Naweekaktueel - podcast cover

Naweekaktueel

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Naweekaktueel 20 November 2021

'n Toename in voorvalle van moord en verkragting. 'n Vrou van Delft op die Kaapse Vlakte gee elke dag gratis ontbyt en motivering aan matrikulante. Wessel Pretorius toets 'n Mitsubishi.

Nov 20, 202151 min

Naweekaktueel 13 November 2021

Oudpresident FW de Klerk se seun onthou hom só. Hoekom is elektriese voertuie in Suid-Afrika so duur? Losskakel Elton Jantjies praat oor vanmiddag se stryd teen Skotland.

Nov 13, 202144 min

Naweekaktueel 6 November 2021

'n Voormalige DA-burgemeester sê die die party moet dalk tog koalisies met die ANC in stadsrade oorweeg. 'n Suid-Afrikaner het die afgelope week die Britse Booker-prys vir letterkunde gewen.

Nov 06, 202154 min

Naweekaktueel 30 Oktober 2021

Kiesers bring hulle spesiale stemme uit. Tydelike inentingstasies sal Maandag by stemlokale opgerig word. Wessel Pretorius toets 'n Land Rover.

Oct 29, 202145 min

Motorrubriek 23 Oktober 2021

In ons weeklikse motorrubriek beantwoord Wessel Pretorius 'n luisteraarsvraag, en hy toets 'n Hyundai.

Oct 23, 202111 min0

Naweekaktueel 23 Oktober 2021

Tieners is traag om in te ent. Nóg 'n universiteit maak inenting 'n voorvereiste. Het jou voertuig spesiale olie nodig indien jy dié vakansie 40 grade Celsius gaan trotseer?

Oct 23, 202151 min0

Naweekaktueel 16 Oktober 2021

Daar word vermoed dat drie onwettige myners nog in 'n diamantmyn in Namakwaland vasgekeer is. Inwoners glo egter dit kan meer wees. Die inentingsveldtog teen Covid-19 word na tieners uitgebrei. Vandag, op Wêreldvoedseldag, kyk ons na planne om voedselsekerheid te verseker.

Oct 16, 202154 min0

Naweekaktueel 9 Oktober 2021

Die VF+ stel sy verkiesingsmanifes bekend. Inwoners van Mitchells Plain versoek dat die polisie 'n gespesialiseerde eenheid vir vermiste persone skep. Die Departement van Basiese Onderwys is gereed vir die matriekeindeksamen. Wessel Pretorius toets 'n Citroën en 'n Ford.

Oct 09, 202150 min0

Motorrubriek 2 Oktober 2021

In ons weeklikse motorrubriek bekyk Wessel Pretorius nuwe voertuigverkope, die Motor van die Jaar, en hy bespreek 'n luisteraarsbrief.

Oct 02, 202110 min0

Naweekaktueel 2 Oktober 2021

Die wêreldwye tekort aan mikroskyfies word ook plaaslik gevoel. Ons praat met 'n politieke ontleder oor kleiner partye wat hulle verkiesingsmanifeste bekendmaak.

Oct 02, 202152 min0

Naweekaktueel 25 September 2021

Die DA stel sy verkiesingshandves bekend. Die Springbokke verloor hulle 100ste wedstryd teen die All Blacks, maar dit was 'n titaniese stryd Wessel Pretorius toets in sy motorrubriek 'n kompakte kruisvoertuig.

Sep 25, 202150 min0

Naweekaktueel 18 September 2021

Die naweek is die laaste kans vir voornemende kiesers om te registreer om in die plaaslike regeringsverkiesing te stem. Die miskruier se oorlewing is in gevaar weens stygende vlakke van koolstofdioksied. 'n Herwinnaar van Klapmuts skep prettige en praktiese items uit rommel. In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Fordbakkie.

Sep 18, 202147 min0

Naweekaktueel 11 September 2021

Ooggetuies herleef die aanvalle op die VSA, vandag 20 jaar gelede. 'n Oortuigende oorwinning vir die Proteas. Dis die Bulle teen die Haaie in die Curriebeker-eindstryd, terwyl die Bokke môre hulle staal toon teen die Wallabies.

Sep 11, 202153 min0

Naweekaktueel 4 September 2021

Ons ontleed gister se uitspraak in die konstitusionele hof wat bepaal dat die munisipale verkiesings voor 1 November moet plaasvind, Aasvoëls sal vir die eerste keer hulle eie veilige sone in die Karoo kry. Wessel Pretorius ondersoek die verwagting - of dalk vrees - dat dieselenjins uiteindelik aan die mark onttrek sal word.

Sep 04, 202154 min0

Naweekaktueel 28 Augustus 2021

'n Daling in die brandstofprys word vir September voorspel. Suid-Afrikaanse boere behaal groot sukses met die verbouing van saffraan. Planne om 'n visboerdery in Limpopo te vestig. 'n Suid-Afrikaans gebore regisseur wil 'n belangrlike boodskap aan vroue oordra in haar rolprent oor Aretha Franklin.

Aug 28, 202153 min0

Naweekaktueel 21 Augustus 2021

Wat beplan die regering met die omstrede voorgestelde sekerheidsplan? SARU bied aan om die oorblywende wedstryde in die Rugby Kampioenskapsreeks tuis te speel. Suid-Afrika palm nóg twee medaljes in by die Junior Wêreld Atletiekbyeenkoms. Die Voortrekkermonument vertoon eksklusiewe skatte.

Aug 21, 202151 min0

Naweekaktueel 14 Augustus 2021

Die regterlike dienstekommissie moet van vooraf onderhoude met sewe kandidate vir die Konstitusionele Hof voer. 'n Onlangse peiling wys dat bykans 60% van Wes-Kapenaars die provinsie se onafhanklikheid steun. 'n Tweede viool word in Stellenbosch uit inheemse hout vervaardig.

Aug 14, 202150 min0

Naweekaktueel 7 Augustus 2021

Dele van Harrismith in die Vrystaat is steeds sonder krag. Die vakbond Solidariteit is gekant teen die voorgestelde behoeftesertifikate vir gesondheidspraktisyns. Honderde duisende Suid-Afrikaners doen aansoek vir die Covid-19-hulptoelaag van R350. Wessel Pretorius toets 'n Volkswagen.

Aug 07, 202151 min0

Naweekaktueel 31 Julie 2021

Toyota se grootbaas, dr. Johan van Zyl, is aan Covid-verwante komplikasies oorlede. Sal die koppe rol in die kabinet? Kommer oor die duisende satelliete wat om die aarde wentel. Dis reg of weg vir die Bokke in die reeks teen die Britse en Ierse Leeus.

Jul 31, 202152 min0
Hosted on Omny Studio
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android