand verleng tot 15 Januarie; Versterkingsdosis van Pfizer-entstof goedgekeur vir SA; Kinders bo 12 mag opvolgdosis kry; Wetsontwerp misluk om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak; Vervolgingsgesag sê daar is g’n krisis by die NVG nie; Staatskapingsverslag 1 Januarie op president se lessenaar; Oudpres. FW de Klerk kry staatsroudiens die naweek; Vind uit wat Suid-Afrikaners die meeste Google in 2021, én Trompsburg kinders bekoor met Johnny Cash...
Dec 10, 2021•14 min•Ep. 40
SA beweeg in 4de vlaag van infeksies ná skerp styging in nuwe gevalle; President Cyril Ramaphosa kap lande wat grense vir SA sluit; Vroeë aanduidings wys dat inenting doeltreffend teen Omicron-variant is; Matrieks se Ballito en Plett samekomste afgestel; Werkloosheid styg in 3de kwartaal tot nuwe rekord; Fort Hare-regstudent se moordenaar sit 25 jaar; Departement van energie begaan petrolprysflater; Barbados verbreek bande met die Britse troon én Stormweernaweek verwag.
Dec 03, 2021•9 min•Ep. 39
In ‘n neutedop: Nuwe variant van koronavirus, bekend as B.1.1.529, in SA, Botswana en Hong Kong waargeneem; Suider-Afrika terug op Brittanje se reisrooilys; Kabinet waarsku oor kinderontvoerings; DA burgemeesters verkies in drie Gautengse metro's; President sê ANC-regering sal koalisieregerings steun; Planne om Eskom op te deel vorder; Polisie gereed ná dreigemente oor KZN-onluste op Swart Vrydag; Rassie laat vaar appèl teen Wêreldrugby; Noord-Korea gee doodstraf oor Squid Game en Weerdiens waar...
Nov 26, 2021•11 min•Ep. 38
Beurtkrag is die week ingestel weens enorme druk op die kragnetwerk; Repokoers styg die eerste keer in 3 jaar; Kortlys vir die amp van hoofregter bekend gemaak; Kaapstad se jongste burgemeester nóg ingesweer; Tiener van Driehoek-brugramp ontvang nasionale orde; Afriforum sal hof toe om aandklokreël te eindig; Medelye stroom in vir oudbok Jannie du Plessis ná seuntjie sterf; Rassie Erasmus skuldig bevind oor videosage; én Sanger Theuns Jordaan verloor sy kankerstryd.
Nov 19, 2021•9 min•Ep. 37
Oudpresident FW de Klerk vra om verskoning vir apartheid in video-boodskap kort voor sy dood; Minister van Finansies, Enoch Godongwana lewer sy eerste mediumtermyn-begrotingsraamwerk; Eskom skaal beurtkrag af ná ‘n donker week; Moti-broers wat in Polokwane ontvoer is gevind; ‘nDerde van volwasse Suid-Afrikaners ten volle teen Covid-19 ingeënt; Leeus in Singapoer-dieretuin toets positief vir koronavirus en Travis Scott gedagvaar ná stormloop by konsert 8 lewens eis.
Nov 12, 2021•10 min•Ep. 36
Uitslag van plaaslike verkiesings verklaar, nou moet partye bedmaats kies; Magashule-saak uitgestel tot Februarie; Na skerp styging is brandstof duurste óóit; Kaal vrou skop bohaai op in Kaapse bank; SA het laagste positiewe Covid-persentasiekoers sedert pandemie begin, WGO bekommerd oor Covid-syfers in Europa; Vermiste 4-jarige in Australië gevind; COP26 beloof miljarde om SA groener te maak; en Een van ons eie skrywers wen gesogte Britse Booker-prys, vind uit wie dit is.
Nov 05, 2021•11 min•Ep. 35
Ministers gyselaar gehou deur oudstryders; Zuma vaar uit teen howe tydens sy biddag in KZN; Chaos breek in Gqeberha uit ná ongeluk; Wes-Kaap owerhede pak Cele oor polisiehulpbronne; LUR van Mpumalanga in hegtenis vir dubbele moord; Beurtkrag kan weer op kort kennisgewing geïmplementeer word, waarsku Eskom; Numsa-staking gaan voort; Verpligte inentings by universiteite bespreek; Olimpiese atleet van Kenia vermoor; Star Trek-akteur oudste mens óóit in buitenste ruim én Hittegolf-toestande heers, w...
Oct 15, 2021•12 min•Ep. 34
Eskom hou land in duister die naweek; Brittanje verwyder uiteindelik SA van rooilys vir toeriste; Kortlys bekend vir SA se nuwe hoofregter; Nasionale polisiehoof se skorsing dreig, DA verwyder omstrede plakkate in KZN; Inentings vir kinders in SA word bespreek; WGO beveel Malaria-entstof vir kinders aan; Ma wat glo dogtertjies in NZ vermoor se verhoor begin 2023; Pandora-dokumente lê rykes se wegsteekplekke bloot, én Wêreld vier emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu se 90ste verjaarsdag.
Oct 08, 2021•12 min•Ep. 33
Suid-Afrika is uiteindelik terug op vlak 1 van die staat van inperking; Inentingspaspoorte op pad; Politieke partye maak groot beloftes voor die plaaslike regeringsverkiesing; Verdoemende bevindings in verslag oor Digital Vibes-tenderskandaal; Staatskapingskommissie kry weer uitstel; Bendegeweld eis 4-jarige in Kaap; Klimaataktivis kap wêreldleiers se “blah blah blah” en Bond is terug…James Bond.
Oct 01, 2021•10 min•Ep. 32
Noudat die registrasieproses afgehandel is, gaan politieke partye hard vry na stemme voor die plaaslike regeringsverkiesing; Johannesburg se nuutverkose burgemeester verongeluk; Kaapse onderwyser by skool doodgeskiet; Nagwaak vir vermoorde SA sussies in Nieu-Seeland gehou; Zuma oorweeg strafregtelike klag teen staatsaanklaer in korrupsieverhoor; Afrikaans moet terug by Unisa, beslis hof; en ‘...Maar kan jy braaibroodjies maak?’
Sep 24, 2021•12 min•Ep. 31
Inperkingsregulasies verslap na Vlak 2 nadat nuwe Covid-infeskies afneem; Meer as 15,4 miljoen inentings nou al in die SA toegedien; Sahpra het die Pfizer-entstof vir 12-jariges en ouer goedgekeur; Landsburgers kan die naweek registreer vir die munisipale verkiesing; Matrieks se eksamenrooster aangepas oor verkiesing; Zuma hoor Vrydag of sy tronkstraf herroep word en die Curriebeker bly in Pretoria.
Sep 17, 2021•10 min•Ep. 30
Oudpres. Jacob Zuma is vrygelaat én sy korrupsieverhoor is uitgestel; ANC dank Carl Niehaus af; SA hou 1 November munisipale verkiesing; Net drie partye verklaar skenkings by OVK; Gesprekke is aan die gang om inperkingsmaatreëls te verslap; Wes-Kaap premier Alan Winde vra dat die Nasionale Ramptoestand opgehef word; Covid-19-entstofproewe vir kinders begin in SA; Heldeontvangs vir Paralimpiese sterre; én die Moederstad is op ABBA se virtuele toer.
Sep 10, 2021•11 min•Ep. 29
Hoofnuus die week is dat ‘n nuwe variant van die koronavirus, bekend as C.1.2, in agt provinsies in die land geïdentifiseer is; Die regering oorweeg inent-paspoorte vir landsburgers; Agt vergdates vas vir moord op fluitjieblaser Babita Deokaran; In KZN is 11 dood in twee massaskietvoorvalle in Umlazi; Nog net een SA’ner oor in Kaboel; Orkaan Ida saai verwoesting in New York; en Paralimpiese sterre sit SA “op die wêreldkaart”, sê Ramaphosa.
Sep 03, 2021•10 min•Ep. 28
Twee bomontploffings in Afghanistan eis tientalle lewens; Adjunk-president David Mabuza is terug in die land; Noordwes-premier Job Mokgoro bedank; ANC-personeellede staak oor salarisse; ANC-lede hou die land se howe besig; Fluitjieblaser Babita Deokaran in Johannesburg vermoor; Pfizer-entstof volledig deur FDA goedgekeur; Genoeg entstofdosisse vir SA tot die einde van die jaar; SA in aksie by die Paralimpiese Spele in Tokio; En ‘n intense kouetront beweeg oor die land voordat die lente aanbreek....
Aug 27, 2021•11 min•Ep. 27
‘n Suid-Afrikaner vertel in ‘n eksklusiewe onderhoud vir my hoe hy uit Kaboel gevlug het nadat die Taliban die land se hoofstad die week oorgeneem het; Nosiviwe Mapisa-Nqakula is as die nuwe speaker vir die Nasionale Vergaderingaangewys; Meer as 10 miljoen Covid-19-entstofdosisse in SA toegedien en van vandag af kan 18 - 34 jariges hulle ook inent; Gru-busongeluk in die Oos-Kaap eis 30 lewens; Oktober-skoolvakansie in die weegskaal; én vind uit waarom Rammstein by die Paralimpiese Spele gehoor g...
Aug 20, 2021•10 min•Ep. 26
President Cyril Ramaphosa is met vrae gepeper toe hy die staatskapingskommissie se getuienis afsluit; Nuwe ministers na kabinetskommeling ingehuldig; Oudpresident Jacob Zuma se korrupsiesaak uitgestel weens sy hospitaalopname; Geskorste sekretaris-generaal van die ANC Ace Magashule se korrupsieverhoor óók uitgestel; Ramptoestand tot 15 September verleng; Verslag oor aardverhitting 'kode rooi’ vir mensdom en SA skitter steeds in groen-en-goud.
Aug 13, 2021•14 min•Ep. 25
President Ramaphosa het Donderdagaand uiteindelik veranderinge aan sy kabinet aangekondig, ek vertel jou wie bly en wie gly; Die politieke ontleder prof. Dirk Kotze sê wat die skuiwe beteken; Sommige dele van Suid-Afrika is oor die kruin van die derde vlaag Covid-19 infeksies, maar die Wes-Kaap is in die oog van die storm; SA se entstofprogram tel stoom op, meer as 8 miljoen landsburgers nou al ingeënt; Die EFF ruk op na die Phoenix-polisiestasie naby Durban na beweerde rassisme tydens verlede m...
Aug 06, 2021•14 min•Ep. 24
Daar sal genoeg entstowwe vir die land én die vasteland wees, belowe president Cyril Ramaphosa. Kommer oor hospitaalkapasiteit in Wes-Kaap wat binnekort die piek van die derde vlaag gaan bereik; Suid-Afrika tel steeds die skade na die onluste vroeër die maand en KZN kondig ramptoestand af; Taxi-roetes in die Kaap gesluit na voortslepende geweld; Oktober se plaaslike regeringsverkiesings uitgestel oor pandemie; Rassie Erasmus braak gal oor skeidsregters in video; SA spog met nuwe Olimpiese kampio...
Jul 30, 2021•14 min•Ep. 23
Die dodetal na verlede week se onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng het tot 337 gestyg; Die presidensie sê meer van die opstokers wat daaragter sit gaan vasgetrek word; Oudpres. Jacob Zuma se wapenskandaalverhoor uitgestel; Pres. Cyril Ramaphosa se naam op uitgelekte spioenasie-lys; Taxi-oorlog in Kaapstad teiken ander vervoerdienste; Gaan inperkingsmaatreëls Sondag aangepas word?; Oorstromings eis lewens in Europa en Asië én dele van Suid-Afrika sprokiesagtig en betowerend ná swaar sneeuneerslae...
Jul 23, 2021•12 min•Ep. 22
Die nuus is hierdie week oorheers deur die gewelddadige oproer en plundery wat dele van Suid-Afrika soos ‘n oorlogsone laat lyk het; Die geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng het tientalle lewens geeis en miljarde rand se skade aangerig; Duisende weermaglede ontplooi om wet en orde te herstel; Dan is die land steeds in die derde vlaag van Covid-19-infeksies met meer as 205 000 aktiewe gevalle; Die ouderdomsgroep 35 tot 49 kan van dié week af registreer vir inentings; en in weste van Europa is tient...
Jul 16, 2021•12 min•Ep. 21