Naweekaktueel - podcast cover

Naweekaktueel

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Motorrubriek 24 Julie 2021

In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Volkswagen, en hy beantwoord 'n luisteraarsbrief.

Jul 24, 20219 min0

Naweekaktueel 24 Julie 2021

Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, advokaat Shamila Batoyi, sê hulle sal onafhanklik bly met enige vervolgings in verband met die onlangse onluste. Die moontlike uitstel van die munisipale verkiesings bly 'n onderwerp van intense debat.

Jul 24, 202152 min0

Naweekaktueel 17 Julie 2021

President Cyril Ramaphosa sê dit is nie nodig om paniekaankope te doen nie. KwaZulu-Natal se gesondheidsorgsektor is swaar getref deur die onrus. Meer as 'n miljoen mense tussen die ouderdom van 35 en 49 is reeds geregistreer om teen Covid-19 ingeënt te word. Die Emmy benoemings laat die wenkbroue lig.

Jul 17, 202154 min0

Naweekaktueel 10 Julie 2021

Ons kry die jongste oor die verkeersontwrigting op die N3 in KwaZulu-Natal. Die burgemeester van Johannesburg is gister aan Covid-19 oorlede - ons vind meer uit oor sy werk in die Goudstad en wie nou in beheer sal wees. Die Poskantoor sluit meer as eenhonderd takke landwyd. Disney befonds ‘n Kaapse animasie-ateljee om Afrika-rolprente te maak.

Jul 10, 202152 min0

Naweekaktueel 3 Julie 2021

Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-reguleerder keur die gebruik van die Chinese Sinovac of CoronaVac entstof goed vir gebruik teen Covid-19. Inwoners van Johannesburg sal meer vir dienste moet opdok, met elektrisiteit wat met meer as 14%. In ons gereelde motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Kia en 'n Volkswagen.

Jul 03, 202150 min0

Naweekaktueel 26 Junie 2021

Uitspraak voorbehou in die saak tussen Ace Magashule en die ANC. Vyftigplussers word aangemoedig om volgende maand in te ent. Afrika se animasiekunstenaars kry wêreldwyd erkenning.

Jun 26, 202151 min0

Motorrubriek 21 Junie 2021

In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Toyota en 'n Chinese trokkie.

Jun 19, 20218 min0

Naweekaktueel 19 Junie 2021

'n Paartjie word in hulle huis beroof terwyl hulle aan 'n regstreekse videospeletjie deelneem - die voorval is op video vasgelê. Hoe gaan mens te werk om 'n nuwe kolonie pikkewyne te vestig?

Jun 19, 202148 min0

Naweekaktueel 12 Junie 2021

Daar is hoop dat 'n nuwe vennoot met 'n beherende belang, die SAL sal regruk. Hoe gemaak om te keer dat jy 'n pap band kry in 'n gevaarlike situasie? Pieter van den Berg hou die Franse Ope, die kriekettoets teen die Windies, rugby en ander sport dop.

Jun 12, 202150 min0

Motorrubriek 5 Junie 2021

In ons weeklikse motorrubriek beantwoord Wessel Pretorius ‘n luisteraarsbrief, en hy toets ‘n Toyota.

Jun 05, 20218 min0

Naweekaktueel 5 Junie 2021

Strenger wetgewing teen rook word beplan. Inwoners van Olifantshoek is woedend oor 'n watertekort in die gebied. Parlementslede verklaar hulle belange. En 'n skatkis vol oorspronklike argitekstekeninge van Gerhard Moerdijk is ontdek.

Jun 05, 20211 hr 9 min0

Naweekaktueel 29 Mei 2021

Die Franse president sê sy land sal nie eensydig betrokke raak in Mosambiek nie. Reaksie op Duitsland se 19-miljard Namibiese dollar belegging vir volksmoorde meer as 'n eeu gelede. 'n Suid-Afrikaanse misdaadriller gryp wêreldwyd mense se verbeeldings aan.

May 29, 202151 min0

Motorrubriek 22 Mei 2021

In ons weeklikse motorrubriek beantwoord Wessel Pretorius 'n luisteraarsbrief, en hy toets 'n Volvo.

May 22, 20217 min0

Naweekaktueel 22 Mei 2021

'n Gesin van Eersterust in Pretoria eis geregtigheid ná die dood van hulle seun. OPOD sê die polisie is traag om sy aanbevelings te implementeer. Vervalste heuning op winkelrakke is 'n groot bedreiging vir die byebedryf. Takalani Sesame en The Riviera wen SAFTA-toekennings. Wessel Pretorius toets 'n Volvo.

May 22, 202151 min0

Naweekaktueel 15 Mei 2021

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, sê drank is 'n groot bydraende faktor tot misdaad. Die voormalige sekretarisgeneraal van die ANC, Ace Magashule, glo sy skorsing is onwettig en ongrondwetlik - is hy reg? Ons praat met die draaiboekskrywer en regisseur van die Afri-Kaapse rolprent, Barakat.

May 15, 202154 min0

Motorrubriek 8 Mei 2021

In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Toyota Hilux-bakkie.

May 08, 20214 min0

Naweekaktueel 8 Mei 2021

Die Vrystaat beleef nou amptelik 'n derde vlaag van Covid-19. Boere in die Wes-Kaap bepaal die skade ná oorstromings. Van skoonmaker tot 'n doktorsgraad - Mervyn Coetzee vertel sy verhaal.

May 08, 202154 min0

Motorrubriek 1 Mei 2021

In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius 'n luisteraarsbrief.

May 01, 20217 min0

Naweekaktueel 1 Mei 2021

Misdaad in die Kaapstadse middestad daal aansienlik tydens die inperking. Die ANC se NUK sal volgende week besluit oor die toekoms van lede wat opsy moet staan. 'n Suid-Afrikaanse duiker het moontlik 'n wêreldrekord verbeter. En 'n mobiele eenheid vir borskankerondersoeke op George in die Wes-Kaap help om borskanker te beveg.

May 01, 202150 min0

Naweekaktueel 24 April 2021

Probleme met die verwerking van DNS-monsters by Suid-Afrika se forensiese laboratorium ontneem misdaadslagoffers geregtigheid. Die sakeman en ANC-veteraan, Tokyo Sexwale, se bewerings oor 'n fabelagtige hulpfonds waaruit sommige Suid-Afrikaanse banke en individue glo gesteel het, maak steeds opslae. Suid-Afrikaners hou duim vas vir môreaand se Oscar-filmtoekennings.

Apr 24, 202150 min0

Naweekaktueel 17 April 2021

Suid-Afrikaners van 60 jaar en ouer kan nou registreer om teen Covid-19 ingeënt te word. Thomas Kgokolo is aangestel as die nuwe tussentydse bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Suid-Afrikaanse sitrusprodukte sal binnekort weer op Fillipynse winkelrakke te koop wees. Ons vind meer uit oor spoorsnykuns en uithoujag in die Kalahari in die moderne tyd.

Apr 17, 202151 min0

Naweekaktueel 10 April 2021

Stellenbosch Universiteit reageer nadat die DAK-netwerk 'n griefskrif oor Afrikaans op die kampus oorhandig het. Huldeblyke stroom in van regoor die wêreld ná die dood van prins Phillip, die hertog van Edinburgh. In Wessel Pretorius se motorrubriek meet 'n Suzuki en 'n Honda kragte.

Apr 10, 202153 min0
Hosted on Omny Studio
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android