Nuusmakers met Mia Spies - podcast cover

Nuusmakers met Mia Spies

Mia Spies & Volumewww.nuusmetspies.com
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

09/07 - Tronkdeur klap toe agter Zuma; Word Vlak-4 verleng?; én Haïti-president vermoor

Die tronkdeure van die Escourt-gevangenis het agter oudpresident Jacob Zuma toegeklap, maar hy word eers twee weke in isolasie aangehou; Een van sy grootste ondersteuners, die geskorsde ANC-lid Carl Niehaus, is in hegtenis geneem; Covid-infeksies styg in bykans alle provinsies en dit laat almal wonder of die Vlak 4-inperkingsregulasies ná Sondag verleng word: Ek het die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging daaroor gevra; Nog ‘n kouefront tref die Kaap; Taxi-oorlog eis 7 op een dag in die Kaap; Haï...

Jul 09, 202116 minEp. 20

02/07 - Tjoekie wag op Zuma; Padblokkades in Gauteng; én Ons buurland ‘brand’

Die hoogste hof in die land het oudpresident Jacob Zuma 15 maande tronkstraf opelê, nou beplan sy ondersteuners ‘n massa optog; Dieselfde hof bevind president Cyril Ramaphosa het nie die parlement mislei oor sy CR17-veldtog nie; Einde in sig vir staatskapingskommissie se verslag, Entstowwe vir 50-plussers en joernaliste op pad; Padblokkades opgerig om te keer dat mense onnodig in of uit Gauteng, Skole sluit tot 19 Julie; Geweldadige betogings ruk eSwatini; én Hittegolf eis talle lewens in Kanada...

Jul 02, 202114 minEp. 19

25/06 - Covid-infeksies klim; Skimpe oor strenger inperking; én Cyril se ‘gesteelde’ iPad sorg vir oorwurm

Derde golf Covid-19-infeksies tref Gauteng hard; Strenger inperkingsmaatreëls voorgestel; Duisende onderwysers en personeel ingeënt en wetstoepassingsbeampteglo volgende in tou; Skole bly egter oop vir nou; Suid-Afrika kry nasionale hawe-owerheid; Gigaba sê hy het niks van Guptas se plundery geweet nie; Magashule betwis sy skorsing in die hof; Nog ‘n massa-skietery in Kaapstad; G’n tienling hier gebore, sê Gauteng gesondheidsdepartement en Cyril se ‘gesteelde’ iPad sorg vir nog ‘n vir oorwurm....

Jun 25, 202113 minEp. 18

18/06 - Vlak 3 vir 3de-vlaag wat hard tref; Onnies kry eersdaags entstof én Steeds g’n teken van ‘Tembisa 10-ling’

Suid-Afrika skuif na 3 van die inperking soos wat derde vlaag infeksies landwyd hard tref; Besending van 300 000 Johnson & Johnson entstowwe arriveer binnekort vir personeellede in die onderwyssektor; Die regering verkoop 51% van SAL; Zondo-kommissie vra vir nog ‘n uitstel; 3de grootste diamant óóit in Botswana gevind; Zambië se voormalige president sterf; Tembisa-tienling-debakel “laagtepunt” vir SA joernalistiek, sê Sanef én kankerlyer bekoor wêreld met haar nagtegaal stem.

Jun 17, 202112 minEp. 17

11/06 - Einde van beurtkrag in sig?; SA in 3de vlaag; en TV-legende gegroet

Beurtkrag tot Fase 4 verhoog die week, maar wysigings aan die Elektrisiteitsreguleringwet bring lig in die kragkrisis-tonnel; Die minister van gesondheid is op spesiale verlof geplaas na Digital Vibes-tenderskandaal; Die instituut van oordraagbare siektes bevestig ons is nou amptelik in die derde vlaag koronavirusinfeksies; Die legendariese aktrise Shaleen Surtie-Richards sterf; én Jessica van Namibië weet nie sy is “regstreeks op tv” nie.

Jun 11, 202110 minEp. 16

04/06 - SA-ekonomie toon tekens van herstel; Klag teen Mkhize ingedien; Strop trek nouer om Guptas én olifantbul pak bakkie

President Cyril Ramaphosa sê die ekonomie toon tekens van herstel, hy sê ook dat die ‘Digital Vibes’-skandaal waarby die minister van gesondheid dr. Zweli Mkhize betrek word nie ‘onder die mat’ gevee sal word nie; Gupta-bondgenoot in hof en Interpol gevra om die Guptas te help aankeer; Suid-Afrika is die week in ‘n aangepaste Vlak 2 van die inperking sowel as fase 2 van beurtkrag; Ondersoek bevind Eskom-hoof het nie rassisties opgetree; Dit was ‘n geskree, geskop en gevloek by die Pan-Afrika Par...

Jun 03, 202111 minEp. 15

28/05 - Ramaphosa praat binnekort; Hofuitspraak nog ʼn slag vir Zuma; Mej. SA nou oop vir transgender-vroue; én Friends hou reünie op kassie

Ramaphosa praat binnekort met SA; Mkhize erken Digital Vibes-kontrak was onreëlmatig; Zuma ontken skuld op al die wapentransaksie-aanklagte teen hom; Geskorsde Magashule weer by Zuma in die hof; ANC sê Israelse ambassade moet sluit; Myeni voor Zondo maar eers ná bevel; Beurtkrag is terug; Mej. SA nou oop vir transgender-vroue; én vind uit hoe jy Sondag die 'Friends' reünie-program kan kyk.

May 27, 202113 minEp. 14

21/05 - Fase 2-inentings stadig uit die blokke; Covid-19-toename kniehalter skolesport; én Twee kouefront bring bibberweer (en sneeu!) die naweek

Fase 2 van die regering se Covid-19-entstofprogram het begin; Daar is kommer oor ‘n styging in nuwe Covid-19 infeksies, dit is ook die rede dat is kontaksport by skole opgeskort is; Dan het oudpresident Jacob Zuma ín die hof en die geskorsde ANC-sekretaris-generaal, Ace Magashule, búite die hof opslae gemaak; Afrikaans as onderrig taal het ook weer in die hof gedraai; Twee kouefronte tref die land en die BBC sê jammer oor dáái Diana-onderhoud.

May 20, 202110 minEp. 13

14/05 - Is 3de Covid-vlaag nou hier, of nie?; Cele sê DNS-krisis hou hom saans wakker; én Israeli-Palestynse konflik op mespunt

Derde vlaag van pandemie is hier”, sê Zweli - maar sy department sê hokaai: Nog nie helemal nie; Fase 2 van die entstofprogram begin Maandag; Gaan Ace jammer sê dat hy Cyril “geskors” het?; Polisieminister vra om verskoning vir DNS-krisis; Zwane sê vir Zondo hy weet nie Guptas het vir sy vlug betaal nie; Registrasienaweek vir plaaslike verkiesing in Julie; én VN bekommerd oor Israeli-Palestynse konflik, wat op oorlog kan uitloop.

May 14, 202111 minEp. 12

07/05 - Ace geskors, toe 'skors' hy Cyril ook; 2 dood in hospitaalbrand én Suid-Afrika kry sy eie Chuck Norris

Dit was hoogdrama in die ANC die week, met ‘n oor en weer geskorsery; Die president beantwoord vrae in die Nasionale Vergadering en sê die regering se inentingsporgram is op koers; ‘n Brand eis twee Covid-pasiënte in ‘n Limpopo hospitaal, Gedenkdiens gehou vir Suid-Afrikaner wat in Hawaii deur die polisie doodgeskiet is; Einde in sig vir geblikte leeujag in die land, Storms in Kaap eis lewens; Suid-Afrika spog met sy eie Chuck Norris na skietery in Pretoria én vind uit van watter land Bafana Baf...

May 06, 202110 minEp. 11

30/04 - Ramaphosa voor Zondo; Covid-19 inenting gratis vir alle SA'ners; en Oscar-eerste vir SA

Pres. Cyril Ramaphosa lewer getuienis voor die Zondo-kommissie, en 'n ontleder sê waarom dit belangrik is; Die vervreemde vrou van minister Malusi Gigaba verskyn ook voor kommissie; Brittanje stel sanksies teen Guptas en 18 ander korruptes in; Kubaanse ingenieurs ingevoer om SA se waterkrisis op te los; Mango se vlugte tydelik gestaak oor skuld; Johnson en Johnson inentings hervat in SA - en sal gratis wees vir alle landsburger; En die plaaslike dokumentêre rolprent, My Octopus Teacher, wen Osca...

Apr 29, 202113 minEp. 10

23/04 - SA gaan wél vanjaar plaaslike verkiesing hou; Verwoestende brand ruk Kaapstad; en J&J-entstof kry weer groenlig

Suid-Afrikaners gaan 27 Oktober stembus toe vir die plaaslike verkiesing; Verwoestende brand veroorsaak groot skade in Kaapstad; Zuma se regsverteenwoordigers gooi die handdoek in; Die Johnson & Johnson-entstof gaan weer in Suid-Afrika toegedien word, nadat dit tydelik opgeskort is; en in die VSA is die oudpolisieman Derek Chauvin skuldig bevind aan die moord op George Floyd.

Apr 22, 202111 minEp. 9

16/04 - Gebruik van J&J-entstof tydelik opgeskort; Tiener in boelie-video neem eie lewe; Ace drink ook tee by Nkandla en Brittanje se ysterprins gegroet

Die toediening van die Johnson & Johnson-entstof in Suid-Afrika is tydelik opgeskort ná enkele gevalle van bloedklonte in die VSA; Graad 10-leerling van Limpopo neem haar eie lewe na opspraakwekkende boelievideo wat wyd versprei is; Die Wes-Kaapse LUR Bonginkosi Madikizela geskors terwyl die DA sy tersiêre kwalifikasie ondersoek; ANC voorsitter Gwede Mantashe voor Zondo-kommissie die week; maar oudminister Malusi Gigaba se vervreemde vrou Norma Mngoma nie; Ace Magashule konsulteer met oudpre...

Apr 15, 202114 minEp. 8

09/04 - Paasnaweek-padsterftes bekend; Brandstof duurste nog ooit in SA; Kwesbares dalk van volgende maand ingeënt, én Streek gryp in na Mosambiek-bloedbad

Volgens amptelike syfers is 235 mense tydens Paasnaweek op die land se paaie dood, baie van hulle voetgangers; Die brandstofprys het ook skerp gestyg die week, soveel so dat landsburgers nou die meeste ooit vir brandstof in Suid-Afrika betaal; Dis alweer die Ramaphosa-groep teen die Magashule-kamp; Dan in Covid-19 nuus het die minister van gesondheid bevestig dat die tweede fase van die regering se intengprogram volgende maand begin; In Mosambiek het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap...

Apr 08, 202114 minEp. 7

02/04 - Paasnaweek-drankreëls veroorsaak verwarring; Bloedbad in ons buurland; Drama by die SAUK; én Duurste brandstofprys nóg in SA kom

Inperkingsregulasies aangepas vir Paasnaweek: Strenger regulasies rondom alkohol geld tot Maandag, maar regulasies oor samekomste verslap; Fase 2 van die land se intentingsprogram glo op koers om Mei te begin; Die ANC se sekretaris-generaal Ace Magashule loop op dun ys na die party se NUK vergader; Die Islamitiese staat aanvaar verantwoordelikheid vir die terreuraanval in Mosambiek: Ek vra ‘n kenner of die streek moet bekommerd wees; Meer as 600 SAUK-werknemers verloor hulle werk nadat die openb...

Apr 01, 202114 minEp. 6

26/03 - Kom ‘n Paastyd-inperking?, ‘Shut up’, hoor Zondo én nuwe onteieningswet by laaste hekkie

Almal wil weet, gaan ons na ‘n strenger inperkingsvlak skuif voor Paasnaweek, en wat gaan dit behels; Dit was ‘n besige week by die Zondo-kommissie, daar is iets gesê wat adjunkhoofregter Raymond Zondo “nog nooit voorheen in ‘n hof of kommissie gehoor het nie”; Grondkenner prof. Elmien du Plessis vertel ons waar die proses tans is met die onteieningswetsontwerp, sy sê SA sal dalk al teen Mei weet of die Grondwet aangepas gaan word om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak, Die minist...

Mar 25, 202112 minEp. 5

19/03 - Eskom hou SA (steeds) in donker, studentebetogings kring uit én Hamba kahle koning Goodwill Zwelithini

Fase 2, toe Fase 1, toe vir ‘n paar uur ‘Fase 0’ en toe terug na Fase 2: Wat op dees aarde gaan aan by Eskom?; Studentebetogings teen finansiële uitsluiting dwing kampusse tot stilstand; SA groet Zoeloekoning Goodwill Zwelithini; Tanzanië kry eerste vroue president ná John Magufuli se afsterwe; Hoe ver is die derde Covid-vlaag?; Én verdagte wat agt in VSA spa’s doodskiet aangekla.

Mar 18, 202113 minEp. 4

12/03 - Dis weer Zuma teen Zondo, betoging by Wits en beurtkrag is terug

Dit was ‘n besige nuusweek daarom bring die joernalis Mia Spies jou soos elke Vrydag op hoogte van alles wat jy behoort te weet met die weeklikse Nuus met Spies-potsending: ANC se top-6 leiers vergader met Zuma, Omstander dood tydens Wits-betoging en Beurtkrag is terug.

Mar 12, 202114 minEp. 3

05/03 - Lê die derde Covid-19-vlaag en wag, en is beamptes in booswigte se visier?

Suid-Afrika het Sondag om middernag na Vlak 1 van die inperking geskuif, maar kenners meen die derde Covid-19-vlaag kan al rondom paasnaweek verwag word; Sewe polisiebeamptes is die laaste twee weke in SA vermoor, Eskom is weer in die soeklig by die Zondo-kommissie; Bloedbad in Mianmar en die Sussexe se eksklusiewe onderhoud Maandag in SA.

Mar 04, 202111 minEp. 2
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android