Naweekaktueel - podcast cover

Naweekaktueel

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Naweekaktueel 3 April 2021

'n Ekonoom verduidelik hoekom brandstofpryse Woensdag so kwaai styg, en wat die impak daarvan op die verbruiker is. Plante onthou wanneer hulle deur 'n droogtetydperk gegaan het.

Apr 03, 202153 min0

Naweekaktueel 27 Maart 2021

Dokters en tandartse se jaar- en registrasiegeld word verhoog. Die afgelope jaar van inperking eis sy sielkundige en ekonomiese tol op landsburgers. Die DA vergader met boere wat uitsettingsbevele teen hulle het. In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Ford en 'n Mercedes-Benz.

Mar 27, 202152 min0

Naweekaktueel 20 Maart 2021

Die Menseregtekommissie oorweeg dit om Kaapstad Metro hof toe te sleep oor neerhalende kommentaar van die kommissie se werk. Ons volg bewerings op dat die regering selektiewe finansiële hulp in die toerismebedryf aanbied ter wille van transformasie. Suid-Afrika vier môre Mensregtedag. Ons vind meer uit oor Tanzanië se eerste vrouepresident.

Mar 20, 202154 min0

Naweekaktueel 13 Maart 2021

Die skedel van 'n vermeende skaapdief en moordenaar van 100 jaar gelede, die San-leier Koos Sas, word aan die Hessekwa Khoi-San-gemeenskap oorhandig. 'n Kommunikasietoring verrys in Harrismith in die Vrystaat tot die ontsteltenis van die DA. Sogenaamde "monsterspinnekoppe" wat gemuteer het, word in die Karoo opgemerk.

Mar 13, 202150 min0

Naweekaktueel 6 Maart 2021

Die Johnson & Johnson entstof is nog nie by SAHPRA geregistreer nie. 'n Groep begunstigdes van maatskaplike toelaes in Mosselbaai in die Suid-Kaap sukkel blykbaar al maande lank om hulle toelae te ontvang. Teaters kan weer hulle deure opmaak, maar is dit te min, te laat? Die eerste gedeeltelike knievervanging op 'n huiskat is onlangs uitgevoer.

Mar 06, 202150 min0

Naweekaktueel 27 Februarie 2021

Die jongste oor die brand by Stellenbosch. Wêreld Nieregeringsorganisasie-dag word vandag gevier. Suid-Afrika se top spanne speel weer rugby.

Feb 27, 202150 min0

Naweekaktueel 20 Februarie 2021

Ernstige misdaad is aan die toeneem in Suid-Afrika. Ons praat met 'n kenner vir sy mening oor die jongtse misdaadsyfers. Vrystaat Landbou veroordeel uitsprake dat MK veterane onteiende plase gaan kry. Suid-Afrikaners vertel van hulle ervaring van 'n ongekende winterstorm in die deelstaat Texas in Amerika.

Feb 20, 202156 min0

Naweekaktueel 13 Februarie 2021

Distrik Ses in Kaapstad vier sy herdenking in Hannoverstraat te midde van druk bouwerk. 'n Britse wetenskaplike bereken dat al die Covid-19-virusdeeltjies in die wêreld in 'n koeldrankblikkie sal pas!

Feb 13, 202155 min0

Naweekaktueel 6 Februarie 2021

Die Spesiale Onderdersoek-eenheid stel 'n skokkende verslag bekend oor korrupsie met persoonlike bekermende toerusting. Die Franse vereer Thuli Madonsela. Die jongste oor die brand by Barrydale. Plaaslike regerings bepaal die skade ná swaar reën in die Noord-Kaap en Noordwes. Die Proteas sukkel teen Pakistan.

Feb 06, 202152 min0

Motorrubriek 30 Januarie 2021

In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Mahindra, en hy bespreek 'n luisteraarsvraag.

Jan 30, 202110 min0

Naweekaktueel 30 Januarie 2021

Verbruikers se aanlynkooppatrone het sedert die Covid-19-pandemie heeltemal verander. Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbron-agentskap wil tien kramats in Kaapstad, bekend as die sirkel van Islam, as nasionale erfenisterreine verklaar. Die Landbou Navorsingsraad sê die pers pompom-plant is 'n groot bedreiging vir die natuulike habitat in Suid-Afrika.

Jan 30, 202156 min0

Motorrubriek 23 Januarie 2021

In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius 'n luisteraarsbrief, en toets 'n Renault en 'n Volkswagen.

Jan 23, 202112 min0

Naweekaktueel 23 Januarie 2021

Stormsterk wind word vir Suid-Afrika se noordelike gebiede voorspel wanneer die tropiese storm Eloise oor Mosambiek inbeweeg. Padsterftes het tydens die feesseisoen met 7% afgeneem in vergelyking met vorige jare.

Jan 23, 202153 min0

Motorrubriek 16 Januarie 2021

In ons weeklikse motorrubriek beantwoord Wessel Pretorius ‘n luisteraarsvraag, en toets ‘n Volkswagen en ‘n Honda.

Jan 16, 202110 min0

Naweekaktueel 16 Januarie 2021

Reaksie op die aankondiging dat skole eers op 15 Februarie open. Die jongste oor die oorstromings in Namibië. Stephane Peterhansel wen sy 14de Dakar-tydren.

Jan 16, 202155 min0

Naweekaktueel 9 Januarie 2021

Die president van die ANC belowe sterk optrede teen staatskaping en korrupsie. Die Tshwane Metro is besig om spesiale maatreels instel om die toename in Covid-gevalle daar te bestuur. Elon Musk is die wêreld se armste rykste man.

Jan 09, 202154 min0

Motorrubriek 2 Januarie 2021

In ons weeklikse motorrubriek kyk Wessel Pretorius na die voorbereiding wat nodig is voor die groot terugtog huis toe aangepak word van vakansie af.

Jan 02, 20214 min0

Naweekaktueel 2 Januarie 2021

Die Baragwanath Akademiese Hospitaal in Johannesburg het vir die eerste keer in sy geskiedenis geen pasiënte op Nuwejaarsoggend in sy trauma-eenheid gehad nie. Hulde word aan die DA-veteraan in die Oos-Kaap, Eddie Trent, gebring ná sy dood op 80-jarige ouderdom. Nog 'n Suid-Afrikaanse rolprent ryg 'n string toekennings oorsee in.

Jan 02, 202154 min0

Naweekaktueel 26 Desember 2020

Die Wes-Kaap se toerismesektor vra mense om Covid-19-regulasies na te kom, ten einde mense se werk en lewe te red. Ons kry die jongste nuus oor die lang toue by van die land se grensposte. Ons maak 'n internasionale draai om te kyk wat met Brexit gebeur. Frankryk het die polisie se gebruik van hommeltuie verbied.

Dec 26, 202050 min0
Hosted on Omny Studio
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android