Naweekaktueel 19 Maart 2022
Ons praat met 'n ekonoom oor die impak van die oorlog in Oekraïne op verbuikers se sakke. En, ‘n nuwe Marvel-karakter is vir die eerste keer 'n Moslem-heldin.

Ons praat met 'n ekonoom oor die impak van die oorlog in Oekraïne op verbuikers se sakke. En, ‘n nuwe Marvel-karakter is vir die eerste keer 'n Moslem-heldin.
In sy weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius 'n luisteraarsbrief.
Inwoners van Kiëf in Oekraïne is vasberade in hulle verset teen die Russiese inval. Ons bespreek Suid-Afrika se rol as moontlike bemiddelaar in Oekraëne na aanleiding van president Cyril Ramaphosa en Wladimir Poetin se telefoongesprek.
In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius verlede maand se voertuigverkope.
Die internasionale prys van koring styg skerp. 'n Versoek dat stadions teen volle kapasiteit vir toeskouers oopgestel moet word. 'n Kaapse vrou voorsien hulpbehoewende jong meisies van sanitêre doekies.
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius ‘n Mazda en ‘n Honda.
Ons praat met 'n politieke ontleder oor die oorlog in Oekraïne. Wye reaksie op die afdanking van die nasionale polisiekommisaris. Die Proteas is stewig in die saal teen die Swart Pette.
In sy weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius 'n luisteraarsbrief.
President Cyril Ramaphosa lig die sluier oor aanstaande week se begrotingstoespraak. Die jongste misdaadstatistiek ontlok geme ngde reaksie. Die Proteas is verslae na hulle onverwagte nederlaag teen Nieu-Seeland op die krieketveld.
In ons weeklikse motorrubriek beantwoord Wessel Pretorius 'n luisteraarsvraag.
Die regering beplan grootskaalse infrastruktuurprojekte om die ekonomie 'n hupstoot te gee. Equal Education sê die president moet 'n duidelike tydraamwerk gee vir infrastruktuurteikens by openbare skole. Die Wes-Kaapse Byebedryfvereniging is bekommerd oor die trae inwerkingstelling van die provinsie se strategie om die bedryf te versterk.
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Haval en 'n Toyota.
Kankerdag is gister herdenk, en ons praat met 'n man wat prostaatkanker oorleef het. Die volkslied in gebaretaal plaas Taalaktivismemaand in die kollig. Ons skakel regstreeks oor na die Negeuur Interkontinentale Uithouwedren op Kayalami.
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Fransman wat in Indië gebou word.
Die Minister van Polisie, Bheki Cele, moet tergende vrae in die parlement beantwoord oor die brand. 'n Australiër skryf 'n boek oor die verband tussen wildstropery in Afrika en moetie. Die tiende Silwerskermfees beloof om 'n sukkelende rolprentbedryf weer 'n hupstoot te gee.
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Chinese sportnutsvoertuig, en 'n snoetbussie.
Bloedige weer word op plekke in die Wes-Kaap en Namakwaland verwag. Die terugkeer van oudinwoners na Distrik Ses word vertraag deur slordige bouwerk. Die Wêreld Ekonomiese Forum spreek kommer uit oor die oorbevolking van die ruimte.
In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Nissan-bakkie.
Die Department van Onderwys se besluit om nie die matriekuitslae in die media te publiseer nie, gaan in die hof draai. 'n Jeugorganisasie in die Klein Karoo bemagtig leerlinge van plaasgemeenskappe. 'n Argeoloog en geskiedkundige verduidelik wat in Pretoria gebeur het, voor die Voortrekkers hulle daar vestig het.
In ons weeklikse motorrubriek, toets Wessel Pretorius 'n Fiat.
Die ANC se Januarie 8-feesvieringe begin met 'n kragonderbreking tydens Cyril Ramaphosa se toespraak by 'n galadinee. Vyf leeus wat uit die Krugerwildtuin ontsnap het, is steeds soek. 'n Suid-Afrikaanse wetenskaplike maak 'n belangrike bevinding oor Lang-covid.
Die groot terugtog huistoe begin binnekort. In ons weeklikse motorrubriek, gee Wessel Pretorius raad oor hoe jy jou voertuig gereed moet kry vir die langpad.
Familie en vriende bring hulde aan emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu by sy begrafnis. 2021 was vir Suid-Afrikaanse rugby weer eens ‘n suksesvolle jaar. Raad oor hoe jy jou voertuig gereed moet kry vir die langpad.
In ons weeklikse motorrubriek, bespreek Wessel Pretorius padveiligheid.
Die Nasionale Seereddingsinstituut verwag 'n toename in verdrinkings oor die feesseisoen. Freek Robinson pen sy lewensverhaal neer. Inwoners kla oor rioolprobleme in Joe Slovo in Bloemfontein.
In ons weeklikse motorrubriek gee Wessel Pretorius veiligheidswenke.
Die vakbond, NUM, eis dat Eskom se bestuurshoof, André de Ruyter, in die pad gesteek word. Die Nasionale Vergadering groet die veteraanpolitikus, James Selfe, ná 43 jaar se diens. Brad Binder praat oor sy hoogtepunte van die afgelope seisoen. Met die feesseisoen om die draai, gee Wessel Pretorius padveiligheidswenke. 'n Kunstenaar vra in die aanloop tot Versoeningsdag, ongemaklike vrae oor die stand van sake tussen Suid-Afrikaners.
Ons kry die jongste nuus oor die situasie op die N3-snelweg. Die Blitsbokke blink in Dubai. Só moet jy jou voertuig en sleepding voorberei vir die langpad. Twee Suid-Afrikaanse rolprente besluit om eerder op stroomdienste vry te stel.
In Wessel Pretorius se weeklikse motorrubriek word raad gegee oor hoe jy jou voertuig en sleepding gereed moet kry vir die langpad.
In ons weeklikse motorrubriek berig Wessel Pretorius oor 'n padveiligheidsinisiatief.