Naweekaktueel 2 Julie 2022
NAVO vermeerder sy slaankrag met 40 000 tot 300 000 soldate. Die regering, Agbiz en Agri-SA se landbou-meesterplan loop deur onder hewige kritiek. Dis 25 jaar sedert die Britte Hongkong aan China teruggegee het.

NAVO vermeerder sy slaankrag met 40 000 tot 300 000 soldate. Die regering, Agbiz en Agri-SA se landbou-meesterplan loop deur onder hewige kritiek. Dis 25 jaar sedert die Britte Hongkong aan China teruggegee het.
Wessel Pretorius toets 'n Hyundai.
Duisende Amerikaners vaar die strate in ná ‘n beslissing deur die VSA se hoogste hof dat vroue nie meer self oor aborsies kan besluit nie. Die onwettige stakings by Eskom is onder die vergrootglas. Die EFF en die Parlementêre veiligheidsdiens lê klagte teen mekaar. Op 26 Junie 1902, presies 120 jaar gelede, het die eerste van baie Boere krygsgevangenes St. Helena-eiland verlaat en teruggekeer Suid-Afrika toe.
Wessel Pretorius toets 'n Fransman.
Die Menseregtekommissie gryp in by die Mogale City hawelosedrama. Die Padvragvereniging sê blokkades is ekonomiese sabotasie. Die Suid-Afrikaanse Beenmurgregister loof jongmense wat toenemend beenmurg skenk.
Wessel Pretorius praat oor die Motor van die Jaar. Justin Kennerley bestuur 'n nuwe Suzuki.
'n 59-Jarige vrou is gisteroggend vroeg deur ‘n seekoei gedood. Vrystaat Landbou sê die misdaadstatistiek wat die afgelope week deur die Minister van Polisie bekend gestel is, is onvolledig. In die aanloop tot Wêreld Bloedskenkingsdag op Dinsdag, het ons buitengewone skenkers besoek.
Wessel Pretorius het ‘n brandstofbesparingswenke.
Die ANC se Limpopo-konferensie is in volle swang. Die parlement wil spoedig wegdoen met virtuele komiteevergaderings. Dis môre Wereld Natuurbewaringsdag, en ons hoor van pogings om plastiek uit die oseane te verwyder. Alle oë is op Brittange gerig vir Koningin Elizabeth II se platinumjubileum-feesvierings.
Wessel Pretorius toetsry 'n Chinese kruisvoertuig.
Die ANC in Ekurhuleni se streekskonferensie gaan uiteindelik voort. Bykans 50% van Suid-Afrikaners word deur hongerte geraak. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie is bekommerd oor toenemende vetsug in Europa. Sowat 95% van die Afghaanse bevolking van 39 miljoen kry nie genoeg om te eet nie.
Wessel Pretorius toetsry 'n Toyota.
Die Presidensiële imbizo vind vandag op Carolina in Mpumalanga plaas, maar hoe voel die opposisie partye? 'n Nefroloog sê hoë bloeddruk kan tot akute nierversaking lei. Miljarde rand is vir 'n Andy Warhol syskermdruk betaal.
Nissan Suid-Afrika praat oor hulle plaaslikvervaardigde bakkies en toekomsplanne.
Nelson Mandelabaai word deur 'n humanitêre ramp in die gesig gestaar. 'n Sleutelgetuie in die Senzo Meyiwa-moordverhoor sterf. Meer as 10% van professionele Suid-Afrikaners oorweeg dit om landuit te gaan.
Wessel Pretorius bespreek voertuigverkope, en 'n luisteraarsbrief.
Eskom kondig aan dat beurtkrag (vir nou) afgeskaf is. Medici spreek hulle kommer uit oor die toename in Covid-19 gevalle in die land. 'n Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op Hillary Gardee. Ons praat met 'n Noord-Kaapse boer oor sy uithouvermoë te midde van vele uitdagings in die landboubedryf.
Wessel Pretorius toetsry 'n Suzuki.
Hoofregter Raymond Zondo sê Jacob Zuma het staatskaping moontlik gemaak. Ons praat met OUTA oor moontlike regstappe teen die voormalige president. 1 Mei is Internasionale Werkersdag, maar wat van die werkloses?
In Wessel Pretorius se weeklikse motorrubriek kom 'n Hyundai teen 'n Fiat te staan.
'n Kenner sê die regering besef nie die dringendheid om krag van onafhanklike produsente aan te koop nie. Suid-Afrika se eerste banknote is vandeesweek 100 jaar gelede deur die Reserwebank gedruk. 'n Kenner sê die behandeling van beroertes het die afgelope dekade baie verbeter.
Wessel Pretorius 'n Ford-bakkie.
Gure weer bly Kwazulu-Natal se voorland. Versterkings aan die Shongweni-damwal is gebou - om te breek. Die Titanic lê vanjaar reeds 110 jaar lank op die seebodem.
Wessel Pretorius 'n Land-Rover.
Opposisiepartye in die Mangaung Metro sê die ANC se faksiegevegte het gelei tot die raad se verval. Die Minister van Polisie, Bheki Cele, sê hy glo die geweld in Diepsloot sal binnekort onder beheer wees. 'n Spesiale fokus op die begin van Zimbabwe se grondstryd, wat eerskomende Vrydag herdenk word.
Wessel Pretorius toets 'n Isuzu-bakkie.
Die voormalige Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, verkies glo 'n boete bo tronkstraf nadat sy aan meineed skuldig bevind is. Dit is nou 40 jaar sedert die veelbesproke boek KENNIS VAN DIE AAND ontban is. Ons kyk na daardie tydperk in Suid-Afrika wat deur die verbanning van André P. Brink se boek gesimboliseer is. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens glimlag omdat hy meer belastinggeld as verwag ingesamel het.
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Toyota en 'n Ford.
Die WWF wil Aardeuur gebruik om druk op beleidsmakers te plaas om klimaatsverandering te stuit. Op die vooraand van Teaterdag, praat ons oor hoe die pandemie dié bedryf verander het. Wessel Pretorius toets 'n hibriede kruisvoertuig.
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Land-Rover.