Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Last refreshed: ⓘ
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more
Die afgelope twee weke se geweld op Coligny laat meer as net 'n wrang smaak in die mond. Talle vrae sonder antwoorde woel in die harte van die inwoners. Izak du Plessis het die dorp besoek om antwoorde op díe vrae te kry.
Simon Barnard, die skrywer en dramaturg Chris Barnard se seun, sê dit was ongelooflike moeilik om sy pa te verloor. Elke keer wat hy die REBELLIE VAN LAFRAS VERWEY kyk, word hy aan die pyn herinner. Barnard is die regisseur van hierdie nuwe Afrikaanse fliek. Hy het aan Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê sy pa is in Desember 2015 oorlede, nadat hulle die fliek reeds verfilm het.
Gereelde en eerste keer padgebruikers van die Schoemanskloof N4 tolpad tussen Waterval Boven en Nelspruit, oppad na die Mpumalanga-laeveld, het die afgelope week opgemerk dat die bekende padbou-voorman, Old Joe, weer sy oorspronklike pak klere aan het. Ou Joe is vanjaar 90 jaar oud. Jan Viljoen in Nelspruit ken Joe al van kindsbeen af.