Naweekaktueel - podcast cover

Naweekaktueel

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Motorrubriek 3 Junie 2023

Hoe vinnig moet mens op 'n sinkplaatpad ry? Wessel Pretorius bespreek dié kwessie in sy weeklikse motorrubriek.

Jun 03, 20237 min

Naweekaktueel 3 Junie 2023

'n Beweerde aanslag op mediavryheid is onder die soeklig. 'n Vuurvreter-gemeenskapsveiligheidsaktivis word aangekla van teistering, nadat sy voor beweerde dwelmhandelaars se huis uitkamp. Sowat 200 Suid-Afrikaanse brandbestryders is op pad Kanada toe om bosbrande te help bestry.

Jun 03, 202355 min

Naweekaktueel 27 Mei 2023

Wat lê in die toekoms en wag op die inwoners van Gqeberha? Ons praat met die stad se nuwe burgemeester, Gary van Niekerk. Waarvoor moet jy op die uitkyk wees vir cholera? Ons vra 'n kenner. Die Cannes-filmfees in Frankryk betower jong en aspirantrolprentmakers.

May 27, 202354 min

Motorrubriek 20 Mei 2023

Toyota Suid-Afrika wil so gou moontlik elektrisiteit aan die nasionale netwerk lewer.

May 20, 20234 min

Naweekaktueel 20 Mei 2023

Mediese dokters is betrokke by grootskaalse bedrog in staatshospitale. Reaksie op die dood van 'n oudambassadeur en stigter van die DP. Die regering wil die uitwerking van beurtkrag op voertuigvervaardigers verlig. 'n Plaas in die Klein Karoo maak die wêreld se beste olyfolie!

May 20, 202354 min

Naweekaktueel 13 Mei 2023

Suid-Afrika se diplomatieke bande met Amerika is stroewer as ooit ná bewerings dat die land wapens aan Rusland verskaf het. Ons ondersoek die omvang van kuberbedrog in Suid-Afrika. Ons skakel oor na Turkye in die aanlop tot môre se verkiesing.

May 13, 202351 min

Naweekaktueel 6 Mei 2023

Die Verenigde Koninkryk se eerste kroning in 70 jaar vind vandag plaas. Ons dek die geleentheid met staaltjies uit prins Charles se verlede en minder bekende feite oor hom en die koninklike familie. Die Stormers en Bulls pak mekaar in Kaapstad. Ons praat oor 'n planeet wat deur 'n ster ingesluk is.

May 06, 202354 min

Naweekaktueel 29 April 2023

Burgerlikes word geteiken in die Oekraïense stad, Bakhmoet. Alle militêre veterane mag nou vir 'n pensioen aansoek doen. Die prys van 'n basiese maandelikse kosmandjie skiet die hoogte in.

Apr 29, 202349 min

Motorrubriek 22 April 2023

Suzuki het sy nuwe Grand Vitara bekendgestel. Die nuwe model, geklee in ‘n stylvolle baadjie, boks nou in 'n hoër gewigsklas. Justin Kennerley het die motor in die Suid-Kaap gaan toets.

Apr 22, 20236 min

Naweekaktueel 22 April 2023

Wêreldwyd neem die aantal bejaardes drasties toe. Die vraag is: Kan hulle dit bekostig om so lank te leef? SASSA-begunstigdes moet hulle Posbank-kaarte so gou moontlik hernu gegewe die voorlopige likwidasie van die Suid-Afrikaanse Poskantoor. 'n Regskenner kritiseer gister se Appèlhof-uitspraak teen Afriforum. Meer skilpaaie as normaal spoel vanjaar uit tydens die seeskilpad-broeiseisoen in die Oos-Kaap.

Apr 22, 202354 min

Naweekaktueel 15 April 2023

Die ontsnapping en her-inhegtenisneming van Thabo Bester plaas die kwessie van ongeidentifiseerde lyke in die kollig. Suid-Afrikaners sal moontlik dié winter met Fase 10-beurtkrag moet saamleef. Die Universiteit Stellenbosch se Tygerbergkampus kry sy eie 'n biomediese navorsingsinstituut.

Apr 15, 202350 min

Naweekaktueel 8 April 2023

Die Departement van Justisie is woedend nadat die uitleweringsversoek aan die Verenigde Arabiese Emirate vir die Guptas afgekeur is. Dis Maandag 30 jaar ná die sluipmoord op die voormalige leier van die SAKP, Chris Hani.

Apr 08, 202355 min

Naweekaktueel 1 April 2023

Die DA se federale konferensie is in volle swang waar 'n nuwe partyleierskap verkies sal word. Verskeie wetsontwerpe oor geldwassery en die finansiering van terreur word deur die Parlement goedgekeur. Stormweer eis nog lewens in Amerika.

Apr 01, 202352 min

Naweekaktueel 25 Maart 2023

Finland kry steun van Turkye om lid van NAVO te word. ‘n Studie bevind dat minder as 1% van die wêreld se lug skoon is. TB bly die grootste oorsaak van natuurlike sterftes in Suid-Afrika.

Mar 25, 202353 min

Naweekaktueel 18 Maart 2023

Die Tshwane Metro bly leierloos - en die frustrasie is tasbaar. Dis 20 jaar ná die VSA se inval van Irak. ‘n Dreigende drywende massa van agtduisend kilometer lank is op pad Amerika toe.

Mar 18, 202350 min

Naweekaktueel 11 Maart 2023

Die tragiese dood van 'n vierjarige meisie plaas die soeklig weer eens op die droewige stand van skoolinfrastruktuur. Ons vind uit hoekom die wêreld se insekbevolking kwyn. 'n Dieetkundige verduidelik hoe jou dieet nierfunksie kan verbeter.

Mar 11, 202351 min

Naweekaktueel 4 Maart 2023

Die stropery van Suid-Afrika se inheemse flora in Namakwaland het nou sulke afmetings aangeneem dat die polisie in die streek dit as ‘n groter probleem as renosterstropery beskryf. Op Wêreld Vetsugdag plaas ons die klem op die oplossings.

Mar 04, 202355 min

Motorrubriek 25 Februarie 2023

Die wêreld se gewildste kar? In ons weeklikse motorrubriek beantwoord Wessel Pretorius 'n luisteraarsvraag.

Feb 25, 20233 min

Naweekaktueel 25 Februarie 2023

Suid-Afrika is amptelik op die gryslys van die internasionale waghond, die Finansiële Aksie Taakgroep. Ons hoor hoe klein dorpies onafhanklik van Eskom kan wees. ’n Jaar nadat Rusland Oekraïne binnegeval het, ondersoek ons die impak daarvan.

Feb 25, 202350 min
Hosted on Omny Studio
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android