Naweekaktueel - podcast cover

Naweekaktueel

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Naweekaktueel 16 September 2023

Prins Mangosuthu Buthelezi word vandag begrawe. Professor Theo Venter praat oor sy nalatenskap. Ons kondig Suid-Afrika se Bakkie van die Jaar aan. Heinrich Klaasen maak met 174 lopies maalvleis van die Aussies.

Sep 16, 202354 min

Naweekaktueel 9 September 2023

Reaksie op die afsterwe van die voormalige IVP-leier en politieke veteraan, Mangosuthu Buthelezi. Regslui na bewering betrokke by die kaping van geboue in die Johannesburgse middestad. Meer oor die afgelope Afrika-klimaatsberaad in Nairobi.

Sep 09, 202351 min

Naweekaktueel 2 September 2023

Johannesburg se brand-tragedie plaas die kollig op die erge verval, verrotting en munisipale wanbestuur van die middestad. 'n Deurbraak in die oorlog teen transitorowers. Die rolprentvervaardiger, André Scholtz, word vereer vir sy lewenslange bydrae tot die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf.

Sep 02, 202353 min

Naweekaktueel 26 Augustus 2023

Nuwe navorsing wys dat 'n bloedtoets nie meer prostaatkanker betroubaar diagnoseer nie. Die seun van die sogenaamde Springs-monster praat oor sy folterings.Ons ontleed die Bokke se pragoorwinning oor die All Blacks.

Aug 26, 202354 min

Naweekaktueel 19 Augustus 2023

Ons vind op grondvlak uit wat aangaan op Swellendam ná vandeesweek se grootskaalse geplunder. 'n Onverwagse wending in Argentynse politiek. 'n Mutasie van die Coronavvirus lei tot grootskaalse vrektes onder Ciprus se katte.

Aug 19, 202353 min

Naweekaktueel 12 Augustus 2023

Omstrede oudpresident Jacob Zuma is 'n vry man. Die DA se Gautengse provinsiale kongres vind vandag plaas. 'n Huldeblyk aan die ikoniese sanger Rodriguez wat vandeesweek op 81 oorlede is.

Aug 12, 202353 min

Naweekaktueel 5 Augustus 2023

Pogings om 'n nuwe Openbare Beskermer aan te stel, skep erge spanning. Die Suid-Afrikaner, Lauren Dickason, staan in Nieu-Seeland tereg op aanklagte van moord op haar drie kinders. 'n Kenner vertel wat haar gesigsplooie verklap. El Salvador en Brasilië verklaar oorlog teen dwelmbendes.

Aug 05, 202353 min

Naweekaktueel 29 Julie 2023

Nuwe middel vir Alzheimers maak kundiges baie opgewonde. Riel, 'n kortfliek wat 'n stukkie van die magiese erfenis van die Rielddans vertoon, maak die naweek sy buiging. EFF-ondersteuners vier vandag die party se tiende bestaansjaar.

Jul 29, 202354 min

Naweekaktueel 22 Julie 2023

Ons praat met 'n ingenieur oor die herstelwerk aan Johannesburg se middestad ná vandeesweek se ontploffing. Op 19 Julie 1961 word die eerste fliek op 'n vlug tussen New York en Los Angeles vertoon - ons ondersoek die aanloop daartoe. Hoe gemaak wanneer jou handelaar sê dat jou voertuig ‘n peperduur nuwe turbo-aanjaer benodig?

Jul 22, 202352 min

Naweekaktueel 15 Julie 2023

Ons praat met die hoofrolspelers in die Alison Botha-drama ná die parool vir haar verkragters. Twee nuwe marienespesies word by Richardsbaai en Port Alfred se strande opgetel. Die Britte wys Kaapstad aan as hulle gunsteling reisbestemming.

Jul 15, 202353 min

Naweekaktueel 8 Julie 2023

Die gevaar van omskakelaars en sonpanele moet nie onderskat word nie. Ons fokus op nuwe verwikkelinge in die sosiale media-sfeer, en stap saam deur Iran se westelike Zagrosberge met Helene Rautenbach.

Jul 08, 202354 min

Naweekaktueel 1 Julie 2023

Ons ontleed die Openbare Beskermer se bevinding, wat president Cyril Ramaphosa kwytskeld van enige oortreding in die Phala Phala-skandaal. SASSA waarsku begunstigdes teen onnodige skuld om hulle toelaes mee aan te vul.

Jul 01, 202357 min

Naweekaktueel 24 Junie 2023

Kritiek teen die ANC se ingesteldheid teenoor die Wes-Kaap. Die afgelope week is Wêreld Vlugtelingedag gedenk - ons het stores van hoop uit Libanon. Nadat 'n vrou lewendig begrawe word, ondersoek ons of dit in Suid-Afrika kan gebeur.

Jun 24, 202354 min

Naweekaktueel 17 Junie 2023

Die Afrikasending na Rusland en Oekraïne ontvou nie sonder struikelblokke nie. Ons kry die jongste oor die weer in die Wes-Kaap. Wildboere se stryd om as landbouers erken te word, duur voort. Ons praat met 'n historikus op die vooraand van die bekendstelling van die nuwe Shaka Zulu-reeks.

Jun 17, 202355 min

Naweekaktueel 10 Junie 2023

Wetenskaplikes bevestig dat El Niño begin vorm aanneem in die Stille Oseaan. Dieetkundiges fokus toenemend op die impak van super geprosesseerde kos op die liggaam. Dr. Anna-Marie Jansen van Vuuren praat oor die grootste dokumentêre fees van sy aard in Afrika.

Jun 10, 202353 min
Hosted on Omny Studio
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android