Naweekaktueel - podcast cover

Naweekaktueel

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Naweekaktueel 27 April 2024

Anita Visser kyk op Vryheidsdag terug op 30 jaar van demokrasie in Suid-Afrika. Haar gaste is die politieke ontleder, prof. Susan Booysen, professor Anthoni Van Nieuwkerk van Wits en prof. Dirk Kotzé van Unisa.

Apr 27, 202451 min

Naweekaktueel 20 April 2024

Byna ‘n miljard Indiërs stem in die geskiedenis se grootste demokratiese verkiesing ooit. Kommer oor Suid-Afrikaners se hoë skuldvlakke.

Apr 20, 202455 min

Naweekaktueel 13 April 2024

Byna die helfte van Suid-Afrika se gesuiwerde drinkwater kom nié by die verbruiker uit nie weens grootskaalse infrastruktuurverval. Gautengers reageer op die afskakeling van die omstrede e-tolstelsel. Selfstandig en uitgesproke - ons ontleed die jongste navorsing oor die sogenaamde Generasie Z.

Apr 13, 202454 min

Naweekaktueel 6 April 2024

Mangaung is die land se swakste presterende metro. ‘n Herrie in VSA omdat Moskou jare lank diplomate met ultrasoniese wapens teiken. Ons bring hulde aan veteraan-omroeper Hennie Maas.

Apr 06, 202454 min

Naweekaktueel 30 Maart 2024

Suid-Afrikaners sal van 1 April af nie meer elektroniese bankoorplasings na buurlande kan doen nie. Kanker neem geweldig toe by mense jonger as 50. Opposisiepartye dreig met die hof oor grondhervorming. Gierigheid onder die soeklig ná die Markus Jooste-debakel.

Mar 30, 202447 min

Naweekaktueel 23 Maart 2024

Meer as 90 mense is dood en byna 200 beseer in ’n ISIS-aanval in Moskou. Die Speaker van die Nasionale Vergadering onder druk om te bedank ná korrupsie-aanklagte. Magnus Heystek reageer op Markus Jooste se dood.

Mar 23, 202452 min

Naweekaktueel 16 Maart 2024

Die GOOD-party maak sy verkiesingsmanifes aanlyn bekend. Die Parlement soek groter seggenskap in die begroting wat hy van die nasionale tesourie kry. Irma Stern se ikoniese skildery, THE SMOKER, word eersdaags in Kaapstad opgeveil.

Mar 16, 202451 min

Naweekaktueel 9 Maart 2024

Reaksie op Pravin Gordhan se uittrede uit die politiek. Na aanleiding van Wêreld Vrouedag, fokus ons op servikale kanker; Egipte beplan 'n tweede Suezkanaal.

Mar 09, 202446 min

Motorrubriek 2 Maart 2024

Wessel Pretorius toetsry 'n Japanese sedan en 'n Suid-Koreaanse sportnutsvoertuig.

Mar 02, 20246 min

Naweekaktueel 2 Maart 2024

80% van Suid-Afrikaners het geen vertroue in hulle politieke leiers nie. Arbeidsreg is onder die loep ná 'n hofbeslissing oor diskriminasie teenoor 'n werker op grond van ouderdom. Die helderste gravitasiekolk tot nog toe, is pas deur Chileense sterrekundiges ontdek.

Mar 02, 202451 min

Naweekaktueel 24 Februarie 2024

Dis vandag is presies twee jaar sedert die Russiese inval in Oekraïne. 'n Ma vertel van haar stryd teen haar baba se rare siekte. Een van RSG se getrouste luisteraars deel op haar honderdste verjaarsdag herinneringe oor die Natte en Sappe.

Feb 24, 202450 min

Naweekaktueel 17 Februarie 2024

Die jongse misdaadsyfers word ontleed. Johanneburg se se metroraad ontken dat hulle motoriste boelie by padblokkades. Rusland se enigste de facto opposisieleier, ALEXEI NAWALNI, sterf in aanhouding.

Feb 17, 202456 min

Naweekaktueel 10 Februarie 2024

Elke maand sedert Junie 2023 was die warmste op rekord - hoe bekommerd moet ons wees? Ons praat met 'n politieke ontleder oor die EFF se verkiesingmanifes. Daar is ’n aansienlike groei in stroomdienste.

Feb 10, 202451 min

Naweekaktueel 3 Februarie 2024

Meer as 23 000 stemlokale in van vanoggend af oop vir die registrasie van kiesers. Die Amerikaanse senaat sê die sosialemedia-reus, META, het bloed op hulle hande. 'n Kenner praat oor Suid-Afrika se besoedelde riviere.

Feb 03, 202453 min

Naweekaktueel 27 Januarie 2024

Die Internasionale Geregshof beslis dat Israel maatreëls instel om aanhitsing tot volksmoord in Gaza te verhoed. Afriforum lê 'n formele klag by die Openbare Beskermer, en eis dat beweerde korrupsie by NSFAS ondersoek word. Suid-Afrika en Brittanje snoer kragte saam om navorsing oor aansteeklike siektes wêreldwyd te doen.

Jan 27, 202453 min

Naweekaktueel 20 Januarie 2024

Eskom KRY nog n nuwe baas. Anita Visser praat met 'n Suid-Afrikaner in Grindjaviek en ons het vandag 'n gas uit Amsterdam, Nederland.

Jan 20, 202453 min

Naweekaktueel 13 Januarie 2024

Die ANC vier sy 112-de bestaansjaar in Mbombela in Mpumalanga vandag. Alle oë is op die Internasionale Geregshof in Den Haag wat nou moet beslis in die saak tussen Suid-Afrika en Israel, en 'n rotte-plaag in Nelson Mandela-baai in die Oos-Kaap laat mense bokspring

Jan 13, 202451 min
Hosted on Omny Studio
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android