Monique Taute is die hoof van Afriforum se Veldtogte afdeling. Ons het gesels oor musiek, afrikaners, die regering, wat haar werk alles behels asook hoekom Straatligkinders se nuwe album nie so hard is nie. Ek moet erken, dit was 'n goeie vraag van haar kant af. Ek het haar belowe dat ons volgende album harder sal wees.
Jan 10, 2020•1 hr 43 min
Peach van Pletzen is een van ons beste vervaardigers en musikante in Suid Afrika. Ek het met hom gesels oor die sukses van sy nuuste projek "Van Pletzen" en waar die huidige musiekbedryf homself bevind.
Dec 02, 2019•1 hr 3 min
Loufi is tans een van my gunsteling kunstenaars in Suid Afrika. Ons het gesels oor sy liefde vir die kunste, sy geskiedenis met dwelms asook hoe musiek sy lewe verander het. Ek en Loufi het al 3 liedjies saam uitgebring en ons nuutste een "#Blessed" kan jy nou aanlyn gaan luister.
Nov 22, 2019•1 hr 29 min
Ek het met Ansu Visser gesels oor haar loopbaan, haar idees rondom haar geloof en hoe sy die Bybel sien en ervaar asook net spiritualiteit in die algemeen.
Aug 21, 2019•1 hr 27 min
Ek by Elma gaan koffie drink en beskuit eet en gesels oor haar ongelooflike loopbaan tot dusver, die goeie ou MK dae, hoe om te snorkel asook hoe lyk spirituele ervarings vir haar.
Aug 09, 2019•1 hr 16 min
Ek gesels met De Klerk Oelofse oor sy lewe as akteur, trauma rondom die dood van 'n ouer, watter rol die spirituele speel in ons lewens en ons dink sommer saam wat dit is van die kunste wat so 'n groot impak op mense se lewens het.
Jul 31, 2019•1 hr 30 min
Ek gesels met Almero oor sy musiek, idees en gedagtes rondom hoe hy die wêreld sien en beleef.
May 26, 2019•1 hr 15 min
Mila Guy is 'n aktrise al die pad van Nelspruit se wêreld af maar sy het van 14 jarige ouderdom in Nieeu-Seeland gebly en haar hoërskoolloopbaan daar voltooi. Ek het met haar gesels oor haar passie vir toneelspel, hoe uitdagend die vermaakbedryf kan wees asook geloof en spiritualiteit.
Mar 28, 2019•1 hr 48 min
EPISODE 53: BEER ADRIAANSE (SKRYWER, MUSIKANT EN AKTEUR) by BOUWER BOSCH
Mar 22, 2019•1 hr 34 min
Louis van der Riet het onlangs geskiedenis gemaak toe hy as die eerste openlike gay leraar van 'n NG Kerk bevestig is. Ek het met Louis gesels oor sy liefde vir die kerk, Jesus en ook hoe hy probeer sin maak van al die warboel rondom sy bevestiging.
Mar 01, 2019•1 hr 7 min
Wynand Claassen is 'n voormalige rugbyspeler wat vir Natal(Sharks) en die Blou Bulle gespeel het as student. Hy was die Springbok-kaptein tydens die bekende 1981 toer na Nieu-Seeland waar die wedstryde deur betogers ontwrig was. Ons het gesels oor politiek in sport, die toer in Nieu-Seeland en waar sy liefde vir rugby vandaan kom.
Jan 18, 2019•1 hr 16 min
Lucinda was 16 jaar oud toe sy en haar band Die Melktert Kommissie JIP Rockspaaider gewen het. Ons het gesels oor haar loopbaan in musiek en sommer net oor die dinge van die lewe.
Dec 02, 2018•1 hr 54 min
Benjamin de Jager is 'n kitaarspeler en liedjieskrywer van Potchefstroom en jy sal hom dalk beter ken as die kitaarspeler vir Straatligkinders sowel as Mosesmetroman. Ek het met Ben gesels oor waar musiek vir hom begin het asook die goeie en slegte tye wat saam met musiek en die lewe kom.
Nov 16, 2018•1 hr 18 min
Hein Kruger is die tweelingbroer van Ruan Kruger en hy is die baskitaarspeler vir Straatligkinders. Ek het met Hein gesels oor waar musiek vir hom begin het, hoe dit sy lewe verander het.
Nov 11, 2018•1 hr 13 min
Ek skop die Straatligkinders reeks af met Ruan Kruger ons drummer. Jy kan ons vyfde album solank hier pre-order - https://itunes.apple.com/za/album/verdwyn/1439677260 - die res van die album is beskikbaar vanaf 16 November.
Nov 02, 2018•1 hr
Jy kan hier meer inligting kry oor Johan Stegmann se werk. - https://www.everard-read.co.za/exhibition/80/exhibition_works/1062
Oct 28, 2018•1 hr 32 min
The more difficult converstations we have, the less difficult they will be. This was one of those difficult conversations. Listen with an open heart. http://www.realtalk.org.za - https://www.facebook.com/betereinders
Oct 25, 2018•1 hr 21 min
Bennie Fourie is 'n skrywer en 'n akteur en een ook my kreatiewe spanmaat in baie van ons films en komediesketse wat ons aanpak deesdae. Bennie is ook een van die regisseurs en skrywers van die komediereeks op Kyknet, Hotel.
Oct 22, 2018•1 hr 4 min
Ons het met Adriaan Vlok gesels oor apartheid, sy storie rondom vergifnis en versoening, Frank Chikane en hoe die kerk die bal moes vat en hardloop na die Die Waarheid-en-versoeningskommissie om aan te hou met versoening in Suid Afrika vandag.
Oct 15, 2018•2 hr 3 min
Ek was deel van 'n paneelgesprek by Aardklop wat oor sosiale media gegaan het. Die goed en sleg van dit asook die wette rondom jou as verbruiker.
Oct 09, 2018•1 hr 28 min
Hier is 'n berig oor die gesprek - https://www.litnet.co.za/persvrystelling-leierboere-besin-by-aardklop-oor-grondhervorming/
Oct 07, 2018•1 hr 10 min
Ek en Deon Meiring het 'n roadtrip Bloemfontein toe gevat om met Ruhan Fourie te gesels oor sy tesis wat hy geskryf het oor Beyers Naudé. Ruhan is 'n PHD student in geskiedenis en is tans besig met sy doktorsgraad in "Kommunisme in die NG kerk".
Sep 30, 2018•1 hr 5 min
Ek en Deon Meiring het 'n roadtrip Bloemfontein toe gevat om met Ruhan Fourie te gesels oor sy tesis wat hy geskryf het oor Beyers Naudé. Ruhan is 'n PHD student in geskiedenis en is tans besig met sy doktorsgraad in "Kommunisme in die NG kerk".
Sep 23, 2018•1 hr 10 min
Ek het met Rudi Swanepoel gesels oor die NG Kerk se rol in apartheid asook hulle rol vandag in 'n post apartheid era. Rudi het 'n ongelooflike stuk geskryf in die kerkbode rondom hierdie tems wat jy hier kan lees -http://kerkbode.christians.co.za/2018/09/03/n-oproep-tot-bekering/
Sep 16, 2018•1 hr 1 min
Stefaans Coetzee was in 1996 as 17 jarige seun betrokke by 'n bom wat geplant is in Worcester waarin 4 mense oorlede is en ongeveer 70 mense beseer is. Ons gesprek gaan oor sy ongelooflike inspirerende storie rondom vergifnis en versoening en die pad wat hy gestap het met sy slagoffers en hoe hy die eerste persoon in ons land se geskiedenis is wat hierdie proses aangepak het. Vandag gebruik Stefaans sy storie om te help met versoeningsprojekte regoor Suid Afrika.
Sep 07, 2018•1 hr 12 min
Ek, Gielie Hoffmann en Josua Loots deel 'n whatsapp groep. Ons het dit goed gedink om een van ons whatsapp gesprekke in regte te lewe aan te pak, op te neem en met jou te deel.
Aug 31, 2018•2 hr 17 min
EPISODE 35: DANIËL ELOFF (PODLITIEK, AGENDA) by BOUWER BOSCH
Aug 23, 2018•1 hr 3 min
Pietie Beyers is 'n mens, akteur en skrywer. Jy mag hom dalk al gesien het in verhoogproduksies soos Balbesit of selfs op jou TV kassie as "Deon" in Binnelanders. Pietie is deesdae besig om te skryf aan sy eerste rolprente wat hulle binnekort gaan begin skiet. Ek het saam met hom gaan eet by Brian Lara in Linden en gesels oor die uitdagings van om 'n mens te wees.
Aug 09, 2018•2 hr 20 min
Johan Erasmus is die man agter "Real Talk" - 'n inisiatief om Suid Afrikaners nader aan mekaar te bring deur reguit met mekaar te praat oor moeilike onderwerpe. Jy kan gerus meer gaan lees hier wat "Real Talk" doen - http://www.realtalk.org.za - Johan is ook deel van die organisasie "Betereinders" wat ongelooflike goeie werk doen in gemeenskappe in en om Suid Afrika -https://www.facebook.com/betereinders/
Aug 02, 2018•1 hr 6 min
Ek gesels met Johan Cronje van Nouvanaand Films oor skryf, studentelewe op die NWU-PUKKE, sy rolprent "Wonderlus" en sy proses as skrywer en regisseur en hoe moeilik dit is om soms weg te stap van 'n projek af.
Jul 18, 2018•1 hr 7 min