Nuusmakers met Mia Spies - podcast cover

Nuusmakers met Mia Spies

Mia Spies & Volumewww.nuusmetspies.com
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Drie urineer-voorvalle by Maties: US se dr. Leslie van Rooi vertel wat fout is en hoe hulle dit aanspreek.

Drie afsonderlike urineer-voorvalle by die Universiteit Stellenbosch het die laaste ses maande die nuus gehaal. Al die voorvalle was by manskoshuise en daar was glo baie drank betrokke by elkeen. In die jongste voorval verlede week het ‘n erg besope student in die kamer van medestudente by die Eendrag-koshuis geürineer. Mia Spies vra die senior direkteur van sosiale impak en transformasie aan die Universiteit Stellenbosch dr Leslie van Rooi wat die rede is vir die gedrag en wat daaraan gedoen wo...

Nov 04, 202218 minEp. 80

Brittanje het (wéér) ‘n nuwe premier. Hermann Pretorius vertel vir Mia Spies wat jy moet weet van Rishi Sunak.

Teen dié pas gaan die Britse koning Charles III meer eerste ministers as sy ma deurdraf. 15 eerste ministers het onder Koningin Elizabeth II gedien. Koning Charles trek nou al by sy 2de, nadat Liz Truss ná net 45 dae (die kortste termyn in Brittanje se geskiedenis) bedank het. Ná 'n week van hoogdrama is Rishi Sunak, die voormalige minister van finansies, as haar opvolger aangewys. Hermann Pretorius van die Instituut vir Rasseverhoudinge, wat die Britse politiek fyn dophou, gesels met Mia Spies....

Oct 28, 202215 minEp. 79

“Daar is groot fout” Só sê aktivis Caroline Peters ná jongste vlaag kindermoorde.

Daar was die laaste ruk verskeie voorvalle van kindermoorde in die nuus, maar met ander groot nuus (Zuma se korrupsieverhoor is uitgestel en die Steinhoff-sage) het dit nie die hoofopskrifte gehaal nie. Die grusame moord op Bokgabo Poo (4) van die Gautengse Oos-Rand wat ontvoer, verkrag en vermink is het my opnuut laat besef hoe ernstig die “epidemie” van geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika is, en hoe belangrik dit is om dit aan die groot klok te hang. Die uitvoerende direkteur van die C...

Oct 21, 202214 minEp. 78

Hittegolf laat SA’ners sweet: Klimaatwetenskaplike prof. Francois Engelbrecht verduidelik waarom jy só warm kry.

Dit was die laaste ruk bloedig warm in groot dele van die land. Ek was vroeër die week in die Laeveld en dit was sonder twyfel die warmste wat ek al ooit in my lewe gekry het. Die kwik het elke dag tot in die veertigs gestyg, en met die land se huidige krag- en waterbeperkings is verligting soos lugverkoeling en ‘n koue stort ook maar beperk. Die uitermatige warm weer word toegeskryf aan ‘n "onverwagse" hittegolf. Die direkteur van die Global Change Institute aan die Universiteit van die Witwate...

Oct 14, 202213 minEp. 77

”Vlaag ontvoerings in SA kommerwekkend.” Só waarsku Kriminoloog prof. Christiaan Bezuidenhout.

Die ontvoering van ‘n vrou verlede week in Kaapstad is die jongste van ‘n reeks ontvoerings hier op eie bodem. Die 35-jarige Oekraïense vrou se geel Audi is in Blue Downs tot ‘n stilstand gedwing toe twee karre weerskante van haar stilhou, sy is uit haar voertuig gepluk, twee skote is afgevuur voor haar ontvoerders met haar weggejaag het. Dit alles helder oordag. ‘n Video van die voorval word wyd op sosiale media gedeel. Die kriminoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria prof. Christiaan...

Oct 07, 202222 minEp. 76

Plett haai-aanvalle eis 2 mense in 3 maande: “Dis iets ongehoord,” Só sê Nico Booyens van Shark Research Unit

‘n Naweekwegbreek saam met haar gesin het tragies geëindig vir Kimon Bisogno (39) van Kaapstad. Sy het Sondagoggend by die Sentraalstrand in Plettenbergbaai geswem, glo net heupdiepte, toe sy deur ‘n haai doodgebyt is. Dit is die tweede noodlottige haai-aanval in drie maande by dié kusdorp. In Junie is die 49-jarige Bruce Wolov deur ‘n grootwithaai doodgebyt. Nico Booyens, die hoofnavorser en mariene bioloog van Shark Research Unit, 'n navorsingsfasiliteit in Mosselbaai, gesels met Mia Spies....

Sep 30, 202224 minEp. 75

Kragkrisis: “Minstens 2 donker jare lê nog voor.” Só waarsku kragkenner Corneels Schabort.

Kragfrustrasies onder Suid-Afrikaners kook oor nadat Eskom dié week Fase-6 beurtkrag ingestel het. Daar was selfs praatjies van fase 8 of hoër. Dis duidelik dat daadwerklike ingryping en dringende oplossings nóú nodig is. President Cyril Ramaphosa het sy oorsese reis kortgeknip om 'n oplossing te probeer kry vir die beurtkrag-krisis. Maar wanneer gaan dit gebeur? ‘n Kragkenner verbonde aan die Noordwes-Universiteit Corneels Schabort vertel vir Mia Spies dat dit minstens twee jaar gaan vat voor d...

Sep 23, 202224 minEp. 74

SA loop kronkelpad met Britse monargie. Hermann Pretorius van die Instituut vir Rasseverhoudinge praat met Mia Spies.

Koningin Elizabeth II (96) was tot haar dood verlede week meer as sewe dekades die koningin van die Verenigde Koninkryk, en vir bykans een dekade van haar heerskappy was Suid-Afrikaners self ook onderdane van haar. Dít is een van die groot redes vir die gemengde gevoelens hier op eie bodem teenoor die koninklikes. Hermann Pretorius van die Instituut vir Rasseverhoudings vertel vir Mia Spies oor Suid-Afrika se bande met die Britse monargie.

Sep 16, 202219 minEp. 73

Wie is die nuwe Britse premier Liz Truss en hoekom moet ek omgee? Mia Spies vra prof. Jo-Ansie van Wyk.

Die nuutverkose Britse premier Liz Truss moet leiding neem te midde van ‘n sukkelende ekonomie, energiekrisis en stygende lewenskoste. Truss het in haar eerste toespraak as premier onderneem om dadelik in te spring en die groot uitdagings wat Brittanje in die gesig staar aan te spreek. Die vraag is, hoe? En hoe raak dit my hier aan die suidpunt van Afrika? Mia Spies vra ‘n kenner van internasionale politiek by Unisa prof. Jo-Ansie van Wyk.

Sep 09, 202215 minEp. 72

Is staatskapers se dae getel? Politieke ontleder Roland Henwood praat met Mia Spies oor die Transnet-arrestasies.

Wetstoepassingsagentskappe het hierdie week groot visse inkatrol in verband met staatskaping. Transnet se voormalige hoof Brian Molefe, en voormalige finansiële hoof Anoj Singh is saam met twee ander in hegtenis geneem vir korrupsie en bedrog van meer as R93 miljoen. Die nasionale vervolgingsgesag sê nog arrestasies kom. Mia Spies vra die politieke ontleder van Universiteit van Pretoria Roland Henwood of die net uiteindelik nouer span om die mense wat staatsinstellings in die Zuma-era geplunder ...

Sep 02, 202216 minEp. 71

Ma se tronkbesoeke aan dogter in Thailand: Ashley Oosthuizen se ma Lynn Blignaut gesels vanuit Thailand met Mia Spies

Ashley Oosthuizen (23) oorspronklik van George, sit al van Oktober 2020 in 'n tronk in Thailand nadat sy geteken het vir 'n pakkie wat dwelms bevat het. Sy is skuldig bevind op aanklag van internasionale dwelmhandel en lewenslange tronkstraf opgelê. Na 'n appèlverhoor verlede week is haar vonnis tot 33 jaar verkort. Daar is nou 'n maand tyd om teen die vonnis te appelleer. Ashley se ma Lynn Blignaut is tans in Thailand en het onlangs haar dogter vir die eerste keer in drie jaar gesien. Sy praat ...

Aug 26, 202222 minEp. 70

Wat is die kans dat Zuma teruggaan tjoekie toe? Mia Spies vra die politieke ontleder prof. Dirk Kotzé.

Oudpres.Jacob Zuma is verlede jaar tronk toe gestuur vir 15 maande vir minagting van die hof, maar net 2 maande later is hy op mediese parool vrygelaat. Landsburgers was stomgeslaan. Die hooggeregshof het beslis sy vrylating was ‘onregmatig, onwettig en irrasioneel’. Daardie hofbeslissing is hierdie week deur Zuma se regspan in die appèlhof betwis. Wat is die kans dat Zuma terug gaan tjoekie toe? Mia Spies vra die politieke wetenskaplike van Unisa Prof. Dirk Kotzé.

Aug 19, 202215 minEp. 69

”Moet asseblief nie afgestomp raak nie, die oorlog in Oekraïne is nog erg”. Só vertel Michele Potgieter vanuit Oekraïne aan Mia Spies

Die konflik in Oekraïne woed al langer as 5 maande, en daar is geen teken dat Rusland binnekort 'n einde aan die oorlog gaan maak nie. Hier op Nuusmakers gesels ons gereeld met Michele Potgieter, ‘n Suid-Afrikaner wat in Oekraïne woon. Sy het onlangs vir die eerste keer in maande dié land verlaat. Michele vertel vir Mia Spies en Kyran Blaauw oor haar senutergende reis oor die Oekraïense grens, en weer terug

Aug 12, 202216 minEp. 68

Massaverkragting skok SA: Kriminoloog prof. Christiaan Bezuidenhout praat met Mia Spies oor die grusame bendeverkragting in Krugersdorp.

‘n Massaverkragting aan Gauteng se Wes-Rand het die land geskok. Agt vroue is verlede week verkrag en beroof terwyl hulle besig was om ‘n musiekvideo op te neem by die mynhope in Krugerdorp. Meer as 80 onwettige myners is in hegtenis geneem ná die voorval. 'n Kriminoloog aan die Universiteit van Pretoria prof. Christiaan Bezuidenhout praat met Mia Spies oor dié grusame bendeverkragting en oor Suid-Afrika se verkragtingskrisis.

Aug 05, 202228 minEp. 67

Oor hoe lank gaan Cyril se kragplan inskop en beurtkrag uitskop? Mia Spies vra kragkenner Corneels Schabort.

Beurtkrag is al 15 jaar lank deel van Suid-Afrikaners se lewens, maar dit lyk of daar uiteindelik lig aan die einde van die tonnel is. President Cyril Ramaphosa het Maandag ‘n omvattende plan aangekondig om die kragkrisis aan te spreek. Kan ons maar versigtig optimisties wees? En hoe lank gaan dit Eskom vat om die ligte aan te hou? Mia Spies vra die kragkenner verbonde aan die Noordwes-Universiteit Corneels Schabort op lig op die kwessie te werp.

Jul 29, 202223 minEp. 66

“Dit voel regtig of hierdie program vir my gemaak is,” Só vertel Nuusmakers se Mia Spies oor haar splinternuwe televisieprogram ‘Wie’s Nuus?’.

Vanaf hierdie week het KykNET kykers ‘n splinternuwe verskeidenheid nuusprogram, ‘Wie’s Nuus?’ wat Donderdagaande om 21:00 op DStv kanaal 144 uitsaai. Dié 26 episode program word aangebied deur die bekende en bekroonde joernalis, media entrepreneur en 2021 Kokertoekenningwenner. Mia nooi weekliks Netwerk24 joernaliste en ander kenner na haar sitkamer waar hulle, soos ou vriende, daardie week se hoofnuusmaker ontleed en vir die kykers die storie agter die storie vertel.

Jul 22, 202215 minEp. 65

Ná polisieminister skree “shut up” praat SA éérs. Die man aan die ontvangkant van Bheki Cele se uitbarsting Ian Cameron gesels met Mia Spies.

Polisieminister Bheki Cele loop deur nadat hy vroeër die week sy humeur verloor het en geskreeu het op Ian Cameron van die drukgroep Action Society. ‘n Video van die onderonsie tydens ‘n gemeenskapsvergadering in Gugulethu in Kaapstad word wyd gedeel. Ian praat met Mia Spies oor sy konfrontasie met Cele wat die omstrede minister weer in die soeklig geplaas het.

Jul 08, 202222 minEp. 64

Fase 6-beurtkrag: “Eskom dompel SA in noodtoestand; ramptoestand dreig”. Só waarsku energiekenner Chris Yelland die huidige kragkrisis.

Fase 6-beurtkrag het hierdie week vir die eerste keer sedert 2019 getref, en die risiko van Fase 8 dreig. Dit is volgens Eskom weens werkers se onwettige staking oor loonverhogings. Terwyl die onderhandelinge oor die jongste arbeidsgeskil voortduur is Suid-Afrikaners letterlik en figuurlik in die donker. Die energiekommentator Chris Yelland praat met Mia Spies oor die jongste kinkel in die krag(krisis)kabel.

Jul 01, 202225 minEp. 63

Pres. Cyril Ramaphosa se stryd: Kan die gekweste ‘Buffel’ herstel? Mia Spies vra vir Hermann Pretorius van die Freedom Advocacy Network.

Junie was beslis nie president Cyril Ramaphosa se beste maand op kantoor nie. Dit het begin toe die oud-spioenbaas Arthur Fraser strafregtelike klagte teen hom aanhangig gemaak oor die sogenaamde ‘Farmgate’; en boonop bevat die finale staatskapingverslag ook nie baie goeie nuus vir hom nie. Hermann Pretorius, die voorsitter van die Freedom Advocacy Network gesels met Mia Spies oor die implikasies hiervan.

Jun 23, 202229 minEp. 62

”Dit is regtig gespanne, ons slaap maar met oop oë.” Só vertel Michele Potgieter vanuit Oekraïne in ‘n opvolggesprek met Mia Spies oor dreigende aanvalle op haar dorp.

Elke maand vandat die oorlog in Oekraïne uitgebreek het, gesels Mia Spies met Michele Potgieter, ‘n Suid-Afrikaner in Oekraïne oor die situasie daar. Toe ons die eerste keer gesels het, die dag wat Rusland Oekraïne ingeval het, was die situasie nog redelik kalm in haar tuisdorp Reni in die Odessa streek. Nou, bykans vier maande later, is dit nie meer die geval nie.

Jun 17, 202217 minEp. 61

“Guptas: Arrestasie ís deurbraak, maar proses vorentoe kan sloer.” Só vertel politieke ontleder prof. Dirk Kotzé

Die week het met goeie nuus vir Suid-Afrika begin toe die sogenaamde baasbreine van staatskaping uiteindelik in hegtenis geneem is. Die omstrede Gupta-broers Atul en Rajesh is Maandagaand in Dubai gearresteer, maande nadat interpol 'n rooi kennisgewing daarvoor uitgereik het. Prof. Dirk Kotzé, politieke ontleder van Unisa, praat met Mia Spies oor wat op die Guptas wag wanneer hulle uiteindelik voet aan wal sit in SA.

Jun 10, 202220 minEp. 60

“Stappe is geneem, én lesse is geleer” só vertel US-viserektor prof. Hester Klopper vir Mia Spies ná ‘n reeks omstrede voorvalle by Maties

Universiteit Stellenbosch het die laaste ruk opslae gemaak ná ‘n reeks opspraakwekkende én ontstellende voorvalle. Daar was wydverspreide woede toe ‘n wit student verlede maand op ‘n swart student se lessenaar urineer het. In dieselfde week is nóg ‘n beweerde rassistiese voorval én ‘n beweerde verkragting óók by die instelling aangemeld. Prof. Hester Klopper, viserektor vir strategie, globale en korporatiewe sake praat met Mia Spies oor die lesse wat die instelling geleer het en wat gedoen word ...

Jun 02, 202225 minEp. 59

“Beurtkrag bly; tensy daar minder gepraat; en dadelik gedoen word." Só verduidelik Eskom bedryfshoof Jan Oberholzer vir Mia Spies

Ná nog ‘n week van voortslepende kragonderbrekings is die meeste van ons gefrustreerd en moedeloos. Dit voel of beurtkrag erger as ooit is, die huidige situasie ís volgens Eskom se bestuur “een van die laagtepunte”. Maar dinge kán erger raak as daar nie daadwerklik opgetree word, en Eskom “so spoedig moontlik addisionele kapasiteit” bykry nie. Maar waar sal dit vandaan kom? Mia Spies vra vir Eskom se bedryfshoof Jan Oberholzer al jou beurtkrag vrae: Die ‘hoe’, ‘hoekom’, en ‘hoe lank nog’....

May 27, 202231 minEp. 58

“Covid: 5de vlaag is hier” Só vertel dr. Jantjie Taljaard, spesialis en hoof van aansteeklike siektes by Tygerberg-hospitaal vir Mia Spies

Daar is 'n skerp styging in die getal Covid-19-gevalle. Beteken dit dat die nasionale vyfde vlaag van die pandemie hier is? En wat kan ons van dié virusgolf verwag? Dan is daar ook kommer oor ‘n ánder virus, ‘n vreemde soort hepatitis onder jong kinders. Wat weet ons daarvan? Dr. Jantjie Taljaard, hoof van infeksiesiektes van die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad, beantwoord Mia Spies se vrae.

May 20, 202218 minEp. 57

”Ons weet nie wat môre gaan gebeur nie, dit kom ál nader”: Só vertel Michele Potgieter vanuit Oekraïne in ‘n opvolggesprek met Mia Spies

Die oorlog in Oekraïne woed al 11 weke lank, duisende mense is dood en miljoene mense het nou reeds uit die land gevlug. Daar is steeds geen aanduiding dat Rusland 'n einde aan die oorlog wil maak nie. Mia Spies gesels gereeld met Michele Potgieter, ‘n Suid-Afrikaner wat in Oekraïne woon, oor die situasie dáár. Sy woon in die hawestad Reni in die suide van dié land, waar daar weer hierdie week waarskuwings was dat Rusland gaan aanval.

May 13, 202215 minEp. 56

Wat makeer die weer? Mia Spies praat met klimaatwetenskaplike prof. Francois Engelbrecht wat waarsku dat meer gereelde vloede én droogtes wag

Die dodelike vloede in KwaZulu-Natal verlede maand het ‘n spoor van verwoesting agtergelaat en word as een van die ergste natuurrampe in Suid-Afrika se geskiedenis beskou. Terwyl inwoners nog die stukke van hulle lewens optel, maak kenners sin van die wetenskap daaragter. Prof. Francois Engelbrecht, ‘n wêreldkenner op die gebied van klimaatsverandering, verbonde aan Wits-universiteit, sluit by my aan om oor dié soort uiterste weertoestande te praat.

May 06, 202229 minEp. 55

“Dit raak net erger en erger”: Mia Spies praat weer met SA’ner in Oekraïne Michele Potgieter, 6 weke sedert Rusland Oekraïne ingeval het

Dit is ses weke sedert Rusland Oekraïne ingeval het. Sedertdien is duisende mense dood en miljoene ontwortel. Volgens die jongste syfers het meer as 4 miljoen mense al uit die oorloggeteisterde land gevlug. ‘n Suid-Afrikaner wat al 26 jaar lank in Oekraïne woon Michele Potgieter is nié een van hulle nie. Sy het besluit om te bly en te help. Michele gesels vanuit haar tuisdorp, Reni.

Apr 08, 202214 minEp. 54

Kunstefeeste ontwaak uit Covid-sluimer: Mia Spies gesels met Crispin Sonn, voorsitter van KKNK, die eerste kunstefees wat ná twee jaar terug is in lewende lywe

Weens die pandemie was kunstefeeste die laaste twee jaar óf afgestel óf aanlyn geskuif, maar vanjaar is feeste terug in lewende lywe. Eerste aan die beurt is die Klein Karoo Nasionale Kunstefees wat dié week op Oudtshoorn plaasvind. Dié sogenaamde grootvoëlparadys pronk behoorlik met sowat 20 000 feesgangers wat tans die 26ste KKNK bywoon. Mia Spies gesels met KKNK-voorsitter Crispin Sonn oor die feestelikheid, verligting en ook veiligheidsmaatreëls.

Apr 01, 202219 minEp. 53

Hoe veilig is dit om te vlieg vandag? Mia Spies vra lugvaartkenner Wouter Botes

Vroeër die maand is duisende passasiers van Kulula en British Airways gestrand gelaat toe Comair se bedryfslisensie deur die Burgerlugvaartowerheid opgeskort is, ná ‘n reeks veiligheidsverwante voorvalle. Die opskorting is na vyf dae opgehef, maar kort daarna was Comair weer in die soeklig toe ‘n British Airways vliegtuig se landingstoerusting probleme ervaar het. Nou is baie passasiers huiwerig of bang om te vlieg. Die lugvaartkenner Wouter Botes, sê daar is geen rede tot kommer daarbo in die w...

Mar 25, 202226 minEp. 52

SA sit op die oorlogdraad: Mia Spies vra prof. Abel Esterhuyse waarom die regering nie standpunt inneem oor die Rusland-Oekraïne-oorlog nie

Rusland se aggressie teenoor Oekraïne word wêreldwyd veroordeel, selfs deur Switserland, ‘n land wat histories neutraal is. Die Suid-Afrikaanse regering word egter van draadsittery beskuldig deur nie kant in die konflik te kies nie. Prof. Abel Esterhuyse, voorsitter van die Universiteit Stellenbosch se departement strategiese studies in die fakulteit militêre wetenskap verduidelik wat die redes daarvoor kan wees.

Mar 18, 202222 minEp. 51
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android