Naweekaktueel - podcast cover

Naweekaktueel

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Naweekaktueel 10 Augustus 2024

Die beweerde verkragting van 'n 101-jarige ouma in Limpopo skok en ontstel inwoners. 'n Vierde dam naby Malmesbury word fyn dopgehou vir tekens van ineenstorting. Ons praat met die voormalige Olimpiese atleet, Zola Budd, oor haar onderonsie met die Amerikaner, Mary Decker, op die atletiekbaan op 10 Augustus 1984.

Aug 10, 202452 min

Naweekaktueel 3 Augustus 2024

'n Kwadrupleeg vertel sy merkwaardige verhaal as fotograaf by die Olimpiese Spele. Ons ondersoek probleme met borsvoeding in Suid-Afrika. 'n Verbod op die hantering van koalabere.

Aug 03, 202449 min

Naweekaktueel 27 Julie 2024

Medici reageer op die hofbeslissing dat aspekte van die gesondheidswet ongrondwetlik is. Johannesburgers worstel steeds met wateronderbrekings - ons soek antwoorde by Rand Water. In die gees van die Olimpiese Spele praat ons met sportfotograaf Wessel Oosthuizen wat al 5 Olimpiese Spele op foto’s verewig het.

Jul 27, 202450 min

Naweekaktueel 20 Julie 2024

Plantkundige, prof. Ben-Erik van Wyk deur die Nasionale Wetenskap en Tegnologie Forum vereer vir sy lewenslange bydrae tot die wetenskap. Ons fokus op gestremdheid, en gee aktiviste ’n spreekbeurt. El Salvador in die internasionale kollig ná ‘n verslag oor die marteling van meer as 3 000 kinders in tronke.

Jul 20, 202454 min

Naweekaktueel 13 Julie 2024

‘n Waarskuwing vir nóg stormwind in die George-omgewing, en swaar reën in die res van die Wes-Kaap. Die eerste kabinetlekgotla van die nuwe regering van nasionale eenheid begin in Pretoria. Die eerste episode van 'n dramareeks oor die reënkoningin, Modjadji, sal ondanks groot omstredenheid op televisie uitgesaai word.

Jul 13, 202451 min

Naweekaktueel 6 Julie 2024

Verskeie nuwe ministers bevind hulle in portefeuljes waarvan hulle nie veel weet nie. Ons praat met die nuwe Adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Samantha Graham. 'n Rowwe see word vir die Wes-Kaap voorspel, en mense word aangeraai om tuis te bly.

Jul 06, 202453 min

Naweekaktueel 29 Junie 2024

Die Wes-Kaapse premier reageer op kritiek oor kindersterftes op die Kaapse Vlakte. Dit is vandag is Wêreld Trope-dag. Die medestigter van die Encounters dokumentêre rolprentfees, Steven Markovitz, lê ná 26 jaar die tuig neer.

Jun 29, 202453 min

Naweekaktueel 22 Junie 2024

Die voormalige SAL-voorsitter, Dudu Myeni, word begrawe. Ons praat met 'n aktivis oor die dood van kinders op die Kaapse Vlakte, en wat die regering kan doen om die probleem te bekamp.

Jun 22, 202453 min

Naweekaktueel 15 Junie 2024

Meer oor die herverkiesing van Cyril Ramaphosa as president, en die keuses van die land se nuwe Speaker en Adjunkspeaker. G7-leiers vergader sedert Donderdag in Apulia, Suid-Italië, om rente op Russiese bates wat bevries is, te gebruik vir 'n lening van aan Oekraïne. Vyf-en-negentig lande neem die naweek deel aan vredesgesprekke in 'n poging om die oorlog in Oekraïne te beëindig.

Jun 15, 202454 min

Naweekaktueel 8 Junie 2024

Samesprekings word gevoer om 'n Regering van Nasionale Eenheid saam te stel. Nuwe lede van die Europese Parlement sal aanstaande week verkies word. 'n Anti-toerisme sentiment is aan die toeneem in Europa.

Jun 08, 202451 min

Naweekaktueel 1 Junie 2024

Die MK-party vra dat die stemme met die hand oorgetel word. Buitelandse reaksie op Suid-Afrika se verkiesings is oor die algemeen gunstig. Waarheen nou vir die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump?

Jun 01, 202453 min

Naweekaktueel 25 Mei 2024

'n Vrou deel haar angs met ons nadat haar identiteit gesteel is. Die redakteur van Plane Talking verduidelik wat presies turbulensie is ná vandeesweek se Singapore Airlines-drama. Twee milleniërs deel hulle menings oor die stand van sake in Suid-Afrika.

May 25, 202454 min

Naweekaktueel 18 Mei 2024

Wat sou die implikasies wees vir die nasionale gesondheidsplan sou die ANC die verkiesing verloor? Kommer dat misdaadstatistiek weerhou word omdat die verkiesing om die draai is. Die Lions wil met 'n oorwinning oor die VRK-voorlopers, hulle kanse op 'n plek in die laaste agt 'n hupstoot gee.

May 18, 202453 min

Naweekaktueel 11 Mei 2024

Die reddingsoperasie by die ineengestorte woonstelgebou in George duur vir 'n vyfde dag voort. Die amptelike dodetal staan nou op dertien. Vroue in Suid-Afrikaanse politiek lig hulle menings oor uitdagings in dié beroep.

May 11, 202453 min

Naweekaktueel 4 Mei 2024

Die Oekraïense oorlog is vandag 800 dae aan die gang. ISIS, oftewel DASH, is besig om Malawi te radikaliseer.Terwyl die wêreld mediavryheidsdag vier te midde van Suid-Afrika se viering van 30 jaar demokrasie, vertel joernaliste hoe hulle destyds onder ‘n nuwe bewind begin berig het.

May 04, 202454 min
Hosted on Omny Studio
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android