Motorrubriek 8 Oktober 2022
In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius luisteraarsbriewe.

In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius luisteraarsbriewe.
Die nuutverkose premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, kondig sy provinsiale kabinet aan. Stukkende infrastruktuur by die Steve Biko Akademiese Hospitaal veroorsaak dat geen operasies uitgevoer kan word nie. Die Departement van Binnelandse Sake keer meer as 500 bedrieglike huwelike om.
In ons weeklikse motorrubriek beantwoord Wessel Pretorius 'n luisteraarsbrief.
Johannesburg het 'n nuwe burgemeester. Rusland annekseer vier streke in Oekraïne. Eskom se nuwe raadslede is onder die vergrootglas.
In Wessel Pretorius se weeklikse motorrubriek stamp twee luikrûe koppe.
Dis Erfenisdag, en ons hoor wat gebeur by die Voortrekkermonument en wat by vanjaar se Klopse gebeur. Mmusi Miamane begin 'n nuwe politieke party. 'n Nuwe rekenaarspeletjie in Afrikaans vertaal.
Wessel Pretorius het 'n elektriese trokkie op die spyskaart.
Grootskaalse skaap-wassery op Jagersfontein. Gesprekke by NAMPO-Kaap het die afgelope week gedraai om die Kaapstad-hawe en die potensiaal van die volgende winteroes. 'n Jong man van Lavender Hill bederf ander mense vir sy twintigste verjaarsdag.
Hoekom is elektriese voertuie so duur in Suid-Afrika?
Charles III is amtpelik tot koning geproklameer. Ons hervat ons in-diepte verslaggewing oor veediefstal in die Vrystaat. Twee petroljoggies op Robertson in die Wes-Kaap begin 'n sokkerspan om jong spelers te inspireer.
Wessel Pretorius bespreek motorverkope.
Vrystaatse boere voer 'n hewige stryd teen veediewe. Die Swart September-terreuraanval word 50 jaar later onthou.
'n Groep vroue, waarvan heelparty onlangs deur traumatiese ervarings moes werk, neem gereeld deel aan bewaringstoerisme om hulle selfvertroue terug te wen, en stewige ondersteuningsnetwerke te bou. Marlinée Fouché het saam met die groep op een van hulle uitstappies gegaan, om te hoor hoekom ruimtes soos dié, waar slegs vroue toegelaat word, so belangrik is. Hulle het saam met 'n wildsveearts uitgegaan, om te sien waarmee hulle daagliks te doen kry. Foto: Diane Logi (Die buffel in dié foto is nie...
In ons weeklikse motorrubriek het Wessel Pretorius se regtervoet in 'n Suzuki en 'n Mazda gejeuk.
Die SA Inkomstediens het beheer geneem van alle rekeninge en bates van GOLD LEAF TOBACCO, meer as R2-miljard gemaak het met sigaretsluikhandel. Deneysville se inwoners is boos weens 'n rioolprobleem wat terugstrek na 2015 toe. Die eerste Comrades-maraton sedert 2019 vind môre plaas.
Wessel Pretorius evalueer 'n Duitse snoetbus.
Ons ontleed die jongste misdaadstatistiek. Action-SA beplan om die burgemeester van Tshwane uit sy pos te verwyder. Japanese wetenskaplikes verbind die DNS van ‘n mammoetkalfie wat 28 000 jaar gelede in Siberië gevrek het, met die Afrika-olifant.
Wessel Pretorius toets 'n Renault Clio.
Gelyke betaling in die werkplek is weer onder die soeklig, en 'n kenner sê dis tyd om druk toe te pas. Maar hoe doen mens dit? Die ANC-konferensie in Noordwes begin. Wat het plastiek, grimering en die reën in gemeen?
Wessel Pretorius kyk na Julie se motorverkoopsyfers en die Kaapse Pretrit.
Ons ondersoek die gehalte van tersiêre onderrig in Suid-Afrika ná ‘n herrie wat by die Universiteit van Pretoria losgebars het. Die toenemende geweldsmisdade in Suid-Afrika word onder meer toegeskryf aan die smokkelary van AK-47-aanvalsgewere. Die humanitêre organisasie, Gift of the Givers, vier sy 30ste bestaansjaar.
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.
Ons praat met die stigter van die Vryemark Stigting, Leon Louw, oor sy bedanking. Verskeie kwessies sal bespreek word op die ANC se beleidskonferensie in aanloop tot die party se nasionale konferensie in Desember. Die EFF vier sy negende bestaansjaar.
Wessel Pretorius evalueer 'n Japanese sportnutsvoertuig.
Pres. Ramaphosa beantwoord 31 vrae van die Openbare Beskermer. Die bokshandskoene kom uit in die verkiesing van die Tories se nuwe leier. Monitor se eie Tossie Lochner, wat bekend geword het vir haar vrolike groet uit Italië, word 85 jaar oud!
Wessel Pretorius toets 'n Ford-bakkie.
Die ANC en SAKP wil hulle alliansie versterk. Geen tafels of stoele, maar Denel se werknemers kry darem nou 'n salaris. Julie is verjaarsdagmaand vir Naweekaktueel se suster program, Monitor.
Wessel Pretorius toets 'n Mahindra.
Die internasionale gemeenskap is geskok oor die sluipmoord in een van die wêreld se veiligste lande. Burgerregte-organisasies sê die regering wil aanspreeklikheid vir swak skoolinfrastruktuur deur nuwe wetgewing ontduik. Op 'n ligter noot - 'n tweede lewe vir haarknipsels.
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.